Die goeie nuus (evangelie) van Geloftedag vir Zoeloe’s, Afrikaners en alle mense.

Die video weergawe van hierdie lesing is hier beskikbaar.

Ons is vandag hier saam vergader om na te dink hoe die HERE ons voorgeslagte 180 jaar gelede bewaar en gelei het. Psalm 78 vertel vir ons dat ‘n gebeurtenis soos Geloftedag belangrik is:

Ek wil my mond open met ’n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom. Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het. Hy tog het ’n getuienis opgerig in Jakob en ’n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het — om dit aan hulle kinders bekend te maak, sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, en nie word soos hulle vaders nie, ’n koppige en wederstrewige geslag, ’n geslag met ’n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.

Dit is dus moontlik vir ‘n geslag wat die wonderlike vrymakende evangelie aanvaar het om weer afvallig te kan word. Ons sien dit elke dag om ons hoe die Westerse samelewing besig is om ’n koppige, wederstrewige geslag te word. ‘n Geslag soortgelyk aan afvallige Israel waaroor Ps 78:10 sê: “Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet”:

Ons kan die verheidensing van ons samelewing sien wanneer ons byvoorbeeld gaan kyk na ons samelewing se verwerping van o.a. die sesde en sewende gebooie:

  • In Europa en ook in Suid-Afrika is daar al vir jare stemme wat opgaan dat prostitusie gewettig moet word.
  • Aborsie is dekades lank in Westerse lande wettig en ook al etlike jare in Suid-Afrika. Miljoene baba’s word elke jaar deur aborsie vermoor.
  • Westerlinge dink nie net soos heidene nie, hulle tatoeer hulle ook om soos heidene te lyk.
  • In ons dag word die gesin geherdefinieer om twee vroue en ‘n kind te kan wees… En hul “kinders” word selfs in die kerk gedoopi.

Ons dink dat dit altyd so was dat Westerlinge Christene was. Dit is nie so nie. Griekse Historici van 3de eeu beskryf Westerlinge se voorgeslagte (barbare) so:

“Barbare kan nie logies dink of doen nie. Teologiese geskille is vir hulle Grieks… Barbare word gedryf deur bose geeste; besete met demone wat hulle dring om die verskriklikste dade te pleeg… onbekwaam om volgens geskrewe wette te lewe en onwillig toelaat dat konings hulle regeer… Hulle lus vir goud is ontsaglik, hul liefde vir drank grensloos. Barbare is sonder perke… Alhoewel hulle oor die algemeen aantreklik lyk, het hulle aaklige persoonlike higiëne… Hulle voortplantings energie is onuitputlik… As ‘n barbaarse volk teruggedryf of verwoes word, dan kom ‘n ander een uit die Duitse moerasse en woude na vore…”ii

Een van hierdie “barbaarse” Westerse volke was die Friese (van Nederland). Hierdie Friese het niks daarvan gedink om die sendeling Winfried in 754 te vermoor nie. Voorheen het Winfried onsuksesvol probeer om die evangelie aan die Frisiese koning te bring. Daar word gesê dat die Frisiese koning nie die Christengeloof wou aanneem toe hy gehoor het dat hy nie een van sy voorvaders in die hemel sou vind nie. Hy het eerder verkies om vir ewig in die hel saam met sy voorvaders te wees as in die hemel saam met sy Frankiese vyandeiii.

Die Romeinse Koninkryk was nie veel beter nie. Hulle het Christene erg vervolg en hulle het heidense wette gehad wat bepaal het dat ‘n vader slegs wettiglik sy kind as sy kind erken nadat hy hom van die grond af opgetel het. Indien die vader nie die kind wou hê nie, was dit binne die wet om die kind buite die stadsmure te laat om deur die wolwe opgeëet te word.

