Lesse vir SA uit die Nederlandse Reformasie van die 1800s

Onlangs het ek die voorreg gehad om ‘n onderhoud te doen met Dr Adi Schlebusch. Dr Schlebusch het sy PhD gedoen oor Groen van Prinsterer.

Ons het gesels oor die gebeure na die Verligting in die Nederlande en hoe Dr Groen van Prinsterer en sy opvolgers suksesvol dit teengestaan en teruggerol het.

Liberale intellektueles van die 1980’s het hul Nuwe Suid-Afrika teenstaanders ge-ettiketeer as VERKRAMTES en hulself met die ere titel bekroon as VERLIGTES…. Vandag lyk hierdie Nuwe Suid-Afrika nie so verlig nie, want ons beleef donker loadshedding baie gereeld.

Nou, as ons na die geskiedenis kyk dan is dit opvallend dat die ondersteuners van die Franse Rewolusie ook na hulle self verwys het as die Verligtes – in Engels : die Enligtened en daardie era as die Enligtenment en die era wat hul voorafgegaan het as die Donker Eeue. Dr RJ Rushdoony sê:

The term “Dark Ages” … is of recent usage. Not long after the French Revolution, it was used by historians to define the period after the fall of the Roman Empire to the Renaissance… For these men any kind of Christian era was a lapse between Roman and modern humanistic statism. “Dark Ages” was used for a time to refer to the time immediately after the fall of Rome. Those times were “dark” because Christianity had succeeded.”

Die parallelle tussen dit wat in Nederland gebeur het na die Franse Rewolusie en Suid-Afrika is opmerklik. In hierdie gesprek word gepraat oor Nederland na hulle ondervinding met die Franse Rewolusie se Verligting teenoor ons ondervinding in Suid-Afrika en ons ervaring van ons weergawe van die Verligting.

Alle paaie lei na…

Alle paai lei na…

Wat is die middelpunt van die aarde? Die modernis antwoord sekerlik dat die middelpunt van die aarde die kokende magma ‘n klompie kilo’s onder ons voete is. Maar dis nie die soort middelpunt wat ek bedoel nie. Ironies genoeg, as jy ‘n antieke Israeliet gevra het waar die middelpunt van die aarde is, sou hy geantwoord het dat dit die tempel in Jerusalem is. Die tempel op die berg – die tempel wat letterlik en simbolies so ver as kan kom van die kokende magma in die pens van die aarde verwyder is. 

Ek lees steeds lekker aan Leithart (1993) se boek, The Kingdom and the Power. Ek wil in hierdie artikel kortliks gesels oor ‘n baie interessante gedagte wat hy oor die kerk het. 

Dit wat nie draai nie

Wat beteken dit vir iets om die middelpunt van die aarde te wees? Dit beteken dat daardie ding die ding is wat regop staan, selfs al is alles anders krom. Die middelpunt is die standaard.

Ek herinner my aan C.S. Lewis se beskrywing van die engele in sy ruimte drieling. Hierdie wesens het aan Ransom verskyn as pilare van lig. Weens die beweging van die aarde het hierdie pilare soms gedraai. Maar Ransom het altyd gevoel asof die engele regop staan – dis die aarde wat beweeg en draai, die engele het ware “regopheid” vergestalt en alles anders moes daarteen gemeet word.

Alle paaie lei na Jerusalem

Leithart (1993:87) begin: “Despite the later pretensions of the Romans, every Hebrew knew that all roads led to Jerusalem.” Die Bybel praat van Jerusalem – en spesifiek van die tempel in Jerusalem – as die middelpunt van die aarde. Die profete praat van al die nasies wat sal optrek na Jerusalem om die HERE daar te aanbid (Jer. 3:17). Die volke sal die berg waarop God se tempel gebou is kom uitsoek en daar vrede maak met mekaar (Jes. 2:2-4). 

Alle paaie lei na niks

Ons tydsgees het al ‘n bietjie verder gevorder op die pad van verdorwenheid as die Romeine van ouds. Vandag het mense al vergeet dat alle paaie lei na Rome. Mense beweer nie eens dat alle paaie na New York of Las Vegas lei nie. Vandag leef mense onder die vaandel van “Alle paaie lei na niks.” 

