
Arm, verstote, gediskimineer, onderdruk. Dit is wat Afrikaners die afgelope 150 jaar ervaar het. Afrikaans is as onwettig verklaar deur die Engelse. En ten spyte daarvan kan ons hierdie week Afrikaans vier as een van die vyf tale wat daarin kon slaag om tot op die hoogste vlak van beskawing te kon vorder.
Ons het hierdie week gehoor dat die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) gestig is om die Bybel in Afrikaners se moedertaal beskikbaar te stel. Die GRA verwys egter ook na ander Afrikaners: Hulle met Britse harte en Hollandse harte. Vir hierdie nie-regte-Afrikaners was die bestaan van die GRA ‘n verleentheid en onnodig.
Hierdie week kyk ons met dankbaarheid terug na die GRA en die Voortrekkers se offers. Ons kan vandag in ons moedertaal bid, dink, redeneer en selfs die Woord van God lees. Dit is ‘n voortsetting van die Reformatore se werk toe ‘n Martin Luther die moeilike taak aangepak het om die Bybel in Duits te vertaal. Ander Reformatore het gevolg en dit in hulle volksmond vertaal. Die motivering was dat die gewone mense die Bybel kon verstaan en hulle lewens daarvolgens kon inrig. Dit het dan ook beteken dat die gewone mense geleer moes word om te kan lees en skryf. Die Protestante het hierdie taak ten volle omarm en daarom kon ‘n Max Weber ‘n paar eeue later skryf dat die Protestantse Werksetiek veroorsaak het dat die Noorde van Europa meer voorspoedig was as die Katolieke Suide. Die geletterdheid was net meer en die etiek net beter.
Vir die Afrikaners met Britse harte was dit onnodig om ‘n stryd aan te knoop vir die erkenning van Afrikaans. Vir hulle was standardiseering na Engels die antwoord. Hulle besef nie, dat die vorige wereldtaal in die tyd van die Reformasie Latyn was nie. As dit nie vir die Reformasie was nie, sou Engels nooit die rol as wereldtaal by Latyn oorgeneem het nie…
Die lesing van gisteraand oor arm Afrikaners in die Karoo was besonders. Dit was veral besonders om die voorbeelde te hoor waar arm Afrikaners met harde werk hulself uit armoede kon uitpresteer. Waar hulle Dekane aan Universiteite kon word en Argitekte van Monumente.
Vandag is Christen Afrikaners weer in ‘n situasie soortgelyk as daardie van die bywoner Afrikaners – Meer en meer word Afrikaners uit die samelewing uitgedruk. BBBEE en DEI word toegepas en Afrikaners word uit die amptelike ekonomie uitgedruk. Afrikaners verarm en word bywoners. Afrikaans word uit openbare skole geweer. Christen Afrikaners voel arm, verstote, gediskimineer, verdruk.
Ons voorgeslagte se antwoord op die verengelsing en verdrukking was om hul eie Christelke Afrikaanse skole en Universiteite te begin… Die antwoord moet vandag dieselfde wees. Ons voorgeslagte het hule eie instellings gebou: eie banke, industriee, media-maatskappye, kooperasies ens.
Mag die HERE ons genadig wees om raak te sien waar ons gefouteer het en nog groter en meer Bybelsgetrou te bou op die murasies wat oor is… God sal vir ons ‘n toekoms skenk – Lev 26