Hierdie kindervermoording is dan ook in die mites van die Romeine opgeneem. Hier is ‘n standbeeld van Romulus en Remus wat as die stigters van Rome beskou word. Hulle is deur koning Amilius op die rivieroewer Tiber gelos om te sterf, maar ‘n wilde dier het hulle gered waarna hulle aangeneem is deur ‘n herdergesiniv.

Prostitisie en allerhande ander seksuelevergrype was ook ‘n algemene wettige verskynsel.

Maar in die sesde eeu het die Christelike geloof so ‘n goot invloed uitgeoefen dat Justiniaanse wette afgevaardig is. Hierdie wette het die Bybelse defenisie van ‘n gesin as belangrik beskouv:

  • Slegs hetroseksuele verhoudings (tussen man en vrou) is toegelaat.
  • Alle seksuele verhoudings behalwe dié binne die huwelik is verbied.
  • Die wette teen seksueel afwykende gedrag is vir alle sosiale stande toegepas.
  • Onwettige seksuele gedrag is strafbaar deur die wet gemaak.
  • Kontrakte vir seksuele betaling vir ondersteuning of geskenke (prostitisie) is onwettig gemaak.

Toe Jan van Riebeeck in 1652 na Suid-Afrika kom, was die Christelike godsdiens en meer spesifiek die Calvinisme in die voormalige “baarbaarse” Nederlanders se volksbestaan ingebed. Soveel so, dat die Verenigde Oost Indiese Kompanjie verwag het dat raadsvergaderings wat in Suid-Afrika gehou sou word met die volgende gebed geopen sou word…

Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos-Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader, dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen”vi

En was die inboorlinge in Afrika nie wilde en onbeskaafde mense nie.

Shaka se pa was die stamhoof Senzangakhona, maar is grootgemaak deur Dingiswayo wat vermoor word deur Zwide. Shaka vermoor Zwide se moeder deur haar toe te sluit in ‘n hut met hienas.

Toe Shaka se moeder sterf beveel hy dat geen mielies geplant mag word in daardie jaar nie, en geen melk gebruik mag word nie en dat enige vrou wat swanger word vermoor sou word saam met haar man. Groot getalle mense is volgens oorlewering doodgemaak omdat hulle nie genoegsaam gerou het nie, en koeie is geslag om hulle kalwers te laat voel hoe dit is om ‘n moeder te verloor.

Silkaats (Mzilikazi) was die gunsteling Generaal van Shaka gewees. In 1824 het hy gevlug vir die impi’s wat Shaka gestuur het om met hom af te reken nadat hy nie die beeste oorhandig het van die stammetjie wat hy in noord Zoeloeland uitgewis het in opdrag van Shaka nie.

Mzilikazi het sy naam (“pad van bloed”) gestand gedoen en ‘n pad van bloed agter hom gelaatvii.

Die Difiqane/Lifiqane/Mfekane wat deur Shaka begin is, het tot die dood van honderde stamme gelei tussen 1820-1824. Shaka het die baie meer effektiewer kort assegai in bedryf gestel. Geskiedkundiges soos Theal reken dat 2 miljoen mense dood is aan die hand van Mzilikazi, Shaka en Dingaan. Die Difiqane was ‘n gebeurtenis van wydverspreide chaos en konflik in Suider-Afrika in die vroee 1800’s. Daar is verskeie woorde wat in die swart volke vir hierdie gebeurtenis gebruik word:

  • Difiqane/Lifiqane : Sotho vir verstrooiing of gedwonge migrasie
  • Mfekane : Zoeloe vir verpletter

Prof Omer-Cooper van Zambië beskryf die gevolge so:

“Die kolossale ontploffing het gepaard gegaan met met ‘n slagting en verwoesting op skrikwekkende skaal. Hele stamme is uitgemoor en nog meer het gesterf in die hongersnood en anaragie wat gevolg het. ”

Daar is ooreenkomste tussen die Europese barbare wat chaos en verwoesting in Europa veroorsaak het honderde jare gelede en die Difiqane in Suider-Afrika ongeveer 200 jaar gelede.

