Baie Christene is vandag pessimisties. Wanneer mens sien hoe Humanisme hand oor hand toeneem, dan wil ons amen sê op Psalm 12:
“Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders”.
Maar ons moet ons self herinner dat daaar ook ‘n Psalm 2 is:
“Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde … Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik… Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die Here met vrees, en juig met bewing.Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!”
Ons moet ons herinner aan die woorde van Abraham Kuyper, die eerste minister van Nederland 1901-1905, wanneer hy in sy Tractaat van de Reformatie, (1884) skryf dat uit ‘n Christelike perspektief kan ons die geskiedenis opdeel in hierdie hoofdele:
- Skepping
- Sondeval
- Reformasies
- Christus se koms
- Reformasies
- Wederkoms en Oordeel
- Nuwe hemel en aarde
In terme van die Reformasies maak hy die opmerking :
“Omdat die Reformasie van die sestiende eeu as die Reformasie beskou word, is baie onder die indruk dat daar nie in die Heilige Skrif nie en ook nie in die geskiedenis sprake is van ander Reformasies nie. Dit is ‘n valse idee… As mense gewoond daaraan raak om die Reformasie van Luther as die enigste egte Reformasie te beskou, dan is hierdie die nagevolg: ‘Reformasie’ word dan slegs ‘n eenmalige gebeurtenis en daar is niks verder om daaroor te sê nie. Maar as in teendeel Reformasie ‘n konstante finomeen in die geskiedenis van Jesus se kerk is, wat weer en weer gebeur nadat foute en afvalligheid ingesluip het en herstel deur Reformasie probeer word en gereeld ook suksesvol is, dan word die idee van Reformasie vir ons lewendig.”
Hy gaan dan voort en lys die volgende Reformasies:
- Die kinders van Set wat afgeskei het van die kinders
van Kain in die dae van Enoch okm die naam van die
Here aan te roep. - Die vloed wat Noag en sy gesin afgeskei het van die
goddelose afvallige korrupte mensdom - Abraham wat op God se bevel die afgodsaanbiddende
Ur verlaat het om die kerk op ‘n ander plek te herstig. - Die vierde reformasie het plaasgevind toe Jakob en
Esau se paaie geskei het.
Bg. Reformasies was egter uniek omdat dit primêr deur God
gedryf is. Dit is daarom nie ‘n model vir reformasie in ons dag
nie. Na die totstandkoming van Isael het die volgende
Reformasies plaasgevind: - Die verplasing van die kerk van die land Goosen na
die woestyn - Die afskaffing van kalfaanbidding deur Moses
- Verskillende reformasies onder die Rigters
Die reformasie wat Samuel nagejaag het en ook
verwesentlik het - Daar was dan sewe reformasies wat deur konings
bewerkstellig is:
◦ In Juda onder: Asa, Josefat, Joas, Hiskia, Manasse
◦ In Israel onder: Jehu en deur Elia teen Agab - Serubabel wat die kerk teruglei na die Ballingskap
- Esra en Nehemia wat Jerusalem se mure herbou
- Johannes die Doper wat die volk oproep tot bekering
- Sinode van Nicea 325
- Waldense
- Hussiete in Bohemië
- Wycliff in Engeland
- 1500’s Reformasie: Sweeds, Duits, Switserland,
Frankryk, Slawië, Skotland ens. - Dordt 1618/9
- Afskeiding van 1834
Ons kan byvoeg: - Abraham Kuyper se Doleansie en die reformasie wat
daarop gevolg het van 1886.
Ons kan byvoeg: Abraham Kuyper se Doleansie en die reformasie wat
daarop gevolg het van 1886.
Kom ons werk en bid vir nog ‘n Reformasie in ons dag. ‘n Reformasie waar terugekeer kan word na God se Woord. ‘n Reformasie waar die HERE weer gevrees kan word.