Kerk kanker en die “woke mind virus”

FA van Deventer

Video weergawe van hierdie artikel

Beantwoord vir u self die vraag:

Is hierdie ‘n man of is dit ‘n vrou?

Ek is seker dat die meeste van u sou geantwoord het dat u dink dit ‘n man is. Dit is egter nie….

Ons sien hier ‘n vrou waarvan die regterkantste deel gegrimeer is om soos ‘n man te lyk. Die meeste van u het seker al gehoor van die term ‘n Drag Queen – daardie homoseksuele mans wat elke jaar opgetooi is as vroue in ‘n optog. Nou wel hierdie vroue wat hulle self aantrek soos manne is die vroulike ekwivalent van Drag Queens. In die lesbiese wêreld noem hulle dit ‘n Drag King. Hierdie verskynsel kom veral voor onder Homoseksuele vroue.

Wikipedia verbind Wokeness, LGBT, Feminisme en Social Justice met mekaar:

Woke is an adjective derived from African-American Vernacular English (AAVE) meaning “alert to racial prejudice and discrimination”. Beginning in the 2010s, it came to encompass a broader awareness of social inequalities such as racial injustice, sexism, and denial of LGBT rights. Woke has also been used as shorthand for some ideas of the American Left involving identity politics and social justice, such as white privilege and reparations for slavery in the United States.”

Nie-Christene soos Elon Musk sien die gevare van Wokeness raak wanneer hy skryf (Twitter 19 Mei 2022):

Unless it is stopped, the woke mind virus will destroy civilization and humanity will never reached Mars”.

Musk skryf bg. toe hy die besluit geneem het om Twitter op te koop. Hy sien dat die “Woke mind virus” ‘n gevaar is. Dus het ‘n nie-Christen soos Musk, dit wel raakgesien dat dit ‘n gevaar is…

Helen Zille se boek “#STAY WOKE Go Broke” is gepubliseer nadat die woke DA leierskap gepoog het om haar te skors op grond van aantygings dat sy ‘n rassis is. Sy skryf:

If there is one party that knows exactly how destructive racialised ideologies like Wokeness truly are, it is the DA. We have lived through its impact, and I am grateful that we have survived to tell the tale… I thought my time had come, back in 2015, when I stepped down as leader, but when the DA went so badly off course due to the capitulation before Wokeness, I felt I had to return.” (p. 127-128)

Zille wys daarop dat die “FeesMustFall”, “RhodesMustFall”, “ScienceMustFall” en “decolonisation” spesifieke voorkomste is van Wokeness wat Suid-Afrika teister (p. 63).

Zille sê dat hierdie Woke Chaos wat Suid-Afrika en die Weste teister met Post Modernisme te doene het (p. 66):

  1. Wokeness is Applied Post-Modernism
  2. Post modernism, in turn, centres on two core principles a. A Knowledge Principle b. A Power principle
  3. Social Justice flows from these two principles. It is a core concept in Woke ideology, which through post-modern knowledge and political principles, seek to radically transform society
  4. The method involves identifying specific issues and driving them in ways that are aimed at confronting and fundamentally changing the power hierarchies, structure, and functioning of society”

In Romeine 1:18-27 lees ons die volgende oor Homoseksualisme:

18Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, 19omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. 20Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; 21omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. 22Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword 23en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. 24Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer 25hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. 26Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; 27en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

Die vraag kan nou wees:

  • Maar wat het Homoseksualiteit te doen met Feminisme?
  • Nog meer spesifiek: Wat het dit te doen met die vrou in die ampte.

As mens die koerant oopmaak, dan sien mens artikels soos hierdie een met die opskrif:

Teoloë kap NG Kerk in gay-verslag” van Beeld 13 April 2006, p. 12.

Dit gaan hier oor Ds Laurie Gaum wat in ’n homoseksuele verhouding was en dat hy toe deur die NG Kerk geskors is. Hy is egter nie geskors oor sy homoseksualiteit nie, want in 2004 het die NG Kerk besluit dat homoseksueles as volwaardige lidmate aanvaar moet word. Dr Andre Bartlett wat die besprekings oor dié kwessie in 2004 gelei het, het gesê dat weens die besluit niemand op grond van homoseksualiteit verhinder mag word om geligitimeer te word of beroepbaar gestel te word nie. (Rapport http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1606315,00.html)

Dit is dus ietwat raaiselagtig dat die NG Kerk teenstrydig met wat hulle op hul Sinode besluit het, twee jaar later dan ‘n besluit neem wat hierdie besluit weerspreek. Dit kan egter wees dat die weerstand teen homoseksualisme wat daar uit party gemeentes soos MorelettaPark gekom het tot hierdie raaiselsagtige besluit gelei het. Waaroor dit gaan is dat Ds Laurie Gaum ‘n praktiserende homoseksueel is.

Die feit van die saak bly egter dat de NG Kerk simpatiek staan teenoor homoseksualisme.

As ons na rapportering oor die verrigtinge by liberale kerklike vergaderings kyk, dan sien mens hoe die predikante toneelspeel en skerts te midde van die verskriklike situasie waarin die N”GK” haarself bevind. Dit laat mens aan een of ander kinderkrans-kamp dink.

Vergelyk:

http://www.gereformeerdenafrikaans.co.za/modules/news/article.php?storyid=387

Bron: http://www.ngkerk.org.za/sinode/5p3.jpg

Nou moet ons noodwendig vra:

Hoe kan dit moontlik wees dat ‘n Gereformeerde Kerk soos die NG Kerk wat bely dat hulle die Nederlandse geloofsbelydenis as een van hul geskrifte aanvaar, nie meer in Romeine 1 glo nie.

In die Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 5 staan daar geskryf:

Ons aanvaar al hierdie boeke en hulle alleen, as heilig en kanoniek om ons geloof daarna te rig, daarop te grondves en daarmee te bevestig. Ons glo ook sonder twyfel alles wat daarin vervat is, nie juis omdat die kerk hulle aanvaar en as sodanig beskou nie maar veral omdat die Heilige Gees in ons hart getuig dat hulle van God is. Hulle het ook die bewys daarvan in hulleself, aangesien selfs die blindes kan tas dat die dinge wat daarin voorspel is, plaasvind.”

Professor Wayne Grudem het egter in 2004 die boek met die titel “Evangelical Feminism and Biblical Truth” gepubliseer wat ons nader na ‘n antwoord bring op die vraag hoe dit moontlik is dat die NG Kerk homoseksuele gedrag as aanvaarbaar beskou.

In hierdie boek wys Professor Grudem daarop dat die verwerping van die Bybel as God se Woord (liberale teologie) die volgende verloop in gedeformeerde kerke in die VSA geneem heti:

  1. Heel eerste: Die wegwerping van Bybelse onfeilbaarheid
  2. Dan volg: Die aanvaarding van die bevestiging van vroue
  3. Daarop volg: Verwerping van die Bybelse lering van die hoofskap van die man in die huwelik
  4. En dan: Die stuiting van predikante wat die bevestiging van vroue teenstaan
  5. Die aanvaarding van homoseksuele gedrag as geldig in sekere gevalle
  6. Aanvaarding van homoseksuele bevestiging
  7. Heel laaste volg: Bevestiging van homoseksueles in hoë leierskap posisies in die denominasie.

KAN U NOU SIEN WAAR DIE HOMOSEKSUALISME INPAS….?

Kan u sien dat alles begin met die ondermyning van die gesag van God se Woord en dat die volgende stappie dan die aanvaarding van die vrou in die ampte is en dat die eindpunt van hierdie pad die aanvaarding van homoseksualiteit is?

Kan u sien dat die NG Kerk haar tans tussen stappe nr 5 en 6 bevind? Kan u sien dat die NG Kerk reeds ver gevorder het op die pad van liberale teologie?

Ongelukkig is die GKSA ook besig om hierdie selfde pad te bewandel. Die GKSA bevind haar tans in die posisie waar vroue tot die Amp van Diaken toegelaat is en sommige predikante en gemeentes hul selfs bereid verklaar om vroue te bevestig tot ouderlinge en predikante. (3 Feb 2006 – Verklaring deur 32 Gereformeerde Predikante oor die vrou in die besondere ampte). Ons kan dus sê dat die GKSA haarself tans by stap nommer 2 bevind.

As ‘n voetnota wil ek nou eers op hierdie tydstip stilstaan en u wys op die boeke wat gebruik is in die voorbereiding van hierdie lesing.

The Way Home deur Mary Pride – Voormalige vroulike Feminis

Mary Pride skryf die volgende in 2005 oor haarselfii:

I am a homeschooling mom of nine kids, three of whom are now in college, and two of these are National Merit Finalists. Five of the six youngest are in Civil Air Patrol. Twenty years ago I wrote the first mass-market homeschool book, of which this book is the fifth edition. I have two engineering degrees, love mystery and science fiction, publish a national homeschooling magazine (Practical Homeschooling) and a popular homeschool website (www.home-school.com), and sniffle at the sad parts in movies.”

Evangelical Feminism & Biblical Truth deur Wayne Grudem

Wayne Grudem is Navorsings Professor by Trinity Evangelical Divity School en hy is ook die voorsitter van die Departement van Bybelse en Sistematiese Teologie

The Feminist Mistake / The Feminist Gospel deur Mary Kassian

Mary Kassian skryf die volgende oor haarself in The Feminst Gospeliii:

In fact, up until a few years ago, I called myself a feminist and would have unashamedly stood with others who did so. There are chauvinistic attitudes in the Church, and there are atrocities and crimes of abuse, degradation and shame to which the feminist movement justifiably calls attention. The difficulty for Christians is to deal with the very real problems and issues without being beguiled by the true impetus and philosophy of the feminist movement.”

Mary Kassian som die primere doel van Bybelse Feminisme op as:

The primary concern of Biblical feminists is the question of the ordination of women — whether or not women should be allowed to occupy the office of elder (pastor, presbyter, bishop, priest). A second related concern is the mutual sharing of authority and responsibility in the marital relationship — “mutual submission.” Biblical feminism does not directly challenge theological doctrines such as sin and redemption, and thus seems far removed from the more radical forms of feminism that have infiltrated the Church. However, the presuppositions and methods of interpretation that Biblical feminists employ have implications that directly and logically support the theological developments executed by radical feminists. In many ways, these conservative evangelicals are placing themselves at the same starting point as the more liberal theologians of the early 1960s.”iv

Wayne Grudem wys vir ons uit dat die eindresultaat van liberale teologie, die aanvaarding van Homoseksualisme is. Die feit is egter dat die deformasie begin het toe die gesag van die Skrif aangetas is.

Mary Kassian skryf in haar boek, the Feminist Mistake:

Biblical Feminists also altered traditional presuppositions regarding the inspiration of Scripture. Whereas Christians have traditionally believed that the whole Bible is inspired by God, biblical feminists maintain that only some Scripture is so inspired. The rest is so male-biased, so influenced by the writers’ own culture and prejudices, that it is inapplicable to the contemporary church.”v

Hierdie boek (Feminist Mistake) van Mary Kassian se titel verwys na die boek van Betty Friedan met die titel: “The Feminine Mystique”. In effek is Mary Kassian besig om te sê dat Betty Friedan se boek ‘n “mistake” was.

Wie was Betty Friedan en waaroor het die Feminist Mystique gegaan?

Ons eie Suid-Afrikaanse News24 se vroue afdeling, Women24, skryf in Februarie 2006vi:

“Betty Friedan, celebrated feminist and author of The Feminine Mystique, died this weekend on her 85th birthday…. Friedan was an icon and a revolutionary, whether she cinched in her waist or not. She’ll be missed.”

Hierdie ‘held’ van ons moderne samelewing is in 1921 gebore en het in die VSA groot gewordvii. As jeugdige was sy betrokke in Marxistiese Joodse bedrywighede. Na studies aan die Universiteit van Carlifornia, Berkley, het sy as joernalis gaan werk vir linkse groepe. In 1947 trou sy met die liberalis, Carl Friedan. Betty het egter meer en meer radikaal geraak en hulle twee het so erg baklei dat hulle mekaar met die vuiste bygekom het. Sy en haar man skei in 1969.

Feministe, soos Betty Friedan, het die Patriagale stelsel (die vader as die hoof van die huisgesin) as die bron van alle kwaad gesien. Die Patriagale stelsel moes vernietig word.

Later meer oor Betty Friedan en haar boek The Femine Mystique.

In Mary Kassian se boek The Feminist Gospel is daar ‘n afdeling met hierdie diagramme wat die ontwikkeling van Evangeliese” Feministiese Teologie en Feministiese Sekulêre Teorie uitwys. Sy verduidelik die doel van die diagramme soos volg:

Die “Evangeliese” Feministiese Teologie (Feminst Theology) en Sekulêre Feministise Teorie (Feminist Theory) is afsonderlike bewegings, maar bo by die radikale gedeeltes begin dit saam te smelt.