In Suider Afrika is miljoene mense dood en verplaas. Hele stamme het selfs so ver as Tanzanie en Zambie gevlug vir hul lewens. Hele streke is ontvolk.

Shaka Zoeloe was bang om kinders te hê omdat hy gevrees het dat een van sy seuns hom in ‘n sluipmoord sou ombring. Hy word egter vermoor deur sy broers, Dingaan en Mhlangana op 22 September 1828. Dingaan word toe die Zoeloe koning.

In 1837 het Francis Owen gepoog om die Evangelie aan Dingaan en sy onderdane te verkondig.

Nadat Owen 30 minute gepreek het, het Dingaan hom gestop en gesê:

“Sê jy dat daar net een God is?”

“Sê jy dat daar net een hemel vir goeie mense is?”

“Sê jy dat daar ’n hel vir bose mense is?”

Owen antwoord dat dit so is.

Dingaan sê toe vir Owen dat Owen se geloof nutteloos is, want Dingaan is die enigste god, Zoeland is die hemel en Moordkoppie is die hel.

Owen is toe nooit weer toegelaat om die evangelie te verkondig nie.

Intussen moes die Christen Afrikaners aan die Oos grens van die Kaapkolonie ses grensoorloe met die Xhosas trotseer. Die inboorlinge het geroof, gemoor en afgebrand. Teen 1838 het Afrikaners aan die Oos Kaap genoeg gehad en besluit om eerder die binneland wat ontvolk is deur die Difiqane in te trek.

Prof FN Lee gee in sy Christian Afrikaners die volgende redes vir die Groot Trek:

  • But bear in mind that these people had often falsely been promised compensation for the forcible emancipation of their slaves — many of whom didn’t want to be emancipated anyway. The slave owners had been financially ruined by the British.
  • In other respects too, the Afrikaners were fed up with the British. They had already had their language suppressed;
  • their Roman-Dutch Calvinistic Laws challenged;
  • their churches invaded;
  • and their children Anglicised in the schools.
  • Now many of them had also been ruined financially.

They had now had enough – so off they trekked. ”

Die Retief-manifes is namens die Voortrekkers geskryf en het die dwalinge aangaande die doel en oorsaak van die Groot Trek vir die buitewêreld uiteengesit. Dit is in die Grham’s Town Journal gepubliseer op 2 Februarue 1837.

Retief beweer hierin dat allerlei berigte versprei is om die Trekkers by vriend en vyand in onguns te bring. Sy Manifes moet die beeld van die Voortrekkers herstel en almal laat besef dat die Christengelowige nie sommer sy band met sy geboortegrond breek as daar nie besonder oortuigende redes daarvoor bestaan nie. Die Manifes moet ook lig werp op hulle voornemens en doelwitte.

In hierdie manifest word die volgende redes gegee vir die Groot Trek:

  • Daar is geen toekoms vir ons kinders weens die kwaaddoeners in die Kaapkolonie nie.
  • Die vrymaking van slawe het tot groot verliese gelei.
  • Ons kla oor die plundering deur die swartman en ander gekleurdes (heidenne), veral met die inval van 1834/35, toe meeste grensboere geruïneer is.
  • Ons kla oor die onregverdige beskuldigings teen ons as grensboere deur belanghebbende en oneerlike persone [soos Dr Philips] onder die dekmantel van “godsdiens”. Hul getuienis word in Engeland geglo en ons bewyse tot die teendeel word eenvoudig verwerp. As gevolg van hierdie vooroordeel sien ons slegs die ondergang van die land.
  • Ons sal oral die beginsel van ware vryheid handhaaf. Ons sal niemand in slawerny hou nie. Maar ons sal behoorlike wette daarstel om misdaad te onderdruk en om ’n behoorlike verhouding tussen heer en kneg te bewaar.
  • Ons verlaat die Kaap ten einde ’n rustiger lewe as vroeër te lei. Ons sal geen volk molesteer en niemand sy eiendom ontneem nie. As ons egter aangeval word sal ons ons persoon en eiendom teen enige vyand verdedig.
  • Sodra ons vir onsself nuwe wette gemaak het, sal ons afskrifte hiervan as inligting na die Kaapkolonie stuur. Nou reeds egter verklaar ons dat verraaiers in ons midde summier en selfs met die dood gestraf sal word.
  • In die loop van ons trektog en in die land van ons vestiging sal ons aan die inboorlinge ons bedoelings bekend maak en hulle van ons begeerte om in vrede en vriendskap met hulle te leef, in kennis stel.
  • Ons verlaat die kolonie met die wete dat die Britse regering niks meer van ons kan vereis nie, en ons sonder verdere inmenging sal toelaat om onsself te regeer.
  • Ons vertrek uit ’n vrugbare geboorteland waar ons groot skade gely het en aan baie ergernis blootgestel was. Ons gaan ons in ’n woeste en gevaarlike gebied vestig, maar ons vertrou op ’n alsiende, regverdige en genadige God. Ons sal hom altyd vrees en in nederigheid gehoorsaam.

Die filantrope was baie negatief oor die Afrikaners aan die Oos-Kaap, maar die Goewerneur, Benjamin D’Urban, was meer realisties en skryf ‘n brief in 1837 aan die Britse sekretaris van Kolonies:

“Dit is bitter jammer dat ‘n groot gedeelte van die boere wat die Kolonie verlaat het, tot die oudste en fatsoenlikste inwoners van die distrikte waaruit hulle afkomstig was, behoort het, en dat die vertrek van hierdie onverskrokke, geduldige, arbeidsame, ordelike en godsdienstige mense ‘n onberekenbare verlies vir die Kolonie beteken… Die waardevolste gedeelte van ons plattelandse bevolking is dus onherstelbaar verlore.”

Daar wys verskeie trekke uit die Oos-Kaap gewees. Hierdie Trekkers het Thaba `Nchu as ‘n halfweg stasie gebruik.

Moroka II, hoofman van die Boo-Seleka gedeelte van die Barolong stam (Tswana’s) het in 1833 na Thaba Nchu gemigreer. Hulle is deur Mzilikazi uit die Transvaal verdryf. Hulle het toe na die Vrystaat gevlug. Hulle onderhandel met koning Moshoeshoe I om in Thaba ‘Nchu te kan bly. Hulle getalle is later aangevul deur ander lede van die Barolong wat deur Mzilikazi verdryf is.

Hierdie Tswana mense het die Voortrekkers as hul bondgenote gesien in die nagevolge van die Difiqane. Die eerste Voorstrekkers wat in Naba Nchu oorgebly het was Louis Trichard en Hand van Rensburg. Thaba ‘Nchu het hierna ‘n veilige hawe geword vir Voortrekkers soos Hendrik Potgieter, Piet Uys en Gerrit Maritz.

Mzilikazi se Matabeles het tydens een van hulle pludertogte in Augustus 1838 vier jagters, vyf helpers, die Liebenberg- en Erasmusfamilies is vermoor. Hendrik Potgieter verneem hierdie slegte nuus op sy terugtog na Thaba Nchu vanaf Trichardt wat in die Soutpansberg gebeid was. Potgieter verwag nog ‘n aanval deur die Matabeles en vorm ‘n laer met die waens aan die voete van wat later Vegkop sou heet naby aan die hedendaagse Heilbron. Slegs 35 man moet 600 Matabeles aandurf. 1,137 assegaaie word na die walaer geslinger.

Die aanval word afgeweer maar die Matabeles buit 50,000 skape, 50,000 beeste en 100 perde. Die Trekkers was nou magteloos, want hulle kon nie hul waens verder sleep nie. Hulle trek-osse is ook gebuit.

