Live not by Lies

Boekopsomming deur FA v Deventer van Rod Dreher se boek met dieselfde titel.

Almal het gedink dat die einde van diktature en onderdrukking

Alexandr Solzhenitsyn aangebreek het na die ontbinding van die Sowjet Unie op 25 Desember 1991. Maar in 2015 ontvang Rod Dreher ’n angstige oproep van ’n mediese dokter (Dr. John Schirger) wat vertel dat sy Tseggoslowaakse moeder hom sy hele lewe gewaarsku het teen die gevare van diktature. Die dokter was bekommerd dat die Weste besig is om in ’n diktatuur te verander. Rod het sederdien verskye onderhoude gevoer met emigrante van voormalige Oosbloklande wat gevlug het van Kommunistiese diktature. Hulle uitsprake was altyd dieselfde: “Die VSA en Weste is besig om na ’n diktatuur te beweeg”. Rod Dreyer het die boek Live not by Lies geskryf na hierdie onderhoude en het die titel gebaseer op Alexandr Solzhenitsyn se geskrif met dieselfde titel. Dit is daarom ook nie verbasend dat Alexandr Solzhenitsyn se seun (Ignat) ’n aanbeveling vir hierdie boek geskryf het nie.

Alexandr was die Sowjet kritikus wat uit sy Russiese vaderland verban is, nadat hy tien jaar in konsentrasiekampe deurgebring het en verskeie werke geskryf het wat krities was oor Kommunisme. Die laaste strooi was sy opstel “Live not by Lies”. Hierin daag Solzhenitsyn die idee uit dat die Sowjet Totalitêre Stelsel so magtig is dat gewone mans en vroue dit nie kan verander nie. Hy sê dat die voortbestaan van die totalitêre stelsel op die fondament staan dat mense nie die leuens waarop dit gebou is, nie kan uitdaag nie. Hy sê dit is nonsens: Moet nooit bewustelik leuens ondersteun nie! Jy kan dalk nie die moed hê om in die openbaar te sê wat jy glo nie, maar jy kan ten minste bevestig wat jy nie glo nie.

Rod Dreyer is die redakteur van The American Conservative. Hy is ’n Amerikaner, is getroud met Julie en hulle het drie kinders. Rod het ook die boek The Benedict Option geskryf waarin hy pleit dat Christene afsonderlike konfederale gemeenskappe (soorgelyk aan Trinity Presbyterian Church in Charlottesville) skep, los van die huidige Sekulêre samelewing om sodoende die Westerse beskawing te behou – veral t.o.v. “sex, mariage and gender”. Hierdie opsie is vernoem na Benedict van Nursia (480 – 547 nC) wat na die val van Rome (476 nC) juis sulke afsonderlike gedesentraliseerde gemeenskappe bevorder het.

Live not by Lies bestaan uit die volgende dele:

  • Inleiding
  • Verstaan van Sagte Totalitarisme
    • Kolaković die profeet
    • Ons voor totalitêre kultuur
    • Progressiwiteit as godsdiens
    • Kapitalisme as “Woke and Watchful”
  • Hoe om in waarheid te lewe (How to Live in Truth)
    • Koester die waarheid bo alles
    • Ontwikkel en bewaar kulturele geheue
    • Gesinne is weerstandselle
    • Godsdiens is die fondament van weerstand
    • Staan in solidariteit
    • Die geskenk van lyding
  • Gevolgtrekking : Lewe nie volgens leuens nie

Een van die mense waarmee Rod ’n onderhoud gevoer het, het opgemerk:

I was born and raised in the Soviet Union, and I’m frankly stunned by how similar some of these developments are to the way Soviet propaganda operated”1

Die ou vorm van totalitarisme het ’n visie gehad hoe die wêreld moet lyk en dit het vereis dat die Christendom uitgewis moet word. Die nuwer sagter vorm van totalitarisme vereis dit ook, maar ons is tans onbekwaam om hierdie baie meer skelm vorm teen te staan2.

Die Weste het post-Christen geword en die groot meerderheid van hulle wat na die 1980’s gebore is verwerp godsdiens en geloof. Dit beteken dat hulle Christene sal teenstaan as ons ons beginsels soos tradisionele gesin, manlik en vroulike rolle en die heiligheid van die lewe wil verdedig. Meer nog sal hierdie nuwe goddelose geslag nie eens verstaan hoekom hulle eerder hierdie “afwykende standpunte” moet verdra nie3.

In die Sowjet Era het die totalitarisme vereis dat jy die Kommunistiese Party moet liefhê en dit is deur die staat afgedwing. Vandag se totalitarisme is ’n stel progressiewe oortuigings. Baie hiervan is teenstrydig met die Christelike geloof. Vandag se totalitarisme dwing gehoorsaamheid af deur die elites wat openbaringe mening vorm en privaat korporatiewe instellings [dink hier aan Youtube, Facebook, Instagram, Twitter, CNN, MSCN ens]. Hulle beheer ons lewens deur tegnologie baie meer as wat ons sal wil erken4.

Ons hedendaagse kultus van “social justice” (Social Justice Warriors of te wel SJW) identifiseer spesifieke sosiale groepe as die verdrukkers (die swart skape) en skree vir hul onderdrukking om sodoende geregtigheid te laat seëvier teenoor die verdruktes, die verontregtes. Hierdie SJW het begin as liberales wat ’n erbarming het vir die verontregtes, maar eindig op as mense wat outentieke liberalisme verwerp en lyk baie soos Bolshevisme — soos die Sowjet vorm van Kommunisme oorspronklik genoem is.

René Girard het profeties gewaarsku: “The current process of spiritual demagoguery and rhetorical overkill has transformed the concern for victims into a totalitarian command and a permanent inquisition.”5

M.a.w. die mense wat Kommunistiese verdrukking oorleef het agter die Ystergordyn waarsku ons teen hierdie nuwer totalitarisme wat liberalisme omvorm in ’n sagter terapeutiese vorm van totalitarisme6.

Dit is nie Orwell se 1984 vorm van totalitarisme waarheen die Weste besig om te beweeg nie, maar eerder Aldous Huxley se Brave New World. Soos wat James Poulos dit noem: The Pink Police State: an informal arrangement in which people will surrender political rights in exchange for guarantees of personal pleasure.”

Die sagte totalitarisme wat ons vandag teister word soos volg beskryf: “Under the guise of ‘diversity’, ‘inclusivity’, ‘equality’, and egalitarian jargon, the Left creates powerful mechanism for controlling thought and discourse and marginalizes dissenters as evil7

Rod maak dan die opmerking dat die Kulturele Rewolusie wat die Weste tans oorspoel baie meer radikaal is as die 1917 Sowjet Rewolusie:

Cultural revolution of the West is far more radical than the 1917 Soviet Revolution because for the first time humankind is seeking to create a civilization based on the negation of any binding transcendent order. It purports to be setting individuals free to pursue hedonism and individualism (p12)… Christianity (and all other forms of religion) is devolving into a watery spirituality which could accommodate anything. In this culture the great sin is to stand in the way of the freedom of others to find happiness as they wish. This goes hand in hand with the sexual revolution, which, along with ethnic and gender identity politics, replaced the failed economic class struggle as the utopian focus of the post 1960s radical left. These cultural revolutionaries found an ally in advanced capitalism, which teaches that nothing should exist outside of the market mechanism and its sorting of value according to human desires (p13).

Christian resistance on a large scale to the anti-culture has been fruitless, and is likely to be for the foreseeable future. Why? Because the spirit of the therapeutic has conquered the churches as well — even those populated by Christians who identify as conservative. Relatively few contemporary Christians are prepared to suffer for the faith, because the therapeutic society that has formed them denies the purpose of suffering in the first place, and the idea of bearing pain for the sake of truth seems ridiculous (p13).”

In Owell se 1984 praat hy van “The [Communist] Party told you to reject the evidence of your eyes and ears [Newspeak]. It was their final, most essential command… Doublethink where one have to hold two contradictory beliefs in one’s mind simultaniously.

In die Sowjet Unie het die brutale polisiestaat die party se wil, soos verwoord in Orwell se 1984, afgedwing. In vandag se sagte totalitêre diktatorskap is dit die media, akademici en korporatiewe maatskappye en instellings wat ons dwing om ons eie sintuie te ontken (Newspeak) en om teenstrydighede (Doublethink) te glo. Byvoorbeeld:

Men have periods. The woman standing in front of you is to be called ‘he’. Diversity and inclusion means excluding those who object to ideological uniformity. Equity means treating persons unequally, regardless of their skills and achievements, to achieve an ideologically correct result.”8

Solzhenitsyn sê dat om nie volgens leuens te lewe nie beteken om9:

  • Nie enige iets te herhaal, te skryf, te bevestig of te versprei wat die waarheid verdraai nie.
  • Nie deel te neem aan ’n optog of betoging of gemeenskaplike aksie nie, behalwe as jy totaal oortuig is van die doelwit.
  • Nie deel te neem aan ’n vergadering waar die bespreking geforseerd is en jy nie die waarheid mag uitspreek nie.
  • Nie vir ’n kandidaat of voorstel te stem wat jy as twyfelagtig of onwaardig beskou nie.
  • Weg te stap van ’n byeenkoms sodra die spreker ’n leuen uiter, ideologiese nonsens kwytraak of blatante propaganda verkondig
  • Nie enige joernalisme ondersteun wat die onderliggende feite verdraai of wegsteek nie.

Om te kan verstaan hoekom dit vir ons vandag lyk of die Weste net eenvoudig verkrummel voor die aanslag van sagte totalitarisme kyk Rod Dreher na wat gebeur het in die Sowjet Unie en hoe dit gebeur het dat Rusland in 1917 Marxisme omarm het ten spyte daarvan dat Europese Marxiste van mening was dat Rusland baie ver weg was daarvan om ’n rewolusie te ondergaan10. Hy kyk ook na hoe Duitsland ingesluk is deur die Nasionale Sosialistiese Dikatatuur van die 1930’s en 1940’s en hoe Oos Europa na die Tweede Wêreld Oorlog (WO II) Kommunisties geword het.

Rod Dreyer wys op die volgende wat dit gunstig gemaak het vir totalitarisme11:

  • n Samelewing bestaande uit radikale individualisme waar geïsoleerde en lostaande individue nie betekenis buite hulself meer raaksien nie.
  • Die induiestorting van enige vetroue in Instellings en Hiërargieë
    Vir gewone Russe was hulle net eenvoudig moeg vir al die flaters van die Tsarregering en bereid om enige iets anders te probeer – veral iets soos Marxisme wat hemel op aarde beloof het na ’n kortstondige bloedige konfrontasie. Hulle was moeg dat Rusland al hoe verder agter geraak het in vergelyking met geïndustraliseerde Europa. Moeg daarvoor dat baie mense doodgegaan het in die hongersnood van 1891-92. Hulle was moeg daarvoor dat Rusland verneder is in oorloë met Japan (1904) en Wêreld Oorlog I (WO I, 1914). Rod Dreher wys dan daarop dat in die Weste die bevolking lankal moeg is vir die politici en van mening is dat alle politieke partye bevolk is deur idiote. Selfs in die VSA het Gallup bevind dat Amerikaners vertroue in hul instellings – polities, media, godsdienstig, regsgeleerdheid, medies en korporatief verloor het. Vertroue is die laagste in die geskiedenis. Die katostrofale reaksie op die COVID19 pandemie deur die regerende elites in die Weste is soortgelyk aan die voor-rewolu-sionêre Russiese regering se flaters. Bg. Geld ook vir Nazi Duitsland wat moeg was na die chaos van WO I en Oos Europa wat net eenvoudig uitgeput was na WO II.
  • Die begeerte om normes en waardes te oortree en te vernietig.
    Daar word niks daarvan gedink om seksueel losbandig te wees en enige norme van ordentlikheid oorboord te gooi nie. Post WO I skrywers, kunstenaars en elites het ordentlikheid by die venster uitgegooi om hul minagting vir die hiëragië en instellings te wys. Dieselfde het gegeld in Rusland in 1905 toe seksuele losbandigheid en afwykende gedrag hoogty gevier het. Nadat sensuur afgeskaf is, het erotiese literatuur die hele landskap oorspoel. Die parallelle kan maklik raakgesien word in ons dag (2021).
  • Die bereidheid om propaganda en nuttige leuens te glo ter wille van ideologiese doelwitte bv. Ten spyte daarvan dat historici onbetwisbaar bevestig het dat die NY Times se 1619 Project nonsens is, het die projek se regiseur die Pulitzer prys verower. Project 1619 het beweer dat Amerikaanse Patriote vir onafhanklikheid van Brittanje geveg het om sodoende slawerny te kon voortsit.
  • Versugting na ’n Ideologie wat betekenis vir mense se lewens gee en vir hulle vertel hoe om te lewe.
    In Sowjet Stalinistiese Rusland (1930’s) is daar baie voorbeelde waar getroue kommuniste bereid was om onregmatig ter dood veroordeel te word en dit eerder met vreugde aanvaar het as om te erken dat kommunisme ’n leuen is. Vir mense wat desperaat is om te glo, is totalitêre ideologie baie meer kosbaar as selfs die lewe.
  • n Samelewing wat lojaliteit hoër ag as vaardighede.
    Totalitarisme verkies eerder ombekwame en dwase indiwidue bo kreatiewe en intelligentes, want dit verseker die ondersteuning en voortbestaan van die totalitarisme. In Suid Afrika ken ons hierdie verskynsel by die naam van “cadre deployment”.

