Afgodery, Transsubstansiasie en die Heidelbergse Kategismus


Die Heidelbergse Kategismus is ‘n pragtige pastorale belydenisskrif. Dit is nie in die eerste plek besig om ingewikkelde leerstellings te verduidelik of groot dwaalleer te weerlê nie. Soos DeYoung (2010:Elektronies) skryf:

“There is no nailing of Lutherans to the wall, or drowning of Anabaptists, and very little anathematizing Catholics in the spirit of ‘What goes around comes around.’”

Die Kategismus begin met ‘n vraag wat die snare van die siel aanroer: “Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?” En deur die loop van die opvolgende 51 Sondagsafdelings word hierdie pastorale toon behou.

Daar is egter een uitsondering – een stukkie skerp polemiek. Dit is waarby ons gaan stilstaan in hierdie artikel. Sondag 30, vraag en antwoord 80 gaan oor die verskil tussen die Nagmaal en die Roomse mis. In hierdie vraag en antwoord hou die Heidelberger nie terug nie: Sy swaard is geslyp vir Rome en hy gaan dit gebruik. Vraag en antwoord 80 eindig met ‘n baie skerp veroordeling van die mis:

“Die mis leer dat die lewende en die dode nie deur die lyding van Christus vergewing van sondes het nie, tensy Christus nog daagliks vir hulle deur die mispriesters geoffer word, en dat Christus liggaamlik onder die gestalte van die brood en wyn is en daarom ook daarin aanbid moet word; en so is die mis in die grond niks anders nie as ‘n verloëning van die enige offerande en lyding van Jesus Christus, en ‘n vervloek te afgodery.”HKS 30, V&A 80

Die laaste sin tref nogal hard. Is dit regtig nodig om die mis “vervloekte afgodery” te noem? Dit is die vraag waarby ons stilstaan in hierdie artikel.

  • Eerstens sal ons kyk na die agtergrond waarteen hierdie vraag en antwoord verstaan moet word.
  • Tweedens sal ons die vraag vra of hierdie sterk veroordeling geldig is.
  • Derdens sal ons probeer om ‘n hand van vriendskap aan Rome te bied.

Die agtergrond en ontstaan van vraag en antwoord 80

Vraag en antwoord 80 van die Heidelbergse Kategismus was nie deel van die eerste uitgawe van die Heidelbergse Kategismus nie (DeYoung, 2010:Elektronies). Maar in die derde uitgawe, wat verskyn het in dieselfde jaar (1563), word dit wel gevind. Wat was die agtergrond van hierdie frase en waarom is dit teen die einde van 1563 ingevoeg met die derde uitgawe?

Die Heidelbergse Kategismus is opgestel in die 16de eeu (eerste uitgawe verskyn in 1563) toe die Protestantisme en die Rooms-Katolisisme letterlik tot die punt van geweld gedryf was teenoor mekaar. Landstreke was in oorlog gewikkel oor wat hulle gemaak het met die Hervorming. As iemand bereid is om in ‘n oorlog te sterf vir sy oortuigings, is sy oortuigings gewoonlik nogal belangrik vir hom. En die 16de eeu was geen uitsondering nie. Die redes waarom jy vir Protestantisme eerder as Rooms-Katolisisme gekies het, was gewigtige redes.

Tog is dit merkwaardig dat die Heidelbergse Kategismus nie juis om elke hoek en draai besig is om Rome te verketter nie. Die Heidelberger se stem is sag – vertroostend. Dit bring die stille lieflikheid van die Gereformeerde leer oor met ‘n pastorale stem. Die glorie van wie Christus vir sy kerk is word verduidelik op ‘n manier wat kinders kan verstaan – sonder bittere polemiek.

Maar, op 17 September 1562, kom die 22ste sitting van die konsilie van Trent bymekaar en verklaar vanuit die Roomse geledere dat die mis en die kruis een en dieselfde offer is (The Council of Trent, 1848:Aanlyn). DeYoung (2010:Elektronies) argumenteer dat die eerste uitgawe van die Kategismus, hoewel dit ‘n paar maande ná hierdie sitting uitgekom het, nie hierdie uitspraak van Trent kon verwerk nie. Dit het egter voor die einde van 1563 nodig geword vir die Heidelberger om ‘n sterker verwerping van die Roomse mis in te sluit, met die doel om die konsilie van Trent duidelik te verwerp. Daarom word dit nodig vir ‘n hersiende uitgawe om te verskyn, wat hierdie saak hanteer.

Dit bring ons nou by die vraag of hierdie streng verwerping van die Roomse mis histories by die Kategismus pas. As dit nie in die eerste uitgawe was nie, moet ons dit dan nie maar eerder net weglaat nie? Nee, om dit te doen is om oppervlakkig met die kerkgeskiedenis en die dogmageskiedenis om te gaan. Belydenisskrifte, anders as die Bybel, se beste weergawes is nie die mees oorspronklike weergawes nie. Belydenisskrifte ontleen hul gesag aan die Skrif en daarom moet ons nie net probeer bepaal hoe die heel eerste weergawe van die Kategismus gelyk het nie.

Bowendien is ‘n streng verwerping van die mis glad nie vreemd aan die konteks van die Kategismus nie. En dit kan steeds versoen word met die pastorale toon van hierdie belydenisskrif. Wat is immers meer pastoraal as om die lammetjies en die skapies te beskerm teen ‘n dwaalleer wat die aandag van die kruis aftrek en op brood en wyn laat val?

Ursinus, die man wat grootliks verantwoordelik was vir die opstelling van die Kategismus, gaan in sy verklaring van vraag en antwoord 80 ook nie ligtelik om met sy kritiek van die mis nie. Hy noem ook die mis “vervloekte afgodery” net soos die derde uitgawe van die Kategismus (Ursinus, 2007:117). Hy gaan selfs so ver om te skryf dat ons “die goddelose verdigsel [van die mis] moet wegneem en verfoei.” (Ursinus, 2007:116).

Dit is dus nie maklik om op ‘n historiese punt weg te kom van hierdie frase in die Kategismus nie. As iemand ‘n beswaar teen die streng afkeuring van die Roomse mis het, moet die beswaar gegrond word op iets anders as die agtergrond en ontstaan van vraag en antwoord 80.

Is die mis vervloekte afgodery?

Iemand kan egter argumenteer dat hierdie frase te ver gaan. Ja, die mis is verkeerd, maar is dit regtig vervloekte afgodery? Om hierdie vraag te antwoord moet ons besef dat alle afgodery vervloek is. Ons moet dus net besin oor die vraag of die mis afgodery is. Indien wel is dit per definisie ook vervloek, want alle afgodery is vervloekte afgodery.

Afgodery word breedweg verstaan as ‘n daad waar enigiets of enigiemand in die plek van God vereer en/of aanbid word. Die afgodery van die heiden-nasies in die Bybel was basies ‘n verering en aanbidding van ‘n duiwel in die plek van God (1 Korinthiërs 10:20). Op dieselfde manier, as iemand homself sou vereer in die plek van God is hy besig met afgodery. Of, as finansiële sekuriteit vir hom die spil word waarom alles draai, is hy besig met afgodery (Matt. 6:24). Die basis van ons godsdiens kom terug na die HERE se woorde in Eksodus 20:2,3:

“Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.”

Is die mis, dan, ‘n verering of aanbidding van iets wat nie God is nie in die plek van God? DeYoung (2010:Elektronies) wys uit dat daar vanuit die Roomse geledere erkenning is dat die mis verstaan kan word as afgodery. Iemand soos Peter Kreeft, ‘n Roomse apologeet, skryf byvoorbeeld:

“If the doctrine of the Real Presence of Christ in the Eucharist were not true, this adoration would be the most momentous idolatry: bowing to bread and worshipping wine!”Kreeft in DeYoung, 2010:Elektronies

Rome glo in transsubstansiasie: Hulle glo dat die brood en wyn van die mis verander in die letterlike liggaam en bloed van Jesus Christus. Jy eet nie meer brood en wyn nie. Jy eet fisies die vleis en bloed van ons Here. As hierdie leer verkeerd sou wees – erken Kreeft – sou die mis werklik vervloekte afgodery wees. Maar die punt (volgens hom) is dat dit nie verkeerd is nie.

“And if it [transsubstansiation] is true, then to refuse to adore is equally monstrous.”Kreeft in DeYoung, 2010:Elektronies

Om te kniel voor brood en wyn is afgodery. Maar om te weier om te kniel voor Koning Jesus is ook afgodery. Die hele vraag draai dan om die waarheid of valsheid van transsubstansiasie.

Wat moet ons met dit maak? Is Rome dan besig met afgodery? Die kort antwoord is “ja.” Hulle is verkeerd oor transsubstansiasie (‘n saak waarby ons nie kan stilstaan in hierdie artikel nie); hulle is verkeerd oor die eksegese van Johannes 6; hulle lees te veel in Jesus se woorde, “dit is my liggaam” in. Die gevolgtrekking wat Kreeft self toegee is dus dat hulle besig is met afgodery. Hulle afgodery is nie doelbewus nie: Hulle glo regtig dat hulle eer betoon aan God. Maar, die gevolgtrekking bly dieselfde. Die mis is en bly afgodery: Dit vereer iets wat nie God is nie in die plek van God.

Terug na Chalcedon

Een van die redes waarom ons van die Rooms-Katolisisme moet verskil, is omdat hulle weggebreek het van die kerklike tradisie. Ons behoort vir hulle te sê dat ons te katoliek is om Katoliek te wees (Leithart, 2012: Aanlyn). En wanneer dit kom by die Nagmaal is dit weer die geval: Ons moet die Roomse Kerk daarop wys dat ons siening van die liggaamlike teenwoordigheid van Christus beter pas by die definisie van Chalcedon. Op dié manier kan ons die figuurlike olyftak vir hulle aanbied. Ons kan hulle uitnooi om regtig terug te keer na die kerklike tradisie: Die tradisie wat gebou is op die vaste fondasie van die Skrif en die kerkvaders.

Die Sinode van Chalcedon (451 n.C) het ‘n definisie opgestel oor hoe die twee nature van Christus verstaan moet word. Hierdie definisie is tegnies nie ‘n belydenisskrif nie, want dit het net gepoog om die Geloofsbelydenis van Nicea (wat gefinaliseer is by die Sinode van Konstantinopel, 381 n.C) te verklaar. Tog word die Chalcedoniese definisie breedweg beskou as die ortodokse, katolieke verstaan van Christus se Godheid en sy mensheid. As jy die definisie van Chalcedon verwerp, gee jy jouself in enige Christelike kringe uit vir die klag van kettery.

Een van die dinge wat die Chalcedoniese definisie duidelik gemaak het, is dat die twee nature van Christus nie vermeng word nie (The Chalcedonian Definition of the Faith, 2021:Aanlyn). Ons tree hierso op heilige grond, so dit is nie altyd maklik om presies te verduidelik wat mens daarmee bedoel nie. Maar die basiese idee is dat Christus ná sy vleeswording volkome God én volkome mens is en bly. Sy Godheid word nie afgewater deur sy mensheid nie en sy mensheid word nie verswelg deur sy Godheid nie. Hy behou beide nature en die eienskappe van beide nature sonder dat dit vermeng of geskei word.

Een van die implikasies van hierdie leerstelling, wat die Gereformeerde tradisie konsekwent onderskei van beide die Rooms-Katolisisme en die Lutheranisme is dat Christus se liggaam in die hemel is, aan die regterhand van die Vader. Sy menslike liggaam word nie alomteenwoordig nie. Christus is alomteenwoordig – maar sy menslike liggaam is in die hemel. Chalcedon stel dit nie so direk nie, maar dit is ‘n logiese gevolg wat ons kan trek uit die Chalcedoniese definisie. Die Roomse mis behels egter ‘n implisiete ontkenning hiervan, want die Roomse mis behels dat Christus se menslike liggaam in die hemel en op die aarde is. Sy liggaam is nie net aan die regterhand van die Vader nie, maar op elke plek waar die mis gevier word. Dit maak sy liggaam welliswaar nie heeltemal alomteenwoordig nie, maar dit maak sy liggaam wel heelwat meer as ‘n menslike liggaam. Sy twee nature word vermeng.

Aan die hand van die Mercersberg Gereformeerde stroming (Littlejohn, 2009:Elektronies) het ons regtig ‘n gulde geleentheid om Rome op te roep om terug te keer na die ware tradisie: Terug na die kerkvaders: Terug na Chalcedon. Die Gereformeerde siening van die Nagmaal wat neerkom op ‘n mistiese teenwoordigheid van Christus (Littlejohn, 2009:Elektronies) pas nie net baie beter by die Skrif nie, maar ook by Chalcedon.

Quo vadis?

Die skisma tussen Protestantisme en Rooms-Katolisisme is ‘n teer sakie vir baie manne aan altwee kante van die debat. Die liberalisme wil vir ons sê dat ons net hierdie dogmatiese bakleiery moet staak en in liefde met mekaar moet saamleef. Maar soos Chesterton (1905:Elektronies) opmerk, dit is baie meer liefdevol om iemand vir sy idees te verbrand as om te sê sy idees maak nie eintlik saak nie. Ons moet die verskille tussen Rooms-Katolisisme en Protestantisme ernstig opneem as ons enigsins hoop om in die toekoms te soek na enige vorm van ware versoening.

Ursinus (2007:113) is reg as hy skryf:

“Het is een noodzakelijke kwestie, die het onderscheid van het Avondmaal des Heeren en de Paapse mis betreft, vanwege de afgrijselijke misbruiken die door de mis in de kerk ingeslopen zijn.”

Ons kan nie ligtelik omgaan met die Roomse dwaling op hierdie punt nie. Ons moet die vinger druk op die seerplek. Ons moet die afgodery ontmasker.

Tegelykertyd moet ons besef dat ons ook verkeerd kan wees oor sommige aspekte van die Nagmaal. Dit is moontlik vir ons om by Rome te leer oor, byvoorbeeld, die belangrikheid van hierdie sakrament. Sit daar nie dalk iets in die beskuldiging dat ons die sakramente afwater tot ‘n opsionele ekstra in ons liturgie nie? Om afgodery te konfronteer sluit in dat ons die afgodery in ons eie geledere ook moet konfronteer. Op watter punte is die Roomse tradisie dalk nader aan die Skrif as die Gereformeerde tradisie?

Bibliografie

Suider-Afrika se Goue Eeu

Francois van Deventer

In die 1980’s het ons by my Oupa en Ouma se huis “ingebreek”… (Of dit kon vir ‘n buitestander wel so gelyk het…) My Oupa het vir die weermag gewerk en hulle het ‘n huis gehad in Vahalla. Hulle huis was reg langs die Weermag Aanhoudings Barakke, waar my Oupa ‘n militêre polisieman was. Ons wou daardie Sondag vir hulle gaan kuier, soos die gewoonte was elke Sondag, maar hulle was nie daar nie. Ons het toe om die huis gestap. Die sitkamervenster was oop. Ons het deur die venster ingeklim en vir hulle in die sitkamer gewag… Ons is nie gearresteer nie… ‘n Waghond het ons nie opgevreet nie.

