Seminaar | Hoe moet Christene reageer op Vervolging?

“God is ‘n toevlug in die nood, ‘n rots wat altyd vas bly staan, al dreig die vyand met die dood, al storm hul leerbendes aan… ons sal nie beef of rugwaarts gaan.” – Ps 46:1 (berymd)

Dit wil lyk of Christene in Suid-Afrika, maar ook elders in die Westerse Wêreld, vervolging in die gesig staar:

  • Ouers se gesag word ondermyn (BELA-wetgewing en roede-inperkings),
    • Bigbrother tipe spioeneering op organisasies/kerke (Spybill) en
  • Pogings om predikante/kerke te dwing om LGBTQ+ paartjies te trou.

Hoe moet ons optree? Moet ons net gaan lê en maak of ons dood is? Is dit maar net elkeen vir homself en vlug na ‘n ander land? Moet ons maar net ons lot aanvaar? Maar wat van die vroedvroue wat die bevel van Farao teengestaan het? Wat van Daniël en sy vriende wat die bevele van die koning verontagsaam het? Wat van Paulus wat die Romeine se eie wette teen hulle gebruik het toe hy gevra het: “Is dit geoorloof om ‘n Romeinse burger, en dit onveroordeeld, te gésel?”

Hoe het gelowiges deur die eeue gereageer op vervolging? Hoe het die Bybelse gelowiges opgetree? Hoe het die Hugenote en Protestantse gelowiges in die 1500’s daarop gereageer? Hoe moet Christene vandag reageer? 

Daar word ‘n seminaar vir 27 April 2024 by die GK Wonderboompoort (256 Genl Beyerstraat Pretoria Noord) beplan om hierdie vrae te beantwoord. Reserveer solank die Saterdagoggend wanneer ons kyk na Reaksie op Vervolging: Bybelse tyd, Reformasie tyd en Vandag.

Die program lyk so:

08:00 Registrasie, Koffie & beskuit
08:45 Opening
09:00 Bybelse tyd | Ds P le Roux
09:40 Reformasie tyd | Dr H vAlten
10:20 Tee en verversings
11:00 Vandag | Dr A Schlebusch
11:40 Paneelbespreking
12:20 Afsluiting met gebed

RSVP by: kantoor@gkwonderboompoort.org

Lewer kommentaar