Moroka II kom tot die gestrande Trekkers by Vegkop se hulp toe hy trekdiere voorsien sodat die Trekkers na Thaba Nchu kon terugkeer.

Potgieter, Moroka en Tauana het toe ‘n Boer-Barolong-Griqua alliansie gesluit om Mzilikazi se mag te breek.

Eers in November 1837 kon daarin geslaag word om Mzilikazi se mag te breek. Die Matabeles het toe na Zimbabwe gevlug en die koninkryk van Matabeleland gestig.

Potgieter was oortuig dat die Transvaal en Vrystaat die toekomstige tuiste moet wees, terwyl Maritz en Retief eerder Natal as tuiste gekies het. Retief oorreed Potgieter en hierdie trek sluit hulle dan aan by die ander Trekkers in Natal.

Piet Retief was van plan om met Dingaan te onderhandel oor ‘n stuk grond soortgelyk aan die Engelse wat Port Natal deur middle van onderhandeling bekom het.

Dingaan het Piet Retief en sy afvaardiging ontvang en gesê dat hy bereid sou wees om grondgebied af te staan as Retief die vee wat die Tlokwastam gesteel het, teruggebring sal word. Retief en sy manskappe het toe hierdie vee gaan terugkry.

Retief en 69 mansakppe kom in Februarie 1838 by Dingaan se kraal met 2,000 hutte aan. Die onderhandelinge was lank en uitgerek…

Op 4 Februarie ondeteken Dingaan die dokument waarin hy die gebied tussen die Tugela en Umsimvuburiviere aan die Trekkers afstaan.

Die volgende dag het Dingaan ‘n afskeidsfees vir die Trekkers gereel.

Die feesvierings het egter ‘n wending geneem toe Dingaan vir sy manne geskree het “Gryp hulle”

Die Zoeloe krygers het dadelik die Boeregesante gegryp. Weerstand was onmoontlik, want die Boere het hul wapens buite die laer gelos soos wat van hulle verwag was.

Retief en sy manskappe is na Moordkoppie gesleep waar hulle met knopkieries doodgeslaan is.

Heel laaste is ook Retief doodgeslaan.

Later sou die Trekkers tussen die geraamtes en verbryselde kopbene die bladsak met die ooreenkoms tussen Dingaan en Retief kry.

‘n Paar uur nadat Retief vermoor is, het die Zoeloe opgeruk om die Vootrekkerlaers uit te wis. Die Bezuidenhout–, Bothma–, Van Renburg families is uitgewis. 41 Mans, 56 vroue, 185 kinders en 250 Khoikoi en Basoetoe helpers sterf.

Een van die droewigste dae in die Trekkergeskiedenis het aangebreek. Oral het mense na hul dooie geliefdes gesoek. Hulle was oorbluf en het nie presies geweet wat gebeur het nie.

Eers toe Dick King die boodskap gebring het dat Piet Retief vermoor is, het die Trekkers die verraad van Dingaan besef. Die sendelinge het uit die land gevlug en die Engelse handelaars het hulle op Salisbury-Eiland gaan ingrawe.

Benewens die baie trekkers wat gesterf het, is ook 25,000 stuks vee geroof. Die nood het die Trekkers gedwing om so vinnig as moontlik te herorganiseer en verdedigings laers saam te trek, terwyl boodskappers ver en wyd gestuur is om versterkings te stuur. Piet Uys en Potgieter was nog met hul trekker in aantog en het hulle gehaas.

Die dorpie Weenen is twee maande na die massamoord hier naby gestig.

Daar word besluit om ‘n stafekspedisie saam te stel. 347 mans word gemonster en Potgieter en Uys voer twee afsonderlike eenhede aan. Hulle vertrek op 6 April 1838. Hulle word in ‘n hinderlaag gelei en 6,500 Zoeloes val hulle aan. Piet Uys word dodelik gewond. Sy seun sterf saam met sy pa.