Die mens het homself die standaard gemaak: Hy het homself die middelpunt van die aarde gemaak. Maar toe vind hy uit dat hy nie êrens heen kan gaan om homself te vind nie. Die beste pad na die self is die pad na die sitkamerbank. En so, alle paaie lei na niks. Of dalk  eerder: Alle paaie lei na ‘n oorgewig middeljarige man wat by sy ouers bly en fokus op sy Fortnite K/D. 

Alle paaie lei na die kerk

Wat is dan die middelpunt van die aarde, vandag? Die maklike antwoord is natuurlik Jesus. Hy is die ware tempel. Hy is die ware Jerusalem. Hy is die ware standaard. Hy bly altyd regop, selfs al is alles anders krom.

Maar daar is nog ‘n antwoord: Die kerk. Alle paaie lei na die kerk. Die kerk is mos ook God se tempel (2 Kor. 6:16). En die nasies stroom tot God se berg soos die kerk van hulle dissipels maak (Matt. 28:19).

Dit beteken dat ons byeenkoms by die kerk elke Sondag ‘n ding is wat regop staan in ‘n krom wêreld. Ons kom na die kerk om ons eie krom harte reguit te maak. Ons kom na die kerk, want die liggaam van Christus is ook die middelpunt van alle dinge. 

Bibliografie

  • Leithart, P.J. 1993. The Kingdom and the Power: Rediscovering the Centrality of the Church. New Jersey: P&R Publishing. 

Die dood van konserwatisme

Ek is konserwatief. Ek is baie bly om myself met hierdie groep in die samelewing te vereenselwig. Maar ‘n mens moet ook eerlik wees oor die tekortkominge van jou eie groep. Hy wat bereid is om homself te oordeel, se oordeel oor ander is baie skerper. 

In daardie gees was dit beslis stimulerend om by Van Ruler (2015:Elektronies) ‘n gedagte raak te lees oor die dood van Jesus, wat hy toepas op konserwatisme. Ek wil hier kortliks sy insigte bespreek, en ‘n paar gedagtes van my eie los.

Die dood van ‘n ding

Hoe bereik iets sy doel? Van Ruler (2015:Elektronies) skryf: “The grains of wheat must fall to the earth. There they die. This done, they bring forth fruit, even a thousand fold. In other words: things must go through death, through the end, through the transition, even through the nihil, if they want to attain their purpose.”

Die stories wat God skryf, is stories van dood en lewe: Van lewe deur dood. Dit is stories waar die helde sterf en drie dae later opstaan. Dit is stories waar die goud bewaak word deur ‘n vurige rooi draak. In God se stories bereik iets sy doel wanneer dit sterf.

Die dood van ‘n Adam

Mens moet natuurlik versigtig wees om te spekuleer oor dinge waaroor die Skrif stil is. Maar daar is ‘n plek om lyne te trek. As ons dit doen, kan mens argumenteer dat selfs Adam sy doel sou bereik het deur te sterf. Of ten minste: Hy sou sy doel bereik het deur ‘n simboliese dood. 

Alreeds toe Adam ‘n vrou ontvang het, het hy ‘n simboliese dood gesterf. God het ‘n diep slaap oor hom gebring en hom oopgeklief om uit hom ‘n vrou te bou (Gen. 2:21). Adam het net soveel gesterf soos wat elke moeder sterf wanneer sy geboorte gee. 

Dit is dan nie vergesog om aan te neem dat Adam ook sou sterf om sy verdere doel te vervul nie. God se bevel om die tuin te bewerk en te bewaak (Gen. 2:15) impliseer ‘n vyand: Dit impliseer ‘n slang. En soos ons later in God se Storie sal uitvind, hierdie slang se kop word op ‘n baie spesifieke manier verpletter. Hierdie slang se kop kraak onder die voet van ‘n sterwende Man. 

Die dood van konserwatisme

Van Ruler (2015:Elektronies) gaan verder: “There are people who want to keep things completely under their own control. They want to keep things as they are. These are the conservatives.”

