Onderwyshoop

Ons het dou voor dag opgestaan en is eerste by die kerk. Dit is veronderstel om goed oppad na somerweer te wees, maar hierdie naweek is toe ‘n spesiale naweek. Dit is die naweek waar daar sneeu enkeldiepte op die Drakensberge val. Dit is nie net ‘n langnaweek nie, maar ook die naweek wat ons besluit het om Rev Kevin Swanson te kry om met ons te gesels uit ‘n Christelike perspektief oor die val van die Weste, Tuis Onderwys en ‘n Christelike gesin. Dit is verfrissend om na hom te luister. Dit is inspirerend om te hoor hoe hy vertel hoe die evangelie mense se harte verander het en dit daartoe gelei het dat samelewings verander het.

Dit is die welbekende Rev Kevin Swanson wat deur Wikipedia soos volg beskryf word: “Swanson is ‘n predikant en omroeper van Colorado. Hy is bekend vir sy veroordeling van homoseksualiteit en bevordering van Christelike onderwys. Hy is die predikant van Reformation Church in Elizabeth, Colorado, wat ‘n lidkerk van die Covenant Presbiterian Church is. Hy is die direkteur van Generations, wat ‘n daaglikse podcast vervaardig.”

Kevin Swanson het op ‘n Japanese eiland grootgeword waar sy pa vir etlike dekades ‘n Protestantse sendeling was. Sy pa se opvoeding het ‘n impak op Kevin gehad. Hy het eers gepraktiseer as ‘n ingenieur, maar het later predikant en tuisskoolpa geword. Hy is gelukkig getroud met Brenda en hulle is saam die ouers van vyf kinders.

Hier is die lesings wat hy tydens hierdie konferensies en sy lesings by soortgelyle konferensies elders in Suid-Afrika gelewer het:

Onderwerp met skakel” en dan ‘n kort beskrywing daar onder:
Christ Centred Homeschooling
Are we allowing secularism to creep into the homeschool?  Are we allowing worldly standards to establish definitions of success? Have we clarified the differences between a man-centered education and a God-centred education enough?  Kevin Swanson gets back to the basics on a biblical worldview in this presentation.
Homeschool essentials
Don’t miss the essentials! These are the most crucial and the most basic, age-old, biblical principles for the education of a child. Faith and character are preeminent. The principle of individuality is the most liberating principle. Relationships lie at the heart of it. Life integration turns knowledge into an extremely useful and powerful tool for success. But, how many of these elements are missed by conventional systems of learning, and many homeschools as well? These are the basics, coming from Kevin Swanson’s 53 years of experience in the movement, and his book, “Upgrade, the Ten Secrets to the Best Education for Your Child.”
Popular culture, entertainment & family | Kevin Swanson
Popular culture is everywhere around us. It influences the peer groups, and sets the worldview and the cultural perspectives of almost everybody today.  Very few have the wisdom and the strength to swim against the stream. So, how does a family make its cultural choices?  What part should entertainment play in the home?  What are the major biblical principles that should govern our discernment of music, movies, etc.? What is your family culture, and how can you be more intentional in constructing it? 
Permissive parenting vs Persistent, Patient & Proper Parenting
Apathy and permissive parenting is on the rise. Parents less and less love their children enough to discipline them. And, parents less and less love God and honor God enough to correct them. This was Eli’s problem, and God brought an end to Eli’s household entirely. They all died. Here, we present a practical guide to discipline and teaching your children to obey their parents and to honor God.
Worldview Matter
Getting the Right Worldview in History, Science, and Literature
Will a Christian curriculum look any different from a public school curriculum, when it comes to subjects like history, science, and literature.  As the author of about half of the Christian Family Discipleship Curriculum provided by Generations, Kevin Swanson discusses the fundamental and radical differences a Christian worldview provides in these subjects.
Rise and fall of the West and the impact on the family
The building blocks of western civilization have been destroyed: bible belief, the family, the church, etc. The destructive results are obvious. Kevin Swanson summarizes his massive work completed in 2022 — The Rise and Fall of Western Civilization. These are the most significant and world changing times, since AD 475. Tremendous challenges and opportunities like ahead.  But the story itself is quite spectacular.  Understanding the times is critical for the men of Issachar in the Old Testament — so that they would know what to do. . . .no less so for us.
God centred family
Here is a broader view of the Christian family.  Will your family be child-centred, parent-centred, or man-centred? Or will it be a God-Centred family? Will your family be centred on academics, work, or entertainment and play? What does family life look like for the God-Centred family?
Celebrating the blessing of children
Dads Moms your childrens souls are at stake
Fathers Filled with Faith and Love
Here is a challenge to fatherhood. How do we avoid the traps of apathy and anger? Fatherhood is a test of our faith and love, but also, the means by which we grow in these areas. Here Kevin Swanson speaks to the great need of the day — fathers!