“Evangeliese” Feminisme is deel van die Sekulêre Feministiese Kontinuum. Die presupposisies is dieselfde, maar hulle het dit (nog nie) tot die logiese gevolgtrekkings gebring nie.

“Evangeliese” Feministe het oor die tou getrap (Christelike Wêreldbeskouing definisies) deur die Bybelse interpretasie se reëls te verander om simpatiek te wees teenoor die Vrouebeweging. Om dit reg te kry moet “Evangeliese” Feministe ‘n kompromie rondom die Skrif maak en daarom volg dit dat FEMINISME ‘n kruispad na TEOLOGIESE LIBERALISME wordviii.

Vir ons doeleindes is ons die meeste geintriseerd in die Feministiese “Evangeliese” Teologie. Daarom sal ons primêr infokus op “Evangeliese” Feministiese Teologie (linkerkantse deel).

Diagram: WOMAN’s ROLE en die probleem van Patriagalisme

Betty Friedan het in ongeveer 1963 ‘n vraelys by ‘n reunie van oud klasmaats versprei. Sy het bevind dat hulle gefrustreerd was met hul rolle as moeders en vroue. Sy het gevra of dit te wydte is aan hul onderwys en of dit die rol as vrou is wat dit veroorsaak. Friedan het toe besluit om ‘n indiepte studie te doen wat toe tot die publikasie van die Feminine Mistique gelei het. In dierdie boek kom sy tot die gevolgtrekking dat daar ‘n teenstrydigheid is tussen die realiteit in vroue se lewe en die beeld wat vroue probeer voorhou en dat dit tot die ongelukkigheid van vroue gelei het.

Sy het nie ‘n naam gehad vir hierdie verskynsel wat vroue onvervuld gelaat het nie en daarom dan dat die “probleem” op hierdie tydstip “The problem without a name” genoem is. Teen die einde van 1960 het Kate Millet ‘n naam toegeken aan hierdie probleemix nl. “Patriagalisme” Hierdie woord kom van twee Griekse woorde nl. Pater wat vader beteken en arche wat regering beteken. Die probleem was dus die regering deur vaders.

Die oplossing is:

It was not possible for women to fulfill traditional roles as mother and wife and concurrently pursue their own visions; so society would have to adjust its basic ideas about employment, marriage, family and home… It would be necessary to change the rules of the game to restructure professions, marriage, the family, the home… These second wave of [feminist] pioneers believed that inner wholeness could only be found through women leaving their traditional role in order to emulate men. They argued that women would only be fulfilled by joining the ranks of professional and educated, contributing something more concrete to society than motherhood and wifehood.”x

Diagram: A PROBLEM IN THE CHURCH

As ons na die oorsprong van moderne Feminstiese Teologie kyk, dan moet ons terug gaan na die publikasie van Katherine Bliss , “The Service and Status of Women in the Church” wat in opdrag van die Wêreld Raad van Kerke (die oorkoepelende moeder liggaam van die Suid Afrikaanse Raad van Kerke waarby die GKSA onlangs by aangesluit het en waarvan die NG Kerk reeds etlike jare lid is) opgestel is in 1952xi.

In hierdie publikasie wys sy daarop dat vroue baie betrokke is in die lewe van die kerk, maar dat hulle nie toegelaat is om in die leierskap aktiwiteite of lering, prediking administrasie of evangelisasie te funksioneer nie, alhoewel party van hulle gawes vir hierdie take het. Sy het toe ’n beroep gedoen vir die herevaluasie van manne en vroue se rol in die kerk – veral in terme van die bevestiging van vroue in die spesiale ampte. Hierdie publikasie is in die 1960’s afgestof om feministiese Christene se ontevredenheid hoorbaar te maak.

In 1964 het die Wêreld Raad van Kerke in hul Publikasie “Concerning the Ordination of Women” ’n beroep gedoen op kerke om ‘n “re-examination of their traditions and canon law” te doenxii.

Mary Kassian lewer as volg kommentaar oor Valerie Goldstein se Artikel van 1966:

The ordination of women required the development of a new theology and Biblical hermeneutic. The first step towards this end was pioneered by theologian Valerie Saiving Goldstein, whose ideas were in many ways ahead of her time. Goldstein’s article “The Human Situation — A Feminine Viewpoint” first appeared in the Journal of Religion in 1960. It was republished in 1966 when the current of feminist thought in Christendom was well established. Goldstein proposed that a theologian’s sexual identity had bearing upon that person’s theological views. At the time, it was radical to suggest that one’s gender would affect one’s interpretation of the Bible.

To support her contention, Goldstein cited the works of two contemporaries:

Anders Nygren and Reinhold Niebuhr. These male theologians, in addressing the question of the human situation, had defined the basic sin of mankind as pride and had defined grace as sacrificial love. Goldstein contended that the human situation was quite different for women. She said that the sin of men may well indeed have been pride and the thirst for power, but that the sin of women was just the opposite. The sin of women, as she saw it, was the “underdevelopment or negation of the self . . . triviality, distractibility, diffuseness, dependence on others for one’s own selfdefinition.” In sum, Goldstein claimed that the female perspective on sin was the antithesis of Niebuhr’s and Nygren’s definition. The sin of women was too much sacrificial love and not enough pride in themselves.”

Mary Kassian som die inpak van Goldstein en Bliss feministiese publikasies soos volg opxiii:

The immediate impact of these writings was not highly visible. However, just as Simone de Beauvoir’s and Betty Friedan’s books had laid the foundation for a major upheaval in secular society, so Kathrine Bliss and Valerie Saivings Goldstein laid the foundation for a major upheaval within the church. As William Douglas prophetically stated in 1961: ‘The place, the status, the opportunities for service of women within the Church are rapidly changing. A silent revolution is now under way.’ ”

Diagram: THE CHURCH AND THE SECOND SEX

Mary Daily se boek The Church and the Second Sex in 1968 het ‘uitgewys’ dat die vroue in die kerk ‘n groep is wat onderdrukking ervaar weens hul geslag. Vrou binne die Kerk het hulle dan ook begin identifiseer as die onderdruktes – die Second Sex.

Daly lewer self kommentaar oor hierdie boek:

As a result of . . . The Church and the Second Sex, I had been hurled into instant fame as exposer of Christian misogyny and champion of women’s equality within the church. . . . I lectured to academic audiences and women’s groups across the country about the sexism of the Christian tradition. . . Often in the late sixties I encountered hostility in women, not toward the patriarchs whose misogynism I exposed but toward me for exposing them. But by about 1970 this phenomenon of misplaced anger had almost disappeared. More and more people had caught up with The Church and the Second Sex, and the lines that formerly had elicited hostility brought forth cheers. But the “I” who was then standing before the friendly audiences and tossing out the familiar phrases was already disconnected from the words, already moving through a new time/space. I often heard the old words as though a stranger were speaking them — some personage visiting from the past. My concern was no longer limited to “equality” in the church or anywhere else. I did not really care about unimaginative reform but instead began dreaming new dreams of a women’s revolution. This was becoming a credible dream, because a community of sisterhood was coming into being, into be-ing. In the hearing/healing presence of these sisters I had grown ready to try writing/speaking New Words.”

Diagram: FEMINIST LIBERATION THEOLOGY

Mary Kassian identifisseer ‘n verband tussen Marxistiese Vryheidsteologie van Suid-Amerika en Feminisme. Sy stel dit soxiv:

Two female theologians, Letty Russel (Human Liberation in a Feminist Perspective: A Theology, 1974) and Rosemary Radford Ruether (Liberation Theology: Human Hope Confronts Christian History and American Power, 1972), began to develop a theology specific to the liberation of woman. They based their work on liberation theology, newly introduced in Latin America… Feminists borrowed Guttierez’s [vader van Liberation Theology], analysis but believed that the key to true liberation was deeper than mere social and political change. According to feminist theologians, the key to world liberation was the liberation of the world’s largest oppressed class: women. Feminist theologians believed that the liberation of women would induce the end of poverty, racial discrimination, ecological destruction, and war.”

Grudem maak die opmerking oor die pad van Feministiese Teologiexv:

Following the denial of male headship in marriage, and the denial of any restriction of leadership roles in the church to men, and the denial of anything uniquely masculine other than the physical differences among human beings, it is to be expected that egalitarians would begin to blur and then deny God’s identity as our Father. This is exactly what has recently happened in egalitarian writings. Ruth Tucker, in her book Woman in the Maze, encourages women to call God “Mother” in private prayer”

In die middel 1970’s het die National Council of Churches USA (WRK!) ’n taakspan aangewys oor seksisme in die Bybel.

In 1976 publiseer hulle The Liberating Word: A Guide to Nonsexist Interpretation of the Bible.

Een van die outeurs was Letty Russel (dieselfde vrou wat Feminisme as die ware Liberation Theology beskryf het)xvi

Hierdie verwysings na God as Moeder word bevorder deur die literatuur wat verkoop word deur sogenaamde Evangeliese Christene soos Christians for Biblical Equality (www.cbeinternational.org). Daar is selfs kerke soos die United Methodist Church, wat kerklike liedere goedgekeur het waar Metodiste eer moet sing aan “die Sterke Moeder God, wat dag en nag werk”. Die groep wat weggebreek het van die Southern Baptist Convention toe weer terug gekeer is na die Bybelse rol vir vroue in die kerk (Cooperative Baptist Fellowship), het hul jaarlikse byeenkoms in 2001 in Atlanta VSA geopen met liedere en gebede tot “Moeder God”xvii.

Virginia Mollenkott

Dit is egter nie net sogenaamde nie-Protestante teoloë wat met hierdie anti-Christelike feminisme hulle ophou nie. ‘n Prominente Feministiese Teoloog, Prof Virginia Mollenkott, se agtergrond word as volg deur Mary Kassian beskryfxviii:

Virginia Mollenkott was a religious feminist with a strong evangelical heritage. She was brought up in American fundamentalism and received her undergraduate degree from Bob Jones University. In 1975, she wrote a twopart article for the Reformed Journal which passionately argued for women’s equality in the Church, which would be evidenced by woman’s ‘access to all privileges and responsibilities of governance and the ministry.’”

Mollenkott was deur die Committee for the Production of the Inclusive Language Lectionary van die National Council of Churches (WRK!) uitgenooi. Dit lei tot die publikasie van haar boek The Divine Feminine: The Biblical Imagery of God as Female. Sy skryf:

We can resolutely learn to speak of God in an all-inclusive way… For this reason, God is the most truly absolute Thou any mind can conceive. This Thou, this Absolute Relatedness, may be referred to as He, She, or It because this Thou relates to everyone and everything. . . .”

Virginia Mollenkott se eie webblad raak die volgende oor haar kwytxix:

“… With Letha Dawson Scanzoni, she co-authored “Is the Homosexual My Neighbor? … Her other books include “The Divine Femine: Biblical Imagery of God As Female”; … Dr. Mollenkott was a member of the National Council of Churches’ Inclusive Language Lectionary Committee… In 1992 she received an Achievement Award from New Jersey’s Lesbian and Gay Coalition, and in 1999 a Lifetime Achievement Award from SAGE (Senior Action in a Gay Environment).

Mollenkott’s twelfth book, “Omnigender: A Trans-Religious Approach”, has been warmly welcomed by pastoral counsellors, theologians, psychologists, and GLBT people of various religious backgrounds as well as by people working for sexual and gender justice.

Annually, on the weekend after Labor Day, Mollenkott facilitates an event called “Sisterly Conversations: Current Concerns Among Lesbians of Faith”, held at Kirkridge Retreat and Study Center in Bangor, PA, in the beautiful Pocano Mountains.

She is also a featured speaker at Kirkridge’s annual “Christian People of the Rainbow” event, held on the second weekend of June. The event is very popular and draws a large number of lesbian, gay, bisexual and transgendered Christians along with their supporters and friends each year. For more information on these events please visit http://www.kirkridge.org. Ms. Mollenkott is an active member of the Evangelical and Ecumenical Women’s Caucus (www.eewc.com) and in CLOUT (Christian Lesbians OUT). With her life partner, Suzannah Tiltm, Virginia lives in northern New Jersey and co-grandmother’s their three delightful grandaughters.”

Ons belydenis is duidelik dat God uit drie persone bestaan nl. God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. (Sien HK Sondag 9; NGB Artikel 8; Apostoliese Geloofsbeleidenis; Die Geloofsbelydenis van Nicéa; Geloofsbelydenis van Athanasius)

Feministiese Teoloë wil dit egter anders hê. Hulle wil niks weet van God as die Vader of die Seun nie, want hulle wil ontslae raak van alles wat manlik is. Feministiese Teoloë wil ontslae raak van ons belydenis en nie meer praat van die drie-eenheid nie. Hulle wil die drie-eenheid vervang met sulke alternatiewe soosxx:

  • “Creator/Redeemer/Sustainer”
  • “Source/Servant/Guide”

Diagram: FEMINIZATION OF GOD : Afgodery?