Die tweede deel van die boek is baie meer prakties wanneer dit spesifieke maniere uiteensit hoe om “volgens die waarheid te lewe”. Dit lys die volgende:

  • Koester die waarheid bo alles

    Die voormalige Tjeggiese president, Václav Haval het net soos Solzhenitsyn die frase “lewe volgens die waarheid” gebruik om weerstand te bied teen totalitêre kommunisme. Hy moes etlike jare in die tronk deurbring weens sy geskrifte teen kommunisme voordat dit tot ’n val gekom het en hy in 1989 president geword het. Rod Dreher noem die volgende punt om die waarheid te koester en sodoende stukkie vir stukkie die mag van die totalitêres te verbreek:
    • Leef onafhanklik van die kopknikkende skare Dit kan beteken dat jy soos die Kaleda’s12 van Rusland [of die Wertmann’s13 jou kinders uit die staatskool uithaal en] nie na die staatsekwavilente van die Hitler Jeug of Kommunistiese Jeug stuur nie.
      Dit kan beteken dat jy en jou kinders geleenthede kan mis of selfs nie universiteit toe mag gaan nie. Maar op die langtermyn sal dit beter wees vir almal.
      Kirill Kaleda sê dat baie anti-kommunistiese gesinne hulle kinders eerder die natuurwetenskappe laat studeer het om sodoende die besoedeling deur ideologie so ver as moontlik te beperk. Kirill Kaleda het geweier om aan te sluit by die Kommunistiese Jeug wat beteken het dat hy nie toegelaat is om oorsee te reis nie. Hy kon gevolglik ook nie die wêreldreis waartoe hy as student uitgenooi is, onderneem nie14.
      Of soos Yuri Sipko wat as Baptis in Kommunistiese Rusland nie die kenteken waarop Lenin se kop was, gedra het nie. Hierdie kenteken is aan alle jeug gegee. Hy vertel: Just because they were Baptists, the state was willing to take away their kids and send them to orphanages. These believers were unable to find jobs. Their children were not able to enter universities. And still they believed”15
    • Verwerp Doublethink en veg vir vryheid van spraak Dit is noodsaaklik dat individue kan sê wat hulle dink. Jy moet daarteen waak dat jy jou eie denke wegsteek en nie uiter nie omdat jy bang is dat jy bespot of geviktimiseer word. Deur jou denke weg te steek, is jy juis al reeds besig met Doublethink. Doublethink is baie gevaarlik want stilswyende kopknikking op die amptelike naratief onketen Doublethink in jou verstand. Jy het dan reeds toegelaat dat jou verstand geketting word.
    • Verstandige waarheidsvertelling is noodsaaklik – weeg elke situasie Kies die gevegte waar jy moet staan en val vir die waarheid baie wys. Party gevegte is nie die moeite werd nie.
      Do your best not to be party to the lie — not for the sake of professional advantage, personal status, or any other reason. Sometimes you will have to act openly to confront the lie directly. Other times you will fight it by remaining silent and withholding the approval authorities request.16
  • Ontwikkel en bewaar kulturele-geheue Dit is belangrik om die verlede te onthou om te verhoed om die lesse van die geskiedenis te herhaal. Belangrik om totalitêre tragedies soos Nasionale Sosialisme en die Wêreldoorlog wat dit tot gevolg gehad het te onthou. Om van Kommunisme in die Sowjet Unie en Oos Europa te weet en al die konsentrasiekampe en verdrukking wat daarmee gepaard gegaan het. Om te onthou hoe Christene in Oos Europa en die Sowjet Unie [en ook in Afrika] vir hul geloof vervolg is en opgesluit is en vermoor is. Dit is ook belangrik om te weet hoe hulle daarin geslaag het om die totalitarisme teen te staan en te oorwin. “No culture, and no person, can remember everything. A culture’s memory is the result of its collective sifting of facts to produce a story — a story that society tells itself to remember who it is. Without collective memory, you have no culture, and without a culture, you have no identity.”17 Laura Nicolae wys op die gevare in die VSA se Harvard wat die volgende geslag leiers van die vrye Weste oplei in dit wat belangrik is om te onthou en wat nie belangrik is nie. Die gevaar is die modernisme wat die elites en intellektueles se denke oorheers en ook aan die volgende geslag geleer word. Dit bevat die saad van geheue-verlies, want dit leer dat daar geen vaste waardes en waarhede is nie. Dit leer dat dit slegs die hier en nou is wat belangrik is18. Seminare moet gereël word waar geskiedenis en die betekenis van gebeure deurgetrap word en aan die volgende geslag vertel word. Dit is wat in Oosblok lande gebeur het in hul stryd teen Kommunisme daar.
  • Gesinne is weerstand-selle

Jerzy Popieluszko het ’n nasionale held geword in 1984. Hy was die kapelaan van die Poolse Solidariteit Unie en was uitgesproke teen die Poolse Kommuniste se kriminaliteit. Verskeie pogings van die Poolse Kommunistiese Geheime Polisielede om hom te vermoor het misluk, maar hul laaste poging was suksesvol en hulle het sy lewelose lyk in ’n rivier gegooi. Amper ’n miljoen mense het sy begrafnis bygewoon. Die kurator van die Popieluszko museum wys ’n foto van Jerzy Popieluszko se moeder en vertel dan dat Jerzy ’n eenvoudige gelowige was met min aansien, gemiddeld in sy klas gevaar het en van ’n onaansienlike dorpie gekom het. Daar is ’n nota geskryf deur Jerzy se broer wat sê: “Elke dag het ons saam met ons moeder saam om hierdie tafel gebid.” Die kurator merk dan op: “Alles het begin met hulle as gesin wat saam gebid het in ’n onaansienlike dorpie in die middel van nêrens… dít is die hele krag van hierdie man en wat ons nodig het vir ons identiteit vandag.”19

In die sagte totalitêre tyd waarin ons leef moet gesinne doelbewus kontra-kultuur wees. Huisgodsdiens ook saam met ander is noodsaaklik. As jy die kerk, die gemeenskap en die volk wil dien, dan moet jy eers binne die gesin leer om mekaar daar te dien. Die volgende beginsels word genoem om sterk gesinne te bou20:

  • Vorm die kinders om morele moed te hê
  • Vul die kinders se morele denke met die goeie deur vir hulle voor te lees sodat hulle kan onderskei tussen die waarheid en leuen in die werklike lewe.
  • Moenie bang wees om deur die samelewing as vreemd gesien te word nie
  • Wees voorbereid as gesin om groot opofferings te maak ter wille van die groter geheel
  • Leer die kinders dat hulle deel is van ’n groter beweging met ’n gemeenskaplike doelwit
  • Beoefen gasvryheid en wees van diens aan ander.
  • Godsdiens is die fondament van weerstand Godsdiens is die fondament van weerstand teen totalitarisme, want ’n mens kan nie net teen alles wees wat sleg is nie — ’n mens het nodig om VIR iets ook te wees. Hierdie is die kern van wat godsdiens bring teen anti-totalitêre weerstand: dit gee die rede om selfs jou lewe af te lê. So byvoorbeeld het die Tjeggoslowaak Silvester Krčméry21 die jarelange gevangeniskap, marteling en vernedering kon deurstaan deur sy geloof te beoefen en ander te evangeliseer. Hy het skrifdele gememoriseer uit ’n ingesmokkelde Bybel en dan gemediteer oor hierdie dele terwyl hy gemartel is.
    Prof Parkinson is ’n Evangeliese Christen wat die verdrukking van die 1980’s in Slowakye deurgemaak het en eerstehands die geestelike krag van die ondergrondse kerk ervaar het. Hy sê : “Die gelowiges het in daardie tyd ’n alternatiewe wêreldbeskouing van ware hoop gebied… Die hoof doelwit was om die Bybel elke dag te lees en te bid vir die vervolgde kerk teen nege uur die aand. Hulle het baie opgeoffer om in klein Bybelstudie en gebedsgroepe te vergader. Sekuriteit moes noodgedwonge baie streng wees, maar God het hulle op wonderlike wyses beskerm.”22
    Pokov vertel dat hy die Sowjet lewe as leeg ervaar het en nadat hy The Stranger van die ateïs Camus gelees het, het hy meer en meer gedink dat hy by die Christene moet aansluit. Hy het gehoor dat daar mense oor Christenskap praat en vergader en het die vergaderings begin bywoon. Natuurlik het die KGB ook daarvan gehoor, maar hy het in elkgeval dit bygewoon ten spyte van die risiko’s. Hy sê: “To have a living connection to Christ, it’s like falling in love. You suddenly feel something you haven’t felt before, and you’re ready to do something you’ve never done before”23
  • Staan in solidariteit In Slowakye het die gelowiges klein gemeenskappe gestig wat saam gebid het, saam gesing het, gemeenskap van die heiliges beoefen het, die Bybel gelees het en onwettige literatuur (samizdat) bestudeer het. Hierdie literatuur is met ’n ingesmokkelde geheime drukker gedruk. Hierdie gemeenskappe het aangegroei oor dekades en teen 1988 het hulle ’n kerseprotes in Bratislava gereël en gebid vir godsdiensvryheid en burgelikevryhede. Die kommuniste het probeer om wal te gooi maar binne twee jaar was kommunisme in Slowakye op ’n einde24. Die ondergrondse gemeenskappe en gewone gelowiges het die geloof aan die gang gehou en ’n verskil gemaak. Die Kommuniste het die kerk en geloof probeer vernietig deur die predikante en predikers te teiken en hulle in die tronk te gooi. Die deurbraak het gekom toe gewone gelowiges net eenvoudig hierdie tronkvoëls se plekke begin inneem het en hulle skoene vol gestaan het25. Die Kommuniste het sestig jaar probeer om met terreur en geweld die geloof uit te wis, maar hulle kon nie. Hierdie groepe van gemeenskap van die heiliges het nie net verantwoordelikheid verskaf nie, maar het gelowiges ook ’n tasbare verbintenis gegee met die groter Liggaam van Christus. Rod Dreyer maak hierdie geldige punt vir ons vandag: “We desperately need to throw off the chains of solitude and find the freedom that awaits us in fellowship. The testimony of anti-communist dissidents is clear: Only in solidarity with others can we find the spiritual and communal strength to resist… Leaders of small groups must be willing and able to carry out catechetical, ministerial, and organizational roles normally performed by institutional church leaders who may be unable to do so under the law, or are too compromised in other ways to serve their proper function.”26
  • Die geskenk van lyding

[Romeine 5:3-4 “En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”]

Die ou vorme van totalitarisme het samelewings oorwin deur vrees vir pyn te gebruik. Ons hededaagse sagter totalitarisme maak tans gebruik van ons sugtinge na genietinge en vrees vir ongemak en ons persoonlike welwese om ons te oorrompel. Ons moet egter onder geen illusie verkeer dat indien ons nie nou bereid is om die klein opofferings te maak vir dit wat ons glo, dat daar nie ’n tyd sal kom waar ons soos die Christene agter die Ystergordyn in strafkampe gegooi sal word en in die loop van die laksman sal kyk nie. As ons nie bereid is om te ly en te sterf vir Christus nie, dan is dit alles maar net skynheiligheid27.

