Die Groot Opdrag in SA

“Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” – Matt 28:18-19

Net voor Jesus opgevaar het, het hy hierdie Groot Opdrag ons sy dissipels en ook ons gegee. Ons stoere voorouers het hierdie opdrag ernstig opgeneem.

Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie het in 1652 ‘n halfwegstasie in Kaapstad gestig om hul handel met Indië en Indonesië te ondersteun. Janszen en Proot het gepraat oor die begeerte dat Sendingwerk in Suid-Afrika gedoen moet word nog voordat Jan van Riebeeck in Tafelbaai aangekom het. Elkeen van Van Riebeeck se byeenkomste is geopen met ‘n smekinggebed: “O barmhartige, genadige God en hemelse Vader! Volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos-Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuurOns is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam… Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen

Van die begin af is die evangelie aan die inheemse mense, die Khoisan, verkondig. Die eerste sieketrooster (hulpprediker, onderwyser en sendeling) was Wylant (1652). Hy kla dat die verkondiging van die evangelie onder die Khoisan moeilik is en dat hy nie weet wanneer die Here hulle uit die duisternis na die lig van Jesus Christus sal lei nie, maar dat Hy alles moontlik sal doen om hulle uit die koninkryk van Satan te ruk. Dit is sy begeerte dat die Here sy genade aan hierdie mense sal bewys.

Van Riebeeck noem dat hy van die Khoisan toelaat om by hom in die kasteel te bly sodat hulle kan leer lees en skryf “sodat die lig en waarheid na hulle toe kan kom”. Een van hierdie kinders was Eva Krotoa. Sy het gehelp in die Van Riebeeck-huishouding en het later ‘n Christen geword en is gedoop. Sy het ook as vertaler gewerk. In ‘n Christelike seremonie is sy met Pieter Van Meerhof getroud en hulle het drie kinders gehad. Toe sy haar kinders verwaarloos en die Christelike geloof verlaat het, het Van Riebeeck se niggie (Elzabeth van Opdorp) die kinders aangeneem.

In 1687 het die eerste van baie Franse Hugenote uit hul geboorteland Frankryk gevlug om hulle in Suid-Afrika te vestig. Hulle is vir hulle geloof vervolg. Hulle het lande gesoek waar hulle God in vryheid kon aanbid. Hulle het na plekke soos Noord-Amerika en Suid-Afrika gereis. Sommige van hulle het by die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie aangesluit. Hierdie maatskappy het hulle na Suid-Afrika gestuur. Die Hugenote het hulle Bybelse geloof saamgebring. Die meeste van hulle het by Christelike Nederlandse (Afrikaanse) gemeentes aangesluit. Teen die 1700’s het ander Christelike groepe in Suid-Afrika aangekom. Dit het die Lutherane en die Morawiërs ingesluit. ’n Morawiese sendeling genaamd George Schmidt het hom toegewy om onder die Khoisan te werk. Schmidt het in 1738 in Suid-Afrika aangekom. Hy het Suid-Afrika na sewe jaar verlaat omdat hy nie ‘n geordende predikant was nie.

Die gereformeerde vorm van Christenskap wat van Nederland na Suid-Afrika oorgeplant is, het onder die Nederlandse (Afrikaanse) kerke voortgegaan. Toe die Britte Suid-Afrika geannekseer het, is gepoog om die Afrikaners te verengels deur die invoer van Skotse predikers, maar die predikers het Afrikaans geword. Die koms van die Britte het egter daartoe gelei dat die evangelie aan die Zoeloes (Owen & Lindley), Tswanas (Moffet & Livingstone), Afrikaners & Tswanas (Archbell), Afrikaners & Matebele (Lindley) gebring is. Die vervulling van die Groot Opdrag (Matt 28:19-20) duur voort in Suid-Afrika.

Die volgende boeke praat in meer besonderhede oor hierdie taak in Suid-Afrika:

  • Lee, FN, Christen Afrikaners, Gospel Defence League
  • Claasen, JP, Eerste Sieketroosters aan die Kaap 1652-1665
  • Britz, RM, Die Begin, God en geloof in Fort de Goede Hoop 1652-1655

Lewer kommentaar