Die vraag is nou: Aanbid Feministe ’n ander god as die God van die Bybel? Wanneer ons na die betekenis van die eerste en tweede gebooie kyk en ons kyk ook na die sonde wat Aaron en die Israeliete gedoen het toe ’n beeld van God gemaak is, dan is dit duidelik dat ons baie versigtig moet wees dat ons die God van die Bybel moet aanbid. Sondag 34 Vraag 95 antwoord die vraag “Wat is afgodery” soos volg: “Dit is om in die plek van die enige ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar het, of naas Hom iets anders uit te dink of te hê waarop jy jou vertroue stel.”

Een van die opstellers van die Heidelbergse Kategismus lewer soos volg kommentaar op die vraag “Wat is Afgodery”xxi:

Evenzo degenen die wèl belijden dat zij de enige ware God dienen, Die hemel en aarde geschapen heeft, maar Die in hun verbeelding (letterl. Fantasie) en gedachten een andere god bedoelen, die sijn zichzelf verzinnen, en niet zoals Hij Zichzelf in Zijn Kerk door Zijn Woord heeft geopenbaard en heerlijk betoond. Daarvan zijn Joden, de Arianen, de Mohammedanen of Turken niet vrij, die wel enigszins beweren dat sij de enige, eeuwige en onbegrijpelike God, de Schepper der wereld belijden, maar die Hem niet dienen Zoals Zich in Zijn Woord openbaarde, naamlijk Eén in Weze en Drie in Personen (Joh 5:23, 1 Joh 2:32, 2 Joh 1:19). Dus vallen zij van de belijdenis die schijnen te willen bekennen, af, en door Hem te verloochenen, vervallen zij tot een andere god, die geen God is, maar van wie zij zichzelf gedroomd, verdicht en ingebeeld hebben, dat hij God is.”

Met ander woorde, ons definisie van wie en wat God is, moet op God se Woord gebaseerd wees, anders is ons besig om ’n ander god as die ware God wat in die Bybel van gepraat word te aanbid.

Diagram: HOUSEHOLD OF FREEDOM

Letty Russell, argumenteer in Household of Freedom: Authority in Feminist Theology, dat “die woord van God nie identies is met die bybelse tekste nie.” Volgens Russel kan die Bybel dus nie as die enigste bron van van gesag vir praktiese teologiese lewe gesien word nie. (Feminist Gospel p. 169)

I.p.v. om gesag in die Bybel te kry, het feministiese teoloë besluit dat die gemeenskap van gelowiges die bron van gesag is. Russel merk dan op dat dit beteken dat die nuwe paradigma se interpretasies van die Skrif anders kan wees as die tradisionele Christelike Teologie.

DUS: Letty Russel se Feminisme het nou ‘n vorm van Humanisme geword.

Mary Daly: In Pure Lust moedig Daly vroue aan om alle inhibisies af te werp – om “buite beheer” te raak in hul opstand teen die manlike stelsel van Judeo-Christistelike patriagalisme.

Om hul onderdrukking te oorkom, het Daly gesê dat vroue die reëls van moraliteit, spirualiteit en etiek moet verbreek. Vroue moet vry wees om hulle te vergryp aan fisiese pret soos lesbinisme en geestelike ondervindings soos heksery en afgodery. Dit wat voorheen as taboe beskou is moet nou aangegryp word weens die hoër feministiese bewustheid. (The Feminst Gospel, p 232)

Diagram: WOMAN CHURCH

Feministe het tot die gevolgtrekking gekom dat hulle nie altyd hul godsdienstige feminisme kan uitleef binne die ‘patriagale kerkstrukture’ nie. Daarom het Feministe begin om onafhanklike aanbiddingsgroepe te begin wat die ontwikkeling van die godsdienstige feministiese visie kon toelaat.

Een van die feminste, Fiorenza, noem dit “Ekklesia of Women” en Ruether noem dit “Women-Church”xxii.

Volgens Ruether verskil “Women-Church” van die tradisionele kerk omdat dit poog om die pastor af te skaf omdat elke vrou ‘n pastor is.xxiii

Die Feminis Rita Nakashima Brock skryf in haar boek “Christian Feminism: Visions of a New Humanity, ed., waaroor Women Church gaanxxiv:

The feminist Christian commitment is not to a saviour who redeems us by bringing God to us. Our commitment is to love ourselves and others into wholeness. Our commitment is to a divine presence with us here and now, a presence that works through the mystery of our deepest selves and our relationships, constantly healing us and nudging us toward a wholeness of existence we only fitfully know. That healed wholeness is not Christ; it is ourselves”

Mary Kassian som die afval van Women Church soos volg opxxv:

The feminist quest for a usable future transcended the boundaries of Christianity and extracted from all traditions that which contained value for women. Feminists deemed that religious practices borrowed from witchcraft, neo-paganism, and the New Age were legitimate (at least in part), as were ancient heresies and sectarian philosophies of the Biblical and patristic era. They claimed that men, in the interest of retaining power for themselves, had labeled these valid philosophies heretical. Religious feminists argued that the men who wrote the Bible did so with their personal interests in mind, as did the men who chose which books were to be included in the canon.”

OPSOMMING

Mary Kassian som dit waaroor dit alles gaan soos volg opxxvi:

Many who were conservative have now adopted radical views, and many who once called themselves “Biblical feminists” are now far from the Bible. This is because feminism and Christianity are antithetical. Accepting the feminist precept into one’s worldview immediately initiates a change in one’s view of truth and absolutes. It places an individual upon a slippery slope which can lead, and usually does lead, far away from God. My point is not that every individual who calls her or himself a feminist is damned to Hell. I am not implying guilt by association. What I am saying is that the presupposition of feminism is not in harmony with the Bible. Accepting the feminist precept, even to a small degree, necessitates some degree of compromise. Although for a particular individual, this may not lead to a total rejection of the Bible and God, such is the logical and immanent end.”

KERK KANKER GENEESTELIK?

By ‘n kerklike vergadering in September 2023 het ‘n predikant na die Feminisme wat in die kerk inkom verwys as kanker. Hy het dit mooi omgesom. Dit is ‘n vernietigende siekte wat onbehandeld lei tot die dood van die kerk.

Die vraag is egter of dit wel suksesvol behandel kan word. Daar is drie voorbeelde waarvan ek weet waar die liberale agenda gestuit is en liberales uit die kerk gesmyt is:

  • Die een is waar Prof Dr FN Lee in 1991 beswaar gemaak het teen die vroue in die ampte in die Presbyterian Church of Australiaxxvii. Die Sinode het Prof Lee se Bybelse argumente ter harte geneem en die vroue wat reeds as predikante bevestig is op permanente pensioen gesit en hulle is verbied om ooit weer te preek. Die Liberales was so ontsteld dat hulle uiteindelik die kerkverband verlaat het en ‘n ander kerkverband gestig het.
  • Die tweede voorbeeld is waar die regsinnige gelowiges in die Southern Baptists in 1984 daarin geslaag het om die liberale rigting van vroue in die ampte om te keer en die besluit geneem het “that we encourage the service of women in all aspects of life and work other than pastoral functions and leadership roles entailing ordination.”xxviii
  • Die derde voorbeeld: Die Missouri Sinode van die Lutherse Kerk het in 1974 die president van die Concordia Teologiese Skool in St. Louis afgedank weens sy liberale sienings. 45 van die 50 fakulteitslede van die Teologiese Skool was so kwaad dat hulle hul bedankings ingedien het. Die bedankings is aanvaar en die liberale invloed is verwyder.xxix

Slot

Ons het gesien hoe Liberalisme en Liberale teologie ons samelewing binne gedring het met verwoestende nagevolge.

Ons het gesien dat “Evangeliese” Feministiese Teologie in sy finale vorme saamsmelt met Sekulêre Feminisme. Hierdie is ‘n valse godsdiens.

Ons het gesien dat “Evangeliese” Feminisme ‘n kanker is wat die kerk bedreig.

Ons het gesien dat “Evangeliese” Feministiese kanker genees kan word en drie histotriese voorbeelde is genoem.

Mag Christene in Suid-Afrika se oë oopgaan vir die gevare van Feminisme. Mag daar ‘n diepgaande bekering terug na God se Woord plaasvind… Sola Scriptura…

EINDNOTAS

iEvangelical Feminism and Biblical Truth, Wayne Grudem, 2004, Multnomah Publishers, ISBN 1-57673-840-X, p. 500 – 536 . Hierdie boek en nog vele ander kan afgelaai word by Council on Biblical Manhood and Womanhood, http://www.cbmw.org/resources/books.php

iihttp://www.christianbook.com/Christian/Books/product?event=AFF&p=1012601&item_no=09183

iiiThe Feminist Gospel – The Movement to Unite Feminism With the Church, Mary Kassian, Crossway Books, 1992, ISBN 0-89107-652-2, p225-226

ivThe Feminist Gospel – The Movement to Unite Feminism With the Church, Mary Kassian, Crossway Books, 1992, ISBN 0-89107-652-2, p216

vThe Feminist Mistake, The Radical Impact of Feminism on Church and Culture, Mary Kassian, 2005, Crossway Books, ISBN 1-58134-570-4, p. 235

vihttp://www.women24.com/Women24/Life/BodySoul/Article/0,7173,1-2-4-63_9089,00.html

viiBetty Friedan se biografie kan gelees word by: http://en.wikipedia.org/wiki/Betty_Friedan

viiiThe Feminist Gospel – The Movement to Unite Feminism With the Church, Mary Kassian, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p217

ixMary Kassian, The Feminist Gospel – The Movement to Unite Feminism With the Church, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 23

xMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 22-23

xiThe Feminist Mistake, The Radical Impact of Feminism on Church and Culture, Mary Kassian, 2005, Crossway Books, ISBN 1-58134-570-4, p. 29

xiiThe Feminist Mistake, The Radical Impact of Feminism on Church and Culture, Mary Kassian, 2005, Crossway Books, ISBN 1-58134-570-4, p. 31

xiiiThe Feminist Mistake, The Radical Impact of Feminism on Church and Culture, Mary Kassian, 2005, Crossway Books, ISBN 1-58134-570-4, p. 39

xivThe Feminist Mistake, The Radical Impact of Feminism on Church and Culture, Mary Kassian, 2005, Crossway Books, ISBN 1-58134-570-4, p. 63 – 64

xvEvangelical Feminism and Biblical Truth, Wayne Grudem, 2004, Multnomah Publishers, ISBN 1-57673-840-X, p. 509

xviThe Feminist Mistake, The Radical Impact of Feminism on Church and Culture, Mary Kassian, 2005, Crossway Books, ISBN 1-58134-570-4, p. 136

xviiEvangelical Feminism and Biblical Truth, Wayne Grudem, 2004, Multnomah Publishers, ISBN 1-57673-840-X, p. 512

xviiiMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 237

xixhttp://www.geocities.com/vrmollenkott/

xxMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 145

xxiHet Schatboek, Ursinus Zacharias, Den Hertog – Houten, ISBN 9-789033-104459, Vol 2, p. 266

xxiiMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 196

xxiiiMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 198

xxivMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 201

xxvMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 182

xxviMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 239

xxviiAdventures with God: Some of the Lord’s dealings with Francis Nigel Lee, Lee, FN, 2019, Lulu, ISBN 1093456639, p144-165

xxviiihttps://www.sbc.net/resource-library/resolutions/resolution-on-ordination-and-the-role-of-women-in-ministry/

xxixhttps://www.nytimes.com/1974/02/19/archives/professors-ousted-by-lutheran-board-in-seminary-dispute.html

Afgodery, Transsubstansiasie en die Heidelbergse Kategismus

Pieter van Deventer

Nota van Pieter af: Hierdie is ‘n eksamenopdrag wat ek ingedien het vir my studies. Daarom is dit bietjie meer formeel as gewoonlik.


Die Heidelbergse Kategismus is ‘n pragtige pastorale belydenisskrif. Dit is nie in die eerste plek besig om ingewikkelde leerstellings te verduidelik of groot dwaalleer te weerlê nie. Soos DeYoung (2010:Elektronies) skryf:

“There is no nailing of Lutherans to the wall, or drowning of Anabaptists, and very little anathematizing Catholics in the spirit of ‘What goes around comes around.’”

Die Kategismus begin met ‘n vraag wat die snare van die siel aanroer: “Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?” En deur die loop van die opvolgende 51 Sondagsafdelings word hierdie pastorale toon behou.