Dit klink vandag amper onwerklik. Vandag sal jy nie naby aan ‘n sitkamervenster kan kom nie. Jy sal eers die gefortifiseerde mure en heinings om die huis moet trotseer en dan die kamera’s en alarmstrale. Dan praat mens nie eens van die wreedaardige hond en gewapende reaksiemag nie. Wat sekuriteit en veiligheid aanbetref het ons definitief agteruitgeboer in die nuwe Suid-Afrika.

Daar is al meer mense wat ontevrede is oor al die slaggate, die kragonderbrekings, die wanbestuur, die onveiligheid. Baie medici, rekenaarkundiges, rekenmeesters, onderwysers, ingenieurs het na die VSA, Europa, en Australië geëmigreer (Business Tech 2023). Een goeie ding wat gebeur het, is dat die status quo bevraagteken word. Die vraag is egter wat moet gebeur? Sal die nuwe SA verval in ‘n tipe DRK of ‘n tipe USSR? Of sal uit die chaos ‘n goue eeu soos die Nederlande van 1575-1675 opkom, of iets anders? Sal beter dae ooit weer aanbreek? Of is ons maar net uitgelewer aan die intriges van die geskiedenis? Kan mens iets leer van wat in die verlede gebeur het of is alles maar net chaos totdat ons eendag sterwe? Of die wederkoms aanbreek?

Die Nederlandse Goue Eeu

Wanneer ons wonder oor die vraag waarheen ons oppad is, dan help dit om te probeer leer uit die geskiedenis. Vir Afrikaners is die Nederlandse geskiedenis van belang, want ongeveer ‘n derde van ons voorgeslagte is van daar afkomstig en Afrikaans het ook uit Nederlands ontwikkel.  Dit is egter ook van belang vir ons omdat daar ook ‘n voorbeeld in opgesluit is hoe ‘n klein landjie en klein volkie kon opstaan en verstommend suksesvol kon word ten spyte van :

  • die 80 jarige burgeroorlog,
  • geen natuurlike hulpbronne nie en
  • teenstand deur ‘n magtige wêreldkoningkryk (Spanje).

Peterson skryf in sy “Lessons in Liberty: The Dutch Republic, 1579-1750” (Fee.org : 1987) dat “The modern world provides us with hundreds of examples of what happens when a nation adopts the philosophy and practices of socialism. Certainly we can learn from bad examples—about what not to do—but we can learn equally well from good examples. Unfortunately, such positive “role models” are few and far between…The Dutch Republic is one example that has been often overlooked… Newly freed from Spanish oppression, the Dutch built one of the world’s great civilizations.”

Peterson verduidelik die grootsheid van Nederland van die 1600 deur te verwys na hulle monopolie op skeepsvaart en op die voorpunt wees met handel, kunste en wetenskap. Forbes vertel dat Pieter die Grote (van Rusland) Nederland en ander Noord Europese stede besoek het om inligting te versamel om Rusland te moderniseer. Hy modeleer dan ook St Peterburg op Amsterdam (Forbes 2017).

Nederlandse invloed tydens die goue eeu

Die Nederlandse Republiek was eintlik sewe republieke gewees wat konfederaal met mekaar saamgewerk het. Dus was mag gedesentraliseerd gewees.

Sewe Verenigde Nederlandse Republieke 1579-1795

Vele skrywers soos die Japanees-Amerikaanse Fukuyama en Gordon Redding, professor in Bestuurswese en Direkteur van die Universiteit van Hong Kong se Besigheidsskool en ook Max Weber (The Protestant Ethic and the Spirit of Capitalism) is van mening dat daar ’n verband is tussen hoe die Reformasie van die 1500’s die samelewings verander het en die voorspoed wat daarop gevolg het. M.a.w. hulle bevestig vir ons Lev 26 en Deut 28 (Sien nota in bronnelys by Lev 26) nl. dat verbondsgehoorsaamheid tot seën lei en dat verbondsongehoorsaamheid tot afval en vernietiging lei.  Ook Peterson lys die invloed van die Bybel en Calvinisme as ’n faktor.

Hierdie Protestante Lewenshouding (die Weberiaanse werksetiek) sluit die volgende in (Fukuyama 1995:45):

  • Die tendens om vroeg op te staan en fisies hard te werk
  • Spaarsamigheid
  • Rasionele benadering om probleme op te los
  • Die totale besigwees met die hier-en-nou wat indiwidue help om die natuur te bemeester deur innovasie en arbeid

Gordon Redding stem saam met Fukuyama en sê (Redding 1990:10): 

“Weber wou nie so seer verklaar hoe die ‘gees van moderne kapitalisme’ (Weber 1905) van dag tot dag werk nie. Hy was meer daarop gefokus om te verklaar waar hierdie ‘gees van moderne kapitalisme’ in die eerste plek vandaan kom… Hy het dit teruggespoor na die asketiese weergawes van Protestantisme wat opgegroei het nadat die Reformasie die aanbiddings monopolie van die Rooms Katolieke Kerk verbreek het… Die hoof Protestante relevante etiek was:

  • Getrouheid in jou wêreldse roeping en beroep, insluitend die besigheidswêreld
  • Asketisme
  • Die sistematiese gebruik van tyd (nie vermorsing van tyd)”

Fukuyama gaan nog verder en maak nog ‘radikaler’ waarnemings:

“Hy [Weber] wou verstaan hoekom moderne kapitalisme en ander aspekte van modernisme soos natuurwetenskap die rasionele bemeestering van die natuur juis in die Protestante Weste en nie in Sjina, Japan, Korea of Indië tot stand gekom het nie. En op hierdie punt is hy absoluut reg wanneer hy daarop aandring dat die tradisionele kulture in hierdie gebiede vyandig was teenoor ekonomiese modernisme. Eers toe laasgenoemde van buite af binnegebring is, toe Sjina en Japan kontak met die Weste gemaak het, het kapitalistiese ontwikkeling begin posvat. Sjina moes ‘politieke Confuciaanisme’ en die hele imperiale stelsel met sy gentleman-akademici afskaf; Japan en Korea moes wegdoen met hul tradisionele klasseverskille en eersgenoemde moes sy Samoerai krygsman etiek herontplooi” (Fukuyama 1995:350).

Goeie Eeu van Suid-Afrika

Indien daar diepgaande bekering onder Afrikaners en ander volkgroepe in Suid-Afrika kan plaasvind, dan kan ons verwag dat daar volgens die belofte van Lev 26 weer herstel kan plaasvind en voorspoed. Dan kan ons verwag dat die kultuureinskappe waarvan Max Weber e.a. praat weer in werking sal kom en dat ‘n beter toekoms sal volg.

Afrikaners smag na ‘n land waar hulle die HERE in vryheid kan dien sonder om deur ander groepe oorheers te word. Die ANC wil soos hul mentors (voormalige Oos-Duitsland en die USSR) imperiaal alle taal en kultuurverskille uitwis en almal in Suid-Afrika standardiseer rondom Engels. Daar is egter meer en meer aanduidings dat daar Zoeloe’s, Xhosas, Tswana’s, Griekwas ens is wat óók na selfbeskikking smag:

  • Dink maar aan die Barolong (Tswana) afvaardiging wat Orania in 2022 besoek het (The South African 2022) met “The purpose of the visit was for both tribes ‘to learn more about self-determination’”.
  • Of die AmaBhele kaJamagile (Xhosa) afvaardiging wat ‘n samewerkingsooreenkoms met Afriforum onderteken het (Afriforum 2022)
  • Of die Royal Bafokeng wat ‘n ontwikkelings plan opgestel het vir hul 130,000 stamgenote (Royal Bafokeng 2017). Hierdie plan is baie soortgelyk aan Orania s’n om te groei van dorp na stad na kanton (Maroelamedia 2023)   
  • Of die Zoeloe’s wat ‘n samewerkingsooreenkoms met Afriforum gesluit het (Maroela Media 2018). Dit is ook insiggewend dat Dr Mangosuthu Buthelezi in ‘n dankbetuigings video in 2022 (Youtube) verwys na beide die Zoeloe’s en die Afrikaners wat die vryheidsideaal verstaan. Hy verwys na die vriendskap van sy ooroupagrootjies (Konings Panda en Dinizulu) met Afrikaners  en o.a ook hul gesamentlike stryd om van Dingaan ontslae te raak. Dr Buthelezi verwys in hierdie video na sy geloof en sê “Christ is my rock on which I stand.”                          

Prof Koos Malan het vroeër vanjaar ‘n artikel geskryf met die titel “The disintegration of the South African order” (Politicsweb, 2023). In hierdie artikel wys Prof Malan op die drie faktore wat ‘n moderne staat aanmekaar hou in Suid-Afrika. Hy sê al drie hierdie faktore het reeds induie gestort of is baie naby daaraan nl:

  • Staatsideologie wat die dominante elites verenig
  • ‘n Monopolie oor staatsgeweld
  • Landswye infrastruktuur wat veroorsaak dat sleutel ekonomiese sektore laat inkoop in die staatsidee

Dr Frans Cronje dink dat Suid-Afrika meer en meer disfunksioneel gaan word en dat daar slegs eklawes gaan oorbly waar dinge nog werk (Cronje 2017:207). Dit is nie verbasend dat hy hierdie verbrokkeling betreur nie, omdat hy ‘n klassieke liberalis is vir wie taal en kultuurverskille betekenisloos is. Hy is egter reg dat die verbrokkeling wel gevare inhou.

Om die donker wolke van die chaos van die nuwe SA wat ons elke dag teister, is daar egter ‘n silwer rantjie. Die agteruitgang van die Humanistiese nuwe Suid-Afrika is ‘n geweldige geleentheid. Dit kan ‘n katalisator wees om bekering en herstel te bewerk. Dit gaan nie maklik wees nie, maar ons het voorbeelde uit die geskiedenis waar 80 jaar van oorlog en vashou daaraan om die HERE in alles te eer, gelei het tot die Nederlandse Goue Eeu.

Slot

Ons kan verwag dat soos wat die nuwe Suid-Afrika se vermoeëns afneem om belastinggeld uit te betaal aan tradisonele stamhoofde en hul vermoeëns om die sentrale staat te bestuur gaan die verskillende volke in Suid-Afrika al meer onstuimig raak. Die nuwe Suid-Afrika sal meer en meer begin verbrokkel. Indien die volke in Suid-Afrika sal sien dat ons oppad is na ‘n katestrofe en hul sal bekeer, dan kan voorspoed volg. Indien Christene in Suid-Afrika ‘n venootskap met mekaar kan aangaan net soos wat die Sewe Verenigde Nederlandse Republieke gedoen het, dan kan elkeen koning kraai oor sy eie, maar ook konfederaal saamwerk waar dit moontlik is. Zoeloe’s kan Zoeloes bly en Afrikaners Afrikaners, maar ons kan saamwerk. Hierdie konfederale samewerking sal geskoei moet wees op Klassieke Reformasie- en nie Humanistiese waardes nie. Dit is noodsaaklik om te verhoed dat hierdie geleentheid nie in nog ‘n Humanistiese mislukking opeindig nie.  Die volke in Suid-Afrika moet wees soos die Assiriërs wat hulle bekeer het nadat Jona die evangelie aan hulle gebring het en nie soos die afvallige en harnekkige Israel van ouds nie. Bekering en herstel is nou nodig…

Bronnelys:

  • Redding S. Gordon, 1990,
    The Spirit of Chinese Capitalism, Walter de Gruyter, ISBN 0-89925-657-0, p. 6, 7, 8, 9, 10, 12, 22, 38, 60, 117, 122, 124, 126, 197, 228, 232, 233
  • Rees-Mogg William & Davidson James, 1997,
    The Sovereign Individual, Simon & Schuster Inc, ISBN 0-330-35305-5, p. 9, 11, 12, 14, 15, 17, 121,122,123, 153-158, 209, 215, 216, 296, 297, 298, 351, 353, 368, 370, 372
  • Weber, Max, 1905, The Protestant Ethic and the Spirit of Capitalism. 

Is die laaste dae belangrik?

Met die  oog op die Koning: Waarom eskatologie belangrik is

“Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.” Openb. 19:11-13

Eskatologie is ‘n deftige woord. Maar basies gaan dit oor wat glo iemand oor “die laaste dae” of die einde van die geskiedenis, wanneer Jesus Christus weer op die wolke kom. Dit mag jou dalk verbaas, maar ja: Christene het wél verskillende opinies daaroor. 

Meer en meer hoor ek mense sê dat eskatologie vir hulle nie eintlik so belangrik is nie. Veral as Christene hoor hoe ingewikkeld die debatte oor eskatologie is, begin hulle so voel. Hulle sê dan: “Ek is maar net ‘n Christen. Ek weet ek is gered. Ek weet Jesus kom weer. Die res is nie belangrik nie.”

Die bedoeling is goed. Maar om ‘n Christen te wees beteken jy is ‘n eskatologiese Christen. Ek wil bietjie in hierdie artikel verduidelik waarom eskatologie een van dié belangrikste onderwerpe in die Bybel vir ons behoort te wees. Basies wil ek sê: Leef met die oog op die Koning.

Die Bybel is van die begin af eskatologies

Die basiese rede waarom eskatologie vir ons belangrik behoort te wees, is omdat dit in die Bybel belangrik is. Die Bybel is van die begin af eskatologies. Laat ek verduidelik. 

As ek jou moes vra, “wat is die genre van die Bybel?” wat sou jy antwoord? Jy kan natuurlik antwoord dat die Bybel baie genres het. Maar wat is die genre wat dit alles saambind? Wat is die styl – ‘n gedig, sistematiese teologie, ‘n pastorale werk – wat is dit? Wel, as jy kyk na die genre wat die heel meeste in die Bybel voorkom, en ook die genre wat al die verskillende boeke van die Bybel vasbind, dan is dit die genre van ‘n storieboek. 

Hoor my mooi: Ek glo net soos jy dat die Bybel die geïnspireerde Woord van God is. As ek sê dat dit ‘n storieboek is, dan bedoel ek nie dat iemand dit uit sy duim gesuig het nie. Ek bedoel daarmee dat die Bybel vir ons die Storie vertel wat waar geword het. Dit vertel vir ons God se storie: Sy geskiedenis. Al die ander genres maak net sin as ons raaksien dat die onderliggende styl van die hele boek ‘n verhaal is. 

Een van die duidelike maniere hoe ons kan sien dat die Bybel die beste verstaan kan word as ‘n storieboek, is as ons die Bybel vergelyk met ander klassieke stories. Ek gaan hier net verwys na Bartholomew en Goheen se boek, The Drama of Scripture. Daarin vergelyk hulle die Skrif met die klassieke styl van dramas en wys dat die Skrif basies ingedeel kan word volgens dieselfde storielyn-raamwerk as enige van die klassieke dramas. 

Dit moet ons laat vra, wat is die groot motiewe in hierdie verhaal van die Bybel? Wat is die groot spanning wat opgelos word? Wat is die lyn wat die storie volg? 

