Kinders : seën of vloek

INLEIDING

As ons vandag in WF Nkomo street afry, dan kom jy op die hoek met Maltzan straat ʼn Moskee teë. Ander straatname in die woonbuurt is Schutte, Frederick, Christoffel, Servaas en President Burgers… en dan onthou jy dat NF Nkomo street se naam voorheen Kerkstraat was en as jy mooi kyk, dan sien jy dat die Moskee se toring eintlik ʼn kerktoring is.

Ds. Etienne Maritz, Pretoria-Wes se laaste predikant, het hom as volg uitgelaati oor die verkoop (1997) van die kerkgebou:

Ons buurt het ‘n handelsentrum geword. Ons mense was aan die wegtrek uit die gebied en ander etniese groepe het ingetrek. Die demografie van die gebied het so baie verander dat ons nie genoeg mense of genoeg hulpbronne gehad het om die kerk aan die gang te hou nie. Ons het die ryk kerke in die ooste van Pretoria om geldelike hulp gevra, maar hulle wou ons nie help nie. Weens die dalende lidmaattal en ons geldelike onvermoë om aan te gaan, het ons besluit om te ontbind en die kerk te verkoop.”

Hierdie kerk was voorheen die NG Kerk Pretoria Wes gewees. M.a.w. Daar is nog hier en daar oorblyfels oor van die voormalige Christelike Afrikaner woonbuurt, maar op sommige plekke kan jy dit net-net herken.

Die NG Kerk se Sinodebode skryf so oor die daling in lidmaatgetalle in die kerk:

Dooplidmate het oor die laaste 15 jaar van 450,000 tot ongeveer 250,000 gedaal [‘n daling van 44%]. Volgens die huidige kerklike tendense gaan sowat 50% van die oorblywende dooplidmate ook nie NG Kerk-lidmate bly wanneer hulle volwassenes is nie.”ii

Dit gaan egter nie veel beter in die Dopperkerke nieiii.

  • 1859 – 1930’s: Die aantal dooplidmate was 50+% van die totale kerkbevolking.
  • 1990 : Piek word bereik van meer as 100,000 lidmate
  • 2010 : Die “swart” kerke word in die GKSA ingelyf daar is ʼn tydelike verligting wat ingetree het, maar sederdien het die afwaardse tendens voortgeduur. Nie die swart kerke nie en ook nie die omkeerstrategie het gewerk nie.

DIE HELE BESKAWING PLOF IN

Hierdie is egter nie ʼn finomeen wat beperk is tot slegs Pretoria of slegs die Afrikaners of slegs die kerke nie. Orals in die Westerse Wêreld sien mens skole en kerke wat toemaak:

  • Verlate skole in Ierland.
  • Verlate skole in Japan. The Star van Malysia rapporteer: “Japan has seen the closure of some 8,580 public schools since 2002, due to extreme population decline”iv
  • Lee kerke wat in Vlaandere in Belgie hergebruik word as Moskees of klimmure of meulens of wat ookalv

Boeke word deesdae geskryf oor die inploffing van die Weste. Pat Buchananvi het byvoorbeeld hierdie boek met die titel “The Death of the WEST” geskryf met die subtitel: “How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization”

Onlangs het Kevin Swanson die redelike dik boek met die titel: “EPOCH : Rise and Fall of the West” gepubliseer. In hierdie boek verwys hy o.a. na die demografiese inploffing en die toename van skuld in die Weste. Hy noem ook van vorige bevolkinginploffings in die antieke Griekse rykvii:

  • “At Eretria only one family in twelve had two sons; hardly any had two daughters”
  • “the whole of Greece has been subject to a low birth rate and a general decrease of population, owing to which cities have become deserted and the land has ceased to yield fruit,…men had fallen into such a state of luxury, avarice, and indolence that they did not wish to marry, or, if they married to rear the children born to them, or at most but one or two of them”.

Vir die VSA wys Kevin Swansonviii uit dat hulle kinders per vrou vanaf drie kinders in 1950 gedaal het na 1.8 in 1980. Tans is dit by slegs 1.5 kind per vrou. Terseldertyd het die skuld las toegeneem vanaf 140% van die BBP in 1950 tot 417% in 2020.

Multimiljoenêrs soos Elon Musk en Jack Ma begin ook bekommerd raak. Tydens ʼn konferensie oor kunsmatige intelligense het Joernaliste die vraag aan hierdie twee here gevraix:

Wat is die grootste bedreiging vir die mensdom?”