Daar is egter een uitsondering – een stukkie skerp polemiek. Dit is waarby ons gaan stilstaan in hierdie artikel. Sondag 30, vraag en antwoord 80 gaan oor die verskil tussen die Nagmaal en die Roomse mis. In hierdie vraag en antwoord hou die Heidelberger nie terug nie: Sy swaard is geslyp vir Rome en hy gaan dit gebruik. Vraag en antwoord 80 eindig met ‘n baie skerp veroordeling van die mis:

“Die mis leer dat die lewende en die dode nie deur die lyding van Christus vergewing van sondes het nie, tensy Christus nog daagliks vir hulle deur die mispriesters geoffer word, en dat Christus liggaamlik onder die gestalte van die brood en wyn is en daarom ook daarin aanbid moet word; en so is die mis in die grond niks anders nie as ‘n verloëning van die enige offerande en lyding van Jesus Christus, en ‘n vervloek te afgodery.”HKS 30, V&A 80

Die laaste sin tref nogal hard. Is dit regtig nodig om die mis “vervloekte afgodery” te noem? Dit is die vraag waarby ons stilstaan in hierdie artikel.

  • Eerstens sal ons kyk na die agtergrond waarteen hierdie vraag en antwoord verstaan moet word.
  • Tweedens sal ons die vraag vra of hierdie sterk veroordeling geldig is.
  • Derdens sal ons probeer om ‘n hand van vriendskap aan Rome te bied.

Die agtergrond en ontstaan van vraag en antwoord 80

Vraag en antwoord 80 van die Heidelbergse Kategismus was nie deel van die eerste uitgawe van die Heidelbergse Kategismus nie (DeYoung, 2010:Elektronies). Maar in die derde uitgawe, wat verskyn het in dieselfde jaar (1563), word dit wel gevind. Wat was die agtergrond van hierdie frase en waarom is dit teen die einde van 1563 ingevoeg met die derde uitgawe?

Die Heidelbergse Kategismus is opgestel in die 16de eeu (eerste uitgawe verskyn in 1563) toe die Protestantisme en die Rooms-Katolisisme letterlik tot die punt van geweld gedryf was teenoor mekaar. Landstreke was in oorlog gewikkel oor wat hulle gemaak het met die Hervorming. As iemand bereid is om in ‘n oorlog te sterf vir sy oortuigings, is sy oortuigings gewoonlik nogal belangrik vir hom. En die 16de eeu was geen uitsondering nie. Die redes waarom jy vir Protestantisme eerder as Rooms-Katolisisme gekies het, was gewigtige redes.

Tog is dit merkwaardig dat die Heidelbergse Kategismus nie juis om elke hoek en draai besig is om Rome te verketter nie. Die Heidelberger se stem is sag – vertroostend. Dit bring die stille lieflikheid van die Gereformeerde leer oor met ‘n pastorale stem. Die glorie van wie Christus vir sy kerk is word verduidelik op ‘n manier wat kinders kan verstaan – sonder bittere polemiek.

Maar, op 17 September 1562, kom die 22ste sitting van die konsilie van Trent bymekaar en verklaar vanuit die Roomse geledere dat die mis en die kruis een en dieselfde offer is (The Council of Trent, 1848:Aanlyn). DeYoung (2010:Elektronies) argumenteer dat die eerste uitgawe van die Kategismus, hoewel dit ‘n paar maande ná hierdie sitting uitgekom het, nie hierdie uitspraak van Trent kon verwerk nie. Dit het egter voor die einde van 1563 nodig geword vir die Heidelberger om ‘n sterker verwerping van die Roomse mis in te sluit, met die doel om die konsilie van Trent duidelik te verwerp. Daarom word dit nodig vir ‘n hersiende uitgawe om te verskyn, wat hierdie saak hanteer.

Dit bring ons nou by die vraag of hierdie streng verwerping van die Roomse mis histories by die Kategismus pas. As dit nie in die eerste uitgawe was nie, moet ons dit dan nie maar eerder net weglaat nie? Nee, om dit te doen is om oppervlakkig met die kerkgeskiedenis en die dogmageskiedenis om te gaan. Belydenisskrifte, anders as die Bybel, se beste weergawes is nie die mees oorspronklike weergawes nie. Belydenisskrifte ontleen hul gesag aan die Skrif en daarom moet ons nie net probeer bepaal hoe die heel eerste weergawe van die Kategismus gelyk het nie.

Bowendien is ‘n streng verwerping van die mis glad nie vreemd aan die konteks van die Kategismus nie. En dit kan steeds versoen word met die pastorale toon van hierdie belydenisskrif. Wat is immers meer pastoraal as om die lammetjies en die skapies te beskerm teen ‘n dwaalleer wat die aandag van die kruis aftrek en op brood en wyn laat val?

Ursinus, die man wat grootliks verantwoordelik was vir die opstelling van die Kategismus, gaan in sy verklaring van vraag en antwoord 80 ook nie ligtelik om met sy kritiek van die mis nie. Hy noem ook die mis “vervloekte afgodery” net soos die derde uitgawe van die Kategismus (Ursinus, 2007:117). Hy gaan selfs so ver om te skryf dat ons “die goddelose verdigsel [van die mis] moet wegneem en verfoei.” (Ursinus, 2007:116).

Dit is dus nie maklik om op ‘n historiese punt weg te kom van hierdie frase in die Kategismus nie. As iemand ‘n beswaar teen die streng afkeuring van die Roomse mis het, moet die beswaar gegrond word op iets anders as die agtergrond en ontstaan van vraag en antwoord 80.

Is die mis vervloekte afgodery?

Iemand kan egter argumenteer dat hierdie frase te ver gaan. Ja, die mis is verkeerd, maar is dit regtig vervloekte afgodery? Om hierdie vraag te antwoord moet ons besef dat alle afgodery vervloek is. Ons moet dus net besin oor die vraag of die mis afgodery is. Indien wel is dit per definisie ook vervloek, want alle afgodery is vervloekte afgodery.

Afgodery word breedweg verstaan as ‘n daad waar enigiets of enigiemand in die plek van God vereer en/of aanbid word. Die afgodery van die heiden-nasies in die Bybel was basies ‘n verering en aanbidding van ‘n duiwel in die plek van God (1 Korinthiërs 10:20). Op dieselfde manier, as iemand homself sou vereer in die plek van God is hy besig met afgodery. Of, as finansiële sekuriteit vir hom die spil word waarom alles draai, is hy besig met afgodery (Matt. 6:24). Die basis van ons godsdiens kom terug na die HERE se woorde in Eksodus 20:2,3:

“Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.”

Is die mis, dan, ‘n verering of aanbidding van iets wat nie God is nie in die plek van God? DeYoung (2010:Elektronies) wys uit dat daar vanuit die Roomse geledere erkenning is dat die mis verstaan kan word as afgodery. Iemand soos Peter Kreeft, ‘n Roomse apologeet, skryf byvoorbeeld:

“If the doctrine of the Real Presence of Christ in the Eucharist were not true, this adoration would be the most momentous idolatry: bowing to bread and worshipping wine!”Kreeft in DeYoung, 2010:Elektronies

Rome glo in transsubstansiasie: Hulle glo dat die brood en wyn van die mis verander in die letterlike liggaam en bloed van Jesus Christus. Jy eet nie meer brood en wyn nie. Jy eet fisies die vleis en bloed van ons Here. As hierdie leer verkeerd sou wees – erken Kreeft – sou die mis werklik vervloekte afgodery wees. Maar die punt (volgens hom) is dat dit nie verkeerd is nie.

“And if it [transsubstansiation] is true, then to refuse to adore is equally monstrous.”Kreeft in DeYoung, 2010:Elektronies

Om te kniel voor brood en wyn is afgodery. Maar om te weier om te kniel voor Koning Jesus is ook afgodery. Die hele vraag draai dan om die waarheid of valsheid van transsubstansiasie.

Wat moet ons met dit maak? Is Rome dan besig met afgodery? Die kort antwoord is “ja.” Hulle is verkeerd oor transsubstansiasie (‘n saak waarby ons nie kan stilstaan in hierdie artikel nie); hulle is verkeerd oor die eksegese van Johannes 6; hulle lees te veel in Jesus se woorde, “dit is my liggaam” in. Die gevolgtrekking wat Kreeft self toegee is dus dat hulle besig is met afgodery. Hulle afgodery is nie doelbewus nie: Hulle glo regtig dat hulle eer betoon aan God. Maar, die gevolgtrekking bly dieselfde. Die mis is en bly afgodery: Dit vereer iets wat nie God is nie in die plek van God.

Terug na Chalcedon

Een van die redes waarom ons van die Rooms-Katolisisme moet verskil, is omdat hulle weggebreek het van die kerklike tradisie. Ons behoort vir hulle te sê dat ons te katoliek is om Katoliek te wees (Leithart, 2012: Aanlyn). En wanneer dit kom by die Nagmaal is dit weer die geval: Ons moet die Roomse Kerk daarop wys dat ons siening van die liggaamlike teenwoordigheid van Christus beter pas by die definisie van Chalcedon. Op dié manier kan ons die figuurlike olyftak vir hulle aanbied. Ons kan hulle uitnooi om regtig terug te keer na die kerklike tradisie: Die tradisie wat gebou is op die vaste fondasie van die Skrif en die kerkvaders.

Die Sinode van Chalcedon (451 n.C) het ‘n definisie opgestel oor hoe die twee nature van Christus verstaan moet word. Hierdie definisie is tegnies nie ‘n belydenisskrif nie, want dit het net gepoog om die Geloofsbelydenis van Nicea (wat gefinaliseer is by die Sinode van Konstantinopel, 381 n.C) te verklaar. Tog word die Chalcedoniese definisie breedweg beskou as die ortodokse, katolieke verstaan van Christus se Godheid en sy mensheid. As jy die definisie van Chalcedon verwerp, gee jy jouself in enige Christelike kringe uit vir die klag van kettery.

Een van die dinge wat die Chalcedoniese definisie duidelik gemaak het, is dat die twee nature van Christus nie vermeng word nie (The Chalcedonian Definition of the Faith, 2021:Aanlyn). Ons tree hierso op heilige grond, so dit is nie altyd maklik om presies te verduidelik wat mens daarmee bedoel nie. Maar die basiese idee is dat Christus ná sy vleeswording volkome God én volkome mens is en bly. Sy Godheid word nie afgewater deur sy mensheid nie en sy mensheid word nie verswelg deur sy Godheid nie. Hy behou beide nature en die eienskappe van beide nature sonder dat dit vermeng of geskei word.

Een van die implikasies van hierdie leerstelling, wat die Gereformeerde tradisie konsekwent onderskei van beide die Rooms-Katolisisme en die Lutheranisme is dat Christus se liggaam in die hemel is, aan die regterhand van die Vader. Sy menslike liggaam word nie alomteenwoordig nie. Christus is alomteenwoordig – maar sy menslike liggaam is in die hemel. Chalcedon stel dit nie so direk nie, maar dit is ‘n logiese gevolg wat ons kan trek uit die Chalcedoniese definisie. Die Roomse mis behels egter ‘n implisiete ontkenning hiervan, want die Roomse mis behels dat Christus se menslike liggaam in die hemel en op die aarde is. Sy liggaam is nie net aan die regterhand van die Vader nie, maar op elke plek waar die mis gevier word. Dit maak sy liggaam welliswaar nie heeltemal alomteenwoordig nie, maar dit maak sy liggaam wel heelwat meer as ‘n menslike liggaam. Sy twee nature word vermeng.

Aan die hand van die Mercersberg Gereformeerde stroming (Littlejohn, 2009:Elektronies) het ons regtig ‘n gulde geleentheid om Rome op te roep om terug te keer na die ware tradisie: Terug na die kerkvaders: Terug na Chalcedon. Die Gereformeerde siening van die Nagmaal wat neerkom op ‘n mistiese teenwoordigheid van Christus (Littlejohn, 2009:Elektronies) pas nie net baie beter by die Skrif nie, maar ook by Chalcedon.

Quo vadis?

Die skisma tussen Protestantisme en Rooms-Katolisisme is ‘n teer sakie vir baie manne aan altwee kante van die debat. Die liberalisme wil vir ons sê dat ons net hierdie dogmatiese bakleiery moet staak en in liefde met mekaar moet saamleef. Maar soos Chesterton (1905:Elektronies) opmerk, dit is baie meer liefdevol om iemand vir sy idees te verbrand as om te sê sy idees maak nie eintlik saak nie. Ons moet die verskille tussen Rooms-Katolisisme en Protestantisme ernstig opneem as ons enigsins hoop om in die toekoms te soek na enige vorm van ware versoening.

Ursinus (2007:113) is reg as hy skryf:

“Het is een noodzakelijke kwestie, die het onderscheid van het Avondmaal des Heeren en de Paapse mis betreft, vanwege de afgrijselijke misbruiken die door de mis in de kerk ingeslopen zijn.”

Ons kan nie ligtelik omgaan met die Roomse dwaling op hierdie punt nie. Ons moet die vinger druk op die seerplek. Ons moet die afgodery ontmasker.