As ons dit vra, sien ons regtig dat die Bybel van die begin af eskatologies is. Die Bybel is van die begin af gerig op die toekoms. Die storie boei jou van die oomblik dat die gordyne oopgaan tot op die oomblik wat die gordyne weer sak.

Hier’s een voorbeeld. Kom ons vat een van die mees bekende verse in die Bybel: 

“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.” Gen. 3:15

Wat dink jy het hierdie profesie van God vir Eva beteken? Hoe het dit vir haar laat dink – laat voel – oor die toekoms? Hoe het dit haar prentjie van God se groot storie ingekleur? 

Hierdie belofte van God is soos ‘n baken van lig vir al die gelowiges in die Ou Testament. Dit laat hulle verlang en uitsien na die vervulling daarvan. Hulle leef buite Eden: Hulle leef onder die vloek van die sonde: Hulle leef onder die heerskappy van die slang. Hulle wag op die dag wat sy kop vermorsel gaan word. In kort: Hulle leef eskatologies. Hulle leef met die oog op die toekoms. 

So sien ons dat die Bybel van die begin af eskatologies is. Die hele Bybel moet gelees word in hierdie styl – in hierdie raamwerk. Die Bybel vertel ‘n storie – nie net los waarhede nie. En hierdie storie stuur af op ‘n doel: Die vermorseling van die kop van die slang. Elke sandkorrel op die aarde wag vir daai oomblik: Vir die oomblik wat die Koning se perd sal runnik en sy swaard sal gly deur die nekwerwels van die draak. 

Soos wagters op die môre…

As die Bybel van die begin af ‘n eskatologiese boek is, dan kan ons verwag dat die Bybel gereeld ons oë op die toekoms sal vestig. En dit is ook wat ons in die Bybel kry. Een so ‘n plek, is Psalm 130.

“Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord. My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.” Ps. 130:5-8

Wat gee ‘n kryger moed, in die middel van die nag? Wat gee ‘n swakkeling die krag om sy skild vas te hou en aan te hou om die goeie stryd te stry? Die antwoord van die Bybel is eenvoudig: Die kryger weet die nag kom tot ‘n einde. Die swakkeling weet daar is oorwinning aan die einde van die stryd. Hulle kan altwee kyk na die Môrester, en wag op die son om op te kom.

“Ek, Jesus .. is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.” Openb. 22:16

Nouja, jy stem dalk nie met my saam dat hierdie twee Bybelgedeeltes verband hou met mekaar nie. Jy dink dalk dat Psalm 130 maar net ‘n goeie beeld gebruik as dit praat van wagters wat wag op die môre, en Jesus sinspeel nie op hierdie Psalm in Openbaring 22 nie. Maar dink ‘n bietjie aan ‘n profesie soos Joël wat God se veroordelende weermag vergelyk met ‘n sonsopkoms.

“..soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ‘n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.” Joël 2:2

Baie ander dele gebruik hierdie selfde beeld van ‘n son wat op kom, om te praat van God se eskatologiese oordeel oor sy vyande en verlossing van sy volk. 

“Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.” Mal. 4:2

“Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.” Efes. 5:14

Wat is die punt wat ek probeer maak? Dat die Bybel altyd gelowiges te midde van duisternis oproep om daaraan te dink dat die duisternis nie vir altyd sal triomfeer nie. Die Bybel roep ons op om te leef met die oog op die toekoms. Die Bybel roep ons op om te wag op die HERE – op die eerste en die tweede koms van Jesus – soos wagters wat wag op die môre. 

Dalk in die vroeë geskiedenis van die kerk? 

Ek wil op hierdie punt net ‘n gedagte los – en ek hoop om dalk in die toekoms meer hierop uit te brei. Maar kou ‘n bietjie hieraan: Wat as ons nog leef in die vroeë geskiedenis van die kerk? 

Elke geslag dink die einde is nóú hier: Christus gaan binne die volgende vyf jaar kom (of dalk tien, as dit regtig lank uitgerek word). Dit is natuurlik ver van my om vir ons Here voorskrifte te gee oor wanneer Hy moet terugkom. En sou Hy vandag terugkom sal ek jubel in blydskap. 

Maar wat as Hy nie vandag kom nie? Wat as Hy sy bruid kans wil gee om regtig ‘n groot effek op die wêreld te hê? Wat as daar nog tien-duisende jare van kerkgeskiedenis voor ons lê? 

Dit is iets om aan te kou. Veral in die lig van sommige profesieë wat regtig verwag dat God se koninkryk baie groot en heerlik sal wees, op hierdie aarde. 

“‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai; wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke. ‘n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.” Matt. 13:31-33

Dalk – net dalk – sal kinders eendag in katkisasie vra: “Wie was nou weer eerste – C.S. Lewis of Augustinus? Ek verwar altyd die vroeë kerkvaders…”

Dalk – net dalk – leef ons tans in die donker eeue. En die son is besig om op te kom. 

Hoe moet ons dan leef? 

Dit bring ons by die belangrike vraag: Hoe moet ons dan leef? 

Wel, leef met die oog op die Koning. Leef met die oog op die Môrester. Leef met die oog op die Man op die wit perd. Leef eskatologies. 

Mense is geneig om vas te sit in die verlede. Ons is geneig om heeltyd terug te kyk – na die “goeie ou dae.” Maar ons vergeet dat daar in die goeie ou dae ook duisternis was.

Vir Christene is die geskiedenis natuurlik belangrik. Maar dit is juis belangrik omdat ons weet dat ons eendag geskiedenis gaan wees: Ons leef in dieselfde storie: In dieselfde verhaal: Met dieselfde hoop as ons voorvaders. Ons leef met die oog op die Koning. 

Die Bybel gebruik gereeld die beeld van ‘n boom om wyse en geseënde mense te simboliseer. En dit is gepas: ‘n Wyse man is baie soos ‘n boom. ‘n Wyse man leef met wortels wat diep afsak in die vrugbare aarde van die geskiedenis – daar waar ons verkwik kan word met dieselfde waters wat ons voorouers verkwik het en krag gegee het om deur die duisternis op te beur na die lig. Maar ‘n wyse man leef ook met takke wat na die hemel uitreik – wat na die toekoms tas en versterk word deur die strale van die son. 

Dis die roeping van die kerk, vandag. Om stewig gewortel te wees in die verlede, en kragtig op te beur na die toekoms. 

“En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.” Ps. 1:3

Descendit ad inferna: En Hy het ter helle neergedaal

Inhoudsopgawe

1. Inleiding

2. Die Apostoliese Belydenis

3. Hel en doderyk

4. Die ligging van die hel en die doderyk

5. So, moet ons dit glo en bely?

6. Konklusie: Tot ‘n Bybelse kosmologie

7. Bibliografie

1. Inleiding

Op ‘n belydeniskamp wat ek bygewoon het as 17-jarige jongman, was daar ‘n paar vrae wat ons, jongmense, met baie vuur bespreek het. Een van hierdie vrae was oor of die Apostoliese Belydenis skriftuurlik begrond is in die frase oor Christus se neerdaling na die hel. Sedert daardie kamp is dit meer en meer duidelik vir my dat hierdie regtig ‘n kontroversiële punt is. Dit is een van die warmste patatte in die teologie en sonder twyfel iets waaroor boeke en boeke vol geskryf kan word. Selfs onder diegene wat glo dat die frase behou moet word is daar verskille oor die spesifieke vertaling en bewoording daarvan. In GKSA gemeentes kan dit, byvoorbeeld, gebeur dat ‘n besoekende leeraar streng vermaan word omdat hy gekies het om in die erediens voor te hou dat Jesus “die angste van die hel tot in die dood toe ondergaan het” in plaas van “neergedaal het na die hel.” In ‘n AP Kerk is dit weer baie belangrik om nie een van bogenoemde formulerings te lees nie, maar baie stiptelik te bly by “ter helle neergedaal het.”

Hierdie debatte is nie droë spekulasie nie: Dit is nie net ‘n verskoning vir slim mense om te wys hoe slim hulle is nie. Dit is baie relevant, want dit gaan oor een van die kortste, kragtigste, mees invloedryke opsomming van wie God Drie-Enig is en wat Hy vir sy kerk doen. Verder gaan dit ook vir ons oor die kern van wat ons van Jesus die Messias glo om deur Hom gered te word (HK Sondag 7). Die regte verstaan van hierdie saak gee die kerk ook ‘n diep insig in ‘n Bybelse kosmologie en Christus se triomf in sy Vader se skepping. Ek wil hoofsaaklik by hierdie laaste punt stilstaan in hierdie artikel. Ons kan die sentrale vraag van hierdie artikel dus so verwoord: Hoe moet die frase “en ter helle neergedaal het” verstaan word en wat beteken dit vir ‘n Bybelse kosmologie?

Net ‘n vinnige woord oor kosmologie: Kosmologie is ‘n deftige woord, maar basies gaan dit oor wat iemand dink van die heelal – of eintlik, God se hele skepping (sigbaar en onsigbaar). Dit gaan oor hoe pas alles in die skepping inmekaar: Ruimte, tyd, mense, diere, plekke, engele, demone, hemel, hel, ensovoorts. Ek wil hier argumenteer dat ‘n Skriftuurlike verstaan van die frase “ter helle neergedaal het” ‘n aspek is van ‘n Bybelse kosmologie wat ons nie moet prysgee nie.

Om dit te doen sal ons moet stilstaan by ‘n paar sake:

  • Ons sal moet kyk na die Apostoliese Geloofsbelydenis self. Wat presies is dit, en watter soort gesag het dit oor Christene?
  • Dan sal ons ook kyk na die verskillende maniere hoe mens die woord “hel” in die Apostoliese Geloofsbelydenis kan verstaan.
  • Ons sal ook moet kyk na die immer aanwesige vraag oor die ligging van die hel asook die ligging van die doderyk.
  • Dan sal ons kyk na die Skriftuurlike fondasie om hierdie frase in die Apostoliese Geloofsbelydenis te behou.
  • Laastens sal ons ‘n paar lyne trek om te kyk wat die invloed van hierdie stukkie dogma is op ons kosmologie.

‘n Laaste opmerking ter inleiding: Die frase “en ter helle neergedaal het” kom ook voor in die Geloofsbelydenis van Athanasius. My basiese vertrekpunt is dat dit daar net so geldig is as in die Apostoliese Geloofsbelydenis. Ek sal dit dus nie afsonderlik bespreek vir die Geloofsbelydenis van Athanasius nie. As dit hoort in die Apostoliese Geloofsbelydenis dan hoort dit tog sekerlik ook in die Geloofsbelydenis van Athanasius.

2. Die Apostoliese Belydenis

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (wat soms ook die 12 Artikels genoem word) is een van die drie ekumeniese belydenisskrifte. Basies beteken dit dat ons hierdie drie belydenisskrifte met meeste ander Christene deel. Om eerlik te wees moet ons wel erken dat die Oosters-Ortodokse Christene formeel slegs die Geloofsbelydenis van Nicea met ons deel (Fairbairn & Reeves, 2019:124), maar die res van die Kerk van Christus bely saam met ons ook die Apostoliese Geloofsbelydenis en die Geloofsbelydenis van Athanasius.

Die Apostoliese Geloofsbelydenis is dus ‘n gewigtige dokument. Dit is nie sommer iets kleins nie. Dit is nie iets wat ons sommer oor ‘n koppie koffie of ‘n braaivleisvuur kan verander nie. Dit het ‘n soort gewigtigheid wat ons ander belydenisskrifte (soos die Heidelbergse Kategismus, die Dordse Leerreëls en die Nederlandse Geloofsbelydenis) nie het nie. Hierdie belydenis sê nie vir jou wie is Gereformeerd nie. Dit sê vir jou wie is ‘n Christen. Selfs die Heidelbergse Kategismus erken dit wanneer dit sê dat ‘n ware geloof opgesom en saamgevat kan word met die woorde van die Apostoliese Geloofsbelydenis (HK Sondag 7).

Hierdie belydenis het egter nie uit die lug geval nie, en hy het al deur die geskiedenis klein veranderings ondergaan. Die vroegste weergawes van die Apostoliese Geloofsbelydenis kom uit die 2de eeu n.C. Dit was gebruik as ‘n soort formule wat iemand moes voordra by die doop van nuwe bekeerdes – ‘n basiese belydenis van wat jy glo. Hierdie doop-formule is nie woordeliks dieselfde as die Apostoliese Geloofsbelydenis soos ons dit vandag gebruik nie en word soms deur geleerdes die Ou Belydenis van Rome genoem, omdat die vroegste weergawes daarvan in Rome gevind word (Fairbairn & Reeves, 2019:109). Dit was ook nie die enigste doop-formule nie, ander doop-formules wat in inhoud baie soortgelyk was is ook gebruik, en hulle het mekaar soms op plekke aangevul. Die vroegste weergawe van die Apostoliese Geloofsbelydenis soos ons dit vandag ken kom uit die 8ste eeu n.C. Omdat dit van vroeg af reeds as doop-formule gebruik is, het dit ook van vroeg af reeds ‘n informele gesaghebbende aard. In die 9de eeu het die Westerse kerk, op aanvraag van Karel die Grote, uiteindelik amptelik erken wat lankal reeds die praktyk was: Dat hierdie belydenis ‘n basiese opsomming is van die Christelike geloof (Fairbairn & Reeves, 2019:111). Sedertdien aanvaar ons dit as een van ons ekumeniese belydenisskrifte.

Die feit dat die Apostoliese Geloofsbelydenis reeds min of meer 7 eeue lank in gebruik was in die Westerse kerk voor dit finaal afgerond en amptelik vasgestel is, gee hierdie belydenis ‘n soort speelbaarheid wat die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius nie het nie. Wat daarmee bedoel word is dat daar voor die afronding in die 9de eeu bietjie variasie was – daar was weergawes wat op klein plekke verskil het – en dit is nie die geval met die ander twee ekumeniese belydenisskrifte nie. Een van die mees berugte verskille is juis die frase waarby ons stilstaan in hierdie artikel: Die frase wat sê dat Jesus “ter helle neergedaal het.” (Fairbairn & Reeves, 2019:120).

Die Latynse frase, “descendit ad inferna” (wat ons vertaal met ter helle neergedaal het) kom die eerste keer voor in ‘n weergawe van die Apostoliese Geloofsbelydenis wat neergepen word deur Rufinus, teen die einde van die 4de eeu n.C (Grudem, 2020:727). Daarna kom dit eers weer voor teen die middel van die 7de eeu. Grudem (2020:727) argumenteer dat Rufinus self die frase net verstaan asof dit sê dat Christus begrawe is (in die sin dat Hy neergedaal het na die graf). Hy baseer dit op Schaff se beoordeling van Rufinus se standpunt (Grudem, 2020:727, voetnoot 41). Fairbairn en Reeves (2019:120) haal egter vir Rufinus aan wat verder argumenteer dat Christus moes neerdaal na die hel (of die doderyk) om vandaar die siele terug te bring van hulle wat daar gevange was. Fairbairn en Reeves (2019:121) konkludeer dan dat Rufinus wel geglo het dat Jesus letterlik na die hel neergedaal het. Hulle wys ook uit dat, alhoewel hierdie frase nie voorkom in enige weergawes van die Apostoliese Geloofsbelydenis voor Rufinus se weergawe nie, dat dit tog waarskynlik ‘n baie meer antieke oorsprong het uit vroeër Oosters-Christelike doop-formules waar dit wel voorgekom het (Fairbairn & Reeves, 2019:120-121). Hoewel Grudem (2020:728) dus vra of hierdie frase in die Apostoliese Geloofsbelydenis enigsins apostolies genoem kan word, moet ons konkludeer dat dit histories gesproke ‘n regmatige plek het in die Apostoliese Geloofsbelydenis. Laastens moet ons ook onthou dat die apostoliese deel van die Apostoliese Geloofsbelydenis nie soseer te doen het met die oudheid daarvan nie maar eerder met die feit dat dit akkuraat weergee wat die apostels geleer het.