Rod Dreher sluit die boek af met hierdie oproep:

Ek hoop dat die getuienisse van die manne en vroue in hierdie boek jou oë laat oopgaan het. Maar om te sien is slegs die eerste stap. Dink na oor wat jy raaksien, vergader met ander en praat hieroor. Analiseer die feite en onderskei hoe jou geloof en oortuigings toegepas moet word op die situasie en tree op terwyl daar nog tyd is, CS Lewis het dit gestel dat vir Christene is die wêreld die vyandbesette gebied. “Christianity is the story of how the rightful king has landed, you might say landed in disguise, and is calling us all to take part in a great campaign of sabotage.” [Sabotasie soos uiteegesit in die woorde van 2 Kor 10:4-5 “die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus]

Die kulturele oorlog waarin ons ons tans bevind is grootliks reeds beslis — en dit lyk of ons “verloor” het. Die sekulariste se Groot Mars is vir eers hulle oorwinningsmars, Soortgelyk aan die Kommunistiese May Day marse in al die stede en dorpe van die voormalige Sowjet Unie (wat vandag nie meer bestaan nie).

Laat alle Christene wat die totalitêre vestings neerwerp, gehoor gee aan die opwekkingsroep wat Alexandr Solzhenitsyn in 1974 geskryf het met sy opstel ‘Live Not by Lies!’:28

And so: We need not be the first to set out on this path, Ours is but to join! The more of us set out together, the thicker our ranks, the easier and shorter will this path be for us all! If we become thousands—they will not cope, they will be unable to touch us. If we will grow to tens of thousands — we will not recognize our country!

But if we shrink away, then let us cease complaining that someone does not let us draw breath — we do it to ourselves! Let us then cower and hunker down, while our comrades the biologists bring closer the day when our thoughts can be read and our genes altered.

And if from this also we shrink away, then we are worthless, hopeless, and it is of us that Pushkin asks with scorn: Why should cattle have the gifts of freedom? Their heritage from generation to generation is the belled yoke and the lash.”

Laat ons skouer aan die wiel sit…

Eind Notas:

1xii

2xiii

3xiii

4p8 en p10-11

5p10

6p10

7xii

8p15

9p18

10Hoofstuk 2

11p30 – 41

12p100

13https://www.capemaycountyherald.com/community/faces_and_places/article_84ac67af-543b-5de7-ae1b-6bcf509778a3.html

14p101

15p103

16p108

17p114

18p115

19p148

20p135-145

21p152

22p156

23p159

24p170

25p172

26p143

27p185

28p213-213

Vryheid en “Doen dit self”

“These Americans are the most peculiar people in the world. You’ll not believe it when I tell you how they behave. In a local community in their country, a citizen may conceive of some need which is not being met. What does he do? He goes across the street and discusses it with his neighbor. Then what happens? A committee comes into existence, and then the committee begins functioning on behalf of that need, and you won’t believe this, but it is true! All of this is done without reference to any bureaucrat! All of this is done by the private citizens on their own initiative. Americans of all ages, all conditions, and all dispositions consistently form associations to give entertainments, to found seminaries, to build inns, to construct churches, to diffuse books, to send missionaries to the Antipodes. The help of a democratic society may be measured by the quality of functions performed by private citizens.”1

pocketcollege.com

Rushdoony haal hier aan uit ‘n brief wat De Torqueville geskryf het tydens sy besoek aan Amerika (1830). Dit is die Amerika waarna almal opgekyk het en wat die Japanese leierskap daartoe gemotiveer het om hul Samorai baarde af te skeer en Japan te moderniseer. Hierdie is dieselfde vryheidseienskappe wat deur Max Weber beskryf word as die “Protestant Work Ethic”.

Die afgelope 100 jaar het ons samelewing meer en meer begin opkyk na die staat om van die wieg tot die graf vir sy burgers te sorg. Daar is twee redes hoekom hierdie neiging nie goed is nie:

  • 1 Sam 8 wys uit dat die HERE ons koning moet wees en dat ‘n messiaanse gesentraliseerde staat tot onderdrukking sal lei
  • Die mens is van nature sleg (weens die sondeval) en ‘n gesentraliseerde staat kan deur magsugtige heersers misbruik word. Dit sal dan tot nadeel wees van almal. In die geskiedenis het ons byvoorbeeld gesien dat heersers hul onderdane sien as:
    • mense op wie eksperimente gedoen kan word: “People in the camps were used as guinea pigs in hunger experiments. In one case flour was mixed with 30 percent paper paste in bread to study the effects on digestion, while in another study marsh plankton were mixed with rice water. The first experiment caused atrocious constipation throughout the camp, which caused many deaths. The second also caused much illness, and many who were already weakened ended up dying”2
    • pione wat na willekeur doodgemaak kan word ” ‘All we need to build our country is a million good revolutionaries. No more than that. And we would rather kill ten friends than allow one enemy to live’. Such statements by the Khmer Rouge were commonplace at cooperative meetings and indeed they put this genocidal logic into practice.”3

Vandag sug ons oor die staat wat meer en meer in ons lewens inmeng en besluite neem wat in stryd staan met wat ons glo en dink. Hierdie waarneming van De Torqueville oor die snaakse Amerikaners moet ter harte geneem word. Christen Afrikaners moet verantwoordelikheid vir hul eie lewens neem. Moenie vir die burokrate wag nie. Doen wat jy self kan. Natuurlik is “doen dit self” sonder die HERE nutteloos (Ps 127) – maar dit beteken nie dat ons daarom nie self moet probeer om ‘n verskil te maak nie. Dit is tog “Ora et labora”. Stig die komitees en werk en bid vir ‘n nuwe reformasie waar Afrikaners die HERE vry en in Afrikaans kan aanbid en tot sy eer kan arbei.

  1. https://pocketcollege.com/transcript/RR178A2.html?fbclid=IwAR39EHLHeLlGspAuvka2clCDhf9pbWbFoKF8qdGpTqgNDIDDA28oN7BDsa4 ↩︎
  2. The Blackbook of Communism, Courtois S, 1999, Harvard Univercity Press, p494 ↩︎
  3. The Blackbook of Communism, Courtois S, 1999, Harvard Univercity Press, p608 ↩︎

Die “Sparkle Creed” en die probleem van die “woke” beweging

Melkweg skoonheid

Ons leef in ‘n vreemde wêreld: ‘n Wêreld waar mans blykbaar vroue kan wees en jy die buitestaander is as jy dink dis belaglik. Ons leef in ‘n wêreld waar jy ‘n goeie sin vir humor moet hê om nie soos die monnike van ouds êrens op ‘n berg te gaan wegkruip totdat die sirkus van die 21ste eeu weer buite die dorp is nie.

Dis hierdie sirkus-wêreld wat onlangs vir ons die sogenaamde “Sparkle Creed” gelewer het (ja, jy het daai naam reg gelees). Hierdie belydenis (as dit só genoem kan word) het al die eienskappe van ‘n Babylon Bee grappie. Maar ongelukkig is dit geen sarkastiese grappie nie: Dis die dood-ernstige poging van die “woke kerk” om hul ideologie in die vorm te giet van die Apostoliese Geloofsbelydenis.

Ek wil graag in hierdie artikel die “Sparkle Creed” bespreek en wys hoe dit een van die groter probleme van die “woke” beweging uitbeeld.

Die “Sparkle Creed”

  • “I believe in the non-binary God whose pronouns are plural.
  • I believe in Jesus Christ, their child, who wore a fabulous tunic and had two dads and saw everyone as a sibling-child of God.
  • I believe in the rainbow Spirit, who shatters our image of one white light and refracts it into a rainbow of gorgeous diversity.
  • I believe in the church of everyday saints as numerous, creative, and resilient as patches on the AIDS quilt, whose feet are grounded in mud and whose eyes gaze at the stars in wonder.
  • I believe in the call to each of us that love is love is love, so beloved, let us love.
  • I believe, glorious God. Help my unbelief. Amen.”1

In Junie 2021 (tydens die sg. “Pride” maand) is hierdie belydenis opgestel deur Rachel Small-Stokes, ‘n “queer” vroulike dominee van die United Church of Christ in die VSA2. Dit het groot opspraak gemaak toe dit voorgehou is in ‘n uitgesaaide erediens onder leiding van Anna Helgen, ‘n vroulike dominee van Edina Community Lutheran Church – ook in die VSA3.

Pogings om die Skrif-gefundeerde teologie van die eeue te herinterpreteer binne ‘n raamwerk van identiteits-politiek is nie nuut nie. Reeds in die 20ste eeu het Feministiese teologie4 en Swart5 teologie kop uitgesteek en pogings aangewend om interpretasies te gee van die Skrif wat meer gedryf word deur interseksionaliteit en identiteits-politiek as enigiets anders. Maar dis moeilik om weg te kom van die gevoel dat ‘n nuwe laagtepunt bereik is met die Sparkle Creed.

‘n Basiese vraag, naas die vraag waarom iets vals is, is altyd waarom dit lelik is. Waarheid, goedheid en skoonheid (mooiheid) het ‘n geneigdheid om altyd op mekaar in te speel (dis nou maar net wat ‘n paar duisend jaar van teologiese denke al uit ervaring agtergekom het). Ek wil nou kortliks die skoonheid-dimensie van die “woke” beweging bespreek en antwoord waarom die “Sparkle Creed” nie net vals is nie maar ook lelik, laag en onaantreklik is.

Die dimensie van skoonheid

Mense is skepsels wat ‘n natuurlike strewe het na skoonheid. En daarmee bedoel ek nie dat hulle daarvan hou om hulself skoon te skrop met seep en waslap nie: Baie duidelik is daar ‘n paar mense op hierdie aarde wat nie daardie strewe het nie. Nee, ek verwys na die beginsel van skoonheid as die ou Afrikaanse vertaling van die Engelse woord, “Beauty.”

Dit is moeilik om die effek van ons verlange na skoonheid te onderskat. Ons dink nie baie daaraan nie, maar dit is dikwels een van die primêre dryfkragte in ons prosesse van besluitneming. Jy kan dit nie vermy nie: Jy kan dit nie ontken nie. Jy kan probeer om die verlange in jou te onderdruk – jy kan probeer om dit op bose maniere te versadig – maar jy kan nie wegkom van die onbetwisbare feit dat bykans alles van wie jy is en wat jy doen daardeur beïnvloed word nie.

Dit is nou maar eenmaal net ‘n feit dat selfs die koudste mensehart versmelt wanneer dit ‘n wynrooi sonsondergang sien. En die glinsterende prag van die nagtelike hemel laat selfs die grootste ateïste in verwondering staan. Mense soek skoonheid: Ons kuns, ons musiek en ons argitektuur – hoe verdraaid ook al – is die produk van hierdie soeke.

Dis hier waar die Bybelse konsep van die mens wat geskape is na God se beeld ons nogal help. Daar is natuurlik baie debatte oor wat presies dit beteken om na die beeld van God geskape te wees. Maar ten minste een van die implikasies behoort te wees dat ons geskape is met die doel om God se skoonheid – sy mooiheid – uit te leef en na te streef.

“o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water. Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien. Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.”
Psalm 63:2-4


Ons verlange na skoonheid en heerlikheid is dus onvermydelik. Soos die vier kinder-konings in Narnia die op ‘n jagtog is vir die Wit Takbok, so is die hele mensdom op ‘n jagtog na ware skoonheid.

Mens sien dit selfs op ‘n verdraaide manier in die Sparkle Creed. Die woke skrywers agter die belydenis het ‘n verdorwe idee oor skoonheid, maar mens sien hul poging om hierdie dimensie na vore te bring duidelik raak in frases soos “the rainbow Spirit, who shatters our image of one white light and refracts it into a rainbow of gorgeous diversity” en “whose feet are grounded in mud and whose eyes gaze at the stars in wonder.”

Die probleem wat ek met die woke beweging en die Sparkle Creed het is nie dat hulle soek na skoonheid nie: My probleem is dat hulle die skoonheid van God en sy skepping verruil het vir ‘n figuurlike hopie olifant-mis en hulle dink dis beter. En dis die volgende punt van hierdie artikel.