Tegelykertyd moet ons besef dat ons ook verkeerd kan wees oor sommige aspekte van die Nagmaal. Dit is moontlik vir ons om by Rome te leer oor, byvoorbeeld, die belangrikheid van hierdie sakrament. Sit daar nie dalk iets in die beskuldiging dat ons die sakramente afwater tot ‘n opsionele ekstra in ons liturgie nie? Om afgodery te konfronteer sluit in dat ons die afgodery in ons eie geledere ook moet konfronteer. Op watter punte is die Roomse tradisie dalk nader aan die Skrif as die Gereformeerde tradisie?

Bibliografie

Descendit ad inferna: En Hy het ter helle neergedaal

Pieter van Deventer

Inhoudsopgawe

1. Inleiding

2. Die Apostoliese Belydenis

3. Hel en doderyk

4. Die ligging van die hel en die doderyk

5. So, moet ons dit glo en bely?

6. Konklusie: Tot ‘n Bybelse kosmologie

7. Bibliografie

1. Inleiding

Op ‘n belydeniskamp wat ek bygewoon het as 17-jarige jongman, was daar ‘n paar vrae wat ons, jongmense, met baie vuur bespreek het. Een van hierdie vrae was oor of die Apostoliese Belydenis skriftuurlik begrond is in die frase oor Christus se neerdaling na die hel. Sedert daardie kamp is dit meer en meer duidelik vir my dat hierdie regtig ‘n kontroversiële punt is. Dit is een van die warmste patatte in die teologie en sonder twyfel iets waaroor boeke en boeke vol geskryf kan word. Selfs onder diegene wat glo dat die frase behou moet word is daar verskille oor die spesifieke vertaling en bewoording daarvan. In GKSA gemeentes kan dit, byvoorbeeld, gebeur dat ‘n besoekende leeraar streng vermaan word omdat hy gekies het om in die erediens voor te hou dat Jesus “die angste van die hel tot in die dood toe ondergaan het” in plaas van “neergedaal het na die hel.” In ‘n AP Kerk is dit weer baie belangrik om nie een van bogenoemde formulerings te lees nie, maar baie stiptelik te bly by “ter helle neergedaal het.”

Hierdie debatte is nie droë spekulasie nie: Dit is nie net ‘n verskoning vir slim mense om te wys hoe slim hulle is nie. Dit is baie relevant, want dit gaan oor een van die kortste, kragtigste, mees invloedryke opsomming van wie God Drie-Enig is en wat Hy vir sy kerk doen. Verder gaan dit ook vir ons oor die kern van wat ons van Jesus die Messias glo om deur Hom gered te word (HK Sondag 7). Die regte verstaan van hierdie saak gee die kerk ook ‘n diep insig in ‘n Bybelse kosmologie en Christus se triomf in sy Vader se skepping. Ek wil hoofsaaklik by hierdie laaste punt stilstaan in hierdie artikel. Ons kan die sentrale vraag van hierdie artikel dus so verwoord: Hoe moet die frase “en ter helle neergedaal het” verstaan word en wat beteken dit vir ‘n Bybelse kosmologie?

Net ‘n vinnige woord oor kosmologie: Kosmologie is ‘n deftige woord, maar basies gaan dit oor wat iemand dink van die heelal – of eintlik, God se hele skepping (sigbaar en onsigbaar). Dit gaan oor hoe pas alles in die skepping inmekaar: Ruimte, tyd, mense, diere, plekke, engele, demone, hemel, hel, ensovoorts. Ek wil hier argumenteer dat ‘n Skriftuurlike verstaan van die frase “ter helle neergedaal het” ‘n aspek is van ‘n Bybelse kosmologie wat ons nie moet prysgee nie.

Om dit te doen sal ons moet stilstaan by ‘n paar sake:

  • Ons sal moet kyk na die Apostoliese Geloofsbelydenis self. Wat presies is dit, en watter soort gesag het dit oor Christene?
  • Dan sal ons ook kyk na die verskillende maniere hoe mens die woord “hel” in die Apostoliese Geloofsbelydenis kan verstaan.
  • Ons sal ook moet kyk na die immer aanwesige vraag oor die ligging van die hel asook die ligging van die doderyk.
  • Dan sal ons kyk na die Skriftuurlike fondasie om hierdie frase in die Apostoliese Geloofsbelydenis te behou.
  • Laastens sal ons ‘n paar lyne trek om te kyk wat die invloed van hierdie stukkie dogma is op ons kosmologie.

‘n Laaste opmerking ter inleiding: Die frase “en ter helle neergedaal het” kom ook voor in die Geloofsbelydenis van Athanasius. My basiese vertrekpunt is dat dit daar net so geldig is as in die Apostoliese Geloofsbelydenis. Ek sal dit dus nie afsonderlik bespreek vir die Geloofsbelydenis van Athanasius nie. As dit hoort in die Apostoliese Geloofsbelydenis dan hoort dit tog sekerlik ook in die Geloofsbelydenis van Athanasius.

2. Die Apostoliese Belydenis

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (wat soms ook die 12 Artikels genoem word) is een van die drie ekumeniese belydenisskrifte. Basies beteken dit dat ons hierdie drie belydenisskrifte met meeste ander Christene deel. Om eerlik te wees moet ons wel erken dat die Oosters-Ortodokse Christene formeel slegs die Geloofsbelydenis van Nicea met ons deel (Fairbairn & Reeves, 2019:124), maar die res van die Kerk van Christus bely saam met ons ook die Apostoliese Geloofsbelydenis en die Geloofsbelydenis van Athanasius.

Die Apostoliese Geloofsbelydenis is dus ‘n gewigtige dokument. Dit is nie sommer iets kleins nie. Dit is nie iets wat ons sommer oor ‘n koppie koffie of ‘n braaivleisvuur kan verander nie. Dit het ‘n soort gewigtigheid wat ons ander belydenisskrifte (soos die Heidelbergse Kategismus, die Dordse Leerreëls en die Nederlandse Geloofsbelydenis) nie het nie. Hierdie belydenis sê nie vir jou wie is Gereformeerd nie. Dit sê vir jou wie is ‘n Christen. Selfs die Heidelbergse Kategismus erken dit wanneer dit sê dat ‘n ware geloof opgesom en saamgevat kan word met die woorde van die Apostoliese Geloofsbelydenis (HK Sondag 7).

Hierdie belydenis het egter nie uit die lug geval nie, en hy het al deur die geskiedenis klein veranderings ondergaan. Die vroegste weergawes van die Apostoliese Geloofsbelydenis kom uit die 2de eeu n.C. Dit was gebruik as ‘n soort formule wat iemand moes voordra by die doop van nuwe bekeerdes – ‘n basiese belydenis van wat jy glo. Hierdie doop-formule is nie woordeliks dieselfde as die Apostoliese Geloofsbelydenis soos ons dit vandag gebruik nie en word soms deur geleerdes die Ou Belydenis van Rome genoem, omdat die vroegste weergawes daarvan in Rome gevind word (Fairbairn & Reeves, 2019:109). Dit was ook nie die enigste doop-formule nie, ander doop-formules wat in inhoud baie soortgelyk was is ook gebruik, en hulle het mekaar soms op plekke aangevul. Die vroegste weergawe van die Apostoliese Geloofsbelydenis soos ons dit vandag ken kom uit die 8ste eeu n.C. Omdat dit van vroeg af reeds as doop-formule gebruik is, het dit ook van vroeg af reeds ‘n informele gesaghebbende aard. In die 9de eeu het die Westerse kerk, op aanvraag van Karel die Grote, uiteindelik amptelik erken wat lankal reeds die praktyk was: Dat hierdie belydenis ‘n basiese opsomming is van die Christelike geloof (Fairbairn & Reeves, 2019:111). Sedertdien aanvaar ons dit as een van ons ekumeniese belydenisskrifte.

Die feit dat die Apostoliese Geloofsbelydenis reeds min of meer 7 eeue lank in gebruik was in die Westerse kerk voor dit finaal afgerond en amptelik vasgestel is, gee hierdie belydenis ‘n soort speelbaarheid wat die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius nie het nie. Wat daarmee bedoel word is dat daar voor die afronding in die 9de eeu bietjie variasie was – daar was weergawes wat op klein plekke verskil het – en dit is nie die geval met die ander twee ekumeniese belydenisskrifte nie. Een van die mees berugte verskille is juis die frase waarby ons stilstaan in hierdie artikel: Die frase wat sê dat Jesus “ter helle neergedaal het.” (Fairbairn & Reeves, 2019:120).

Die Latynse frase, “descendit ad inferna” (wat ons vertaal met ter helle neergedaal het) kom die eerste keer voor in ‘n weergawe van die Apostoliese Geloofsbelydenis wat neergepen word deur Rufinus, teen die einde van die 4de eeu n.C (Grudem, 2020:727). Daarna kom dit eers weer voor teen die middel van die 7de eeu. Grudem (2020:727) argumenteer dat Rufinus self die frase net verstaan asof dit sê dat Christus begrawe is (in die sin dat Hy neergedaal het na die graf). Hy baseer dit op Schaff se beoordeling van Rufinus se standpunt (Grudem, 2020:727, voetnoot 41). Fairbairn en Reeves (2019:120) haal egter vir Rufinus aan wat verder argumenteer dat Christus moes neerdaal na die hel (of die doderyk) om vandaar die siele terug te bring van hulle wat daar gevange was. Fairbairn en Reeves (2019:121) konkludeer dan dat Rufinus wel geglo het dat Jesus letterlik na die hel neergedaal het. Hulle wys ook uit dat, alhoewel hierdie frase nie voorkom in enige weergawes van die Apostoliese Geloofsbelydenis voor Rufinus se weergawe nie, dat dit tog waarskynlik ‘n baie meer antieke oorsprong het uit vroeër Oosters-Christelike doop-formules waar dit wel voorgekom het (Fairbairn & Reeves, 2019:120-121). Hoewel Grudem (2020:728) dus vra of hierdie frase in die Apostoliese Geloofsbelydenis enigsins apostolies genoem kan word, moet ons konkludeer dat dit histories gesproke ‘n regmatige plek het in die Apostoliese Geloofsbelydenis. Laastens moet ons ook onthou dat die apostoliese deel van die Apostoliese Geloofsbelydenis nie soseer te doen het met die oudheid daarvan nie maar eerder met die feit dat dit akkuraat weergee wat die apostels geleer het.

Daar is iets wat ons moet onthou wanneer ons besig is met die Apostoliese Geloofsbelydenis: Hierdie belydenis is wel baie gewigtig, maar dit is nog ondergeskik aan die Skrif (Grudem, 2020:725, voetnoot 39). Hoeveel respek ons ook al het vir die antieke en ekumeniese karakter van hierdie belydenis, moet ons vir Grudem toegee dat dit deur gelowiges verwerp moet word as daar geen Skriftuurlike fondasie voor is nie. In die res van hierdie artikel wil ek egter argumenteer dat daar wel ‘n goeie Skriftuurlike fondasie vir hierdie frase is.

3. Hel en doderyk

Die algemene idee van die hel in ons kultuur is nogal lagwekkend: ‘n Warm plek met ‘n kokende pot en ‘n duiwel met ‘n drie-tand vurk. Die Skriftuurlike idee is wel bietjie anders. Maar die Skrif praat ook van twee verskillende soorte hel – of eintlik, die Skrif praat oor die hel en ook oor ‘n ander plek, wat baie keer in populêre Christelike gesprekke aan die hel gelykgestel word. Ek wil egter argumenteer dat ons hierdie twee plekke (of dinge) streng van mekaar moet onderskei.

1. Die hel is die plek waar God sy toorn uitgiet oor sondaars. Dit is van hierdie plek waarvan ons lees in Openbaring 20:7-15 as “die poel van vuur” of “die tweede dood.” Die Griekse woord wat dikwels gebruik word om hierdie plek te beskryf is gehenna (“γέεννα”). ‘n Voorbeeld waar Jesus van hierdie plek praat is in Mattheus 5:22: “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse (γέεννα) vuur.” Uit Openbaring 20:10-15 is dit duidelik dat mense eers ná die groot oordeel, aan die einde van die geskiedenis, in hierdie plek gegooi gaan word. Die simbool wat die Skrif heeltyd aan hierdie plek koppel is vuur.