Hendrik Potgieter en sy manskappe word uitgejou as die vlugkommando. Die volle blaam van die mislukking word aan Potgieter toegeskryf en hy word van lafhartigheid beskuldig. Dit is irronies in die lig dat Potgieter die held van Vegkop was en aan baie ander gevegte sy manne moed bewys het. Potgieter en 160 man en hul families besluit om Natal te verlaat en hulle eerder in die Transvaal te vestig. Die Voortrekkers was nou so te sê leierloos, want Maritz was ernstig siek.

In Augustus val die Zoeloe’s aan en roof en plunder. Hulle gooi assegaaie met brandende gras op die laer en steek die veld om die laer aan die brand. Dit vat ‘n hele dag om die brand te blus. 640 man, 3200 vroue en kinders, 1,260 helpers, 300,000 skape, 40,000 beeste en 3,000 perde is leierloos gelaat toe Maritz op 23 September 1838 sterf.

Die Trekkers was verslae gewees.

  • Baie Trekkers is dood,
  • Hulle is leierloos,
  • Baie van hul vee is gesteel

Dit wil lyk of hul onderneming ‘n mislukking is, of hulle Godsverlate is. Moes hulle nie maar eerder terugkeer na die Kaap nie?

Die vroue vertroos die moedelose manne en moedig hulle aan tot volharding.

Boodskappe word na die Kaap gestuur om hulp en versterkings.
Karel Landman het voorbereiding begin tref vir verdere moontlike aanvalle van die Zoeloes.

Op 28 November 1838 kom Andries Pretorius met 60 volgelinge by die laer aan. Vroeg in Desember 1838 vertrek Pretorius met 464 manne na Umgunggunglovu.

Die Trekkers het die erns van die veldslag wat voorlê besef. Hulle het besef dat hulle getalle maar gering was en dat hulle nie in eie krag die oorwinning teen die Zoeloes sou kon behaal nie. Sarel Cilliers het die Gelofte vir eerste keer by Wasbank aan die vergadering voorgehou in die week voor die slag van Bloedrivier. Die 400+ man het hulle hieraan verbind.

Cilliers het uit Riters 6:1-24 gelees en Ps 38:13,17 opgegee om gesing te word.

Op 15 Desember 1838 het die Trekkers die Ncomberivier bereik.

Pretorius se verkenners het ‘n groot Zoeloeleër gesien en hulle moes dadelik ‘n geskikte plek kry vir die veldslag.

Aan die suide kant was ‘n donga en aan die ooste kant die Ncomberivier. Pretorius het hierdie gevegsterrein as uitergeskik en uit die hand van die HERE beskou. Daar was diep slote en gate wat die Zoeloes se stormloop sou belemmer.

Aan die Noorde kant was die Ncombe rivier. Die lofwaardige een omdat dit standhoudende rivier was met sy mooi groen oewers.

Erasmus Smit, Hatting, Bezuidenhout, Van Gass en W. G. Nel het in hul vertellings die veghekke genoem wat tussen die laers opgestel is om die Zoeloes uit te hou. Hulle was 2.3m by 2.3 groot.

Ongeveer 800 osse was binne in die laer.

Ook Perde, en ammunisie waens.

Drie kannone is opgestel waar onder ook grietjie.

Die Voortrekkers het Voorlaaiers gehad. Wat net ‘n paar skote per minuut kon skiet.

64 waens is in ‘n groot D geparkeer met die veghekke tussen elke wa om te keer dat Zoeloes kan deurbreek. Lanterns is aan stokke gehang.

Op Sondagoggend 16 Desember nadat die mis gelig het, het 15,000 Zoeloes die laer bestorm. Dit was ‘n woeste môre met ‘n geweldige geskree en lawaai en geweeklaag en ‘n see van swart gesigte en digte rookwolke. Drie aanvalle is geloots…

Daar was toe ‘n verposing…

Die aanvoerders het hul manskappe aangemoedig om te veg. Die Zoeloes was nie meer lus vir veg nie. Die donga, die rivier en die grond rondom die waens was met Zoeloelyke en gewondes besaai.