Die probleem met konserwatisme, is dat dit dinge van hul doel weerhou. Om die beeld van N.D. Wilson (2021:YouTube) te gebruik: Die konserwatiewes sit plastiese beskerming oor sitkamer banke: Ons wil 50 jaar van nou af na die bank kan wys en sê: “Kyk! Dis nog presies soos toe ek dit gekry het!” Konserwatiewes spesialiseer in preservering. 

Maar God se stories werk anders. In God se stories bereik dinge hul doel, nie wanneer dit stof gaar in ‘n glaskas nie. In God se stories bereik dinge hul doel deur te sterf. 

‘n Seerowerskip!

N.D. Wilson brei verder uit op sy gedagte: Ons moet aan al ons instellings begin dink as seerowerskepe. Jou kerk, jou skool, jou Christelike universiteit, jou gesin – dit alles bestaan vir ‘n doel. Die doel is om die goud te gaan haal. In die proses moet jy verwag dat die seerowerskip – die instelling – ‘n paar skrape gaan optel. Die doel is nooit om die seerowerskip te preserveer nie. Seerowerskepe hoort eenvoudig nie in museums nie. Die doel is om die seerowerskip te verloor en die goud te wen. 

Bibliografie

  • Van Ruler, A.A. 2015. I Believe: The Twelve Articles of Faith in Morning Devotions. Translated by Garth Hodnett. Xlibris Publishing. [Elektronies].
  • Wilson, N.D. 2021. The Gospel of Winning [YouTube]. Beskikbaar by: https://youtu.be/P44AU-dae6s?si=hO2qtxCC3N2EYWGx 

Soos in die hemel: ‘n Meditasie oor die roeping van die kerk

Wat is die roeping van die kerk – wat moet jou kerk en my kerk probeer om te doen op hierdie klippie wat ons “aarde” noem? Ek dink die roeping van die kerk kan die beste opgesom word soos dít: Om te bid, “Laat u koninkryk kom” en dan op te tree asof ons dit bedoel. 

Ek is besig om te lees deur Peter Leithart se boek, The Kingdom and the Power. Daarin maak hy ‘n interessante opmerking. Hy sê ons moet God se koninkryk verstaan as drie rewolusies: ‘n Rewolusie in die hemel, ‘n rewolusie in die tempel en ‘n rewolusie op die aarde (Leithart, 1993:19-20). 

Die hemele word geskud

God se koninkryk begin om te kom wanneer dinge radikaal verander in die hemel. Die Ou Testament is baie oop oor die feit dat Satan ‘n plek in die hemel gehad het (Job. 1-2). Hy het ‘n plek in die hemel gehad omdat hy reg was oor wat hy daar gesê het. Hy het die mens daar aangekla, en sy klagtes was waar. 

Maar Jesus se geboorte, lewe, kruis en opstanding skud die fondasies van die hemele. Die Satan verloor sy reg tot die hemel. En Christus neem sy plek in – nie as aanklaer van die mens nie, maar as Verlosser. 

“Toe sê Hy vir hulle: ‘Ek het Satan soos ‘n weerligstraal uit die hemel sien val.’” (Luk. 10:18, 2020 Vertaling).

Die mitologiese koninkryk

C.S. Lewis (1998:Elektronies) praat treffend van Jesus, as die mite wat ‘n feit geword het. As mens so kan praat van die Koning, kan mens sekerlik ook so praat van sy koninkryk. Die koninkryk van die hemele wat neerdaal op die aarde is die koninkryk van mite wat die koninkryk van feit word. 

Ons is nie alleen nie. Daar is mitologiese wesens wat die skepping met ons deel – wesens wat ons breedweg beskryf as engele en duiwels. God bring sy koninkryk eerstens onder hierdie wesens. Hy begin sy koninkryk in die hemel.

En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.” (Rom. 12:7-9).

…Net so ook op die aarde

Die draak is uit die hemel uitgewerp. Maar hy kraai nog koning oor die aarde (vir nou). Die roeping van die kerk is om te bid dat God met die aarde sal doen wat Hy met die hemel gedoen het. En dan op te tree asof ons dit bedoel het. 