Hoe die woke beweging skoonheid gemis het

Een van die groot probleme met die woke beweging is dat hulle die skoonheid, lieflikheid en mooiheid van God en sy skepping heeltemal vuilsmeer. Hulle wil graag dink dat hulle in verwondering opkyk na die sterre – maar in werklikheid rol hulle in die modder saam met die varke.

Hier’s ‘n voorbeeld: Dink bietjie só aan die drag-koninginne wat die woke beweging nou voorhou as ‘n normale manier vir ‘n man om sy seksualiteit uit te leef. Is dít nou mooi? Is dit die skoonheid, diepte en lieflikheid van wat dit beteken om ‘n man te wees? Tog nie: Dit is afskuwelik. Natuurlik moet ons as Christene sulke mense met liefde en sagmoedigheid behandel. Maar ons mag nie sag wees in ons veroordeling van hul lewensstyl nie, veral nie wanneer hulle so ver begin gaan om kinders daarby te betrek nie.

Ons sien ook in die Sparkle Creed hoe die woke beweging die dimensie van skoonheid verdraai. Hierdie belydenis is duidelik in die styl van die Apostoliese Geloofsbelydenis, maar met ‘n belangrike verskil: Die Apostoliese Geloofsbelydenis vat die mees skone waarhede van die eeu-oue geloof van Christus se Bruid saam in ‘n paar sinne. Daarteenoor sit die Sparkle Creed met ‘n “fabulous tunic” ‘n “AIDS quilt” en die drie-maal heilige afgod van “love is love is love.”

Die fundamentele rede waarom die woke beweging se Sparkle Creed lyk soos ‘n mishoop langs die heerlikheid van die Apostoliese Geloofsbelydenis is omdat skoonheid nooit geskei kan word van waarheid nie. Die Apostoliese Geloofsbelydenis het ‘n diepte en ‘n rykdom wat die toets van millennia deurstaan het. En dit het hierdie diepte en rykdom omdat dit staan op die fondasie van die waarheid van God se Woord.

Plus minus 1900 jaar gelede het gelowiges al begin om hul geloof te bely met ‘n weergawe van die Apostoliese Geloofsbelydenis. En as die HERE wil sal ons nageslagte 1900 jaar van nou af steeds hul geloof bely met hierdie kosbare woorde. Waar sal die Sparkle Creed dan wees? Die Apostoliese Geloofsbelydenis het eeue van dwaalleer, sosiale konflik en oorloë deurstaan. Dit het al menige koninkryke oorleef! Is die Sparkle Creed van dieselfde soort duursaamheid gemaak? Ek dink nie so nie.

Ons antwoord vir die woke beweging

Ons, as Christene, moet die tye ken. Of beter gesê: Ons moet die monsters van die tye ken. En die monster van ons tyd is sonder twyfel die woke beweging. Dis nodig vir ons om ons wapenrusting aan te trek en hierdie monster aan te durf in die geloof. Ons moet die swaard uit die skede trek, die skild voor ons borste vasdruk en hierdie draak se kop afkap.

In praktyk beteken dit, ons moet evangeliseer. Ons moet met die woke mense by die werk gesels oor Jesus Christus.

Hoekom? Wat het Jesus met dit te doen?

Wel, Hy is die skoonheid waarna hulle en ons almal soek. Kolossense 1:27 praat van Jesus as “die hoop van [ons] heerlikheid.” Hy is die Een op wie ons hoop vir heerlikheid en skoonheid: Hy is die Een wat heerlikheid en skoonheid vir ons bring. “Hy is die Beeld van die onsienlike God” (Kol. 1:15) en daardie God, wat Jesus uitbeeld hou lieflikhede in sy regterhand, vir ewig (Ps. 16:11).

So waar gaan jy skoonheid kry? Waar gaan jy eer en heerlikheid en lieflikheid en mooiheid kry?

By die God-Man wat aan die kruis gehang het vir jou sondes. By die Een waarvan die Apostoliese Geloofsbelydenis praat:

  • “… Ek glo Jesus Christus sy [die Vader se] eniggebore Seun, ons Here;
  • wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;
  • wat gely het, onder Pontius Pilatus gekruisig, gestorwe en begrawe is en ter helle neergedaal het;
  • wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood,
  • opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God die almagtige Vader
  • vanwaar Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel….”

Daar is die antwoord op die woke beweging. Daar, in die hemel, daar sit Hy. Ware heerlikheid, ware skoonheid, ware heiligheid. Ons Here en ons God. Hy is die antwoord vir die woke beweging.

NOTAS:

  1. https://twitter.com/JoelWBerry/status/1673844685608026113?s=20 ↩︎
  2. https://twitter.com/WokePreacherTV/status/1673759256263430144 ↩︎
  3. https://religionunplugged.com/news/2023/7/20/a-new-interpretation-of-faith-the-story-behind-the-lgbtq-inclusive-sparkle-creed ↩︎
  4. https://www.thegospelcoalition.org/essay/feminist-theology/ ↩︎
  5. https://en.wikipedia.org/wiki/Black_theology ↩︎

Goeie samelewings en skynheiligheid

“Voltaire… refused to allow his friends to discuss their unbelief in the presence of his servants. He would silence them when the servants were going to come in with refreshments because he said, ‘If they believe there is no God, then they will slit my throat and rob me of everything because there is no judge beyond the universe to judge them in due time.’”[1]

Voltaire demonstreer vir ons die skynheiligheid en bankrotskap van die wêreldbeeld waarop ons hedendaagse samelewing gebou is. Aan die een kant vertel humanistiese filosowe, soos Voltaire, vir ons dat God nie bestaan nie en daarom dat moraliteit arbitrêr en onwerkbaar is, maar aan die ander kant wil hulle die goeie vrugte van ʼn Godvresende en moreelgefundeerde samelewing hê.

Die afgelope 250 jaar het hierdie goddelose wêreldbeeld se doodsvrugte (Matt 7) duidelik geword:

  • 3.5 miljoen mense dood a.g.v. die Franse Rewolusie en die nagevolge[2]
  • 100+ miljoene mense dood in naloop van die Russiese Rewolusie [3]
  • 73 miljoen babas vermoor deur aborsie elke jaar[4]
  • Die Weste is besig om in te plof en boeke met titels soos “The Rise and Fall of the West”[5] en “Death of the West”[6] begin te verskyn

In die 1860’s was daar stamme in die Suid-See eilande noord van Nieu-Seeland wat gedurig in stamgevegte betrokke geraak het. Hulle het niks daarvan gedink om vriend en vyand met ‘n knuppel dood te slaan en dan hul liggame op te eet nie. Hulle het geglo dat hulle liggame die krag van jou vyand opneem en jou sterk maak. John Paton was ‘n Presbiteriaanse predikant en mediese doktor wat vanaf die 1860’s vir 30 jaar sendingwerk onder hierdie eilandbewoners gedoen het. Menigmaal moes hy vir sy lewe vlug. Ander sendelinge is vermoor, maar John het moedig die evangelie tydig en ontydig verkondig. Na baie jare rapporteer hy as volg oor sy werk:

“Die eerste spore van ‘n nuwe sosiale orde het sigbaar geword. Al die inwoners, jonk en oud, het nou skool bygewoon ! Diefstalle, rusies, misdade, is nou nie meer besleg deur die knuppel nie, maar deur boetes of lyfstraf, soos ooreengekom deur die hoofmanne en hul mense. Alles was vinnig en seker besig om “nuut” te word onder die invloed van die suurdeeg van Jesus. Nywerheid het toegeneem. Hutte en plantasies was veilig. Vroeër het elke man op reis al sy waardevolle besittings saam met hom gedra, nou is dit veilig, by die huis gelos. In heidense dae, daarenteen, sou broeihenne of ‘n werpsel varke in sakke gedra word sodat hulle nie gesteel sou word nie. Daarom het ons by die kerk soms luidrigtige episodes gehad, die tjirp van kuikens, die gil van varkies en die geblaf van hondjies. Die een het vrolik op die ander gereageer terwyl ons gesing, of gebid het, of die Evangelie verkondig!… Die inboorlinge het hierdie chaos lastig en onaangenaam gevind. Hulle het ‘n Algemene Vergadering belê, waarop oneerlikheid eenparig veroordeel en boetes ingestel is. Die hoofmanne het dit ongetwyfeld ‘n lang en moeilike taak gevind, maar hulle het onder die inspirasie van die Evangelie volhard en die oorhand gekry. Selfs die beproewinge en moeilikhede waarmee hulle te kampe gehad het, is deur God gebruik, deur hulle te help om deur die lig van hul eie ervaring ‘n eenvoudige kode van sosiale wette te vorm. Dit was geskik om die misdade wat daar heers te onderdruk, en om die deugde aan te moedig wat spesiaal nodig is, is gekweek. Heidense aanbidding is geleidelik uitgewis; en alhoewel niemand verplig was om kerk toe te kom nie, het elke persoon op Aniwa, sonder uitsondering, oor baie jare aanbidders van God geword.”[7]

Ons Germaanse voorgeslagte was net soos hierdie Aniwawese heidene gewees. Die Grieke het vir ons opgeteken hoe ons voorgeslagte was:

“Barbare kan nie logies dink of doen nie. Teologiese geskille is vir hulle Grieks… Barbare word gedryf deur bose geeste; besete met demone wat hulle dring om die verskriklikste dade te pleeg… onbekwaam om volgens geskrewe wette te lewe en onwillig toelaat dat konings hulle regeer… Hulle lus vir goud is ontsaglik, hul liefde vir drank grensloos. Barbare is sonder perke… Alhoewel hulle oor die algemeen aantreklik lyk, het hulle aaklige persoonlike higiëne… Hulle voortplantings energie is onuitputlik… As ‘n barbaarse volk teruggedryf of verwoes word, dan kom ‘n ander een uit die Duitse moerasse en woude na vore…”[8]

Die Germaanse Christelike volke, insluitend die Afrikaner, het hul rug op God gedraai. Ons is weer oppad daarheen om volke te word wat wild en woes en goddeloos is. Ons maak mekaar dood, ons dood ons ongebore kinders. Ons herdefinieer die gesin om onbybels te wees. Ons goddelose dade wys dat ons nie die HERE se oordeel vrees nie. Vir ons is die inploffing van die voormalige Christelike Weste ‘n toevalligheid.

Die oplossing is om weer terug te keer na die Evangelie wat deur getroue predikante soos John Paton verkodig word. Afrikaners moet op hul kneë gaan en weer die ware God aanbid en ons instellings inrig volgens die Bybel… Dan sal dit weer goed gaan. Dan sal Deut 28 se seëninge weer vir ons waar word. Dit gaan nie help om soos Voltaire die uiterlike voordele van Godsaligheid na te strewe sonder die innerlike geloof nie. Daar sal moet bely word dat die sondeval ons almal teister en dat gedurig gewaak moet word teen die sonde. Diepgaande bekering is nodig.

1. https://pocketcollege.com/transcript/RR161CT178.html

2. https://gwonline.unc.edu/node/11684#:~:text=The%20estimated%20total%20number%20of,%E2%80%9315)%20ended%20the%20conflict.

3. The Black book of Communism, Courtois S et al, Hardvard University Press, 1999, p. 4

4. https://www.guttmacher.org/fact-sheet/induced-abortion-worldwide

5. Kevin Swanson

6. Pat Buchanen

7. Thirty years with South Sea Cannibals, 1927, Paton JG, Hodder & Stoughton London, p167-168

8. Herwig Wolfram, The History of the Goths, p 6-7

Optimisties oor die toekoms van God se Koninkryk?

“Die edeles van die volke het vergader—’n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!” (Ps. 47:10)

Een van die treurigste ervarings wat ek nog gehad het, was toe ek vir die eerste keer in ‘n plattelandse gemeente met minder as 10 lidmate gepreek het. Van die eerste oomblik na ek die konsistorie ingestap het, tot die oomblik toe ek met my kar by die hek uitgery het, was die gevoel van stille hopeloosheid tasbaar in die atmosfeer van die kerk. Sedertdien het ek al daaraan gewoond begin raak: Hierdie ervaring was nie ‘n uitsondering nie. Dit is meermale die geval as wat ons graag wil erken. En dit is nie net plattelandse gemeentes waar mens hierdie gevoel raakloop nie. Ook in stedelike gemeentes – selfs groot gemeentes – kan jy die hopeloosheid voel ronddryf. Jy sien dit in die oë van die gemeentelede. Jy hoor dit in hulle stemme wanneer hulle sing.