Pretorius loots toe sy eie teenaanval. Die Zoeloes het toe op die vlug geslaan.

So baie Zoeloes het gesterf dat die water van die rivier rooi geword het.

Die Trekkers het daardie aand hul oorwinning gevier. Hulle het die HERE gedank en lofliedere gesing.

Die oorwinning was verstommend:

  • Slegs 3 van die voortrekkers is lig gewond
  • terwyl daar by die 3,000 Zoeloes gesterf het.
  • Slegs 464 Voortrekkers het teen 15,000 Zoeloe’s geveg.

Om die onmoontlikheid van hierdie geveg beter te verstaan is dit nuttig om hierdie veldslag te vergelyk met ‘n ander veldslag wat ook in Natal plaasgevind het 41 jaar later…

Die veldslag van Islandwana het in 1879 plaasgevind toe 10,000 Zoeloes 1350 Britse troepe aangeval het.

Die Britte het 4 kanonne en modern vuurwapens tot hul beskikking gehad en 62% van hulle was hoogsopgeleide soldate.

Die veldslag het droewig vir die Britte geeindig. Slegs 27 soldate oorleef die veldslag. Die Zoeloes het ‘n totale oorwinning oor die Britte behaal.

Die Voortrekkers het hul gelofte nagekom en ‘n kerk in Pieter-Maritsburg gebou. Dit staan vandag nog daar en langsaan staan die eerste [president van die Republiek Natalia se woning.

Prof FN Lee skryf soos volg oor die gebeure na afloop van Bloedrivier:

Not only did these people build a temple to honour Almighty God… They collected contributions from White Calvinists, and erected at the headquarters of the Zulu king who had murdered their White leaders a Theological Seminary for Black people financed by White money. It is built in the form of an ox-head, the symbol of the Zulu army — but with a huge cement cross rising up in its midst, to symbolise the triumph of the cross over the powers of darkness. ”viii

Broeders en susters, ons het begin met die woorde van Ps 78 dat ons aan die volgende geslag die wonderdade van die HERE moet vertel “sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, en nie word soos hulle vaders nie, ’n koppige en wederstrewige geslag”.

Ons sluit af met die woorde van Paulus aan die gelowiges in Korinte (1 Kor 10 ):

“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see gegaan het… en almal dieselfde geestelike drank gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Maar God het in hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie… En laat ons nie hoereer soos ook sommige van hulle gedoen het nie… En moenie murmereer nie… Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.”

Afrikaners het nes die Israeliete van ouds ‘n roemryke geskiedenis, maar ons is vandag ‘n afvallige volk. Ons moet ons terugbekeer na die God wat ons roemryke geskiedenis vir ons moontlik gemaak het. Ons geskiedenis moet ons opwek om weer die eer aan die HERE van die HERE te gee en alles wat ons doen tot sy eer te doen.

Mag Hy ons daarmee help… Amen.

Bronne

i Sien die Kerkbode van 23 Januarie 2015 waar die artikel onder die tiel “Op soek na Safe Spaces” verskyn het oor Erna en Liezl van der Westhuizen wie se aangenome baba deur Ds Elmarie Dercksen gedoop is in die NG Kerk Blouberg. Ook: http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/56-homoseksualiteit-kat/941-op-soek-na-safe-spaces-2015-01-23.pdf

ii Herwig Wolfram, The History of the Goths, p 6-7

iii https://en.wikipedia.org/wiki/Redbad,_King_of_the_Frisians

iv https://en.wikipedia.org/wiki/Romulus_and_Remus

v RJ Rushdooney, Institutes of Biblical Law, p 199-200

vi https://af.wikipedia.org/wiki/Jan_van_Riebeeck

vii Mzilikazi 1790-1868: a bibliography

viii FN Lee, Christian Afrikaners.