Daar is iets wat ons moet onthou wanneer ons besig is met die Apostoliese Geloofsbelydenis: Hierdie belydenis is wel baie gewigtig, maar dit is nog ondergeskik aan die Skrif (Grudem, 2020:725, voetnoot 39). Hoeveel respek ons ook al het vir die antieke en ekumeniese karakter van hierdie belydenis, moet ons vir Grudem toegee dat dit deur gelowiges verwerp moet word as daar geen Skriftuurlike fondasie voor is nie. In die res van hierdie artikel wil ek egter argumenteer dat daar wel ‘n goeie Skriftuurlike fondasie vir hierdie frase is.

3. Hel en doderyk

Die algemene idee van die hel in ons kultuur is nogal lagwekkend: ‘n Warm plek met ‘n kokende pot en ‘n duiwel met ‘n drie-tand vurk. Die Skriftuurlike idee is wel bietjie anders. Maar die Skrif praat ook van twee verskillende soorte hel – of eintlik, die Skrif praat oor die hel en ook oor ‘n ander plek, wat baie keer in populêre Christelike gesprekke aan die hel gelykgestel word. Ek wil egter argumenteer dat ons hierdie twee plekke (of dinge) streng van mekaar moet onderskei.

1. Die hel is die plek waar God sy toorn uitgiet oor sondaars. Dit is van hierdie plek waarvan ons lees in Openbaring 20:7-15 as “die poel van vuur” of “die tweede dood.” Die Griekse woord wat dikwels gebruik word om hierdie plek te beskryf is gehenna (“γέεννα”). ‘n Voorbeeld waar Jesus van hierdie plek praat is in Mattheus 5:22: “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse (γέεννα) vuur.” Uit Openbaring 20:10-15 is dit duidelik dat mense eers ná die groot oordeel, aan die einde van die geskiedenis, in hierdie plek gegooi gaan word. Die simbool wat die Skrif heeltyd aan hierdie plek koppel is vuur.

2. Die doderyk is die plek waar die siele van gestorwe mense bly tot die wederkoms. In die Ou Verbond was gelowiges en ongelowiges se siele in hierdie plek. Na Jesus se kruisiging is dit net die siele van ongelowiges wat daar gehou word tot die groot oordeel. Dit is van hierdie plek waarvan ons lees in Openbaring 20:13,14 as “die doderyk.” Die Griekse woord wat dikwels gebruik word om hierdie plek te beskryf is hades (“ᾅδης”). Die Hebreeuse woord wat dikwels gebruik word om hierdie plek te beskryf is sheol (“שְׁאֹל”). Die Bybel praat baie van hierdie plek as die plek waar gestorwe mense verkeer. ‘n Voorbeeld is Psalm 49:15: “Soos skape word hulle bestem vir die doderyk (שְׁאֹל); die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk (שְׁאֹל) om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.” Nog ‘n voorbeeld is Openbaring 20:13-14: “En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk (ᾅδης) het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk (ᾅδης) is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.” Hoewel die doderyk uit gedeeltes soos Psalm 49 (onder andere) duidelik nie ‘n piekniek is nie, moet ons wel raaksien dat God dit nie gebruik vir dieselfde doel as die hel nie. Sondes word nie daar gestraf nie. Simbole wat die Skrif gereeld aan hierdie plek koppel is die see en die dieptes van die aarde.

Openbaring 20:7-15 is baie belangrik in ons verstaan van hierdie twee plekke. Daarin sien ons dat dit twee verskillende plekke is, juis in die feit dat die doderyk (sheol/hades) in die hel (gehenna) gewerp word. Ons moet hierdie twee plekke dus nie met mekaar verwar, of aan mekaar gelykstel nie.

Ons moet egter onthou dat baie van die gedeeltes in die Skrif wat ons oor hierdie plekke leer gebruik maak van simboliese taal. Baie gedeeltes is byvoorbeeld gedigte (soos die Psalms) of dit is apokaliptiese literatuur (soos Openbaring). Ons moet versigtig wees om dit nie te letterlik op te neem nie. Maar nogtans moet ons uit die Skrif ten minste uitwys dat hierdie plekke werklik bestaan (die Skrif hanteer dit deurgaans as werklike plekke) en ook dat dit nie dieselfde plek is nie.

Dit is op hierdie punt waar Christene wat graag die frase “ter helle neergedaal het” wil behou voor ‘n moeilike keuse te staan kom. Watter een van hierdie twee plekke word bedoel met die woord “hel” in die Apostoliese Geloofsbelydenis? Die oorspronklike bedoeling van “inferna” (die Latynse woord vir hel in die belydenis) het heel waarskynlik meer aangesluit by die idee van die doderyk as by die idee van die hel as die plek waar God sondes vergeld (Fairbairn & Reeves, 2019:121-122; Renihan, 2022:Internet). Later het die fokus van die Weste sterker begin val op die hel as die plek waar God sondaars straf vir hul misdade en dit het die standaard verstaan van die frase geword, veral onder Protestantse Christene (Fairbairn & Reeves, 2019:122). Calvyn plaas die fokus van Christus se neerdaling na die hel by hierdie interpretasie wat sterker fokus op Christus se lyding aan die kruis (Renihan, 2022:Internet). Dit is ook hoe die Heidelbergse Kategismus hierdie frase uitlê (HK Sondag 16) en dit is juis hierdie algemene verstaan wat Grudem (2020:725-728) laat argumenteer dat die frase misleidend is vir meeste Christene.

Die feit dat die frase “en ter helle neergedaal het” deur die geskiedenis (en deur verskillende teologiese tradisies) op hierdie verskillende maniere geïnterpreteer was, maak meeste hedendaagse debatte oor hierdie frase nogal ingewikkeld. Mense praat maklik by mekaar verby. Ons moet nugter, eerlik en nederig omgaan met die geskiedenis. Ons kan gerus meer speelruimte gee vir mekaar oor hierdie onderwerp. Tog wil ek argumenteer dat beide interpretasies van die woord “hel” Skriftuurlik begrond kan word. Maar voor ons daarby uitkom is dit belangrik om eers iets te sê oor die ligging van die hel en die doderyk.

4. Die ligging van die hel en die doderyk

Dit is belangrik vir ons om te besin oor die ligging van die hel en die doderyk, want ons verstaan daarvan moet op ‘n manier versoen kan word met die kruisgebeure: As Jesus “ter helle neergedaal het,” wanneer het dit plaasgevind? Sy liggaam was immers aan die kruis – daarna in die graf. En sy siel was by die liggaam totdat Hy gesterf het en dieselfde aand nog in die Paradys (Luk. 23:43). So waar en wanneer, presies, was Hy dan in die hel – of in die doderyk? Ons antwoord op hierdie vraag hang grootliks af van ons verstaan van die ligging van die hel en die doderyk.

Waar presies die hel en die doderyk is, is ‘n moeilike vraag om te antwoord. Dit is nie moeilik omdat die Skrif onduidelik is daaroor nie. Maar dit is wel moeilik omdat die Skrif baie keer simbolies oor dinge praat – veral dinge soos hierdie.

Wanneer dit kom by die doderyk – die plek waar die siele van gestorwe mense verkeer – dan praat die Bybel heeltyd van dit as in die binneste van die aarde. ‘n Voorbeeld is Psalm 63:10: “Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.” Nog ‘n voorbeeld is Numeri 16:31-33 wat vertel hoe Datan en Abíram deur die aarde ingesluk is: “En toe [Moses] al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was, en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed. So het hulle dan met alles wat hulle s’n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.” Jesus gebruik dieselfde soort taal: “Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.” (Matt. 12:40). Dit is moeilik om die verband te mis tussen hierdie tekste en Genesis 3:19: “jy [sal] terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.” Dit is ook moeilik om die simboliese verband tussen die doderyk in die binneste van die aarde en ‘n begrafnis te mis: Wanneer iemand begrawe word (selfs in ‘n spelonk, soos die gewoonte was in die tyd van die Bybel) dan kan mens fisies sien hoe sy liggaam na die binneste van die aarde neerdaal.

Alles van dit is egter waarskynlik simboliese taal. Ek twyfel of daar enige Christene is, in die moderne wetenskaplike era, wat ernstig glo dat die fisiese ligging van die doderyk so ‘n paar kilometers onder ons voete lê. Ons moet baie eerder raaksien dat alles in God se skepping onvermybaar simbolies is, en die aarde is geen uitsondering nie. Waar die siele van afgestorwenes verkeer weet ek nie, maar net soos ‘n siel nie fisies is nie glo ek ook die herberg van die siele is nie geografies nie. Dit is sover as wat ek met sekerheid hieroor ‘n standpunt kan inneem.

Wanneer dit kom by die hel, dan sien ons dat die Skrif heelwat minder sê oor waar dit is. Uit verskeie Skrifgedeeltes wat dit hanteer as ‘n werklike plek moet ons aflei dat dit wel ‘n werklike plek is, maar dit is nie die soort plek wat jy op Google Maps gaan vind nie. Die Skrif praat soms van dit as “die buitenste duisternis” (Matt. 8:12, ) – maar dit skep meer die indruk van verwerping as enigiets anders: As dit enigsins op ‘n plek dui, dan gaan dit daaroor dat die hel buitekant die hemel is: Oftewel, die plek waar ongelowiges gestraf gaan word vir hul sondes, is verwyder van die plek waar God vir ‘n ewigheid met sy volk gaan wandel in volmaakte, heerlike vrede. Maar, weereens, dit is moeilik om hieruit toepassings te maak in ons 3-D verstaan van ruimte. Waar presies is die hel vandag? Bestaan die hel vandag alreeds? Die Skrif gee geen duidelike antwoorde op hierdie vrae nie.

Wat ons dus van hierdie plekke moet glo, is dat alhoewel dit werklike plekke is (die Skrif hanteer dit as werklike plekke) is die ligging daarvan nie dieselfde as die ligging van ander dinge in ons 3-D verwysingsraamwerk nie. Die Skrif praat van dit as werklike plekke, maar ons moet simboliek raaksien waar dit deur die HERE gebruik word.

5. So, moet ons dit glo en bely?

Uiteindelik kom ons nou by die punt waar die tekkie die teer tref: Moet die frase “en ter helle neergedaal het” in die Apostoliese Geloofsbelydenis bly? Kort antwoord: Ja.

Wat die lang antwoord betref, kom ons kom terug na die twee verskillende interpretasies van die woord “hel” in die Apostoliese Geloofsbelydenis: Die vroeë kerk het “inferna” (hel) waarskynlik verstaan in die rigting van die doderyk in die Skrif. Maar die latere interpretasie (wat ook die tradisionele Protestantse interpretasie is), verstaan dit meer in die rigting van die hel – oftewel, die plek waar God sondaars se sonde straf. Soos reeds gemeld reken ek altwee interpretasies kan Skriftuurlik begrond word: Jesus was beide in die plek waar God se toorn oor sondes vergeld word en in die plek waar die siele van gestorwe mense verkeer. Ek sien dus geen rede om hierdie frase uit die Apostoliese Geloofsbelydenis te verwyder nie.

Jesus was in die hel – as mens reg verstaan wat die hel is en wat dit beteken. Dit is natuurlik iets wat ons begrip heeltemal te bowe gaan. Ons kan nie eens begin om te verstaan wat Hy deurgemaak het nie. In Mattheus 27:45 lees ons dat daar duisternis oor die aarde gekom het vir 3 ure lank, tydens Jesus se kruisiging. Aan die einde van die duisternis, dan roep Jesus uit: “Eli, Eli, lama sabagtáni?” wat beteken “My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matt. 27:46). Dit is die volle helse toorn en woede van God wat daar oor Hom uitgegiet word. Na dit sterf Hy (Matt. 27:50) en dan skeur die voorhangsel van die tempel (Matt. 27:51). Wat daardeur gesimboliseer word is dat die prys vir die sondes betaal is (Heb. 10:19-20): Daar is nou nie meer ‘n skeiding tussen die gewone deel van die tempel en die heilige, of tussen die heilige en die allerheiligste nie. Die offer is gebring: Die sondes is vergeld: Iemand was in die hel.

Jesus was egter ook in die doderyk. Nadat Hy die offer gebring het daal Hy as Oorwinnaar na die doderyk toe neer om die siele van die gelowiges wat gesterf het in die Ou Verbond saam met Hom op te neem na die hemel (Renihan, 2022:Internet). Hierdie oorwinning van Christus oor die doderyk word gesimboliseer met die kruisgebeure, want ons lees wanneer Hy sterf: “en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.” Jesus se neerdaling na die doderyk word ook voorspel in Psalm 16:10: “U sal my siel aan die doderyk (sheol) nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.” Op Pinkster, staan Petrus op en verklaar dat hierdie Psalm in Christus vervul is: “Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. Want Dawid sê van Hom: …U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie” (Hand. 2:24-27). Die kriptiese woorde van 1 Petrus 3:19 kan ook moontlik verwys na Jesus se neerdaling na die doderyk, om sy oorwinning te verkondig aan “die geeste in die gevangenis.”

Daar is dus in die Skrif ‘n fondasie om albei interpretasies te volg in ons verstaan van die Apostoliese Geloofsbelydenis. Jesus was beide in die hel en in die doderyk. Dit is verstaanbaar dat sommiges soos Grudem voel dat hierdie deel van die geloofsbelydenis verwarrend is. Maar dit kan nie onskriftuurlik genoem word nie – maak nie saak watse interpretasie mens volg nie. Daar kan en moet besin word oor hoe om hierdie belydenis te verstaan. Maar wanneer ons sover wil gaan om hierdie deel van die belydenis te verwyder, dan gaan ons te ver.

6. Konklusie: Tot ‘n Bybelse kosmologie

Laastens moet ons egter stilstaan by die vraag: Watse interpretasie behoort ons te volg? Ons het in hierdie artikel stilgestaan by twee interpretasies van die woord “hel” in die Apostoliese Geloofsbelydenis:

  1. Die hel kan verwys na die plek waar God sy toorn uitgiet oor sondaars.
  2. Die hel kan verwys na die doderyk – die plek waar die siele van mense gehou word tot die oordeelsdag.