Elon Musk het toe hierop geantwoord – en Jack Ma het met hom saamgestem:

The biggest problem civilization will face in the next 20 years is population collapse. Collapse. I want to emphasise this… the biggest issue in 20 years will be population collapse. Not explosion, collapse.”

Na Elon Musk se tiende kind gebore is, skryfx hy:

‘Contrary to what many think, the richer someone is, the fewer kids they have. I am a rare exception. Most people I know have zero or one kid… The past two years have been a demographic disaster in the US… I mean, I’m doing my part haha”

As ons na Wikipedia se wêreldkaart vir Fertiliteitxi kyk bevestig dit dat die enigste kontitent waar vroue meer kinders kry as wat nodig is om die bevolking instand te hou, Afrika is. Die res is besig om in te plof insluitend: Indië, Sjina, Noord- en Suid Amerika, Europa en Rusland. Selfs Saudië Arabië en Iranxii

Vir ander Wetenskaplikes soos Prof Eric Piankaxiii is die bevolkingsinploffing glad nie ʼn probleem nie. In teendeel. Vir hom is dit iets wat aangemoedig en selfs versnel moet word. Prof Pianka wil sien dat 90% van die wêreld bevolking moet doodgaan. Hy het vier verskillende metodesxiv voorgehou om dit te bewerkstellig:

  • Die Witperd : Pes
  • Die Rooiperd : Oorlog
  • Swart perd : Hongersnood
  • Grys perd : Die Dood deur Wilde Diere

Sy gunsteling is Pes. Dit is die doeltreffendste om 90% van die wêreldbevolking te laat doodgaan. Spesifiek die Ebola virus, want dit is hoogsdoelreffend en maak die slagoffers binne dae dood.

HOEKOM?

Hoe is dit moontlik dat Afrikaanse kerke teen onheilspellende tempo krimp?

Hoe is dit moontlik dat selfs die geweldige immigrasie na die VSA en Europa nie daarin slaag om die demografiese inploffing te stuit nie?

Is daar enigsins iets wat gedoen kan word om dit te stop?

Is daar enige toekoms?

Kevin Swanson gee vir ons in sy boek Epochxv die antwoord hoekom dit gebeur het wanneer hy skryf:

Nothing portrays the Western worldview shift and its destructive effects better (on a societal level) than debt and birth rates. This shift in worldview is evident: Why would the West implode its birth rates, consume all the capital of previous generations, and mortgage the future of its grandchildren by unprecedented debt? These are the hopeless and hapless ideas of the existentialist Jean-Paul Sartre and the homosexual economist, John Maynard Keynes in action. This data points to a loss of the will to continue a civilization… The de-Christianization of Western culture has resulted in the breakdown of Western civilization itself.”

Pat Buchnanxvi stem met hom saam wanneer hy skryf:

But as Christianity began to die in the West, something else occurred: Western peoples began to stop having children. For the correlation between religious faith and large families is absolute. The more devout a people… the higher its birthrate… Wherever secularism triumphs, populations begin to shrink.”

Buchanan haal jong mense en spesialiste aan oor die inploffing van die Weste se bevolkings. Ons kom dan agter dat jong mense kinders sien as ‘n vloek en nie ‘n seën nie – dit staan in kontras met Ps 127 wat kinders beskryf as ‘n seën van die HERE:

“More than half of Japanese women now remain single by thirty years of age… They live at home with their parents and persue careers, and many have abandoned any idea of marrying and having children…‘Live for myself and enjoy life’ is their motto”1

Dr Pierpaolo Donati, Katolieke intelektuele en professor in sosiologie aan die Universiteit van Bologna som die kindergetalkrisis in Italië op as volg:
“Prosperity has strangled us… Comfort is now the only thing anybody believes in. The ethic of sacrifice of a family – one of basic ideas of human societies – has become a historical notion. It is astonishing.”2

Gabrielle Thanheiser en Andreas Gerhmann som die situasie as volg op oor die houding van Duitse vroue en mans teenoor kinders:
“My reason for not having kids is that I like to sleep. I read a lot, and I can sleep throughout the night… We are DINKS [double income, no kids couples].”3

Buchanan som dit so op:
“How much will it take to convince a women to have four children? People are concerned about their appearances, their education, their careers. Europe’s birthrate has been falling for decades. It is no fluke… This is not a matter of conspiracy but of consensus, of free choice. European women have decided they want one or two children, or none, and they have the means – contraception, sterilization and abortion – to effect these choices. And European women consider these personal desires to be far more compelling than demographic studies describing what Europe will look like when they are seventy or eighty, or gone.”4

Weereens Buchanan: “But as Christianity began to die in the West, something else occurred: Western peoples began to stop having children. For the correlation between religious faith and large families is absolute. The more devout a people… the higher its birthrate… Wherever secularism triumphs, populations begin to shrink.”