Habakuk-gemeentes

Gister was dit tyd om (kerk)familie te besoek. Ons het eers by Vrye gemeente Tafelberg ‘n draai gemaak in die Kaapstadse middestad. Hulle het onlangs besluit om hul geheel los te maak van die verloopte NG Kerkverband.

Daarna het ons by vriende middagete geniet en in die laatmiddag het ons twee Buys niggies se families aan my moederskant besoek. In die aand was die Miskes aan die beurt.

Tafelberg gemeente is besig met ‘n reeks prediking rondom die klein profete. Sondag was Habakuk onder bespreking.

Daar is deur die drie hoofstukke gelees vanuit die 1983 vertaling maar daar word uitgewys dat die vertaling van vers 4 van Hab 2 verkeerd vertaal is. Dit moes wees: “…Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.”

Teen die jaar 630 vC was Juda en Benjamin vervalle. Die 10 stamme van Israel was reeds weggevoer. Teen 600 vC was Juda reeds op ‘n morele laagtepunt. Habakuk is regverdig en roep tot die HERE om in te gryp teen die afval. Die HERE antwoord dat Hy die Chaldeërs gaan gebruik om Juda te dissiplineer. Die HERE gaan die heidene in Sy diens gebruik.

Daar sal egter ‘n toekoms en uitkoms wees vir die gelowiges wat in die geloof sal lewe (vers 2:4)

Die laaste drie verse van hoofstuk 3 klink anders as die voorafgaande. Dit getuig van bekering by Habakuk. Die omstandighede het nie verander nie. Sy hart het verander.

Die middelste deel is twee toesprake:

  • Hfst 2: God praat
  • Hfst 3: Habakuk se gebed

God praat

Die HERE sê dat Sy metode van werk met Juda sal op die langeduur die arrogantes nederig maak en beskaamd. Die kennis van God sal regoor die aarde versprei soos die water die seëbodem bedek. Habakuk moet die groter prentjie sien.

Habakuk se gebed

Habakuk besef dat God geprys moet word soos die berymde lied van Habakuk. Die Hebreeus wys daarop dat dit ‘n gebedslied is (sien ook Hab 3:1).

Hierdie gebed is deurdrenk dat God almagtig is. Ons moet leer wie God is. Habakuk word toegerus om met ander oë na die wêreld en God te kyk.

Hab 3:17-18 “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.”

Bg. Verwys daarna dat Habakuk die HERE kan loof want die vyeboom wat nie bot nie en droogte is die HERE se werk om sy volk tot bekering te bring en daarom is dit ook God se werk en daarom kan hy ook die HERE loof…

Vers 2:4 word drie keer in NT aangehaal. Rom 1.17, Heb 10.38, Gal 3.11. Hierdie vers word in NT verder uitgelê. Hierdie boodskap van Habakuk is dus ook vir ons vandag relevant.

Die punt is: ons moet die groter prentjie raaksien dat die HERE aan die werk is.

Ds Saayman het voorgegaan in die erediens. Die erediens volg die standaard gereformeerde liturgie van votum, seën, belydenis, wet, gebed, skriflesing, prediking, gebed en groetboodskap.

Mens dink dat niks meer goed uit die NG Kerk moontlik is nie, maar hierdie gemeente wys dat daar toe wel nog ‘n oorblyfsel was wat die HERE wil dien. ‘n Oorblysel wat vashou aan “God se Woord bo alles”.

Prys die HERE vir Habakuk gemeentes… Habakuk gemeentes wat nie net praat nie maar ook doen…