Renihan (2022:Internet) argumenteer egter baie oortuigend vir die tradisionele verstaan: Hoe waar en belangrik Christus se plaasvervangende soenverdienste ook al is, die oorspronklike bedoeling van die frase is dat Jesus ná sy dood en lyding neergedaal het na die doderyk (sheol/hades) om daar sy oorwinning te proklameer en die siele van die Ou Testamentiese gelowiges te bevry. Fairbairn en Reeves (2019:122) merk ook tereg op dat die tradisionele verstaan van die frase “en ter helle neergedaal het” werd is om vandag nog ernstig opgeneem te word.

Ons is ver daarvan af om hierdie saak uit te sorteer – en mens sal nooit in een kort artikel soos hierdie al die relevante argumente kan beoordeel vir hoe om hierdie kontroversiële frase te verstaan nie. Maar ons moet vra: Sit daar nie dalk iets in die tradisionele interpretasie nie? Sal dit nie dalk lonend wees vir ons, in Gereformeerde kringe, om meer gewig daaraan te gee as wat tans die geval is nie? Kan dit dalk selfs die primêre manier wees vir ons om hierdie frase te interpreteer?

As ons meer gewig begin voeg aan hierdie tradisionele interpretasie, dan sal dit ‘n effek hê op ons kosmologie. Dit is ver buite die strekking van hierdie artikel om volledig aandag te gee aan hierdie saak. Maar ten minste twee aspekte van ‘n Bybelse kosmologie kan beter tot hul reg kom as ons die Apostoliese Geloofsbelydenis se frase “en ter helle neergedaal het” begin verstaan as ‘n verwysing na die doderyk (sheol/hades) eerder as die hel (gehenna).

Eerstens, ‘n tradisionele verstaan van hierdie frase sal Christus se oorwinning oor elke aspek van die bose in die kosmos beter tot sy reg laat kom. Dit is immers die groot fokus van die tradisionele verstaan, en dit is ‘n fokus wat ons nie moet verloor nie. Ja, die kruisgebeure was ‘n offer – dit was priesterlik – maar dit was ook ‘n oorwinning – dit was koninklik. Ons moet Christus se werk as Koning, Priester en Profeet tot hul reg laat kom. En as ons eerlik is, as Gereformeerdes, dan laat ons soms Christus se oorwinnende koningskap en sy koninklike oorwinning afwater tot iets minder as wat dit is. Fairbairn en Reeves (2019:122) vra tereg: “Do we not want to affirm that victory was a significant part of what Christ was accomplishing through his death and ressurection?” As ons egter onthou dat die vroeë kerk hierdie frase in die Apostoliese Geloofsbelydenis verstaan het as Christus se triomferende oorwinning oor al die magte van die doderyk, dan begin ons kom tot ‘n meer Skriftuurlike waardering van sy oorwinning. Daar is ‘n verandering in die kosmos wanneer die Lewende Een sterf en daardeur lewe gee aan die dooies. Dan verstaan ons hoekom Jesus sê: “Op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk (ᾅδης) sal dit nie oorweldig nie.” (Matt. 16:18). Die poorte van die doderyk sal die kerk nie oorweldig nie, want die poorte van die doderyk het haar Koning nie oorweldig nie. Hy het oorwin: Die doderyk is nou oopgebreek. Voorheen was dit daar vir die siele van gelowiges en ongelowiges, maar met sy kruisiging het dit verander: Die grafte het oopgegaan. Die doderyk is in beginsel oorwin. En omdat die doderyk ‘n werklike plek is in die kosmos, het hierdie oorwinning ‘n werklike effek op ons kosmologie.

Tweedens, ‘n tradisionele verstaan van hierdie frase sal Bybelse simboliek in die skepping beter tot sy reg laat kom. Ons word meer beïnvloed deur die naturalistiese wêreldbeskouing wat aan die orde van die dag is, as wat ons graag wil erken. Een van die areas waarin dit beslis waar is, is in ons verstaan van die onvermybare simboliese aard van dinge in God se skepping. Lewis (1952:Elektronies) beeld dit baie goed uit in die storieboek, The Voyage of the Dawn Treader, wanneer ‘n ster aan die kinders verskyn – en siedaar, dit is ‘n lewende mens: ‘n Ou man met die naam Ramandu! Een van die kinders sê dan vir hom: “In our world, a star is a huge ball of flaming gas.” Ramandu antwoord hom dan: “Even in your world, my son, that is not what a star is, but only what it is made of.” In hierdie kriptiese aanhaling wou Lewis ons iets leer oor die inherente simboliese aard van baie dinge in God se skepping. Ja, sterre is ‘n radioaktiewe reaksie en alles van dit – maar in die Skrif sien ons dat sterre ook veel meer as dit is: Sterre is engele – of ten minste, sterre is simboliese heenwysings na engele (Openb. 12:4)! God se kosmos – sy skepping – bestaan nie net in ‘n vakuum soos dit is nie: Dit het ook ‘n inherente simboliese kant. Dit wys heen na ‘n dieper werklikheid. As die Psalmis skryf “Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande” (Ps. 19:2) dan is dit ‘n werklikheid. Die hemele – ja, die ganse skepping – is ‘n boek wat gelees moet word sodat God beter geken kan word. Soos woorde in ‘n boek ons aandag weglei na die storie wat dit vertel, so moet die fisiese woorde van die skeppingsboek (die rotse, die sterre, die grond, die bome, die watervalle) ons laat raaksien dat daar ‘n dieper werklikheid is. Die skepping is inherent simbolies: Ons erken dit, maar ons dink nie baie aan die betekenis daarvan nie. En hierdie frase in die Apostoliese Geloofsbelydenis wil ons daaraan herinner. Die diep binneste van die aarde – daar waar liggame in afsak as ons dit begrawe – daar is die doderyk. Nie letterlik nie: Maar simbolies. Die binneste van die aarde is ‘n simboliese heenwysing na die doderyk. Soos die sterrehemel ‘n simboliese heenwysing is na die plek waar gelowiges nou saam met God is, so is die binneste van die aarde ‘n simboliese heenwysing na die plek waar ongelowige siele gehou word tot die dag van oordeel.

Die debat oor wat om met die frase “ter helle neergedaal het” te maak is nog lank nie uitgesorteer nie. Dit is beslis ‘n kontroversiële punt. Maar hierdie artikel probeer om ten minste breedweg aan te dui dat dit nie iets is wat ons moet sien as droog en teoreties nie. Dit is uiters relevant, want dit kleur ons verstaan van die werklikheid in. Die heilige, algemene, Christelike kerk van ons Here Jesus Christus het nodig om hierdie frase verder te bespreek en verder oor die interpretasie te besin, want hier lê diep skatte verborge wat ons nog nie eens begin het om op te diep nie.

7. Bibliografie

  • Bybel. 1933/53. Verwysing: Boek Hoofstuk:Vers.
  • Fairbairn, D. & Reeves, R.M. 2019. The Story of Creeds and Confessions: Tracing the Development of the Christian Faith. Michigan: BakerAcademic.
  • Grudem, 2020. Systematic Theology: An Introduction to Biblical Doctrine. 2Nd edition. London: Inter-Varsity Press.
  • Heidelbergse Kategismus. APK weergawe. Verwysing: HK Sondag.
  • Lewis, C.S. 1952. The Voyage of the Dawn Treader. UK: Geofrey Bles.
  • Renihan, S. 2022. Episode 87: The Doctrine Of The Descent Of Christ (Part 1): An Argument From Scripture With Samuel Renihan. Podgooi episode: Theology in Particular. Beskikbaar by: https://podcasts.apple.com/us/podcast/theology-in-particular/id1469449188?i=1000607107543 [Geluister 28 September 2023].

Sound of freedom film

Ons het vanaand Sound of Freedom gaan kyk… Ek moes hier en daar versigtig ‘n traan wegvee sonder dat my vrou dit sien. Ek moet sê dit is een van die beste films wat ek nog gesien het. Dit is in dieselfde kategorie as The Patriot, Unplanned en Brave Hart.

Ek dink dit is gepas dat Hollywood dit nie wou aanraak nie. Dit vertel ons meer van wie en wat Hollywood is. Ek soek bietjie op oor die film en sien toe dat Mel Gibson dit vervaardig het en dat dit eintlik ‘n ware verhaal is. Mel Gibson is ‘n Christen gelowige. Dit maak dan sin dat die Woke Media negatiewe resensies gee, want hulle is anti-Christelik. Vir hulle is die temas van Geloof in God verbode. Ook is positiwiteit oor ‘n vader en moeder en hul kinders onaanvaarbaar. Uitsprake soos “God’s children are not for sale” is tabo. Woke media vind nie hul gunstelinge in hierdie film nie: geen gevloek, ge-egbreuk, gehoereer en skewe LGBT+ temas nie.

Dit is dieselfde Hollywood wat nie mal gaan oor Ebstein se misdade met sy kindersekslawe nie. Die media wat nie aandring daarop dat Ebstein se kliëntelys bekend gemaak word nie. Ons weet dat establishment figure soos Clinton en die VK koning se broer Ebstein se eilande besoek het… wie was die res? Watter ander politici en leiersfigure was ook betrokke?

Dit is nogal lagwekkend dat een liberale SA nuusgroep sê dat dit ‘n “boring” film is en “its extreme and inaccurate portrayal of human trafficking.” Vir hierdie nuusgroep is die ware verhaal extreme en inaccurate… seker ook nie snaaks dat hulle nêrens noem dat die film oor werklike gebeure is nie.

Ek het die film realisties, spannend en inspirerend gevind. Ek kan die film aanbeveel…

Meer oor die hoofkarakter in werklike lewe: https://en.m.wikipedia.org/wiki/Tim_Ballard

Oorwinning ten spyte van vervolging

Augustusmaand gedenk ons Bartolomeusnag en die 20,000 Hugenote wat vermoor is in Frankryk. In Oktobermaand dink ons weer na aan die Reformasie van Martin Luther toe hy sy 95 stellings teen die kerkmuur opgeslaan het. Hierdie twee gebeure staan in verband met mekaar, want die Bartolomeusnag was ‘n veldslag in die godsdiens oorloe wat die Roomskatolieke gevoer het in ‘n poging om die lig van die Reformasie uit Europe uit te wis.

In Nederland het die Habsburgse Koning gepoog om Protestantisme uit te wis en ‘n 80 jarige oorlog het gevolg. In Duitsland was daar ‘n 30 jarige oorlog en in Frankryk ‘n 136 jarige oorlog. In Nederland en Duitsland was die Protestante suksesvol terwyl Hugenote uit Frankryk gevlug het. Tussen 4 miljoen en 8 miljoen gelowiges het in hierdie oorloë gesterf.

Dit is so, dat die vervolging van Christene in die Weste gestaak is nadat ons voorgeslagte in 1648 hul 80 jarige oorlog gewen het. Dit het egter ook die goue eeu van Nederland ingelui en moontlik gemaak dat Afrikaners aan die suidpunt van Afrika kon groei tot ‘n volk. Dit is opmerklik met watter doelgerigdheid die handelspos aan Kaap van Goeie Hoop gestig is. Daar is van Jan Van Riebeeck en die amptenare verwag om elke raadsvergaderig te open met hierdie gebed:

“Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos-Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader, dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen”

Vervolging van Christene het egter die afgelope jare weer begin en vandag word Christene weer vermoor, in tronke gegooi en gemartel. Kom ons dink ook na aan die gelowiges in Noord Korea, Somalie, Nigerië, Indië en Pakistan. Verlede jaar was daar 5,014 Christene wat in Nigerië vermoor is vir hul geloof (Christianity Today 17 Jan 2023).

Daar is egter ook voorbeelde in Westerse lande. In Findland word Päivi Räsänen (parlementslid en mediese dokter) vervolg omdat sy homoseksualiteit as sonde en onbybels veroordeel het in ‘n pamflet. Sy is laas jaar onskuldig bevind aan “haatspraak” deur die Finse Distrikhof, maar die voormalige Finse Vervolgings Generaal het geappeleer. Indien Päivi skuldig bevind word, staar sy ‘n boete en tronkstraf in die gesig.

“[Toe] sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.” (Openb 6:9-11)

Live not by Lies

Boekopsomming deur FA v Deventer van Rod Dreher se boek met dieselfde titel.

Almal het gedink dat die einde van diktature en onderdrukking

Alexandr Solzhenitsyn aangebreek het na die ontbinding van die Sowjet Unie op 25 Desember 1991. Maar in 2015 ontvang Rod Dreher ’n angstige oproep van ’n mediese dokter (Dr. John Schirger) wat vertel dat sy Tseggoslowaakse moeder hom sy hele lewe gewaarsku het teen die gevare van diktature. Die dokter was bekommerd dat die Weste besig is om in ’n diktatuur te verander. Rod het sederdien verskye onderhoude gevoer met emigrante van voormalige Oosbloklande wat gevlug het van Kommunistiese diktature. Hulle uitsprake was altyd dieselfde: “Die VSA en Weste is besig om na ’n diktatuur te beweeg”. Rod Dreyer het die boek Live not by Lies geskryf na hierdie onderhoude en het die titel gebaseer op Alexandr Solzhenitsyn se geskrif met dieselfde titel. Dit is daarom ook nie verbasend dat Alexandr Solzhenitsyn se seun (Ignat) ’n aanbeveling vir hierdie boek geskryf het nie.

Alexandr was die Sowjet kritikus wat uit sy Russiese vaderland verban is, nadat hy tien jaar in konsentrasiekampe deurgebring het en verskeie werke geskryf het wat krities was oor Kommunisme. Die laaste strooi was sy opstel “Live not by Lies”. Hierin daag Solzhenitsyn die idee uit dat die Sowjet Totalitêre Stelsel so magtig is dat gewone mans en vroue dit nie kan verander nie. Hy sê dat die voortbestaan van die totalitêre stelsel op die fondament staan dat mense nie die leuens waarop dit gebou is, nie kan uitdaag nie. Hy sê dit is nonsens: Moet nooit bewustelik leuens ondersteun nie! Jy kan dalk nie die moed hê om in die openbaar te sê wat jy glo nie, maar jy kan ten minste bevestig wat jy nie glo nie.

Rod Dreyer is die redakteur van The American Conservative. Hy is ’n Amerikaner, is getroud met Julie en hulle het drie kinders. Rod het ook die boek The Benedict Option geskryf waarin hy pleit dat Christene afsonderlike konfederale gemeenskappe (soorgelyk aan Trinity Presbyterian Church in Charlottesville) skep, los van die huidige Sekulêre samelewing om sodoende die Westerse beskawing te behou – veral t.o.v. “sex, mariage and gender”. Hierdie opsie is vernoem na Benedict van Nursia (480 – 547 nC) wat na die val van Rome (476 nC) juis sulke afsonderlike gedesentraliseerde gemeenskappe bevorder het.