2. Die doderyk is die plek waar die siele van gestorwe mense bly tot die wederkoms. In die Ou Verbond was gelowiges en ongelowiges se siele in hierdie plek. Na Jesus se kruisiging is dit net die siele van ongelowiges wat daar gehou word tot die groot oordeel. Dit is van hierdie plek waarvan ons lees in Openbaring 20:13,14 as “die doderyk.” Die Griekse woord wat dikwels gebruik word om hierdie plek te beskryf is hades (“ᾅδης”). Die Hebreeuse woord wat dikwels gebruik word om hierdie plek te beskryf is sheol (“שְׁאֹל”). Die Bybel praat baie van hierdie plek as die plek waar gestorwe mense verkeer. ‘n Voorbeeld is Psalm 49:15: “Soos skape word hulle bestem vir die doderyk (שְׁאֹל); die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk (שְׁאֹל) om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.” Nog ‘n voorbeeld is Openbaring 20:13-14: “En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk (ᾅδης) het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk (ᾅδης) is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.” Hoewel die doderyk uit gedeeltes soos Psalm 49 (onder andere) duidelik nie ‘n piekniek is nie, moet ons wel raaksien dat God dit nie gebruik vir dieselfde doel as die hel nie. Sondes word nie daar gestraf nie. Simbole wat die Skrif gereeld aan hierdie plek koppel is die see en die dieptes van die aarde.

Openbaring 20:7-15 is baie belangrik in ons verstaan van hierdie twee plekke. Daarin sien ons dat dit twee verskillende plekke is, juis in die feit dat die doderyk (sheol/hades) in die hel (gehenna) gewerp word. Ons moet hierdie twee plekke dus nie met mekaar verwar, of aan mekaar gelykstel nie.

Ons moet egter onthou dat baie van die gedeeltes in die Skrif wat ons oor hierdie plekke leer gebruik maak van simboliese taal. Baie gedeeltes is byvoorbeeld gedigte (soos die Psalms) of dit is apokaliptiese literatuur (soos Openbaring). Ons moet versigtig wees om dit nie te letterlik op te neem nie. Maar nogtans moet ons uit die Skrif ten minste uitwys dat hierdie plekke werklik bestaan (die Skrif hanteer dit deurgaans as werklike plekke) en ook dat dit nie dieselfde plek is nie.

Dit is op hierdie punt waar Christene wat graag die frase “ter helle neergedaal het” wil behou voor ‘n moeilike keuse te staan kom. Watter een van hierdie twee plekke word bedoel met die woord “hel” in die Apostoliese Geloofsbelydenis? Die oorspronklike bedoeling van “inferna” (die Latynse woord vir hel in die belydenis) het heel waarskynlik meer aangesluit by die idee van die doderyk as by die idee van die hel as die plek waar God sondes vergeld (Fairbairn & Reeves, 2019:121-122; Renihan, 2022:Internet). Later het die fokus van die Weste sterker begin val op die hel as die plek waar God sondaars straf vir hul misdade en dit het die standaard verstaan van die frase geword, veral onder Protestantse Christene (Fairbairn & Reeves, 2019:122). Calvyn plaas die fokus van Christus se neerdaling na die hel by hierdie interpretasie wat sterker fokus op Christus se lyding aan die kruis (Renihan, 2022:Internet). Dit is ook hoe die Heidelbergse Kategismus hierdie frase uitlê (HK Sondag 16) en dit is juis hierdie algemene verstaan wat Grudem (2020:725-728) laat argumenteer dat die frase misleidend is vir meeste Christene.

Die feit dat die frase “en ter helle neergedaal het” deur die geskiedenis (en deur verskillende teologiese tradisies) op hierdie verskillende maniere geïnterpreteer was, maak meeste hedendaagse debatte oor hierdie frase nogal ingewikkeld. Mense praat maklik by mekaar verby. Ons moet nugter, eerlik en nederig omgaan met die geskiedenis. Ons kan gerus meer speelruimte gee vir mekaar oor hierdie onderwerp. Tog wil ek argumenteer dat beide interpretasies van die woord “hel” Skriftuurlik begrond kan word. Maar voor ons daarby uitkom is dit belangrik om eers iets te sê oor die ligging van die hel en die doderyk.

4. Die ligging van die hel en die doderyk

Dit is belangrik vir ons om te besin oor die ligging van die hel en die doderyk, want ons verstaan daarvan moet op ‘n manier versoen kan word met die kruisgebeure: As Jesus “ter helle neergedaal het,” wanneer het dit plaasgevind? Sy liggaam was immers aan die kruis – daarna in die graf. En sy siel was by die liggaam totdat Hy gesterf het en dieselfde aand nog in die Paradys (Luk. 23:43). So waar en wanneer, presies, was Hy dan in die hel – of in die doderyk? Ons antwoord op hierdie vraag hang grootliks af van ons verstaan van die ligging van die hel en die doderyk.

Waar presies die hel en die doderyk is, is ‘n moeilike vraag om te antwoord. Dit is nie moeilik omdat die Skrif onduidelik is daaroor nie. Maar dit is wel moeilik omdat die Skrif baie keer simbolies oor dinge praat – veral dinge soos hierdie.

Wanneer dit kom by die doderyk – die plek waar die siele van gestorwe mense verkeer – dan praat die Bybel heeltyd van dit as in die binneste van die aarde. ‘n Voorbeeld is Psalm 63:10: “Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.” Nog ‘n voorbeeld is Numeri 16:31-33 wat vertel hoe Datan en Abíram deur die aarde ingesluk is: “En toe [Moses] al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was, en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed. So het hulle dan met alles wat hulle s’n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.” Jesus gebruik dieselfde soort taal: “Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.” (Matt. 12:40). Dit is moeilik om die verband te mis tussen hierdie tekste en Genesis 3:19: “jy [sal] terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.” Dit is ook moeilik om die simboliese verband tussen die doderyk in die binneste van die aarde en ‘n begrafnis te mis: Wanneer iemand begrawe word (selfs in ‘n spelonk, soos die gewoonte was in die tyd van die Bybel) dan kan mens fisies sien hoe sy liggaam na die binneste van die aarde neerdaal.

Alles van dit is egter waarskynlik simboliese taal. Ek twyfel of daar enige Christene is, in die moderne wetenskaplike era, wat ernstig glo dat die fisiese ligging van die doderyk so ‘n paar kilometers onder ons voete lê. Ons moet baie eerder raaksien dat alles in God se skepping onvermybaar simbolies is, en die aarde is geen uitsondering nie. Waar die siele van afgestorwenes verkeer weet ek nie, maar net soos ‘n siel nie fisies is nie glo ek ook die herberg van die siele is nie geografies nie. Dit is sover as wat ek met sekerheid hieroor ‘n standpunt kan inneem.

Wanneer dit kom by die hel, dan sien ons dat die Skrif heelwat minder sê oor waar dit is. Uit verskeie Skrifgedeeltes wat dit hanteer as ‘n werklike plek moet ons aflei dat dit wel ‘n werklike plek is, maar dit is nie die soort plek wat jy op Google Maps gaan vind nie. Die Skrif praat soms van dit as “die buitenste duisternis” (Matt. 8:12, ) – maar dit skep meer die indruk van verwerping as enigiets anders: As dit enigsins op ‘n plek dui, dan gaan dit daaroor dat die hel buitekant die hemel is: Oftewel, die plek waar ongelowiges gestraf gaan word vir hul sondes, is verwyder van die plek waar God vir ‘n ewigheid met sy volk gaan wandel in volmaakte, heerlike vrede. Maar, weereens, dit is moeilik om hieruit toepassings te maak in ons 3-D verstaan van ruimte. Waar presies is die hel vandag? Bestaan die hel vandag alreeds? Die Skrif gee geen duidelike antwoorde op hierdie vrae nie.

Wat ons dus van hierdie plekke moet glo, is dat alhoewel dit werklike plekke is (die Skrif hanteer dit as werklike plekke) is die ligging daarvan nie dieselfde as die ligging van ander dinge in ons 3-D verwysingsraamwerk nie. Die Skrif praat van dit as werklike plekke, maar ons moet simboliek raaksien waar dit deur die HERE gebruik word.

5. So, moet ons dit glo en bely?

Uiteindelik kom ons nou by die punt waar die tekkie die teer tref: Moet die frase “en ter helle neergedaal het” in die Apostoliese Geloofsbelydenis bly? Kort antwoord: Ja.

Wat die lang antwoord betref, kom ons kom terug na die twee verskillende interpretasies van die woord “hel” in die Apostoliese Geloofsbelydenis: Die vroeë kerk het “inferna” (hel) waarskynlik verstaan in die rigting van die doderyk in die Skrif. Maar die latere interpretasie (wat ook die tradisionele Protestantse interpretasie is), verstaan dit meer in die rigting van die hel – oftewel, die plek waar God sondaars se sonde straf. Soos reeds gemeld reken ek altwee interpretasies kan Skriftuurlik begrond word: Jesus was beide in die plek waar God se toorn oor sondes vergeld word en in die plek waar die siele van gestorwe mense verkeer. Ek sien dus geen rede om hierdie frase uit die Apostoliese Geloofsbelydenis te verwyder nie.

Jesus was in die hel – as mens reg verstaan wat die hel is en wat dit beteken. Dit is natuurlik iets wat ons begrip heeltemal te bowe gaan. Ons kan nie eens begin om te verstaan wat Hy deurgemaak het nie. In Mattheus 27:45 lees ons dat daar duisternis oor die aarde gekom het vir 3 ure lank, tydens Jesus se kruisiging. Aan die einde van die duisternis, dan roep Jesus uit: “Eli, Eli, lama sabagtáni?” wat beteken “My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matt. 27:46). Dit is die volle helse toorn en woede van God wat daar oor Hom uitgegiet word. Na dit sterf Hy (Matt. 27:50) en dan skeur die voorhangsel van die tempel (Matt. 27:51). Wat daardeur gesimboliseer word is dat die prys vir die sondes betaal is (Heb. 10:19-20): Daar is nou nie meer ‘n skeiding tussen die gewone deel van die tempel en die heilige, of tussen die heilige en die allerheiligste nie. Die offer is gebring: Die sondes is vergeld: Iemand was in die hel.

Jesus was egter ook in die doderyk. Nadat Hy die offer gebring het daal Hy as Oorwinnaar na die doderyk toe neer om die siele van die gelowiges wat gesterf het in die Ou Verbond saam met Hom op te neem na die hemel (Renihan, 2022:Internet). Hierdie oorwinning van Christus oor die doderyk word gesimboliseer met die kruisgebeure, want ons lees wanneer Hy sterf: “en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.” Jesus se neerdaling na die doderyk word ook voorspel in Psalm 16:10: “U sal my siel aan die doderyk (sheol) nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.” Op Pinkster, staan Petrus op en verklaar dat hierdie Psalm in Christus vervul is: “Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. Want Dawid sê van Hom: …U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie” (Hand. 2:24-27). Die kriptiese woorde van 1 Petrus 3:19 kan ook moontlik verwys na Jesus se neerdaling na die doderyk, om sy oorwinning te verkondig aan “die geeste in die gevangenis.”

Daar is dus in die Skrif ‘n fondasie om albei interpretasies te volg in ons verstaan van die Apostoliese Geloofsbelydenis. Jesus was beide in die hel en in die doderyk. Dit is verstaanbaar dat sommiges soos Grudem voel dat hierdie deel van die geloofsbelydenis verwarrend is. Maar dit kan nie onskriftuurlik genoem word nie – maak nie saak watse interpretasie mens volg nie. Daar kan en moet besin word oor hoe om hierdie belydenis te verstaan. Maar wanneer ons sover wil gaan om hierdie deel van die belydenis te verwyder, dan gaan ons te ver.

6. Konklusie: Tot ‘n Bybelse kosmologie

Laastens moet ons egter stilstaan by die vraag: Watse interpretasie behoort ons te volg? Ons het in hierdie artikel stilgestaan by twee interpretasies van die woord “hel” in die Apostoliese Geloofsbelydenis:

  1. Die hel kan verwys na die plek waar God sy toorn uitgiet oor sondaars.
  2. Die hel kan verwys na die doderyk – die plek waar die siele van mense gehou word tot die oordeelsdag.

Renihan (2022:Internet) argumenteer egter baie oortuigend vir die tradisionele verstaan: Hoe waar en belangrik Christus se plaasvervangende soenverdienste ook al is, die oorspronklike bedoeling van die frase is dat Jesus ná sy dood en lyding neergedaal het na die doderyk (sheol/hades) om daar sy oorwinning te proklameer en die siele van die Ou Testamentiese gelowiges te bevry. Fairbairn en Reeves (2019:122) merk ook tereg op dat die tradisionele verstaan van die frase “en ter helle neergedaal het” werd is om vandag nog ernstig opgeneem te word.

Ons is ver daarvan af om hierdie saak uit te sorteer – en mens sal nooit in een kort artikel soos hierdie al die relevante argumente kan beoordeel vir hoe om hierdie kontroversiële frase te verstaan nie. Maar ons moet vra: Sit daar nie dalk iets in die tradisionele interpretasie nie? Sal dit nie dalk lonend wees vir ons, in Gereformeerde kringe, om meer gewig daaraan te gee as wat tans die geval is nie? Kan dit dalk selfs die primêre manier wees vir ons om hierdie frase te interpreteer?