Is dit moontlik om optimisties te wees oor die toekoms van God se koninkryk? Baie keer lyk dit vir ons asof hierdie gevoel van hopeloosheid dalk meer gepas is as die optimisme van ons Gereformeerde vaders soos Calvyn, wat met groot ywer sendelinge na Frankryk, Duitsland, Nederland en selfs na Brasilië gestuur het[1]. Dit lyk asof die kerk maar net wil terugsak en aanvaar dat ons nou in “die laaste dae” is, menende dat daar nou maar vervolging oral gaan wees en ons kan nie eintlik daarop hoop dat Christus se koninkryk nog gaan groei nie. Maar is hierdie idee van God se koninkryk die Bybelse idee?

Ek wil argumenteer dat dit glad nie Skriftuurlik is om op hierdie manier te dink oor God se koninkryk nie. Nie alleen kan ons optimisties wees oor die toekoms van God se koninkryk nie, maar uit die Bybel sien ons dat ons ook optimisties behoort te wees. In hierdie artikel wil ek stilstaan by ‘n paar van die groot lyne wat ons optimisties behoort te maak en ek wil een van die groot besware teen optimisme kortliks bespreek.

Hierdie tema behoort ons bloed warm te maak vir die toekoms van die kerk. Dit behoort ons ‘n perspektief op God se werk oor die ganse aarde te gee wat groter is as enige probleme wat ons nou, hier, in hierdie ou klein landstrekie van Suider Afrika beleef. As ons bid, “Laat u koninkryk kom” dan behoort ons dit te bid asof God besig is om die gebed te verhoor.

Die klippie word ‘n Rots oor die hele aarde

“Maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.” (Dan. 2:35).

Daniël 2 is seker een van die bekendste stukkies geskiedenis uit die Ou Testament. En die droom wat Nebukadnesar gehat het is seker een van die bekendste drome in die hele Bybel (met Farao s’n as ‘n nabye tweede).

Maar selde dink ons aan wat hierdie droom regtig vir ons oor God se koninkryk behoort te sê. Hier is ‘n groot beeld – wat saamgestel word uit al die groot koninkryke van die geskiedenis – en dan kom daar ‘n klein klippie en stamp die beeld stukkend. Die betekenis is duidelik: Jesus is die klippie. Hy kom om die koninkryke van die wêreld te vernietig. Maar wat gebeur daarna met die klippie? Hy groei totdat dit ‘n rots is wat so groot is dat dit die hele aarde vol staan (Dan. 2:35).

Maak dit jou bly om daaraan te dink? Jesus se koninkryk is groter, sterker, heerliker as die koninkryke van die wêreld. Wat ‘n wonderlike Koning het ons nie. Wat ‘n heerlike Koninkryk is ons nie deel van nie.

Die mosterdsaad word ‘n groot boom

“Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai; wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.” (Matt. 13:31,32).

Jesus se gelykenisse kan ons baie leer oor die koninkryk van God. Baie van sy gelykenisse en ook baie van sy preke het gegaan oor die koninkryk van God. Dit was ‘n tema waaroor Hy gereeld gepraat het.

Een van die korter gelykenisse is hierdie een, wat ek graag wil uitlig. Jesus vergelyk sy koninkryk met ‘n mosterdsaad en Hy verduidelik dat dit daaroor gaan dat die koninkryk ‘n klein begin het, maar op die ou end baie groot word: Net soos ‘n mosterdboom, wat as ‘n saadjie een van die kleinstes is maar ‘n baie groot boom word.

Hier trek Jesus, interessant genoeg, weer ons aandag terug na Daniël. In daardie profesie, lees ons ook van ‘n boom soos hierdie met baie voëls in die takke (Dan. 4:4-18). Die ooreenkomste tussen die bome is so opvallend dat ons nie anders kan as om hierdie boom van Jesus te interpreteer in die lig van wat die eerste boom, in Daniël 4, beteken het nie. En daar het dit heengewys na Nebukadnésar self, en sy groot koninkryk (Dan. 4:20-22).

In die lig van hierdie Ou Testamentiese verklaring moet ons dan na hierdie gelykenis van Jesus kyk en besef dat Hy werklik ‘n wonderlike toekoms vir sy koninkryk sien. Sy koninkryk moet so groot (eintlik groter) word soos die antieke koninkryk van Babel. Dit moet ‘n skaduwee word vir alle nasies om onder te kom skuil.

Die sendingopdrag word ‘n realiteit

“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” (Matt. 28:19).

Mense praat baie oor die groot sendingopdrag – en oor hoe ons baie min doen om daaraan gehoor te gee. Dit is inderdaad ‘n klad op die moderne kerk, dat ons so gefokus is op onsself en so min uitreik met die evangelie na buite. Die kerk is besig om “te oorleef” en vergeet van die laaste opdrag van Jesus.

Maar hier is ‘n vraag wat ons gereeld mis. Sal hierdie opdrag vervul word? Hoor mooi: Gaan daar ‘n tyd kom wat die kerk kan terugkyk en verklaar: Ons was gehoorsaam – ons het die opdrag voltooi?

Ek vra, met ander woorde, gaan daar ‘n tyd in die toekoms wees wat al die nasies dissipels is, gedoop in die Naam van die Drie-Enige God, besig om te leer van die woorde van Jesus?

Wat ‘n beeld! Hoe ver van die werklikheid waarin ons leef is dit nie. Maar is dit moontlik?

Sien, ek wil argumenteer dat, as dit nie vervul gaan word nie, dan maak dit Jesus se sending ‘n mislukking. Hoor my mooi: Ek glo dat Jesus se sending – sy “Mission” soos die Engelse sê – wel suksesvol was en gaan wees. Maar ek glo dat net ‘n optimistiese siening van die toekoms kan regverdig dat sy sending op die ou end suksesvol vervul sal word.

Ons moet onthou, Jesus is die eerste Sendeling. Lank voor Hy ons uitstuur, word Hy uitgestuur. Jesus se eie woorde, is: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” (Joh. 20:21). So Hy is die eerste Sendeling. En ons opdrag om sendelinge te wees, kan net sin maak in sy groter opdrag. Ons opdrag is basies om saam met Jesus, Jesus se werk te voltooi. Direk na die sendingopdrag sê Hy immers: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” (Matt. 28:20). Ons opdrag is sy opdrag. Ons missie is sy missie. Ons doen sendingwerk in die voetspore van Jesus.

So, om terug te kom na die vraag: Gaan Jesus se missie suksesvol wees? Of gaan Jesus – op die finale dag – ‘n onsuksesvolle Sendeling wees?

Ons geneigdheid is om vas te hak by “al die nasies.” Ek kan sommer hoor hoe iemand wil teëstribbel: “Maar Hy red mos nie alle mense nie! Ons is nie universaliste nie!” En dit is heeltemal waar. Maar daar is twee maniere om die woord “al” of “almal” of “die hele” te gebruik. Jy kan dit gebruik in die sin van elke liewe mens, of elke liewe nasie, kop vir kop. Of jy kan dit in ‘n meer algemene sin gebruik vir ‘n aangrypende, groot hoeveelheid. Dit is in hierdie laaste sin wat ek dit verstaan.

Jesus kom met ‘n missie: ‘n Missie om die nasies te red – nie te veroordeel nie. Hyself sê: “Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Joh. 3:17). Ek glo nie dat Hy gaan misluk nie. Daarom is ek optimisties oor die toekoms van die koninkryk.

Wat van die nou poort?

Daar is baie ander tekste waarheen ons kan gaan. Openbaring is een van die mooiste dele, terloops: Daar lees ons keer op keer van meningitis en meningitis wat gered word – van elke volk, stam, taal en nasie. Die Psalmboek is ook ‘n pragtige digbundel vol van God se wonderlike verlossing van al die nasies. Maar ons kan nie by alles uitkom in hierdie een artikel nie.

Ons moet nou tyd spandeer by ‘n baie gewilde beswaar teen hierdie posisie. Dit is Jesus se woorde in Mattheus 7:13-14: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” Hoe moet ons dit verstaan? Gee dit nie die indruk dat God se verlossing – op die ou end – wel baie klein gaan wees nie?

Ek wil hierdie antwoord deur te wys op die die styl van Jesus se ander woorde, in sy bergpredikasie (onthou, dis waar hierdie deel homself in die Bybel bevind). Jesus kom hier aan die einde van sy preek. En tot nou toe het Hy baie gereeld klem geplaas op hoe radikaal, persoonlik en veeleisend die wet van die HERE is. So het Hy byvoorbeeld ook gesê: “As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie. En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.” (Matt. 5:29-30). Niemand interpreteer hierdie woorde letterlik nie. Dis duidelik wat Jesus bedoel: Hy wil wys hoe ernstig die saak is wat Hy oor praat. So ook dan, wanneer Hy praat oor die poort wat nou is en min mense wat dit vind, wil Hy vir ons wys hoe ernstig dit is om wel die poort na die hemel op te soek en nie net te dwaal op die pad wat na die verderf lei nie. Hy praat nie van ‘n tydlose waarheid – dat daar meer mense in die hel as in die hemel is nie. Hy praat oor hoe ernstig dit is vir jou en my om seker te maak ons soek wel die poort na die hemel.

Dit is meer duidelik wanneer ons kyk na ‘n ander interaksie, waar Jesus ‘n soortgelyke antwoord gegee het. In Lukas 13:23-24 lees ons: “Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.”

Hier kom iemand met ‘n baie teoretiese, eskatologiese vraag na Jesus: “Gaan daar min of baie mense gered word?” En Jesus maak dit persoonlik. Hy maak dit relevant. Soos altyd, is Hy nie lus om net oor teorie te gesels nie. Sy antwoord is basies: “Vergeet van of dit baie of min is. Wat van jou?”

So wat van jou? Wat van my?

Ons kan lekker lank gesels oor optimisme en pessimisme. Ons kan lekker lank debatteer oor die toekoms en oor God se groot plan vir sy koninkryk. Ons kan wonder: Gaan God baie mense red of min? Gaan sy koninkryk nog baie groei, of moet ons maar soos ‘n skilpad maak, ons koppe in die dop trek en wag vir die eindtyd om verby te gaan.

Maar hierdie antwoord van Jesus kloof deur ons teoretiese bespiegelinge soos ‘n skerp swaard: “Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.”

Ek dink nie Jesus gebruik die nou poort as ‘n tydlose waarheid oor sy plan vir sy koninkryk nie. Ek dink Hy gebruik dit soos ‘n vuis om ons op die bors te slaan en te laat besef: Hierdie sake is ernstig en persoonlik.

Die kruks van die hele saak…

Daar is baie dinge wat ons negatief kan maak in die Weste en in Suid Afrika. Die opkoms van die sekularisme, die moderne wêreldbeskouing van relativisme, die groot getalle waarin mense hul toevlug neem tot die New Age dwaling, die daling van geboortesyfers onder kerklidmate, die groot getalle waarin mense emmigreer – dit alles het die geneigdheid om ons erg pessimisties te maak oor Jesus se wonderlike koninkryk.

Maar dink ‘n bietjie so daaraan: God is mos groter as ons. En sy koninkryk is groter as die koninkryk wat ons hier voor ons sien. Die Weste is maar ‘n baie klein deel van die wêreld, al hou ons baie daarvan om te dink dat ons die kat se snor is. God is besig om te werk op ander plekke in die wêreld. Meer en meer groei die Christendom in Oosterse lande soos Sjina[2]. God se koninkryk is groter en heerliker as ons land en ons leeftyd. Ons is deel van iets groters as wat ons net raaksien in ons kort tyd in hierdie lewe. Ons het die groter perspektief van God se Woord nodig. En daar kry ons hoop: Hoop vir ons lewens, maak nie saak hoe sleg dit gaan nie. Maar ook hoop vir die toekoms. Ons mag hoor: Die klippie word groot, die mosterdboom groei, en Koning Jesus is besig om sy sendingopdrag uit te voer.