Live not by Lies bestaan uit die volgende dele:

  • Inleiding
  • Verstaan van Sagte Totalitarisme
    • Kolaković die profeet
    • Ons voor totalitêre kultuur
    • Progressiwiteit as godsdiens
    • Kapitalisme as “Woke and Watchful”
  • Hoe om in waarheid te lewe (How to Live in Truth)
    • Koester die waarheid bo alles
    • Ontwikkel en bewaar kulturele geheue
    • Gesinne is weerstandselle
    • Godsdiens is die fondament van weerstand
    • Staan in solidariteit
    • Die geskenk van lyding
  • Gevolgtrekking : Lewe nie volgens leuens nie

Een van die mense waarmee Rod ’n onderhoud gevoer het, het opgemerk:

I was born and raised in the Soviet Union, and I’m frankly stunned by how similar some of these developments are to the way Soviet propaganda operated”1

Die ou vorm van totalitarisme het ’n visie gehad hoe die wêreld moet lyk en dit het vereis dat die Christendom uitgewis moet word. Die nuwer sagter vorm van totalitarisme vereis dit ook, maar ons is tans onbekwaam om hierdie baie meer skelm vorm teen te staan2.

Die Weste het post-Christen geword en die groot meerderheid van hulle wat na die 1980’s gebore is verwerp godsdiens en geloof. Dit beteken dat hulle Christene sal teenstaan as ons ons beginsels soos tradisionele gesin, manlik en vroulike rolle en die heiligheid van die lewe wil verdedig. Meer nog sal hierdie nuwe goddelose geslag nie eens verstaan hoekom hulle eerder hierdie “afwykende standpunte” moet verdra nie3.

In die Sowjet Era het die totalitarisme vereis dat jy die Kommunistiese Party moet liefhê en dit is deur die staat afgedwing. Vandag se totalitarisme is ’n stel progressiewe oortuigings. Baie hiervan is teenstrydig met die Christelike geloof. Vandag se totalitarisme dwing gehoorsaamheid af deur die elites wat openbaringe mening vorm en privaat korporatiewe instellings [dink hier aan Youtube, Facebook, Instagram, Twitter, CNN, MSCN ens]. Hulle beheer ons lewens deur tegnologie baie meer as wat ons sal wil erken4.

Ons hedendaagse kultus van “social justice” (Social Justice Warriors of te wel SJW) identifiseer spesifieke sosiale groepe as die verdrukkers (die swart skape) en skree vir hul onderdrukking om sodoende geregtigheid te laat seëvier teenoor die verdruktes, die verontregtes. Hierdie SJW het begin as liberales wat ’n erbarming het vir die verontregtes, maar eindig op as mense wat outentieke liberalisme verwerp en lyk baie soos Bolshevisme — soos die Sowjet vorm van Kommunisme oorspronklik genoem is.

René Girard het profeties gewaarsku: “The current process of spiritual demagoguery and rhetorical overkill has transformed the concern for victims into a totalitarian command and a permanent inquisition.”5

M.a.w. die mense wat Kommunistiese verdrukking oorleef het agter die Ystergordyn waarsku ons teen hierdie nuwer totalitarisme wat liberalisme omvorm in ’n sagter terapeutiese vorm van totalitarisme6.

Dit is nie Orwell se 1984 vorm van totalitarisme waarheen die Weste besig om te beweeg nie, maar eerder Aldous Huxley se Brave New World. Soos wat James Poulos dit noem: The Pink Police State: an informal arrangement in which people will surrender political rights in exchange for guarantees of personal pleasure.”

Die sagte totalitarisme wat ons vandag teister word soos volg beskryf: “Under the guise of ‘diversity’, ‘inclusivity’, ‘equality’, and egalitarian jargon, the Left creates powerful mechanism for controlling thought and discourse and marginalizes dissenters as evil7

Rod maak dan die opmerking dat die Kulturele Rewolusie wat die Weste tans oorspoel baie meer radikaal is as die 1917 Sowjet Rewolusie:

Cultural revolution of the West is far more radical than the 1917 Soviet Revolution because for the first time humankind is seeking to create a civilization based on the negation of any binding transcendent order. It purports to be setting individuals free to pursue hedonism and individualism (p12)… Christianity (and all other forms of religion) is devolving into a watery spirituality which could accommodate anything. In this culture the great sin is to stand in the way of the freedom of others to find happiness as they wish. This goes hand in hand with the sexual revolution, which, along with ethnic and gender identity politics, replaced the failed economic class struggle as the utopian focus of the post 1960s radical left. These cultural revolutionaries found an ally in advanced capitalism, which teaches that nothing should exist outside of the market mechanism and its sorting of value according to human desires (p13).

Christian resistance on a large scale to the anti-culture has been fruitless, and is likely to be for the foreseeable future. Why? Because the spirit of the therapeutic has conquered the churches as well — even those populated by Christians who identify as conservative. Relatively few contemporary Christians are prepared to suffer for the faith, because the therapeutic society that has formed them denies the purpose of suffering in the first place, and the idea of bearing pain for the sake of truth seems ridiculous (p13).”

In Owell se 1984 praat hy van “The [Communist] Party told you to reject the evidence of your eyes and ears [Newspeak]. It was their final, most essential command… Doublethink where one have to hold two contradictory beliefs in one’s mind simultaniously.

In die Sowjet Unie het die brutale polisiestaat die party se wil, soos verwoord in Orwell se 1984, afgedwing. In vandag se sagte totalitêre diktatorskap is dit die media, akademici en korporatiewe maatskappye en instellings wat ons dwing om ons eie sintuie te ontken (Newspeak) en om teenstrydighede (Doublethink) te glo. Byvoorbeeld:

Men have periods. The woman standing in front of you is to be called ‘he’. Diversity and inclusion means excluding those who object to ideological uniformity. Equity means treating persons unequally, regardless of their skills and achievements, to achieve an ideologically correct result.”8

Solzhenitsyn sê dat om nie volgens leuens te lewe nie beteken om9:

  • Nie enige iets te herhaal, te skryf, te bevestig of te versprei wat die waarheid verdraai nie.
  • Nie deel te neem aan ’n optog of betoging of gemeenskaplike aksie nie, behalwe as jy totaal oortuig is van die doelwit.
  • Nie deel te neem aan ’n vergadering waar die bespreking geforseerd is en jy nie die waarheid mag uitspreek nie.
  • Nie vir ’n kandidaat of voorstel te stem wat jy as twyfelagtig of onwaardig beskou nie.
  • Weg te stap van ’n byeenkoms sodra die spreker ’n leuen uiter, ideologiese nonsens kwytraak of blatante propaganda verkondig
  • Nie enige joernalisme ondersteun wat die onderliggende feite verdraai of wegsteek nie.

Om te kan verstaan hoekom dit vir ons vandag lyk of die Weste net eenvoudig verkrummel voor die aanslag van sagte totalitarisme kyk Rod Dreher na wat gebeur het in die Sowjet Unie en hoe dit gebeur het dat Rusland in 1917 Marxisme omarm het ten spyte daarvan dat Europese Marxiste van mening was dat Rusland baie ver weg was daarvan om ’n rewolusie te ondergaan10. Hy kyk ook na hoe Duitsland ingesluk is deur die Nasionale Sosialistiese Dikatatuur van die 1930’s en 1940’s en hoe Oos Europa na die Tweede Wêreld Oorlog (WO II) Kommunisties geword het.

Rod Dreyer wys op die volgende wat dit gunstig gemaak het vir totalitarisme11:

  • n Samelewing bestaande uit radikale individualisme waar geïsoleerde en lostaande individue nie betekenis buite hulself meer raaksien nie.
  • Die induiestorting van enige vetroue in Instellings en Hiërargieë
    Vir gewone Russe was hulle net eenvoudig moeg vir al die flaters van die Tsarregering en bereid om enige iets anders te probeer – veral iets soos Marxisme wat hemel op aarde beloof het na ’n kortstondige bloedige konfrontasie. Hulle was moeg dat Rusland al hoe verder agter geraak het in vergelyking met geïndustraliseerde Europa. Moeg daarvoor dat baie mense doodgegaan het in die hongersnood van 1891-92. Hulle was moeg daarvoor dat Rusland verneder is in oorloë met Japan (1904) en Wêreld Oorlog I (WO I, 1914). Rod Dreher wys dan daarop dat in die Weste die bevolking lankal moeg is vir die politici en van mening is dat alle politieke partye bevolk is deur idiote. Selfs in die VSA het Gallup bevind dat Amerikaners vertroue in hul instellings – polities, media, godsdienstig, regsgeleerdheid, medies en korporatief verloor het. Vertroue is die laagste in die geskiedenis. Die katostrofale reaksie op die COVID19 pandemie deur die regerende elites in die Weste is soortgelyk aan die voor-rewolu-sionêre Russiese regering se flaters. Bg. Geld ook vir Nazi Duitsland wat moeg was na die chaos van WO I en Oos Europa wat net eenvoudig uitgeput was na WO II.
  • Die begeerte om normes en waardes te oortree en te vernietig.
    Daar word niks daarvan gedink om seksueel losbandig te wees en enige norme van ordentlikheid oorboord te gooi nie. Post WO I skrywers, kunstenaars en elites het ordentlikheid by die venster uitgegooi om hul minagting vir die hiëragië en instellings te wys. Dieselfde het gegeld in Rusland in 1905 toe seksuele losbandigheid en afwykende gedrag hoogty gevier het. Nadat sensuur afgeskaf is, het erotiese literatuur die hele landskap oorspoel. Die parallelle kan maklik raakgesien word in ons dag (2021).
  • Die bereidheid om propaganda en nuttige leuens te glo ter wille van ideologiese doelwitte bv. Ten spyte daarvan dat historici onbetwisbaar bevestig het dat die NY Times se 1619 Project nonsens is, het die projek se regiseur die Pulitzer prys verower. Project 1619 het beweer dat Amerikaanse Patriote vir onafhanklikheid van Brittanje geveg het om sodoende slawerny te kon voortsit.
  • Versugting na ’n Ideologie wat betekenis vir mense se lewens gee en vir hulle vertel hoe om te lewe.
    In Sowjet Stalinistiese Rusland (1930’s) is daar baie voorbeelde waar getroue kommuniste bereid was om onregmatig ter dood veroordeel te word en dit eerder met vreugde aanvaar het as om te erken dat kommunisme ’n leuen is. Vir mense wat desperaat is om te glo, is totalitêre ideologie baie meer kosbaar as selfs die lewe.
  • n Samelewing wat lojaliteit hoër ag as vaardighede.
    Totalitarisme verkies eerder ombekwame en dwase indiwidue bo kreatiewe en intelligentes, want dit verseker die ondersteuning en voortbestaan van die totalitarisme. In Suid Afrika ken ons hierdie verskynsel by die naam van “cadre deployment”.

Die tweede deel van die boek is baie meer prakties wanneer dit spesifieke maniere uiteensit hoe om “volgens die waarheid te lewe”. Dit lys die volgende:

  • Koester die waarheid bo alles

    Die voormalige Tjeggiese president, Václav Haval het net soos Solzhenitsyn die frase “lewe volgens die waarheid” gebruik om weerstand te bied teen totalitêre kommunisme. Hy moes etlike jare in die tronk deurbring weens sy geskrifte teen kommunisme voordat dit tot ’n val gekom het en hy in 1989 president geword het. Rod Dreher noem die volgende punt om die waarheid te koester en sodoende stukkie vir stukkie die mag van die totalitêres te verbreek:
    • Leef onafhanklik van die kopknikkende skare Dit kan beteken dat jy soos die Kaleda’s12 van Rusland [of die Wertmann’s13 jou kinders uit die staatskool uithaal en] nie na die staatsekwavilente van die Hitler Jeug of Kommunistiese Jeug stuur nie.
      Dit kan beteken dat jy en jou kinders geleenthede kan mis of selfs nie universiteit toe mag gaan nie. Maar op die langtermyn sal dit beter wees vir almal.
      Kirill Kaleda sê dat baie anti-kommunistiese gesinne hulle kinders eerder die natuurwetenskappe laat studeer het om sodoende die besoedeling deur ideologie so ver as moontlik te beperk. Kirill Kaleda het geweier om aan te sluit by die Kommunistiese Jeug wat beteken het dat hy nie toegelaat is om oorsee te reis nie. Hy kon gevolglik ook nie die wêreldreis waartoe hy as student uitgenooi is, onderneem nie14.
      Of soos Yuri Sipko wat as Baptis in Kommunistiese Rusland nie die kenteken waarop Lenin se kop was, gedra het nie. Hierdie kenteken is aan alle jeug gegee. Hy vertel: Just because they were Baptists, the state was willing to take away their kids and send them to orphanages. These believers were unable to find jobs. Their children were not able to enter universities. And still they believed”15
    • Verwerp Doublethink en veg vir vryheid van spraak Dit is noodsaaklik dat individue kan sê wat hulle dink. Jy moet daarteen waak dat jy jou eie denke wegsteek en nie uiter nie omdat jy bang is dat jy bespot of geviktimiseer word. Deur jou denke weg te steek, is jy juis al reeds besig met Doublethink. Doublethink is baie gevaarlik want stilswyende kopknikking op die amptelike naratief onketen Doublethink in jou verstand. Jy het dan reeds toegelaat dat jou verstand geketting word.
    • Verstandige waarheidsvertelling is noodsaaklik – weeg elke situasie Kies die gevegte waar jy moet staan en val vir die waarheid baie wys. Party gevegte is nie die moeite werd nie.
      Do your best not to be party to the lie — not for the sake of professional advantage, personal status, or any other reason. Sometimes you will have to act openly to confront the lie directly. Other times you will fight it by remaining silent and withholding the approval authorities request.16
  • Ontwikkel en bewaar kulturele-geheue Dit is belangrik om die verlede te onthou om te verhoed om die lesse van die geskiedenis te herhaal. Belangrik om totalitêre tragedies soos Nasionale Sosialisme en die Wêreldoorlog wat dit tot gevolg gehad het te onthou. Om van Kommunisme in die Sowjet Unie en Oos Europa te weet en al die konsentrasiekampe en verdrukking wat daarmee gepaard gegaan het. Om te onthou hoe Christene in Oos Europa en die Sowjet Unie [en ook in Afrika] vir hul geloof vervolg is en opgesluit is en vermoor is. Dit is ook belangrik om te weet hoe hulle daarin geslaag het om die totalitarisme teen te staan en te oorwin. “No culture, and no person, can remember everything. A culture’s memory is the result of its collective sifting of facts to produce a story — a story that society tells itself to remember who it is. Without collective memory, you have no culture, and without a culture, you have no identity.”17 Laura Nicolae wys op die gevare in die VSA se Harvard wat die volgende geslag leiers van die vrye Weste oplei in dit wat belangrik is om te onthou en wat nie belangrik is nie. Die gevaar is die modernisme wat die elites en intellektueles se denke oorheers en ook aan die volgende geslag geleer word. Dit bevat die saad van geheue-verlies, want dit leer dat daar geen vaste waardes en waarhede is nie. Dit leer dat dit slegs die hier en nou is wat belangrik is18. Seminare moet gereël word waar geskiedenis en die betekenis van gebeure deurgetrap word en aan die volgende geslag vertel word. Dit is wat in Oosblok lande gebeur het in hul stryd teen Kommunisme daar.
  • Gesinne is weerstand-selle