As ons meer gewig begin voeg aan hierdie tradisionele interpretasie, dan sal dit ‘n effek hê op ons kosmologie. Dit is ver buite die strekking van hierdie artikel om volledig aandag te gee aan hierdie saak. Maar ten minste twee aspekte van ‘n Bybelse kosmologie kan beter tot hul reg kom as ons die Apostoliese Geloofsbelydenis se frase “en ter helle neergedaal het” begin verstaan as ‘n verwysing na die doderyk (sheol/hades) eerder as die hel (gehenna).

Eerstens, ‘n tradisionele verstaan van hierdie frase sal Christus se oorwinning oor elke aspek van die bose in die kosmos beter tot sy reg laat kom. Dit is immers die groot fokus van die tradisionele verstaan, en dit is ‘n fokus wat ons nie moet verloor nie. Ja, die kruisgebeure was ‘n offer – dit was priesterlik – maar dit was ook ‘n oorwinning – dit was koninklik. Ons moet Christus se werk as Koning, Priester en Profeet tot hul reg laat kom. En as ons eerlik is, as Gereformeerdes, dan laat ons soms Christus se oorwinnende koningskap en sy koninklike oorwinning afwater tot iets minder as wat dit is. Fairbairn en Reeves (2019:122) vra tereg: “Do we not want to affirm that victory was a significant part of what Christ was accomplishing through his death and ressurection?” As ons egter onthou dat die vroeë kerk hierdie frase in die Apostoliese Geloofsbelydenis verstaan het as Christus se triomferende oorwinning oor al die magte van die doderyk, dan begin ons kom tot ‘n meer Skriftuurlike waardering van sy oorwinning. Daar is ‘n verandering in die kosmos wanneer die Lewende Een sterf en daardeur lewe gee aan die dooies. Dan verstaan ons hoekom Jesus sê: “Op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk (ᾅδης) sal dit nie oorweldig nie.” (Matt. 16:18). Die poorte van die doderyk sal die kerk nie oorweldig nie, want die poorte van die doderyk het haar Koning nie oorweldig nie. Hy het oorwin: Die doderyk is nou oopgebreek. Voorheen was dit daar vir die siele van gelowiges en ongelowiges, maar met sy kruisiging het dit verander: Die grafte het oopgegaan. Die doderyk is in beginsel oorwin. En omdat die doderyk ‘n werklike plek is in die kosmos, het hierdie oorwinning ‘n werklike effek op ons kosmologie.

Tweedens, ‘n tradisionele verstaan van hierdie frase sal Bybelse simboliek in die skepping beter tot sy reg laat kom. Ons word meer beïnvloed deur die naturalistiese wêreldbeskouing wat aan die orde van die dag is, as wat ons graag wil erken. Een van die areas waarin dit beslis waar is, is in ons verstaan van die onvermybare simboliese aard van dinge in God se skepping. Lewis (1952:Elektronies) beeld dit baie goed uit in die storieboek, The Voyage of the Dawn Treader, wanneer ‘n ster aan die kinders verskyn – en siedaar, dit is ‘n lewende mens: ‘n Ou man met die naam Ramandu! Een van die kinders sê dan vir hom: “In our world, a star is a huge ball of flaming gas.” Ramandu antwoord hom dan: “Even in your world, my son, that is not what a star is, but only what it is made of.” In hierdie kriptiese aanhaling wou Lewis ons iets leer oor die inherente simboliese aard van baie dinge in God se skepping. Ja, sterre is ‘n radioaktiewe reaksie en alles van dit – maar in die Skrif sien ons dat sterre ook veel meer as dit is: Sterre is engele – of ten minste, sterre is simboliese heenwysings na engele (Openb. 12:4)! God se kosmos – sy skepping – bestaan nie net in ‘n vakuum soos dit is nie: Dit het ook ‘n inherente simboliese kant. Dit wys heen na ‘n dieper werklikheid. As die Psalmis skryf “Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande” (Ps. 19:2) dan is dit ‘n werklikheid. Die hemele – ja, die ganse skepping – is ‘n boek wat gelees moet word sodat God beter geken kan word. Soos woorde in ‘n boek ons aandag weglei na die storie wat dit vertel, so moet die fisiese woorde van die skeppingsboek (die rotse, die sterre, die grond, die bome, die watervalle) ons laat raaksien dat daar ‘n dieper werklikheid is. Die skepping is inherent simbolies: Ons erken dit, maar ons dink nie baie aan die betekenis daarvan nie. En hierdie frase in die Apostoliese Geloofsbelydenis wil ons daaraan herinner. Die diep binneste van die aarde – daar waar liggame in afsak as ons dit begrawe – daar is die doderyk. Nie letterlik nie: Maar simbolies. Die binneste van die aarde is ‘n simboliese heenwysing na die doderyk. Soos die sterrehemel ‘n simboliese heenwysing is na die plek waar gelowiges nou saam met God is, so is die binneste van die aarde ‘n simboliese heenwysing na die plek waar ongelowige siele gehou word tot die dag van oordeel.

Die debat oor wat om met die frase “ter helle neergedaal het” te maak is nog lank nie uitgesorteer nie. Dit is beslis ‘n kontroversiële punt. Maar hierdie artikel probeer om ten minste breedweg aan te dui dat dit nie iets is wat ons moet sien as droog en teoreties nie. Dit is uiters relevant, want dit kleur ons verstaan van die werklikheid in. Die heilige, algemene, Christelike kerk van ons Here Jesus Christus het nodig om hierdie frase verder te bespreek en verder oor die interpretasie te besin, want hier lê diep skatte verborge wat ons nog nie eens begin het om op te diep nie.

7. Bibliografie

  • Bybel. 1933/53. Verwysing: Boek Hoofstuk:Vers.
  • Fairbairn, D. & Reeves, R.M. 2019. The Story of Creeds and Confessions: Tracing the Development of the Christian Faith. Michigan: BakerAcademic.
  • Grudem, 2020. Systematic Theology: An Introduction to Biblical Doctrine. 2Nd edition. London: Inter-Varsity Press.
  • Heidelbergse Kategismus. APK weergawe. Verwysing: HK Sondag.
  • Lewis, C.S. 1952. The Voyage of the Dawn Treader. UK: Geofrey Bles.
  • Renihan, S. 2022. Episode 87: The Doctrine Of The Descent Of Christ (Part 1): An Argument From Scripture With Samuel Renihan. Podgooi episode: Theology in Particular. Beskikbaar by: https://podcasts.apple.com/us/podcast/theology-in-particular/id1469449188?i=1000607107543 [Geluister 28 September 2023].

Die “Sparkle Creed” en die probleem van die “woke” beweging

Melkweg skoonheid

Pieter van Deventer

Ons leef in ‘n vreemde wêreld: ‘n Wêreld waar mans blykbaar vroue kan wees en jy die buitestaander is as jy dink dis belaglik. Ons leef in ‘n wêreld waar jy ‘n goeie sin vir humor moet hê om nie soos die monnike van ouds êrens op ‘n berg te gaan wegkruip totdat die sirkus van die 21ste eeu weer buite die dorp is nie.

Dis hierdie sirkus-wêreld wat onlangs vir ons die sogenaamde “Sparkle Creed” gelewer het (ja, jy het daai naam reg gelees). Hierdie belydenis (as dit só genoem kan word) het al die eienskappe van ‘n Babylon Bee grappie. Maar ongelukkig is dit geen sarkastiese grappie nie: Dis die dood-ernstige poging van die “woke kerk” om hul ideologie in die vorm te giet van die Apostoliese Geloofsbelydenis.

Ek wil graag in hierdie artikel die “Sparkle Creed” bespreek en wys hoe dit een van die groter probleme van die “woke” beweging uitbeeld.

Die “Sparkle Creed”

  • “I believe in the non-binary God whose pronouns are plural.
  • I believe in Jesus Christ, their child, who wore a fabulous tunic and had two dads and saw everyone as a sibling-child of God.
  • I believe in the rainbow Spirit, who shatters our image of one white light and refracts it into a rainbow of gorgeous diversity.
  • I believe in the church of everyday saints as numerous, creative, and resilient as patches on the AIDS quilt, whose feet are grounded in mud and whose eyes gaze at the stars in wonder.
  • I believe in the call to each of us that love is love is love, so beloved, let us love.
  • I believe, glorious God. Help my unbelief. Amen.”1

In Junie 2021 (tydens die sg. “Pride” maand) is hierdie belydenis opgestel deur Rachel Small-Stokes, ‘n “queer” vroulike dominee van die United Church of Christ in die VSA2. Dit het groot opspraak gemaak toe dit voorgehou is in ‘n uitgesaaide erediens onder leiding van Anna Helgen, ‘n vroulike dominee van Edina Community Lutheran Church – ook in die VSA3.

Pogings om die Skrif-gefundeerde teologie van die eeue te herinterpreteer binne ‘n raamwerk van identiteits-politiek is nie nuut nie. Reeds in die 20ste eeu het Feministiese teologie4 en Swart5 teologie kop uitgesteek en pogings aangewend om interpretasies te gee van die Skrif wat meer gedryf word deur interseksionaliteit en identiteits-politiek as enigiets anders. Maar dis moeilik om weg te kom van die gevoel dat ‘n nuwe laagtepunt bereik is met die Sparkle Creed.

‘n Basiese vraag, naas die vraag waarom iets vals is, is altyd waarom dit lelik is. Waarheid, goedheid en skoonheid (mooiheid) het ‘n geneigdheid om altyd op mekaar in te speel (dis nou maar net wat ‘n paar duisend jaar van teologiese denke al uit ervaring agtergekom het). Ek wil nou kortliks die skoonheid-dimensie van die “woke” beweging bespreek en antwoord waarom die “Sparkle Creed” nie net vals is nie maar ook lelik, laag en onaantreklik is.

Die dimensie van skoonheid

Mense is skepsels wat ‘n natuurlike strewe het na skoonheid. En daarmee bedoel ek nie dat hulle daarvan hou om hulself skoon te skrop met seep en waslap nie: Baie duidelik is daar ‘n paar mense op hierdie aarde wat nie daardie strewe het nie. Nee, ek verwys na die beginsel van skoonheid as die ou Afrikaanse vertaling van die Engelse woord, “Beauty.”

Dit is moeilik om die effek van ons verlange na skoonheid te onderskat. Ons dink nie baie daaraan nie, maar dit is dikwels een van die primêre dryfkragte in ons prosesse van besluitneming. Jy kan dit nie vermy nie: Jy kan dit nie ontken nie. Jy kan probeer om die verlange in jou te onderdruk – jy kan probeer om dit op bose maniere te versadig – maar jy kan nie wegkom van die onbetwisbare feit dat bykans alles van wie jy is en wat jy doen daardeur beïnvloed word nie.

Dit is nou maar eenmaal net ‘n feit dat selfs die koudste mensehart versmelt wanneer dit ‘n wynrooi sonsondergang sien. En die glinsterende prag van die nagtelike hemel laat selfs die grootste ateïste in verwondering staan. Mense soek skoonheid: Ons kuns, ons musiek en ons argitektuur – hoe verdraaid ook al – is die produk van hierdie soeke.

Dis hier waar die Bybelse konsep van die mens wat geskape is na God se beeld ons nogal help. Daar is natuurlik baie debatte oor wat presies dit beteken om na die beeld van God geskape te wees. Maar ten minste een van die implikasies behoort te wees dat ons geskape is met die doel om God se skoonheid – sy mooiheid – uit te leef en na te streef.

“o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water. Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien. Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.”
Psalm 63:2-4


Ons verlange na skoonheid en heerlikheid is dus onvermydelik. Soos die vier kinder-konings in Narnia die op ‘n jagtog is vir die Wit Takbok, so is die hele mensdom op ‘n jagtog na ware skoonheid.

Mens sien dit selfs op ‘n verdraaide manier in die Sparkle Creed. Die woke skrywers agter die belydenis het ‘n verdorwe idee oor skoonheid, maar mens sien hul poging om hierdie dimensie na vore te bring duidelik raak in frases soos “the rainbow Spirit, who shatters our image of one white light and refracts it into a rainbow of gorgeous diversity” en “whose feet are grounded in mud and whose eyes gaze at the stars in wonder.”

Die probleem wat ek met die woke beweging en die Sparkle Creed het is nie dat hulle soek na skoonheid nie: My probleem is dat hulle die skoonheid van God en sy skepping verruil het vir ‘n figuurlike hopie olifant-mis en hulle dink dis beter. En dis die volgende punt van hierdie artikel.

Hoe die woke beweging skoonheid gemis het

Een van die groot probleme met die woke beweging is dat hulle die skoonheid, lieflikheid en mooiheid van God en sy skepping heeltemal vuilsmeer. Hulle wil graag dink dat hulle in verwondering opkyk na die sterre – maar in werklikheid rol hulle in die modder saam met die varke.