So skep moed. Stry hard. Bou God se koninkryk.

Bronnelys:


[1] Starke, 2012:Aanlyn.

[2] https://www.bu.edu/articles/2023/why-is-christianity-growing-in-china/

Die Eienskappe van ‘n Goeie Koning

Deuteronomium 17:14-20

Op 31 Julie 2021 het daar op die plaas Diamantvallei ‘n konferensie plaasgevind oor die tema, “Verset: Roeping en Stryd.”1 Verskillende Gereformeerde sprekers het op die konferensie opgetree, onder andere prof. Andries Raath. Een van die temas wat in sy lesings na vore gekom het, is die eienskappe van ‘n tirannieke owerheid2. Hierdie artikel is ‘n poging om verder te besin oor hierdie tema, deur spesifiek te kyk na die eienskappe van ‘n goeie koning volgens Deuteronomium 17:14-20.

Na Israel se 40 jaar in die woestyn, net voor hulle die Beloofde Land intrek, gee God vir hulle sy verbondswette om hulle lewe as ‘n bevryde volk in sy teenwoordigheid te reguleer. Dít is die boek Deuteronomium3. Tussen hierdie wette, in Deuteronomium 17:14-20, vind ons ‘n uiteensetting van hoe konings moet leef en regeer. Aangesien die hele Skrif nuttig is om toegepas te word op ons lewens en omstandighede (2 Tim. 3:16,17) kan ons ook uit hierdie passasie ietsie leer oor hoe konings en ministers behoort te heers. 

Die passasie begin deur reguit te sê dat die volk ‘n koning in die land mag aanstel (v.14-15). So dis van die begin af duidelik dat God regeer deur ‘n koning4. Maar wat is die eienskappe van so ‘n koning? Vers 15-20 gee vir ons vyf eienskappe:

  1. Die koning moet uit die volk kom.
  2. Hy mag nie ‘n groot weermag hê nie.
  3. Hy mag nie baie politieke mag najaag nie.
  4. Hy mag nie baie rykdom versamel nie.
  5. Hy moet nederig wees teenoor God en sy broers.

Elkeen van hierdie eienskappe wys vir ons na God se uiteindelike Koning: Jesus Christus (Ps. 118:22).

Die koning moet uit die volk kom

“uit die midde van jou broers moet jy ‘n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie.” (Deut. 17:15).

Die eerste eienskap van ‘n goeie koning, is dat hy ‘n volkseie koning moet wees. Dalk sou Israel in die versoeking kom om ‘n uitlander as koning aan te stel, om so hulle politieke bande met die ander nasies te versterk. Maar hulle moet sterk staan teen hierdie versoeking: God wil sy volk regeer deur ‘n koning uit sy volk: ‘n Inheemse koning.

Hierdie is vervul in Jesus: Hy het vlees en bloed deelagtig geword om soos ons te wees, en ons te verlos uit die mag van die duiwel (Heb. 2:14). As Jesus dan voor die regterstoel van Pontius Pilatus staan, verwerp sy eie broers Hom met die woorde: “Ons het geen koning behalwe die keiser nie.” (Joh. 19:15). Die volkseie Koning wat God gekies het word verwerp vir ‘n Romeinse keiser.

Hy mag nie ‘n groot weermag hê nie

“Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie.” (Deut. 17:16).

Die tweede eienskap klink met die eerste hoorslag so bietjie vreemd. Hoekom mag die koning nie baie perde hê nie? Wel, in hierdie tyd was perde gebruik vir net een ding: Oorlog5. Perde het strydwaens getrek, of soldate het op hulle gery. So as dit hier sê dat die koning nie baie perde mag hê nie, dan beteken dit dat hy nie op ‘n groot weermag moet vertrou nie. Die koning en sy volk moet vertrou op die HERE wat saam met hulle na die oorlog toe uittrek (Deut. 20:1).

Hierdie is vervul in Jesus: Hy kom nie in sy eie mag nie, maar in die mag van sy Vader (Joh. 5:19). Wanneer Petrus Hom wil verdedig teen die owerpriesters se soldate, dan maak Jesus ook duidelik dat Hy kan vertrou op sy Vader, en nie Petrus se swaard nodig het om Homself te verdedig nie (Matt. 26:53). Daar kom egter ‘n tyd wanneer Jesus sy perd opsaal en met die weermag van die hemel kom om oorlog te maak (Open. 19:11-21).

Hy mag nie baie politieke mag najaag nie

“Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie.” (Deut. 17:17). 

Die derde eienskap wil ons so bietjie laat lag. Daar is ‘n voor die hand liggende rede waarom die koning nie baie vroue mag hê nie: Dit is natuurlik teen die bloudruk vir die huwelik wat God in Genesis 2:21-25 ingestel het, naamlik: Een vrou vir een man, een van been en een van vlees. Baie koninginne verlei die koning ook tot afgodery (1 Kon. 11:1-13). Maar daar is nog iets: Konings het baie vroue gehad, om so hulle politieke mag uit te brei. As jy trou met die dogter van ‘n ander koning, dan is daar sterk diplomatiese bande tussen julle6

Hierdie is vervul in Jesus: Hy kom om te trou, met net een vrou (Open. 19:1-10). Só herstel Hy die skoonheid van die huwelik (Matt. 19:4-6). Sy koninkryk is ook nie gebou op diplomatiese ooreenkomste nie. Hy sê self: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie.” (Joh. 18:36).

Hy mag nie baie rykdom versamel nie

“hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie.” (Deut. 17:17)

Die vierde eienskap is dat die koning nie baie ryk mag wees nie. Die rede hiervoor is baie eenvoudig: Waarop moet die koning vertrou – op sy rykdom of op sy God? Natuurlik op God. Maar rykdom kan die koning se aandag van God aflei (Deut. 8:11-14). Soos Jesus ons later leer: “waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” (Matt. 6:21). Dawid se koningshuis sou op die ou end val, toe Hiskia hiervan vergeet (Jes. 39:1-8).

Hierdie is vervul in Jesus: Hy verlaat die rykdom van die hemel en word ‘n mens. Hy kom woon onder die armes en bedien sy evangelie aan hulle. In Lukas 14:21 nooi Jesus ook “die armes en verminktes en kreupeles en blindes” na sy hemelse maaltyd. Hy is wel die Koning wat so ryk is dat Hy sy strate met goud teer (Open. 21:21) maar hierdie rykdom is nooit sy afgod nie. Inteendeel, Hy is juis die Een wat waarsku: “Julle kan nie God én Mammon dien nie!” (Matt. 6:24).

Hy moet nederig wees teenoor God en sy broers

Eienskappe 2, 3 en 4 is baie soortgelyk. Ons kan dit so opsom: Die koning behoort nie baie militêre mag, baie politieke mag, of baie finansiële mag, te hê nie. Die koning moet klein wees: Hy is nie die almagtige, soewereine en al-ryke heerser nie. Daar is ‘n ander Koning wat oor Hom is, soos Psalm 99:1 sê: “Die HERE is Koning; laat die volke bewe!” Die vyfde eienskap vat dan hierdie drie eienskappe saam: 

“Hy moet al die dae van sy lewe [hierdie koningswette] lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees .. sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie.” (Deut. 17:19,20).

Hierdie vyfde eienskap is allesomvattend: Die koning moet in alles wat hy doen, nederig wees. Hy moet besef wie hy werklik is. Hy is onder God, een van die broers van die volk. 

Hierdie is vervul in Jesus: Hy is die groot voorbeeld van ‘n nederige Koning. Hy het sy hoë posisie as Seun van God opgeoffer om ons dienaar te wees (Filip. 2:6,7). Sy eie woorde aan ons is: “Ek noem julle nie meer diensknegte nie .. Maar Ek het julle vriende genoem.” (Joh. 15:15). 

Wat nou?

God gee hierdie vyf eienskappe vir ‘n goeie koning. Maar wat daarvan? 

Wel, die beginsels van God se wet geld steeds vir ons (Matt. 5:17-19). Die konings en ministers wat ons vandag het, het ook ‘n verantwoordelikheid om te heers volgens hierdie eienskappe. God se wet geld nie net vir die mense wat kerk toe gaan nie: Dit geld ook vir die goddelose heersers van die land. En hulle moet besef dat daar ‘n Koning is wat Hom sal wreek oor die herders wat sy volk uitbuit (Eseg. 34).

Hier is ‘n paar voorbeelde:

Wat van die belasting wat skynbaar geen grense het nie? As iemand ‘n vraag het oor belasting dan hoor ons so gereeld in die kerk: “Jy moet die keiser gee wat die keiser toekom en God wat God toekom” – soos Jesus geantwoord het. Maar waar kom die punt wat die keiser God se plek inneem? Is dit nie heeltemal onredelik dat die keiser al 30% of 40% belasting eis, terwyl God selgs ‘n tiende kry (en in realiteit, meestal nie eens dit nie)? Ons regering behoort te sidder in die vooruitsig vir die oordeel wat oor hulle hang deur hulle uitbuiting van eerlike burgers.

Wat van ons owerheid se pogings om in te meng in die sfeer van die kerk en die gesin? Die BELA-bill is ‘n goeie voorbeeld, wat nou sterk na vore kom in die nuus7. Basies kom dit neer daarop dat die staat die verantwoordelikheid van ouers wil oorneem om hulle kinders op te voed. Die kinders word kinders van die staat – kinders wat grootgemaak moet word om ANC-stemmers te wees, eerder as om vry-denkende dienaars van Jesus Christus te wees.

Dit is baie duidelik uit die Bybel dat God die groot Koning is: “Die HERE is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die gérubs; laat die aarde sidder!” (Ps. 99:1). Elke minister, regter, president en goewerneur is maar net ‘n onderkoning: ‘n Prins. Daar is ‘n standaard – ‘n Heerser – wat bo hulle staan. Die groot vraag is: Wat maak jy met daardie Heerser?

Johnny Cash se waarskuwing behoort relevant te wees vir elke mens, en sekerlik vir elke regeerder op aarde vandag:

“There’s a Man going ‘round taking names

And He decides who to free and who to blame

Everybody won’t be treated all the same

There’ll be a golden ladder reaching down

When the Man comes around”8

(Johnny Cash, When the Man Comes Around).

Bronnelys:

  1. https://youtube.com/playlist?list=PLfrApyS_EQkKXTQa0ME1JYibSMd_zoVH5 ↩︎
  2. https://youtu.be/dB0HOP9c0t0 ↩︎
  3. Goldsworthy, 1991:152-155. ↩︎
  4. Goldsworthy, 1991:165. ↩︎
  5. Walton et al, 2000:Elektronies. ↩︎
  6. Walton et al, 2000:Elektronies. ↩︎
  7. https://www.georgeherald.com/News/Article/General/bela-bill-raises-many-concerns-202305241124 ↩︎
  8. Johnny Cash, Liedjie, When the Man Comes Around. Beskikbaar by: https://genius.com/Johnny-cash-the-man-comes-around-lyrics ↩︎

Protestant wees in 2020’s

Kerke landskap in 2020’s

Die COVID pandemie het vir ons mooi uitgewys hoe magteloos die kerke die afgelope dekades geword het. 

In die 1500’s het Koningin Mary van die Skotte gekla dat sy die gebede van Ds John Knox meer vrees as ‘n duisend man sterk weermag 

In 2020 het regerings regoor die wêreld, kerke sumier toegemaak vir etlike maande. 

Museums, Gyms en Museums kon funksioneer, maar kerke moes toe bly. Minister Lindiwe Zulu het gepoog om die verspreiding van voedsel onwettig te maak. M.a.w. diakoniee sou onwettig optree deur voedselhulp te versprei. Die protes vanuit kerklike rigting was baie flou. Solidariteit, Saai en Afriforum het gesê dat hulle die staat nie sal gehoorsaam hierin nie. Solidariteit Helpende Hand het die leiding geneem om namens die kerke die staat hof toe gevat. Eers toe het die staat begin om toegewings te maak.

Redes vir kerk se irrelevansie

a) Pietisme

Een van die dinge wat veroorsaak dat Christene so magteloos is, is Christene se omarming van onBybelse idees wat die fisiese wereld en geestelike wereld radikaal van mekaar skei. 

