Eenheid en Veelheid

Ons bely meeste Sondae die Apostoliese Geloofsbelydenis waar ons sê dat ons glo in God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Hiermee bely ons dat God ‘n Drie-enige God is. Dit het te doene met die harmonie tussen die eenheid en veelheid. Ons het hieroor en die implikasies daarvan besin onder die tema : Eenheid en Veelheid.

Hierdie is ‘n probleem wat al vir eeue deur filosowe bedink word. Jou denke hieroor het ernstige gevolge oor hoe die samelewing saamgestel word.

Prof HG Stoker wys in sy Stryd om die Ordes uit dat òf die Eenheid òf die Veelheid oorbeklemtoon word. Die Liberaliste en Woke oorbeklemtoon die EEN (individu) met anargistiese en chaostiese nagevolge op die samelewing. Neo-Nazi’s en Marxiste oorbeklemtoon weer die VEEL (volk/werkersklas) met tirannie en ongeregtigheid as nagevolge. Die Bybelse oplossing is egter om beide die Eenheid en Veelheid te omarm.

Sprekers en lesings wat gelewer is:

Daar het tydens hierdie seminaar vier sprekers opgetree:

  • 08:45 Pieter van Deventer | Opening Video
  • 09:00 Dr Morne Diedericks | Eenheid vs Veelheid Probleem: Video
  • 09:30 FA vDeventer | Liberaliste/Woke/Nazi’s/Marxiste/Stamiste se oplossing vir die probleemVideo, PDF
  • 10:00 Tee/Koffie/Verversing
  • 11:00 Ds Pieter le Roux | Bybelse oplossing vir die probleem: Video
  • 11:30 Dr Wikus Buys | Toepassing van die Bybelse oplossing: Video
  • 12:00 Bespreking: Video

WAAR: GK Wonderboompoort 256 Genl BeyersStr, Pretoria Noord

WANNEER: 15 Maart 2025 08:30-13:00