Jerzy Popieluszko het ’n nasionale held geword in 1984. Hy was die kapelaan van die Poolse Solidariteit Unie en was uitgesproke teen die Poolse Kommuniste se kriminaliteit. Verskeie pogings van die Poolse Kommunistiese Geheime Polisielede om hom te vermoor het misluk, maar hul laaste poging was suksesvol en hulle het sy lewelose lyk in ’n rivier gegooi. Amper ’n miljoen mense het sy begrafnis bygewoon. Die kurator van die Popieluszko museum wys ’n foto van Jerzy Popieluszko se moeder en vertel dan dat Jerzy ’n eenvoudige gelowige was met min aansien, gemiddeld in sy klas gevaar het en van ’n onaansienlike dorpie gekom het. Daar is ’n nota geskryf deur Jerzy se broer wat sê: “Elke dag het ons saam met ons moeder saam om hierdie tafel gebid.” Die kurator merk dan op: “Alles het begin met hulle as gesin wat saam gebid het in ’n onaansienlike dorpie in die middel van nêrens… dít is die hele krag van hierdie man en wat ons nodig het vir ons identiteit vandag.”19

In die sagte totalitêre tyd waarin ons leef moet gesinne doelbewus kontra-kultuur wees. Huisgodsdiens ook saam met ander is noodsaaklik. As jy die kerk, die gemeenskap en die volk wil dien, dan moet jy eers binne die gesin leer om mekaar daar te dien. Die volgende beginsels word genoem om sterk gesinne te bou20:

  • Vorm die kinders om morele moed te hê
  • Vul die kinders se morele denke met die goeie deur vir hulle voor te lees sodat hulle kan onderskei tussen die waarheid en leuen in die werklike lewe.
  • Moenie bang wees om deur die samelewing as vreemd gesien te word nie
  • Wees voorbereid as gesin om groot opofferings te maak ter wille van die groter geheel
  • Leer die kinders dat hulle deel is van ’n groter beweging met ’n gemeenskaplike doelwit
  • Beoefen gasvryheid en wees van diens aan ander.
  • Godsdiens is die fondament van weerstand Godsdiens is die fondament van weerstand teen totalitarisme, want ’n mens kan nie net teen alles wees wat sleg is nie — ’n mens het nodig om VIR iets ook te wees. Hierdie is die kern van wat godsdiens bring teen anti-totalitêre weerstand: dit gee die rede om selfs jou lewe af te lê. So byvoorbeeld het die Tjeggoslowaak Silvester Krčméry21 die jarelange gevangeniskap, marteling en vernedering kon deurstaan deur sy geloof te beoefen en ander te evangeliseer. Hy het skrifdele gememoriseer uit ’n ingesmokkelde Bybel en dan gemediteer oor hierdie dele terwyl hy gemartel is.
    Prof Parkinson is ’n Evangeliese Christen wat die verdrukking van die 1980’s in Slowakye deurgemaak het en eerstehands die geestelike krag van die ondergrondse kerk ervaar het. Hy sê : “Die gelowiges het in daardie tyd ’n alternatiewe wêreldbeskouing van ware hoop gebied… Die hoof doelwit was om die Bybel elke dag te lees en te bid vir die vervolgde kerk teen nege uur die aand. Hulle het baie opgeoffer om in klein Bybelstudie en gebedsgroepe te vergader. Sekuriteit moes noodgedwonge baie streng wees, maar God het hulle op wonderlike wyses beskerm.”22
    Pokov vertel dat hy die Sowjet lewe as leeg ervaar het en nadat hy The Stranger van die ateïs Camus gelees het, het hy meer en meer gedink dat hy by die Christene moet aansluit. Hy het gehoor dat daar mense oor Christenskap praat en vergader en het die vergaderings begin bywoon. Natuurlik het die KGB ook daarvan gehoor, maar hy het in elkgeval dit bygewoon ten spyte van die risiko’s. Hy sê: “To have a living connection to Christ, it’s like falling in love. You suddenly feel something you haven’t felt before, and you’re ready to do something you’ve never done before”23
  • Staan in solidariteit In Slowakye het die gelowiges klein gemeenskappe gestig wat saam gebid het, saam gesing het, gemeenskap van die heiliges beoefen het, die Bybel gelees het en onwettige literatuur (samizdat) bestudeer het. Hierdie literatuur is met ’n ingesmokkelde geheime drukker gedruk. Hierdie gemeenskappe het aangegroei oor dekades en teen 1988 het hulle ’n kerseprotes in Bratislava gereël en gebid vir godsdiensvryheid en burgelikevryhede. Die kommuniste het probeer om wal te gooi maar binne twee jaar was kommunisme in Slowakye op ’n einde24. Die ondergrondse gemeenskappe en gewone gelowiges het die geloof aan die gang gehou en ’n verskil gemaak. Die Kommuniste het die kerk en geloof probeer vernietig deur die predikante en predikers te teiken en hulle in die tronk te gooi. Die deurbraak het gekom toe gewone gelowiges net eenvoudig hierdie tronkvoëls se plekke begin inneem het en hulle skoene vol gestaan het25. Die Kommuniste het sestig jaar probeer om met terreur en geweld die geloof uit te wis, maar hulle kon nie. Hierdie groepe van gemeenskap van die heiliges het nie net verantwoordelikheid verskaf nie, maar het gelowiges ook ’n tasbare verbintenis gegee met die groter Liggaam van Christus. Rod Dreyer maak hierdie geldige punt vir ons vandag: “We desperately need to throw off the chains of solitude and find the freedom that awaits us in fellowship. The testimony of anti-communist dissidents is clear: Only in solidarity with others can we find the spiritual and communal strength to resist… Leaders of small groups must be willing and able to carry out catechetical, ministerial, and organizational roles normally performed by institutional church leaders who may be unable to do so under the law, or are too compromised in other ways to serve their proper function.”26
  • Die geskenk van lyding

[Romeine 5:3-4 “En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”]

Die ou vorme van totalitarisme het samelewings oorwin deur vrees vir pyn te gebruik. Ons hededaagse sagter totalitarisme maak tans gebruik van ons sugtinge na genietinge en vrees vir ongemak en ons persoonlike welwese om ons te oorrompel. Ons moet egter onder geen illusie verkeer dat indien ons nie nou bereid is om die klein opofferings te maak vir dit wat ons glo, dat daar nie ’n tyd sal kom waar ons soos die Christene agter die Ystergordyn in strafkampe gegooi sal word en in die loop van die laksman sal kyk nie. As ons nie bereid is om te ly en te sterf vir Christus nie, dan is dit alles maar net skynheiligheid27.

Rod Dreher sluit die boek af met hierdie oproep:

Ek hoop dat die getuienisse van die manne en vroue in hierdie boek jou oë laat oopgaan het. Maar om te sien is slegs die eerste stap. Dink na oor wat jy raaksien, vergader met ander en praat hieroor. Analiseer die feite en onderskei hoe jou geloof en oortuigings toegepas moet word op die situasie en tree op terwyl daar nog tyd is, CS Lewis het dit gestel dat vir Christene is die wêreld die vyandbesette gebied. “Christianity is the story of how the rightful king has landed, you might say landed in disguise, and is calling us all to take part in a great campaign of sabotage.” [Sabotasie soos uiteegesit in die woorde van 2 Kor 10:4-5 “die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus]

Die kulturele oorlog waarin ons ons tans bevind is grootliks reeds beslis — en dit lyk of ons “verloor” het. Die sekulariste se Groot Mars is vir eers hulle oorwinningsmars, Soortgelyk aan die Kommunistiese May Day marse in al die stede en dorpe van die voormalige Sowjet Unie (wat vandag nie meer bestaan nie).

Laat alle Christene wat die totalitêre vestings neerwerp, gehoor gee aan die opwekkingsroep wat Alexandr Solzhenitsyn in 1974 geskryf het met sy opstel ‘Live Not by Lies!’:28

And so: We need not be the first to set out on this path, Ours is but to join! The more of us set out together, the thicker our ranks, the easier and shorter will this path be for us all! If we become thousands—they will not cope, they will be unable to touch us. If we will grow to tens of thousands — we will not recognize our country!

But if we shrink away, then let us cease complaining that someone does not let us draw breath — we do it to ourselves! Let us then cower and hunker down, while our comrades the biologists bring closer the day when our thoughts can be read and our genes altered.

And if from this also we shrink away, then we are worthless, hopeless, and it is of us that Pushkin asks with scorn: Why should cattle have the gifts of freedom? Their heritage from generation to generation is the belled yoke and the lash.”

Laat ons skouer aan die wiel sit…

Eind Notas:

1xii

2xiii

3xiii

4p8 en p10-11

5p10

6p10

7xii

8p15

9p18

10Hoofstuk 2

11p30 – 41

12p100

13https://www.capemaycountyherald.com/community/faces_and_places/article_84ac67af-543b-5de7-ae1b-6bcf509778a3.html

14p101

15p103

16p108

17p114

18p115

19p148

20p135-145

21p152

22p156

23p159

24p170

25p172

26p143

27p185

28p213-213

Vryheid en “Doen dit self”

“These Americans are the most peculiar people in the world. You’ll not believe it when I tell you how they behave. In a local community in their country, a citizen may conceive of some need which is not being met. What does he do? He goes across the street and discusses it with his neighbor. Then what happens? A committee comes into existence, and then the committee begins functioning on behalf of that need, and you won’t believe this, but it is true! All of this is done without reference to any bureaucrat! All of this is done by the private citizens on their own initiative. Americans of all ages, all conditions, and all dispositions consistently form associations to give entertainments, to found seminaries, to build inns, to construct churches, to diffuse books, to send missionaries to the Antipodes. The help of a democratic society may be measured by the quality of functions performed by private citizens.”1

pocketcollege.com

Rushdoony haal hier aan uit ‘n brief wat De Torqueville geskryf het tydens sy besoek aan Amerika (1830). Dit is die Amerika waarna almal opgekyk het en wat die Japanese leierskap daartoe gemotiveer het om hul Samorai baarde af te skeer en Japan te moderniseer. Hierdie is dieselfde vryheidseienskappe wat deur Max Weber beskryf word as die “Protestant Work Ethic”.

Die afgelope 100 jaar het ons samelewing meer en meer begin opkyk na die staat om van die wieg tot die graf vir sy burgers te sorg. Daar is twee redes hoekom hierdie neiging nie goed is nie:

  • 1 Sam 8 wys uit dat die HERE ons koning moet wees en dat ‘n messiaanse gesentraliseerde staat tot onderdrukking sal lei
  • Die mens is van nature sleg (weens die sondeval) en ‘n gesentraliseerde staat kan deur magsugtige heersers misbruik word. Dit sal dan tot nadeel wees van almal. In die geskiedenis het ons byvoorbeeld gesien dat heersers hul onderdane sien as:
    • mense op wie eksperimente gedoen kan word: “People in the camps were used as guinea pigs in hunger experiments. In one case flour was mixed with 30 percent paper paste in bread to study the effects on digestion, while in another study marsh plankton were mixed with rice water. The first experiment caused atrocious constipation throughout the camp, which caused many deaths. The second also caused much illness, and many who were already weakened ended up dying”2
    • pione wat na willekeur doodgemaak kan word ” ‘All we need to build our country is a million good revolutionaries. No more than that. And we would rather kill ten friends than allow one enemy to live’. Such statements by the Khmer Rouge were commonplace at cooperative meetings and indeed they put this genocidal logic into practice.”3

Vandag sug ons oor die staat wat meer en meer in ons lewens inmeng en besluite neem wat in stryd staan met wat ons glo en dink. Hierdie waarneming van De Torqueville oor die snaakse Amerikaners moet ter harte geneem word. Christen Afrikaners moet verantwoordelikheid vir hul eie lewens neem. Moenie vir die burokrate wag nie. Doen wat jy self kan. Natuurlik is “doen dit self” sonder die HERE nutteloos (Ps 127) – maar dit beteken nie dat ons daarom nie self moet probeer om ‘n verskil te maak nie. Dit is tog “Ora et labora”. Stig die komitees en werk en bid vir ‘n nuwe reformasie waar Afrikaners die HERE vry en in Afrikaans kan aanbid en tot sy eer kan arbei.

  1. https://pocketcollege.com/transcript/RR178A2.html?fbclid=IwAR39EHLHeLlGspAuvka2clCDhf9pbWbFoKF8qdGpTqgNDIDDA28oN7BDsa4 ↩︎
  2. The Blackbook of Communism, Courtois S, 1999, Harvard Univercity Press, p494 ↩︎
  3. The Blackbook of Communism, Courtois S, 1999, Harvard Univercity Press, p608 ↩︎

Die “Sparkle Creed” en die probleem van die “woke” beweging

Melkweg skoonheid

Ons leef in ‘n vreemde wêreld: ‘n Wêreld waar mans blykbaar vroue kan wees en jy die buitestaander is as jy dink dis belaglik. Ons leef in ‘n wêreld waar jy ‘n goeie sin vir humor moet hê om nie soos die monnike van ouds êrens op ‘n berg te gaan wegkruip totdat die sirkus van die 21ste eeu weer buite die dorp is nie.

Dis hierdie sirkus-wêreld wat onlangs vir ons die sogenaamde “Sparkle Creed” gelewer het (ja, jy het daai naam reg gelees). Hierdie belydenis (as dit só genoem kan word) het al die eienskappe van ‘n Babylon Bee grappie. Maar ongelukkig is dit geen sarkastiese grappie nie: Dis die dood-ernstige poging van die “woke kerk” om hul ideologie in die vorm te giet van die Apostoliese Geloofsbelydenis.

Ek wil graag in hierdie artikel die “Sparkle Creed” bespreek en wys hoe dit een van die groter probleme van die “woke” beweging uitbeeld.

Die “Sparkle Creed”

  • “I believe in the non-binary God whose pronouns are plural.
  • I believe in Jesus Christ, their child, who wore a fabulous tunic and had two dads and saw everyone as a sibling-child of God.
  • I believe in the rainbow Spirit, who shatters our image of one white light and refracts it into a rainbow of gorgeous diversity.
  • I believe in the church of everyday saints as numerous, creative, and resilient as patches on the AIDS quilt, whose feet are grounded in mud and whose eyes gaze at the stars in wonder.
  • I believe in the call to each of us that love is love is love, so beloved, let us love.
  • I believe, glorious God. Help my unbelief. Amen.”1

In Junie 2021 (tydens die sg. “Pride” maand) is hierdie belydenis opgestel deur Rachel Small-Stokes, ‘n “queer” vroulike dominee van die United Church of Christ in die VSA2. Dit het groot opspraak gemaak toe dit voorgehou is in ‘n uitgesaaide erediens onder leiding van Anna Helgen, ‘n vroulike dominee van Edina Community Lutheran Church – ook in die VSA3.