“[Pietism] makes Christians so heavenly minded that they are of no earthly use… here the church becomes other-worldly, unearthly, and irrelevant to real life. It becomes progressively more and more alienated from the real issues and foreign to God’s world. Lonely and defeatistic, it surrenders all the other areas of life to the forces of antichrist, which ultimately surrounds and destroy this pietism. What pietism produces, therefore, above all, is its own grave-diggers.“
(The Christian Manifesto of 1984,Prof FN Lee)

“Pietism puts a very, very self-centered expression on personal acts of piety, devotional exercises, and so on. As though we are going to be blessed by God for a lot of pious gush, but all this without action. We had the rise of pietism several times in history in the late mediaeval period, and again beginning somewhere in the last century, when people turned away from doing what they should do, to retreats in which they were instructed in the deeper life, deeper fellowship with God, all in terms of nothing but emotional experience. And that has corrupted every branch of Christendom. Eastern Orthodoxy, Roman Catholicism, Protestantism, they all have become hyper pietistic, except for those who have gone in in recent years for the social gospel. All of this has very much undermined the church, because the social gospel is just the political gospel, it is not what God and His Law tells Christians to do. And pietism assumes that your personal acts of devotion are all that are needed, and the result is in the late middle ages you had pilgrimages, and by going on a pilgrimage it ostensibly gave you a great plus with God. And, in the past century or more, going to retreats or spiritual conferences, conferences that simply emphasize the deeper life, by which they mean: more time in prayer by the hour… Pietism is very man centered… it is self-centered.” (Rusdoony RJ, https://pocketcollege.com/transcript/RR198B4.html)

b) Kerk = Wêreld

Rom 1:18-32 maak dit duidelik dat Homoseksuele dade ‘n oordeel van die HERE is. ‘n Gelowige kan nie gay wees en ‘n Christen nie! Dan is daar nie eens sprake daarvan dat twee vroue met mekaar kan trou en ‘n kind kan aanneem nie.

Die Kerkbode berig op 23 Januarie 2015 dat Ds Elmarie Dercksen die “dogtertjie” (Ami) van Erna en Liezl vd Westhuizen doop. Erna en Liezl is beide vroue en hulle het Ami aangeneem. In hierdie berig word homoseksualiteit goedgepraat:– 

  • Dit ís moontlik – ’n mens kan gay én gelowig wees.
  • Kerk is safe spaces waar mense onvoorwaardelik genade-kanse kry; waar menswaardigheid en musiek en pastoraat link met jou eie realness; waar die stemloses mag praat en uiteindelik selfs ook weer kan begin sing. 

Hierdie gebeure binne die kerkmure duis vir ons aan dat dfaar ‘n aarskuddende verandering in die kerk plaasgevind het. Die kerk het nog die simbole en termonologie van godsaligheid, maar is nie meer ‘n kerk wat aan die definisie voldoen wat die Bybel daaraan gee nie. Die inhoud is onbybels.

Reformasie 1500’s vs Vandag

Wanneer ons besin oor ons situasie vandag, dan is dit nuttig om ook te kyk na die 1500’s. Europa het grootliks bestaan uit die Heilige Romeinse Ryk en die Hubsburgse ryk. Die Hoër Magistrate was die koningshuis van Habsburg en die koningshuis van die Heilige Romeinse Ryk. Binne hierdie ryke was daar prinse wat Laer Magistrate was:

  • Karel V was die Keiser van die Heilige Romeinse Ryk (HRR) en die Koning van die Habsburgse Koninkryk (HK) (1519-1556)
  • Karel V se seun Phillip II volg hom op en word die heerser oor die Nederlande in 1555 en later die Habsburgse Ryk.
  • Phillip II stuur die Spaanse Armada na Engeland om Protestantisme daar omver te gooi (1588).
  • Die Habsburgse Ryk was ‘n gedeeltelike onderdeel van die Heilige Romeinse Ryk. Die Keiser van die HRR ois verkies terwyl die HK die persoonlike eindom van die Koning was. 
  • Die Heilige Romeinse Ryk het bestaan uit: Duitsland, Nederland, België, Switzerland, Lichtenstein, Tjeggiese Republiek, Slovenië, Oostenryk en Kroasië
  • Die Habsburgse Koninkryk het bestaan uit: Nederland, België, Lichtenstein, Portugal, Spanje, Sardinië, Sisilië en dele van Italië en Frankryk.

Die Habsburgse Koninkryk het bestaan uit: Nederland, België, Lichtenstein, Portugal, Spanje, Sardinië, Sisilië en dele van Italië en Frankryk.

Daar was spesifieke gebeure wat na die begin van die Reformatoriese wat uitgeloop het op die 1550 Maagdeburg belydenis as antwoord op die vervolgings van die 1500’s en 1600’s. Dit is relevant vir ons vandag:

Eerstens te besef dat daar spesifieke dinge gebeur het in aanloop tot die Maagdeburg Belydenis in 1550:

  • Met Johannes Hus wat deur die afvallige Roomses verbrand is vir sy gereformeerde strandpunte, het gelowiges tot die gevolgtrekking gekom dat Martin Luther óók as ketter gevange geneem en verband sou word toe die Pous en Roomses weerstand begin bied het teen Luther se standpunte. Die keurvors Frederik van Sakse het Luther ontvoer en Luther beskerm teen die Pous. Hierdie is dus reeds ‘n vorm van laer magistrate wat die hoër magistrate verontagsaam en teengaan.  
  • Reeds in 1522s was daar sprake dat daar ‘n Nederlandse Inkwisisie sou plaasvind om die Calvinisme uit te wis. Die Edik van 1521 het enige gereformeerde eredienste of aanbidding verbied. Frans Van Hulst is in 1523 aangestel as die eerste Inkwisisie Generaal. Pieter Titelmans is aangestel in 1545 om die Protestante in Nederland te vervolg. Hy het tussen 1545 en 1566 betrokke in 1120 hofsake teen protestante vir “misade”: om die Bybel te lees, ‘n boek te besit wat in Geneve gedruk is en direk tot God te bid. 1300 Nederlanders is teregestel tussen 1523 en 1566. 
  • In 1546 het Karel V ‘n ooreenkoms met die Pous gesluit om die verspreiding van Protestantisme stop te sit. Dit lui onder andere: “In the name of God and with the help and assistance of his Papal Holiness, his Imperial Majesty should prepare himself for war, and equip himself with soldiers and everything pertaining to warfare against those who objected to the Council [of Trent], against the Smalcaldic League, and against all who were addicted to the false belief and error in Germany, and that he do so with all his power and might, in order to bring them back to the old faith and to the obedience of the Holy See.” (Maagdeburg belydenis, Matthew Colvin, ISBN 13: 9781470087531)   

Ten tweede dat die Maagdeburg Belydenis korrek vooruitgesien het dat weerstand teen die Hoër Magistrate noodsaaklik is om die voortbestaan van die ware evangelie (Protestantisme) in Europa te verseker:

  • In Willem van Oranje se biografie vertel hy dat die Franse Koning vir hom in privaatheid meegedeel het dat Keiser Karel V tydens sy onderhandeling met die Franse Koning laat blyk het dat hy van plan was om die Protestantisme heeltemal uit te wis in Frankryk, die Nederlande en die hele Christendom (The Story of Freedom, Kevin Swanson, p. 129-130)
  • Die uitbreek van burgeroorloë in die Nederlande (80 jarige oorlog, Habsburgse Koninkryk (die 30 jarige oorlog) en Frankryk (vervolging van die Hugenote 1562-1698), die Spaanse Armada om protestantse Engeland te verower het net bevestig dat die Maagdeburg belydenis reg voorsien het dat die Hoër Magistrate (Karel V en later Phillip II) van plan was om protestantisme total uit te wis. 

As ons die lesse van die na reformasie tyd en hoe dit relevant is vir ons vandag wil bekyk dan is dit ook goed om die verskille en ooreenkomste tussen die Reformasietyd en ons tyd vandag te beskou:

VERSKILLEOOREENKOMSTE
* Ons stryd vandag is teen Sekulêre Humanisme (SH) terwyl in 1500s dit teen Rooms Katolieke (RK) was* Profs HG Stoker en WA Hoffecker wys uit dat Rooms Katolieke ‘n sagte vorm van Sekulêre Humanisme is * Die Heilige Romeinse
Die HRR & Habsburg Ryk was baie meer gedesentraliseerd as SA vandagDie HRR, net soos SA, is ‘n sameflansing van verskillende tale en volke.
Die vervolging is tans baie meer subtiel – ons lewens is nog nie ingevaar nie. Dit is ‘n vorm van Brave New World en nie ‘n 1984 tipe distopia nie è WEF : “You will own nothing and be happy”.  * Dit wil lyk of ons vervolging baie meer dwingend gaan word. Humanistite was uitgesproke dat hulle die COVID pandemie as ‘n nuttige gereedskapstuk gebruik het om hul agenda te implementeer. Ons het gesien hoe drakonies hulle opgetree het.
Prof Charlie Rice (Notre Dame Law School) :
Unless Christians start turning things around, [the Humanists] will define certain groups as non-persons . So, it will not be murder to kill Christians. David Horowitz het onlang die boek “Final Battle: The Next Election Could Be the Last” gepubliseer. Hy beween die toename van Facisme binne die Amerikaanse politieke establishment (Generations.org : Generations Radio : Interview with David Horowitz on his new book, 23 Junie 2023, https://www.generations.org/programs/2901). Hy sê dat die VSA vinnig oppad is om ‘n dikatuur te word wat onverdraagsaam is teen alles wat regsinnig is.
Die SH van ons dag is baie radikaler onbybels as die RK en wil o.a. ook die gesin en God herdefinieer: LGBT+ bevordering – selfs in skoleKinders mag nie meer pakslae gegee word niePogings om ouers se betrokkenheid by die opvoeding van hul kinders weg te neem è BELA 

Die Maagdeburg Belydenis is vir ons van belang in ons oorlewingsstryd as Christene vandag. Die Protestante in Duitsland het dit ontwikkel om uiteen te sit hoekom hul, hul verset het teen hul regeerders wat hulle doodgemaak en in die tronk gegooi het. Hulle opofferings het dit vir ons moontlik gemaak dat ons vandag God in Vryheid kan aanbid.

Die Roomse Keiser en die Pous het aanvanklik opdrag gegee dat Maarten Luther as ketter beskou moes word. Die ingryping van die Duitse prinse (laer magistrate) het verhoed dat Luther net soos Huss as ketter verbrand sou word.

Na die dood van Luther het die Roomse Keiser egter begin om Protestante te vervolg en ‘n klomp van die prinse het weer Rooms geword. Maagdeburg het egter geweier om onder die dwang te swig en het die Maagdeburg belydenis opgestel om hul denke uit een te sit. Dit betsaan uit drie dele :

  • 1. Uiteensetting van die Christelike leer. Die doel was om dit duidelik te maak dat die Maagdeburgers egte Protestante (Lutherane) was.
  • 2. Die Doktrine van die laermagistrate word uitgelê
  • 3. Waarskuwing aan almal wat die Maagdeburgers (Protestante) teenstaan.

Deel 2 – Die doktrine van die laer magistrate bestaan uit drie motiverings:

  • Motivering 1: Owerhede wat Goed straf en Sleg vergoed, dien die duiwel
    • Romeine 13: Owerhede is dienaars van God om dit wat goed is te beloon en dit wat sleg is te straf
    • As die owerheid dit wat goed is straf en dit wat sleg is beloon, dan word hierdie owerheid ‘n dienaar van die duiwel.
  • Moptivering 2: Ongehoorsaamheid vir onbybelse opdragte is reg
    • “Gee aan die Keiser wat aan hom behoort” (Matt 22:21) en “Ons moet God meer gehoorsaam wees as die mense” (Hand 5:29) beteken dat ons nie tirannieke owerhede gehoorsaam mag wees in dit wat teenstrydig is met wat God sê nie. Sulke Christene mag nie as rebelle of harkoppiges beskou word nie.
    • Voorbeeld van vrou en dogters wat hul goddelose man en vader wegjaag wat hulle in prostitusie wil verkoop
    • Vier vlakke van erns waar tirannieke owerheid ongeldige gehoorsaamheid eis.
  • Motivering 3: Tirannieke owerhede is nie onaantasbaar nie
    • Indien God tirannieke owerhede as onaantasbaar beskou, dan sou goddelose en absurde dinge daaruit voortvloei. Dit is teen God se wese.
    • Die uitdeel van strawwe en om onregverdige geweldenaars te verjaag is goddelik en behoort aan die magistrate, hetsy opperheersers teenoor die onderheersers of gelykes teenoor mekaar of ondergeskikte heersers teenoor opperheersers

Die 30 jarige oorlog volg in die Duitse deel van die Heilige Romeinse Ryk. Die prinse (laer magistrate) lei die weerstand teen hul afvallige Keiser wat hulle vervolg en doodmaak. Die 80 jarige oorlog (1568-1648) volg in die Nederlande. Die laer magistraat (Willem van Oranje) lei die weerstand teen hul Roomse Konings wat Protestantisme uit die Nederlande wil uitwis. Tussen 4 en 8 miljoen burgers sterf in hierdie oorloë.

