Gehoorsaam tot die dood toe

“Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?” – Openb 6:10

Dit is die woorde wat die martelare van die Christelike geloof voor die HERE uitspreek. Onder hierdie matelare tel Stefanus wat deur die Jode met klippe doodgegooi is (Hand 7), elkeen van die apostels, die sendelinge wat deur mensvreters vermoor en opgeëet is by die Suid-see-eilande Noord van New-Zealand, die Franse Hugenote en ook Charlie Kerk wat die afgelope week in ‘n sluipmoord vermoor is.

Dit verbaas ons nie dat die Satanskinders teen kinders van God laster nie en selfs geweld pleeg nie: “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus…” (2 Kor 10:3-5).

En dit is wat Charlie elke dag gedoen het… hy het die vrymakende evangelie van Jesus Christus verkondig op Amerikaanse kampusse… die godslasteraars kon nie sy kragtige getuienis antwoord nie… en het hom doodgemaak…Een van Charlie se medewerkers, Allie Stuckey, som die situasie op wanneer sy sê dat sy aanvanklik gedink het: “That’s it. We are all done!” , maar toe dink sy na dat Charlie se boodskap sou wees: “Keep slugging. Keep going. Don’t Stop. Don’t back down for even a second”.

Dit is so dat Satan en sy volgelinge juig oor Charlie se vermoording. Maar wat ‘n ongelooflike eer is dit nie as Satan en sy volgelinge juis oor ‘n gelowige se dood juig nie. Mag dit so wees dat Satan en sy travante ook sal juig oor ons dood omdat ons so effektief vir Jesus gewerk het hier op aarde. Mag Charlie se dood as inspirasie dien vir elkeen van ons om meer effektief vir Christus te lewe…

Lewer kommentaar