Pogings om die Skrif-gefundeerde teologie van die eeue te herinterpreteer binne ‘n raamwerk van identiteits-politiek is nie nuut nie. Reeds in die 20ste eeu het Feministiese teologie4 en Swart5 teologie kop uitgesteek en pogings aangewend om interpretasies te gee van die Skrif wat meer gedryf word deur interseksionaliteit en identiteits-politiek as enigiets anders. Maar dis moeilik om weg te kom van die gevoel dat ‘n nuwe laagtepunt bereik is met die Sparkle Creed.

‘n Basiese vraag, naas die vraag waarom iets vals is, is altyd waarom dit lelik is. Waarheid, goedheid en skoonheid (mooiheid) het ‘n geneigdheid om altyd op mekaar in te speel (dis nou maar net wat ‘n paar duisend jaar van teologiese denke al uit ervaring agtergekom het). Ek wil nou kortliks die skoonheid-dimensie van die “woke” beweging bespreek en antwoord waarom die “Sparkle Creed” nie net vals is nie maar ook lelik, laag en onaantreklik is.

Die dimensie van skoonheid

Mense is skepsels wat ‘n natuurlike strewe het na skoonheid. En daarmee bedoel ek nie dat hulle daarvan hou om hulself skoon te skrop met seep en waslap nie: Baie duidelik is daar ‘n paar mense op hierdie aarde wat nie daardie strewe het nie. Nee, ek verwys na die beginsel van skoonheid as die ou Afrikaanse vertaling van die Engelse woord, “Beauty.”

Dit is moeilik om die effek van ons verlange na skoonheid te onderskat. Ons dink nie baie daaraan nie, maar dit is dikwels een van die primêre dryfkragte in ons prosesse van besluitneming. Jy kan dit nie vermy nie: Jy kan dit nie ontken nie. Jy kan probeer om die verlange in jou te onderdruk – jy kan probeer om dit op bose maniere te versadig – maar jy kan nie wegkom van die onbetwisbare feit dat bykans alles van wie jy is en wat jy doen daardeur beïnvloed word nie.

Dit is nou maar eenmaal net ‘n feit dat selfs die koudste mensehart versmelt wanneer dit ‘n wynrooi sonsondergang sien. En die glinsterende prag van die nagtelike hemel laat selfs die grootste ateïste in verwondering staan. Mense soek skoonheid: Ons kuns, ons musiek en ons argitektuur – hoe verdraaid ook al – is die produk van hierdie soeke.

Dis hier waar die Bybelse konsep van die mens wat geskape is na God se beeld ons nogal help. Daar is natuurlik baie debatte oor wat presies dit beteken om na die beeld van God geskape te wees. Maar ten minste een van die implikasies behoort te wees dat ons geskape is met die doel om God se skoonheid – sy mooiheid – uit te leef en na te streef.

“o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water. Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien. Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.”
Psalm 63:2-4


Ons verlange na skoonheid en heerlikheid is dus onvermydelik. Soos die vier kinder-konings in Narnia die op ‘n jagtog is vir die Wit Takbok, so is die hele mensdom op ‘n jagtog na ware skoonheid.

Mens sien dit selfs op ‘n verdraaide manier in die Sparkle Creed. Die woke skrywers agter die belydenis het ‘n verdorwe idee oor skoonheid, maar mens sien hul poging om hierdie dimensie na vore te bring duidelik raak in frases soos “the rainbow Spirit, who shatters our image of one white light and refracts it into a rainbow of gorgeous diversity” en “whose feet are grounded in mud and whose eyes gaze at the stars in wonder.”

Die probleem wat ek met die woke beweging en die Sparkle Creed het is nie dat hulle soek na skoonheid nie: My probleem is dat hulle die skoonheid van God en sy skepping verruil het vir ‘n figuurlike hopie olifant-mis en hulle dink dis beter. En dis die volgende punt van hierdie artikel.

Hoe die woke beweging skoonheid gemis het

Een van die groot probleme met die woke beweging is dat hulle die skoonheid, lieflikheid en mooiheid van God en sy skepping heeltemal vuilsmeer. Hulle wil graag dink dat hulle in verwondering opkyk na die sterre – maar in werklikheid rol hulle in die modder saam met die varke.

Hier’s ‘n voorbeeld: Dink bietjie só aan die drag-koninginne wat die woke beweging nou voorhou as ‘n normale manier vir ‘n man om sy seksualiteit uit te leef. Is dít nou mooi? Is dit die skoonheid, diepte en lieflikheid van wat dit beteken om ‘n man te wees? Tog nie: Dit is afskuwelik. Natuurlik moet ons as Christene sulke mense met liefde en sagmoedigheid behandel. Maar ons mag nie sag wees in ons veroordeling van hul lewensstyl nie, veral nie wanneer hulle so ver begin gaan om kinders daarby te betrek nie.

Ons sien ook in die Sparkle Creed hoe die woke beweging die dimensie van skoonheid verdraai. Hierdie belydenis is duidelik in die styl van die Apostoliese Geloofsbelydenis, maar met ‘n belangrike verskil: Die Apostoliese Geloofsbelydenis vat die mees skone waarhede van die eeu-oue geloof van Christus se Bruid saam in ‘n paar sinne. Daarteenoor sit die Sparkle Creed met ‘n “fabulous tunic” ‘n “AIDS quilt” en die drie-maal heilige afgod van “love is love is love.”

Die fundamentele rede waarom die woke beweging se Sparkle Creed lyk soos ‘n mishoop langs die heerlikheid van die Apostoliese Geloofsbelydenis is omdat skoonheid nooit geskei kan word van waarheid nie. Die Apostoliese Geloofsbelydenis het ‘n diepte en ‘n rykdom wat die toets van millennia deurstaan het. En dit het hierdie diepte en rykdom omdat dit staan op die fondasie van die waarheid van God se Woord.

Plus minus 1900 jaar gelede het gelowiges al begin om hul geloof te bely met ‘n weergawe van die Apostoliese Geloofsbelydenis. En as die HERE wil sal ons nageslagte 1900 jaar van nou af steeds hul geloof bely met hierdie kosbare woorde. Waar sal die Sparkle Creed dan wees? Die Apostoliese Geloofsbelydenis het eeue van dwaalleer, sosiale konflik en oorloë deurstaan. Dit het al menige koninkryke oorleef! Is die Sparkle Creed van dieselfde soort duursaamheid gemaak? Ek dink nie so nie.

Ons antwoord vir die woke beweging

Ons, as Christene, moet die tye ken. Of beter gesê: Ons moet die monsters van die tye ken. En die monster van ons tyd is sonder twyfel die woke beweging. Dis nodig vir ons om ons wapenrusting aan te trek en hierdie monster aan te durf in die geloof. Ons moet die swaard uit die skede trek, die skild voor ons borste vasdruk en hierdie draak se kop afkap.

In praktyk beteken dit, ons moet evangeliseer. Ons moet met die woke mense by die werk gesels oor Jesus Christus.

Hoekom? Wat het Jesus met dit te doen?

Wel, Hy is die skoonheid waarna hulle en ons almal soek. Kolossense 1:27 praat van Jesus as “die hoop van [ons] heerlikheid.” Hy is die Een op wie ons hoop vir heerlikheid en skoonheid: Hy is die Een wat heerlikheid en skoonheid vir ons bring. “Hy is die Beeld van die onsienlike God” (Kol. 1:15) en daardie God, wat Jesus uitbeeld hou lieflikhede in sy regterhand, vir ewig (Ps. 16:11).

So waar gaan jy skoonheid kry? Waar gaan jy eer en heerlikheid en lieflikheid en mooiheid kry?

By die God-Man wat aan die kruis gehang het vir jou sondes. By die Een waarvan die Apostoliese Geloofsbelydenis praat:

  • “… Ek glo Jesus Christus sy [die Vader se] eniggebore Seun, ons Here;
  • wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;
  • wat gely het, onder Pontius Pilatus gekruisig, gestorwe en begrawe is en ter helle neergedaal het;
  • wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood,
  • opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God die almagtige Vader
  • vanwaar Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel….”

Daar is die antwoord op die woke beweging. Daar, in die hemel, daar sit Hy. Ware heerlikheid, ware skoonheid, ware heiligheid. Ons Here en ons God. Hy is die antwoord vir die woke beweging.

NOTAS:

  1. https://twitter.com/JoelWBerry/status/1673844685608026113?s=20 ↩︎
  2. https://twitter.com/WokePreacherTV/status/1673759256263430144 ↩︎
  3. https://religionunplugged.com/news/2023/7/20/a-new-interpretation-of-faith-the-story-behind-the-lgbtq-inclusive-sparkle-creed ↩︎
  4. https://www.thegospelcoalition.org/essay/feminist-theology/ ↩︎
  5. https://en.wikipedia.org/wiki/Black_theology ↩︎

Goeie samelewings en skynheiligheid

“Voltaire… refused to allow his friends to discuss their unbelief in the presence of his servants. He would silence them when the servants were going to come in with refreshments because he said, ‘If they believe there is no God, then they will slit my throat and rob me of everything because there is no judge beyond the universe to judge them in due time.’”[1]

Voltaire demonstreer vir ons die skynheiligheid en bankrotskap van die wêreldbeeld waarop ons hedendaagse samelewing gebou is. Aan die een kant vertel humanistiese filosowe, soos Voltaire, vir ons dat God nie bestaan nie en daarom dat moraliteit arbitrêr en onwerkbaar is, maar aan die ander kant wil hulle die goeie vrugte van ʼn Godvresende en moreelgefundeerde samelewing hê.

Die afgelope 250 jaar het hierdie goddelose wêreldbeeld se doodsvrugte (Matt 7) duidelik geword:

  • 3.5 miljoen mense dood a.g.v. die Franse Rewolusie en die nagevolge[2]
  • 100+ miljoene mense dood in naloop van die Russiese Rewolusie [3]
  • 73 miljoen babas vermoor deur aborsie elke jaar[4]
  • Die Weste is besig om in te plof en boeke met titels soos “The Rise and Fall of the West”[5] en “Death of the West”[6] begin te verskyn

In die 1860’s was daar stamme in die Suid-See eilande noord van Nieu-Seeland wat gedurig in stamgevegte betrokke geraak het. Hulle het niks daarvan gedink om vriend en vyand met ‘n knuppel dood te slaan en dan hul liggame op te eet nie. Hulle het geglo dat hulle liggame die krag van jou vyand opneem en jou sterk maak. John Paton was ‘n Presbiteriaanse predikant en mediese doktor wat vanaf die 1860’s vir 30 jaar sendingwerk onder hierdie eilandbewoners gedoen het. Menigmaal moes hy vir sy lewe vlug. Ander sendelinge is vermoor, maar John het moedig die evangelie tydig en ontydig verkondig. Na baie jare rapporteer hy as volg oor sy werk:

“Die eerste spore van ‘n nuwe sosiale orde het sigbaar geword. Al die inwoners, jonk en oud, het nou skool bygewoon ! Diefstalle, rusies, misdade, is nou nie meer besleg deur die knuppel nie, maar deur boetes of lyfstraf, soos ooreengekom deur die hoofmanne en hul mense. Alles was vinnig en seker besig om “nuut” te word onder die invloed van die suurdeeg van Jesus. Nywerheid het toegeneem. Hutte en plantasies was veilig. Vroeër het elke man op reis al sy waardevolle besittings saam met hom gedra, nou is dit veilig, by die huis gelos. In heidense dae, daarenteen, sou broeihenne of ‘n werpsel varke in sakke gedra word sodat hulle nie gesteel sou word nie. Daarom het ons by die kerk soms luidrigtige episodes gehad, die tjirp van kuikens, die gil van varkies en die geblaf van hondjies. Die een het vrolik op die ander gereageer terwyl ons gesing, of gebid het, of die Evangelie verkondig!… Die inboorlinge het hierdie chaos lastig en onaangenaam gevind. Hulle het ‘n Algemene Vergadering belê, waarop oneerlikheid eenparig veroordeel en boetes ingestel is. Die hoofmanne het dit ongetwyfeld ‘n lang en moeilike taak gevind, maar hulle het onder die inspirasie van die Evangelie volhard en die oorhand gekry. Selfs die beproewinge en moeilikhede waarmee hulle te kampe gehad het, is deur God gebruik, deur hulle te help om deur die lig van hul eie ervaring ‘n eenvoudige kode van sosiale wette te vorm. Dit was geskik om die misdade wat daar heers te onderdruk, en om die deugde aan te moedig wat spesiaal nodig is, is gekweek. Heidense aanbidding is geleidelik uitgewis; en alhoewel niemand verplig was om kerk toe te kom nie, het elke persoon op Aniwa, sonder uitsondering, oor baie jare aanbidders van God geword.”[7]

Ons Germaanse voorgeslagte was net soos hierdie Aniwawese heidene gewees. Die Grieke het vir ons opgeteken hoe ons voorgeslagte was:

“Barbare kan nie logies dink of doen nie. Teologiese geskille is vir hulle Grieks… Barbare word gedryf deur bose geeste; besete met demone wat hulle dring om die verskriklikste dade te pleeg… onbekwaam om volgens geskrewe wette te lewe en onwillig toelaat dat konings hulle regeer… Hulle lus vir goud is ontsaglik, hul liefde vir drank grensloos. Barbare is sonder perke… Alhoewel hulle oor die algemeen aantreklik lyk, het hulle aaklige persoonlike higiëne… Hulle voortplantings energie is onuitputlik… As ‘n barbaarse volk teruggedryf of verwoes word, dan kom ‘n ander een uit die Duitse moerasse en woude na vore…”[8]

Die Germaanse Christelike volke, insluitend die Afrikaner, het hul rug op God gedraai. Ons is weer oppad daarheen om volke te word wat wild en woes en goddeloos is. Ons maak mekaar dood, ons dood ons ongebore kinders. Ons herdefinieer die gesin om onbybels te wees. Ons goddelose dade wys dat ons nie die HERE se oordeel vrees nie. Vir ons is die inploffing van die voormalige Christelike Weste ‘n toevalligheid.

Die oplossing is om weer terug te keer na die Evangelie wat deur getroue predikante soos John Paton verkodig word. Afrikaners moet op hul kneë gaan en weer die ware God aanbid en ons instellings inrig volgens die Bybel… Dan sal dit weer goed gaan. Dan sal Deut 28 se seëninge weer vir ons waar word. Dit gaan nie help om soos Voltaire die uiterlike voordele van Godsaligheid na te strewe sonder die innerlike geloof nie. Daar sal moet bely word dat die sondeval ons almal teister en dat gedurig gewaak moet word teen die sonde. Diepgaande bekering is nodig.

1. https://pocketcollege.com/transcript/RR161CT178.html

2. https://gwonline.unc.edu/node/11684#:~:text=The%20estimated%20total%20number%20of,%E2%80%9315)%20ended%20the%20conflict.

3. The Black book of Communism, Courtois S et al, Hardvard University Press, 1999, p. 4

4. https://www.guttmacher.org/fact-sheet/induced-abortion-worldwide

5. Kevin Swanson

6. Pat Buchanen

7. Thirty years with South Sea Cannibals, 1927, Paton JG, Hodder & Stoughton London, p167-168

8. Herwig Wolfram, The History of the Goths, p 6-7