Verskeie sosioloe het tot die gevolgtrekking gekom dat Noord Europa meer voorspoedig is as Suid-Europa weens die Protestantse Reformasie: o.a Max Weber en Fukuyama

In Nederland hou die Protestante stand vir 80 jaar en word in 1648 ‘n Calvinistiese republiek. Sonder hul opofferings sou SA nooit tot stand gekom het nie. Pelgrims het in Lyden tuisgegaan voor hulle na die VSA gegaan het – hulle het ‘n groot invloed op die VSA grondwet uitgeoefen.

Wat moet gedoen word

  • Liberale teologie (NG Kerk en liberale sy van die GKSA) moet teengestaan word. Sinkritisme met Humanisme moet teengestaan word. Daar moet aan lidmate verduidelik word waar ons vryhede vandaan kom en dat dit bedreig word.
  • Histories was kerke verantwoordelik vir die versorging van armes, weduwees en wese. Verder het selfs hospitale en mediese versorging onder die verantwoordelikheid van die kerk geval (The Story of Freedom, Kevin Swanson, p269-272). Die sekulere staat het die afgelope 200 jaar hierdie funksie toenemend oorgeneem. Met die demografiese ineestorting en onwerkbaarheid van sosialisme in Suid-Afrika word ‘n terugkeer na die bybelse model vir diakoniee ‘n noodsaaklikheid. 
  • FORSA moet ondersteun word. For Faith & Freedom (https://www.forsa.org.za/) is ‘n regsorganisasie wat godsdiensvryheid en ouerregte beskerm vry van staatsinmenging. Hulle is ‘n interkerklike en intergodsdienstige organisasie en daarom kan samewerking slegs op ‘n beperkte basis plaasvind.
  • Kerke moet die versoeking teenstaan om in hul dop te kruip en ‘n vorm van piëtisme te bedryf.
  • Calvinistiese verenigings moet opgerig word en ondersteun word
  • Seminare moet gereël word sodat ons ons wortel weer kan herontdek
  • Die kerke moet baie meer profeties optree teenoor die staat en politieke terrein. Christene moet verkies word tot ten minste die plaaslike owerheidvlak
     è Daar moet besin word hoe dit gedoen kan word sonder om partypolities te wees (Calvyn: Die kerk regeer oor die innerlike, terwyl die staat regeer oor die uiterlike). Die opstel en verspreiding van ‘n Bybelse Stemgids kan een manier wees.
  • SA is baie gesentraliseerd en daarom kom minder vorme van laer magistrate voor. Ook is Afrikaners ‘n klein minderheidgroep (5%). Kan burgerlike organisasies die rol vertolk van laer magistrate? Moet laer magistrate opgerig word – bv die Afrikaanse Verteenwoordigende Raad? Is kerkregering ‘n vorm van laermagistrate? Rushdoony maak die punt dat in die middeleeue die staat omtrent heeltemal verval het, en dat die kerk misdadigers en moordenaars gestraf het deur hulle uit die kerk te ban.
  • Normale take van kerkwees moet voorgesit word: sending, prediking, dissipeling, koinonia, voorbidding ens.

Koninkryksreekslesings

Pactum Instituut in samewerking met die VCHO en Bybelse Apologetiek het ‘n reeks lesings rondom Die Koninkryk van God gedoen  (09:00 – 10:00) oor die volgende onderwerpe (met skakels):

Die lesings wat reeds plaasgevind het, kan gekyk word by die skakels bo.

Koos Adendorff is dekaan teologie by die Afrikaanse Protestantse Akademie. Hy is getroud met Elmarie en hulle het vier kinders. BA, BD, NagrDiplTeol, MTh, DTh (Diakoniologie, UOVS)

Cobus Rossouw is predikant van die Gereformeerde Kerke Hendrina en Carolina. Hy is getroud met Marietjie en hulle het agt kinders   BTh, BTh (Hons), MDiv (PU vir CHO) 

Adi Schlebusch is die direkteur van die Pactum Instituut wat Bybelgetroue boeke en akademiese artikels publiseer. Hy is betrokke by die AP Akademie en BCVO. Hy is getroud met Lize en hulle het drie kinders. PhD (Teologie), MA Fil, BA (Latyn), BA(Teologie)

Slabbert le Cornu is predikant van die Gereformeerde Kerk Carletonville en radakteur van Proregno. Hy was betrokke met die vertaling van die Statenvertaling Kantaantekeninge. Hy is getroud met Dorethea en hulle het nege kinders. MDiv (PU vir CHO), BTh (PU vir CHO), BA (UP), HOD (UNISA)

Christiaan Jooste is predikant van Gereformeerde Kerk Waterberg. Hy is die outeur van Die Dordtse Leerreels, ‘n preekbundel oor hierdie besondere belydenisskrif. Hy is getroud met Irma en hulle het vyf kinders. PhD (Ou Testament) NWU, MTh (Kerkgeskiedenis), MDiv, BTh, (PU vir CHO).

Andries Raath was professor by die fakulteit regte aan die Universiteit van die Vrystaat tot met sy aftrede in 2012. Hy het meer as 150 bydraes in joernale gepubliseer. Sy spesialisveld is regsgeskiedenis, regsfilosofie en die geskiedenis van pioniersgemeenskappe. DFil (UOVS), MA, LLB (PU vir CHO), BJuris

Pieter Bisschoff is tans hoof van bemarking by Orania Ontwikkeling Maatskappy. Hy was voorheen Gereformeerde Skool Dirk Postma se skoolhoof, asook die hoof van Bo-Karoo Opleiding en AROS. Hy het ook gedien as die bestuurhoof : onderwys van Mukhanyo Theological College. BA, BA (Hons), HOD

Reformasies in die geskiedenis

Baie Christene is vandag pessimisties. Wanneer mens sien hoe Humanisme hand oor hand toeneem, dan wil ons amen sê op Psalm 12:

“Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders”.

Maar ons moet ons self herinner dat daaar ook ‘n Psalm 2 is:

“Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde … Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik… Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die Here met vrees, en juig met bewing.Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!”

Ons moet ons herinner aan die woorde van Abraham Kuyper, die eerste minister van Nederland 1901-1905, wanneer hy in sy Tractaat van de Reformatie, (1884) skryf dat uit ‘n Christelike perspektief kan ons die geskiedenis opdeel in hierdie hoofdele:

  • Skepping
  • Sondeval
  • Reformasies
  • Christus se koms
  • Reformasies
  • Wederkoms en Oordeel
  • Nuwe hemel en aarde

In terme van die Reformasies maak hy die opmerking :

“Omdat die Reformasie van die sestiende eeu as die Reformasie beskou word, is baie onder die indruk dat daar nie in die Heilige Skrif nie en ook nie in die geskiedenis sprake is van ander Reformasies nie. Dit is ‘n valse idee… As mense gewoond daaraan raak om die Reformasie van Luther as die enigste egte Reformasie te beskou, dan is hierdie die nagevolg: ‘Reformasie’ word dan slegs ‘n eenmalige gebeurtenis en daar is niks verder om daaroor te sê nie. Maar as in teendeel Reformasie ‘n konstante finomeen in die geskiedenis van Jesus se kerk is, wat weer en weer gebeur nadat foute en afvalligheid ingesluip het en herstel deur Reformasie probeer word en gereeld ook suksesvol is, dan word die idee van Reformasie vir ons lewendig.”

Hy gaan dan voort en lys die volgende Reformasies:

  • Die kinders van Set wat afgeskei het van die kinders
    van Kain in die dae van Enoch okm die naam van die
    Here aan te roep.
  • Die vloed wat Noag en sy gesin afgeskei het van die
    goddelose afvallige korrupte mensdom
  • Abraham wat op God se bevel die afgodsaanbiddende
    Ur verlaat het om die kerk op ‘n ander plek te herstig.
  • Die vierde reformasie het plaasgevind toe Jakob en
    Esau se paaie geskei het.
    Bg. Reformasies was egter uniek omdat dit primêr deur God
    gedryf is. Dit is daarom nie ‘n model vir reformasie in ons dag
    nie. Na die totstandkoming van Isael het die volgende
    Reformasies plaasgevind:
  • Die verplasing van die kerk van die land Goosen na
    die woestyn
  • Die afskaffing van kalfaanbidding deur Moses
  • Verskillende reformasies onder die Rigters
    Die reformasie wat Samuel nagejaag het en ook
    verwesentlik het
  • Daar was dan sewe reformasies wat deur konings
    bewerkstellig is:
    ◦ In Juda onder: Asa, Josefat, Joas, Hiskia, Manasse
    ◦ In Israel onder: Jehu en deur Elia teen Agab
  • Serubabel wat die kerk teruglei na die Ballingskap
  • Esra en Nehemia wat Jerusalem se mure herbou
  • Johannes die Doper wat die volk oproep tot bekering
  • Sinode van Nicea 325
  • Waldense
  • Hussiete in Bohemië
  • Wycliff in Engeland
  • 1500’s Reformasie: Sweeds, Duits, Switserland,
    Frankryk, Slawië, Skotland ens.
  • Dordt 1618/9
  • Afskeiding van 1834
    Ons kan byvoeg:
  • Abraham Kuyper se Doleansie en die reformasie wat
    daarop gevolg het van 1886.

Ons kan byvoeg: Abraham Kuyper se Doleansie en die reformasie wat
daarop gevolg het van 1886.

Kom ons werk en bid vir nog ‘n Reformasie in ons dag. ‘n Reformasie waar terugekeer kan word na God se Woord. ‘n Reformasie waar die HERE weer gevrees kan word.

Tydbeskouing

Die tydsbeskouing is een van die sewe voorveronderstellings van ‘n wereldbeskouing. Dit poog om die volgende vrae te beantwoord:

  1. Is daar ‘n begin en einde aan tyd?
  2. Is daar enige doelwit waarheen alles oppad is?
  3. Is dit net oneindige siklusse?

Omdat die mens nie alwetend is nie en ook nie alle data tot sy beskikking het oor hoe die heelal, aarde, die plant- en diereryke en hoe die mens tot stand gekom het nie, moet noodwendig voorveronderstellings gemaak word. Christene sal die Bybel as ’n betroubare bron van inligting beskou en sê dat dit vir ons vertel dat God die Skepper van alles is.
Ewolusioniste wil egter niks weet van ’n godheid nie en gevolglik is hul heel eerste voorveronderstelling dat God nie bestaan nie. Hierdie voorveronderstelling veroorsaak dan dat hulle alle inligting wat aangebied word, sal interpreteer in die lig van hierdie voorveronderstellings.
’n Wêreldbeskouing bestaan uit ’n aantal basiese voorveronderstellings wat min of meer konsekwent is met mekaar en wat min of meer wetend gehou word en min of meer waar is. Gewoonlik word hierdie voorveronderstellings nie deur mense bevraagteken nie en kom slegs na vore wanneer ’n mens met ’n vreemdeling van ’n ander ideologiese denkrigting verskil (The Universe Next Door, James Sire, 2009, Intervarcity Press, p18)

Al die voorveronderstellingskategoriee is:

  1. Godsbeskouing / Teologie
  2. Mensbeskouing / Antropologie
  3. Kennisleer / Epistomologie
  4. Heelalbeskouing / Kosmologie
  5. Samelewing / Sosiologie
  6. Etiek
  7. Tydsbeskouing