TERUGROL VAN DIE INPLOFFING

As ons na die Ultra Ortodokse Jode (Haredim) in die staat Israel kyk, dan is hulle ‘n “devout religious” groep waarvan Pat Buchanan praat. Hulle is ‘n baie klein groepie toegewyde mense wat die sekulêre dogma van ons dag teenstaan en meer kinders begin kry het.

Hierdie Ultra Ortodokse Jode was in 1948 slegs 35 duisend mense in Israel. Hulle het egter baie kinders en gevolglik het hulle getalle vandag aangegroei tot 1.3 miljoen. Dit is 13% van die bevolking van Israel. Daar word beraam dat hulle ʼn derde van die bevolking van Israel sal wees teen 2065xvii.

While secular and traditional Jews, Druze, and Christian Arabs average fewer than two and a half children per family, and the birth rate among Muslim-Israelis is declining rapidly, approaching three children per family, many religious Jews have more than four children, and Haredim (ultra-Orthodox Jews) average 6.6 children per family. As a general rule, the share of the Haredim in the population doubles every 25 years, or every generation. In other words, the Haredim make up only six percent of the 50-year-olds, but 24% of the infants. As a result of this exponentially increasing growth rate, half of Israel’s babies are expected to belong to Haredi families in just 25 years.”xviii

Die Doppers voor 1935 kan ook as so ‘n “devout religious” groep beskou word. Meer as die helfte van al die Dopperlidmate was onder 18 jaar gewees (Onthou dat Prof Bouke Spoelstraxix sy doktorsgraad gedoen het oor Die Doppers en dan maak hy die punt dat hierdie groep lank bestaan het voor die GKSA in 1859 tot stand gekom het. Hy maak die punt dat dit ‘n denkwyse is en dat daar doppers was wat nie deel geword het van die GKSA nie). Hierdie Dopperkerke het toe eksponensieel gegroei, juis vanweë die groot kindergetalle. Ds Dirk en Alida Postmaxx het byvoorbeeld 15 kinders gehad. Onder Afrikaners is dit ʼn onlangse verskynsel dat gesinne uit minder as 10 kinders bestaan. As ek na my eie familiestamboom kyk, dan was dit uiters ongewoon om ʼn gesin te kry wat minder as 10 kinders gehad het voor die 1900’s.

Die Amish in die VSA is nog ʼn voorbeeld van ʼn groep wat die sekularisasie teenstaan. Hul bevolking staan tans op 373 duisend. Hulle getalle verdubbel elke 20 jaar. Gesinne het vyf of meer kindersxxi. Hier kan ons sien dat hulle ʼn honder jaar gelede nog ʼn baie onbeduidende groepie was.

Nou dat ons weet, dat dit moontlik is vir ʼn eksplisiete Christelike gemeenskap (“devout religious”) om te groei en te gedy, kan ons praktiese aksies neerpen wat gedoen kan word:

  • Kom tot die besef dat daar ʼn oorlog van idees aan die gang is. ʼn Oorlog waar die Bybelse wêreldbeskouing in botsing is met die Sekulêr Humanistiese Wêreldbeskouing. Hierdie Sekulêre Wêreldbeskouing het orals ingedring. In ons kerke, skole, en selfs on huise. Die Humanistiese idees dat die aarde oorbevolk is, is geglo en hul oplossings is geimplimenteer met die verwoestende nagevolge op ons kerke en volke se voortbestaan.
  • As jy nog nie getroud is nie, soek vir jou ʼn vrou wat ook ʼn verskil wil maak en wat bereid is om ʼn Spreuke 31 vrou te wees. ʼn Vrou wat Gen 1:28, Ps 127, Ps 128, Matt 28:19-20 ernstig opneem.
  • As jy reeds getroud is, gesels met jou man/vrou oor die Bybelse Wêreldbeskouing. Bid tot God dat Hy sy/haar hart sal verander.
  • As jy van plan was om slegs een of twee kinders te hê, gesels met jou eggenoot daaroor om nog ʼn paar in te pas.
  • As jy nie lidmaat is by ʼn Bybelgetroue gemeente nie, soek dan een wat na jou mening die naaste daaraan is wat die Bybel vereis. Sluit dan daar aan. Word betrokke. Dissipel die gelowiges daar om ook te dink soos wat jy dink. Dit is belangrik om Gen 1:28, Ps 127, Ps 128 en Matt 28:19-20 ernstig op te neem. Maak seker dat die gemeente die 12 Artikels (Apostoliese geloofbelyenis) regtig glo. Dit beteken dat hulle nie Teïstiese Ewolusie kan glo nie en dat hulle nie die maagdelike geboorte van Christus kan ontken of weg simboliseer nie. Natuurlik moet hulle ook glo dat Christus werklik uit die dood opgestaan het en werklik eendag weer sal kom om die lewendes en dooies te oordeel.
  • As jy reeds by ʼn gemeente lidmaat is, raak betrokke en laat jou lig daar skyn. Dissipel die gelowiges om meer volgens God se Woord te lewe. Dit is belangrik om Gen 1:28, Ps 127, Ps 128 en Matt 28:19-20 ernstig op te neem.
  • Raak betrokke in die breër gemeenskap en pas Bybelse beginsels ook op daardie lewensterrein toe.

Mag dit gebeur dat Afrikaners en alle volke reg oor die wêreld hul terugbekeer tot die HERE en Hom sal dien en sal juig met bewing. Die Seun sal kus. Sodat dit nie nodig sal wees dat die toorn van die HERE teenoor ons sal ontvlam niexxii.

ihttps://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Pretoria-Wes

iihttp://www.ngkerk.org.za/sinode/2p1.jpg

iiiGKSA Kerkblad, Desember 2023/ Januarie 2024, p20 en Almanakke van die GKSA

ivhttps://www.thestar.com.my/lifestyle/living/2023/11/12/japan-has-seen-the-closure-of-some-8580-public-schools-since-2002-due-to-extreme-population-decline#:~:text=8%2C580%20schools%20closed,according%20to%20the%20education%20ministry.

vhttps://journalstar.com/life-entertainment/nation-world/faith-values/abandoned-churches-europe/article_3e3e05bf-87a8-582e-8daa-dfc07a3d1483.html

viBuchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5

viiEpoch – Rise and fall of the West, 2021, Swanson Kevin, Generations, ISBN 978 1 954745 09 4, p.289

viiiEpoch – Rise and fall of the West, 2021, Swanson Kevin, Generations, ISBN 978 1 954745 09 4, p.26-27

ixhttps://twitter.com/elonmusk/status/1529193812949614594

xhttps://www.livemint.com/news/world/elon-musk-says-doing-my-part-to-boost-birth-rates-11657238562832.html

xihttps://en.wikipedia.org/wiki/Sub-replacement_fertility

xiihttps://en.wikipedia.org/wiki/Total_fertility_rate

xiiihttps://reason.com/2006/04/03/to-save-the-planet-kill-90-per/

xivhttps://en.wikipedia.org/wiki/Four_Horsemen_of_the_Apocalypse#/media/File:Apocalypse_vasnetsov.jpg

xvEpoch – Rise and fall of the West, 2021, Swanson Kevin, Generations, ISBN 978 1 954745 09 4, p.26-27

xviuchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 180

xviihttps://www.quora.com/How-do-Orthodox-Jews-handle-having-so-many-children https://en.wikipedia.org/wiki/Haredi_Judaism

xviiihttps://www.unz.com/article/population-explosion-or-population-collapse/

xixSpoelstra, Bouke, 1963, Die Doppers in Suid-Afrika 1760-1899, Nasionale Boekhandel

xxhttps://af.wikipedia.org/wiki/Alida_Postma

xxihttps://www.visionmonday.com/business/research-and-stats/article/amish-community-bucks-national-population-trends

xxiiPs 2

  1. Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 21 ↩︎
  2. Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 17 ↩︎
  3. Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 15 ↩︎
  4. Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 99 ↩︎

Lewer kommentaar