Tuisonderwys

SkakelBeskrywing
Afrikaner History 1652-2010’sDie laaste 10 lesings van Dr FN Lee se From Adam to the Afrikaner. Hy het dit kort voor sy dood verder opgedateer. Hier kan ook die eerste 15 lesings lesings geluister word.
Luistervink storiesLuistervink Stories is ‘n aanlyn bron (ons noem dit graag `n skatkis) van Afikaanse kinderboekvoorlesings. Dit bestaan uit voorlesings waar die boek se illustrasies op die skerm vertoon word, episode formaat oudioboeke sonder prente, rympies en gedigte afdeling en ‘n afdeling met mutimedia artikels gemik daarop om algemene kennis uit te brei. Die temastudies handel altyd oor iets waarvan ons in een van Luistervink se stories gehoor het en waaroor ons nuuskierig geraak het.
Luistervink Stories is gemik op Kleuter – en Laerskool leerders- kinders tussen die ouderdomme van 3 en 12 jaar sal die meeste waarde en genot uit die stories put. Baie van die boekvoorlesings op die webblad sal luistergenot vir die hele gesin verskaf.
Daar is tans 138 videoboeke, 26 oudioboeke, 100 rympies en 41 temastudies beskikbaar op ons webblad en daar word elke maand nuwe materiaal bygevoeg.
Die boeke wat ons uitkies om te gebruik op Luistervink Stories is deurgaans van goeie gehalte – reeds gepubliseerde werke en heel dikwels deur bekende en selfs beroemde skrywers soos PW Grobbelaar, Freda Linde, FA Venter, Jenny Seed, Marjorie van Heerden en Rona Rupert om net ‘n paar te noem.
Woord in WaarheidNadat Mariana Viljoen vir ongeveer 40 jaar betrokke was by die verkoop en verspreiding van Christelike lektuur op straat en by konferensies, het sy bewus geword van die nood aan Christelike biografieë in Afrikaans.
Sy het in 2002 aan die werk gespring met ʼn Uitgewery in Skotland ooreengekom om vertaalregte aan te koop.  Aanvanklik was dit biografieë wat geskik sou wees vir kleiner kinders in die Laerskool om voorgelees te word of om self te lees.
Die heel eerste boekie wat sy aangepak het, was Tien Seuns wat ʼn Verskil gemaak het.  Dit handel in 10 hoofstukkies hoofsaaklik oor die Hervormers.  Mense ken soms die name van persone soos onder andere Calvyn en Zwingli, maar weet nie dat hulle in Switserland gewoon het of watter rol hulle in die Hervorming gespeel het nie.  Dit was duidelik dat kinders seën kon ontvang deur die verkorte verhale van die lewens van hierdie mense te lees.
Daarna het sy die ander vier titels van die “Tien Seuns”-Reeks vertaal.  Dit was Tien Seuns wat die Wêreld verander het, Tien Seuns wat Geskiedenis gemaak het, Tien Seuns wat met hulle Talente gewoeker het en Tien Seuns wat enduit volgehou het.
Daarna is die vyf soortgelyke titels in die “Tien Dogters”-Reeks aangepak en vertaal.
Aan die einde van elke hoofstuk van die Seuns/Dogters-Reeks is daar interessante aardrykskundige, geskiedkundige of ander feite, iets om oor na te dink en ʼn kort gebed.  Aan die einde van elke boekie is daar ʼn vasvra.
Toe het sy vertaalregte aangekoop vir die Baanbrekers-Reeks waar elke boekie die ware verhaal bevat van een of ander bekende Christen van oral oor die wêreld heen.
Die boekies kan met groot vrug deur Afrikaanse Tuisskool ouers vir hulle kinders in die Laer- of Hoërskool gebruik word.  Ook volwassenes getuig van seën by die lees van die biografieë.
VCHODie VCHO is ‘n vrye Vereniging wat reeds in 1949 tot stand gekom het. Die Vereniging lê klem daarop dat elke faset van die lewe aan die heerskappy van God-drieënig onderwerp moet wees.
Opvoeding – Die VCHO wil aan ouers leiding gee om hulle kinders op te voed tot die uitlewing van die Christelike lewens- en wêreldbeskouing.
Onderwys – Die VCHO wil aan onderwysers, skoolhoofde, bestuursliggame en ouergemeenskappe leiding gee, sodat hulle deur opvoedende onderwys leerlinge kan ontsluit tot Christelike volwassenheid. Die VCHO werk graag saam, ten einde vakhandboeke vir skole saam te stel, sodat ELKE onderwyser sy of haar vak vanuit Christelike perspektief kan aanbied.
Wetenskap – Die VCHO wil dosente en studente aan tersiêre instellings ondersteun en motiveer om Christelike wetenskap te beoefen en onderwysers om Christelike vakonderwys te gee.