Hier’s ‘n voorbeeld: Dink bietjie só aan die drag-koninginne wat die woke beweging nou voorhou as ‘n normale manier vir ‘n man om sy seksualiteit uit te leef. Is dít nou mooi? Is dit die skoonheid, diepte en lieflikheid van wat dit beteken om ‘n man te wees? Tog nie: Dit is afskuwelik. Natuurlik moet ons as Christene sulke mense met liefde en sagmoedigheid behandel. Maar ons mag nie sag wees in ons veroordeling van hul lewensstyl nie, veral nie wanneer hulle so ver begin gaan om kinders daarby te betrek nie.

Ons sien ook in die Sparkle Creed hoe die woke beweging die dimensie van skoonheid verdraai. Hierdie belydenis is duidelik in die styl van die Apostoliese Geloofsbelydenis, maar met ‘n belangrike verskil: Die Apostoliese Geloofsbelydenis vat die mees skone waarhede van die eeu-oue geloof van Christus se Bruid saam in ‘n paar sinne. Daarteenoor sit die Sparkle Creed met ‘n “fabulous tunic” ‘n “AIDS quilt” en die drie-maal heilige afgod van “love is love is love.”

Die fundamentele rede waarom die woke beweging se Sparkle Creed lyk soos ‘n mishoop langs die heerlikheid van die Apostoliese Geloofsbelydenis is omdat skoonheid nooit geskei kan word van waarheid nie. Die Apostoliese Geloofsbelydenis het ‘n diepte en ‘n rykdom wat die toets van millennia deurstaan het. En dit het hierdie diepte en rykdom omdat dit staan op die fondasie van die waarheid van God se Woord.

Plus minus 1900 jaar gelede het gelowiges al begin om hul geloof te bely met ‘n weergawe van die Apostoliese Geloofsbelydenis. En as die HERE wil sal ons nageslagte 1900 jaar van nou af steeds hul geloof bely met hierdie kosbare woorde. Waar sal die Sparkle Creed dan wees? Die Apostoliese Geloofsbelydenis het eeue van dwaalleer, sosiale konflik en oorloë deurstaan. Dit het al menige koninkryke oorleef! Is die Sparkle Creed van dieselfde soort duursaamheid gemaak? Ek dink nie so nie.

Ons antwoord vir die woke beweging

Ons, as Christene, moet die tye ken. Of beter gesê: Ons moet die monsters van die tye ken. En die monster van ons tyd is sonder twyfel die woke beweging. Dis nodig vir ons om ons wapenrusting aan te trek en hierdie monster aan te durf in die geloof. Ons moet die swaard uit die skede trek, die skild voor ons borste vasdruk en hierdie draak se kop afkap.

In praktyk beteken dit, ons moet evangeliseer. Ons moet met die woke mense by die werk gesels oor Jesus Christus.

Hoekom? Wat het Jesus met dit te doen?

Wel, Hy is die skoonheid waarna hulle en ons almal soek. Kolossense 1:27 praat van Jesus as “die hoop van [ons] heerlikheid.” Hy is die Een op wie ons hoop vir heerlikheid en skoonheid: Hy is die Een wat heerlikheid en skoonheid vir ons bring. “Hy is die Beeld van die onsienlike God” (Kol. 1:15) en daardie God, wat Jesus uitbeeld hou lieflikhede in sy regterhand, vir ewig (Ps. 16:11).

So waar gaan jy skoonheid kry? Waar gaan jy eer en heerlikheid en lieflikheid en mooiheid kry?

By die God-Man wat aan die kruis gehang het vir jou sondes. By die Een waarvan die Apostoliese Geloofsbelydenis praat:

  • “… Ek glo Jesus Christus sy [die Vader se] eniggebore Seun, ons Here;
  • wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;
  • wat gely het, onder Pontius Pilatus gekruisig, gestorwe en begrawe is en ter helle neergedaal het;
  • wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood,
  • opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God die almagtige Vader
  • vanwaar Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel….”

Daar is die antwoord op die woke beweging. Daar, in die hemel, daar sit Hy. Ware heerlikheid, ware skoonheid, ware heiligheid. Ons Here en ons God. Hy is die antwoord vir die woke beweging.

NOTAS:

  1. https://twitter.com/JoelWBerry/status/1673844685608026113?s=20 ↩︎
  2. https://twitter.com/WokePreacherTV/status/1673759256263430144 ↩︎
  3. https://religionunplugged.com/news/2023/7/20/a-new-interpretation-of-faith-the-story-behind-the-lgbtq-inclusive-sparkle-creed ↩︎
  4. https://www.thegospelcoalition.org/essay/feminist-theology/ ↩︎
  5. https://en.wikipedia.org/wiki/Black_theology ↩︎

Goeie samelewings en skynheiligheid

“Voltaire… refused to allow his friends to discuss their unbelief in the presence of his servants. He would silence them when the servants were going to come in with refreshments because he said, ‘If they believe there is no God, then they will slit my throat and rob me of everything because there is no judge beyond the universe to judge them in due time.’”[1]

Voltaire demonstreer vir ons die skynheiligheid en bankrotskap van die wêreldbeeld waarop ons hedendaagse samelewing gebou is. Aan die een kant vertel humanistiese filosowe, soos Voltaire, vir ons dat God nie bestaan nie en daarom dat moraliteit arbitrêr en onwerkbaar is, maar aan die ander kant wil hulle die goeie vrugte van ʼn Godvresende en moreelgefundeerde samelewing hê.

Die afgelope 250 jaar het hierdie goddelose wêreldbeeld se doodsvrugte (Matt 7) duidelik geword:

  • 3.5 miljoen mense dood a.g.v. die Franse Rewolusie en die nagevolge[2]
  • 100+ miljoene mense dood in naloop van die Russiese Rewolusie [3]
  • 73 miljoen babas vermoor deur aborsie elke jaar[4]
  • Die Weste is besig om in te plof en boeke met titels soos “The Rise and Fall of the West”[5] en “Death of the West”[6] begin te verskyn

In die 1860’s was daar stamme in die Suid-See eilande noord van Nieu-Seeland wat gedurig in stamgevegte betrokke geraak het. Hulle het niks daarvan gedink om vriend en vyand met ‘n knuppel dood te slaan en dan hul liggame op te eet nie. Hulle het geglo dat hulle liggame die krag van jou vyand opneem en jou sterk maak. John Paton was ‘n Presbiteriaanse predikant en mediese doktor wat vanaf die 1860’s vir 30 jaar sendingwerk onder hierdie eilandbewoners gedoen het. Menigmaal moes hy vir sy lewe vlug. Ander sendelinge is vermoor, maar John het moedig die evangelie tydig en ontydig verkondig. Na baie jare rapporteer hy as volg oor sy werk:

“Die eerste spore van ‘n nuwe sosiale orde het sigbaar geword. Al die inwoners, jonk en oud, het nou skool bygewoon ! Diefstalle, rusies, misdade, is nou nie meer besleg deur die knuppel nie, maar deur boetes of lyfstraf, soos ooreengekom deur die hoofmanne en hul mense. Alles was vinnig en seker besig om “nuut” te word onder die invloed van die suurdeeg van Jesus. Nywerheid het toegeneem. Hutte en plantasies was veilig. Vroeër het elke man op reis al sy waardevolle besittings saam met hom gedra, nou is dit veilig, by die huis gelos. In heidense dae, daarenteen, sou broeihenne of ‘n werpsel varke in sakke gedra word sodat hulle nie gesteel sou word nie. Daarom het ons by die kerk soms luidrigtige episodes gehad, die tjirp van kuikens, die gil van varkies en die geblaf van hondjies. Die een het vrolik op die ander gereageer terwyl ons gesing, of gebid het, of die Evangelie verkondig!… Die inboorlinge het hierdie chaos lastig en onaangenaam gevind. Hulle het ‘n Algemene Vergadering belê, waarop oneerlikheid eenparig veroordeel en boetes ingestel is. Die hoofmanne het dit ongetwyfeld ‘n lang en moeilike taak gevind, maar hulle het onder die inspirasie van die Evangelie volhard en die oorhand gekry. Selfs die beproewinge en moeilikhede waarmee hulle te kampe gehad het, is deur God gebruik, deur hulle te help om deur die lig van hul eie ervaring ‘n eenvoudige kode van sosiale wette te vorm. Dit was geskik om die misdade wat daar heers te onderdruk, en om die deugde aan te moedig wat spesiaal nodig is, is gekweek. Heidense aanbidding is geleidelik uitgewis; en alhoewel niemand verplig was om kerk toe te kom nie, het elke persoon op Aniwa, sonder uitsondering, oor baie jare aanbidders van God geword.”[7]

Ons Germaanse voorgeslagte was net soos hierdie Aniwawese heidene gewees. Die Grieke het vir ons opgeteken hoe ons voorgeslagte was:

“Barbare kan nie logies dink of doen nie. Teologiese geskille is vir hulle Grieks… Barbare word gedryf deur bose geeste; besete met demone wat hulle dring om die verskriklikste dade te pleeg… onbekwaam om volgens geskrewe wette te lewe en onwillig toelaat dat konings hulle regeer… Hulle lus vir goud is ontsaglik, hul liefde vir drank grensloos. Barbare is sonder perke… Alhoewel hulle oor die algemeen aantreklik lyk, het hulle aaklige persoonlike higiëne… Hulle voortplantings energie is onuitputlik… As ‘n barbaarse volk teruggedryf of verwoes word, dan kom ‘n ander een uit die Duitse moerasse en woude na vore…”[8]

Die Germaanse Christelike volke, insluitend die Afrikaner, het hul rug op God gedraai. Ons is weer oppad daarheen om volke te word wat wild en woes en goddeloos is. Ons maak mekaar dood, ons dood ons ongebore kinders. Ons herdefinieer die gesin om onbybels te wees. Ons goddelose dade wys dat ons nie die HERE se oordeel vrees nie. Vir ons is die inploffing van die voormalige Christelike Weste ‘n toevalligheid.

Die oplossing is om weer terug te keer na die Evangelie wat deur getroue predikante soos John Paton verkodig word. Afrikaners moet op hul kneë gaan en weer die ware God aanbid en ons instellings inrig volgens die Bybel… Dan sal dit weer goed gaan. Dan sal Deut 28 se seëninge weer vir ons waar word. Dit gaan nie help om soos Voltaire die uiterlike voordele van Godsaligheid na te strewe sonder die innerlike geloof nie. Daar sal moet bely word dat die sondeval ons almal teister en dat gedurig gewaak moet word teen die sonde. Diepgaande bekering is nodig.

1. https://pocketcollege.com/transcript/RR161CT178.html

2. https://gwonline.unc.edu/node/11684#:~:text=The%20estimated%20total%20number%20of,%E2%80%9315)%20ended%20the%20conflict.

3. The Black book of Communism, Courtois S et al, Hardvard University Press, 1999, p. 4

4. https://www.guttmacher.org/fact-sheet/induced-abortion-worldwide

5. Kevin Swanson

6. Pat Buchanen

7. Thirty years with South Sea Cannibals, 1927, Paton JG, Hodder & Stoughton London, p167-168

8. Herwig Wolfram, The History of the Goths, p 6-7

Godsbeskouing

Godbeskouing is die eerste voorveronderstelling van ‘n wêreldbeskouing. Dit beantwoord die groot vraag: Wat/Wie is die primêre werklikheid?

Omdat die mens nie alwetend is nie en ook nie alle data tot sy beskikking het oor hoe die heelal, aarde, die plant- en diereryke en hoe die mens tot stand gekom het nie, moet noodwendig voorveronderstellings gemaak word. Christene sal die Bybel as ’n betroubare bron van inligting beskou en sê dat dit vir ons vertel dat God die Skepper van alles is. Ewolusioniste wil egter niks weet van ’n godheid nie en gevolglik is hul heel eerste voorveronderstelling dat God nie bestaan nie. Hierdie voorveronderstelling veroorsaak dan dat hulle alle inligting wat aangebied word, sal interpreteer in die lig van hierdie voorveronderstellings.

’n Wêreldbeskouing bestaan uit ’n aantal basiese voorveronderstellings wat min of meer konsekwent is met mekaar en wat min of meer wetend gehou word en min of meer waar is. Gewoonlik word hierdie voorveronderstellings nie deur mense bevraagteken nie en kom slegs na vore wanneer ’n mens met ’n vreemdeling van ’n ander ideologiese denkrigting verskil (The Universe Next Door, James Sire, 2009, Intervarcity Press, p18)

Al die voorveronderstellingskategoriee is:

  1. Godsbeskouing / Teologie
  2. Mensbeskouing / Antropologie
  3. Kennisleer / Epistomologie
  4. Heelalbeskouing / Kosmologie
  5. Samelewing / Sosiologie
  6. Etiek
  7. Tydsbeskouing