Die Koning van die hemel is besig om Koning van die aarde te word. Wat begin het in die hemel word voltrek op die aarde. Die einde is in sig: Die Koninkryk van God is naby. En ons moet vir mense vra: “Wat gaan jy doen, as alle mites in feite verander? Wat gaan jy doen, as die hele aarde Koninkryk is?

Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.” (Matt. 6:9,10).

Bibliografie

  • Leithart, P.J. 1993. The Kingdom and the Power: Rediscovering the Centrality of the Church. New Jersey: P&R Publishing. 
  • Lewis, C.S. 1998. “Myth Became Fact” in God in the Dock. Grand Rapids: Eerdmans. [Elektronies].

Die moeder god wat jy nie kan ken nie

Een van die baie foute van die liberale kerk (kan mens maar sê die woke kerk?) is dat sy probeer om “in” te wees. Sy probeer om aan te pas by al die nuutste giere. Orrels word uitgegooi en Michael Jackson word ingesleep; kansels word afgebreek met ywer wat die beeldstormers van ouds stom sou slaan; en verklarende prediking word ingeruil vir Ted-praatjies.

Saam met dit probeer die woke kerk om God aan te spreek as moeder. Prof. Alwyn Swanepoel van die AP Akademie het al ‘n meer volledige stuk geskryf hieroor[1]. Maar onlangs het iets wat Van Ruler geskryf het my weer hieraan laat dink. Van Ruler (2015:Elektronies) wys uit dat ons, wanneer ons in die Apostoliese Geloofsbelydenis sê dat ons glo in God die Vader, daarmee wil sê dat God geken kan word.

Dit klink dalk nou vir jou baie dom om dit te sê. “Natuurlik kan jy God ken!” wil jy dalk antwoord. Maar dink ‘n bietjie daaroor. As ek Sondag in die kerk sê: “Ek glo in God die Vader” sê ek nie net dat God Vaderlik is nie – nog voor ek iets sê oor sy Vaderskap sê ek iets wat baie meer basies is: Ek kan God ken: Ek kan iets oor Hom weet.

Die god wat nie God is nie

Die alternatief is dat God nie geken kan word nie, en daarom net sowel ‘n moeder as ‘n vader kan wees. “Wie weet of daar iets daar buite is? Maar selfs as daar iets is – hoe sal ons daardie iets ooit kan ken? Ons is mos sulke klein ou mensies!” so sê die agnostici, en saam met hulle die liberale kerk.

As God nie geken kan word nie, maak dit ook nie eintlik saak wie of wat Hy presies is nie. Dan is “God” maar eintlik net ‘n blob wat ons gebruik om te praat van daai ding wat ons eintlik nie kan verstaan nie. Dan vat mense en kulture maar net hierdie blob en vorm dit soos ‘n stuk klei na hul eie beeld en gelykenis. As God nie geken kan word nie, is Hy wat ook al jy wil hê Hy moet wees.

God is dan ‘n moeder! Want dis die soort God wat nou “in” is. Die New Age Beweging wil alles mos vervroulik. So as die kerk wil bly by die tye moet sy ook maar vasbyt deur hierdie groeipyne heen. Die mense van ons dag dink mos nie meer so tradisioneel oor gesin en gender nie. So kom ons skrap die idee van God as Vader en Bruidegom van sy kerk. Kom ons maak van God ‘n enkel-mamma en ‘n lesbiese minnaar. Wie weet? Dalk sal die wêreld dan weer van ons hou!

Is so ‘n god werklik God? In hulle poging om vir die wêreld ‘n moederlike God te gee het hulle God verander in ‘n onkenbare, onpersoonlike, irrelevante, vormlose niks wat elkeen maar kan interpreteer soos hy wil.

God die Vader of God die blob

Die kerk staan voor twee basiese keuses: Óf God is kenbaar, óf Hy is nie. As Hy nie kenbaar is nie, is elke mens vry om God te vorm soos hy wil. Maar as Hy kenbaar is, kan net Hy vorm aan Homself gee. Die vorm wat Hy aan Homself gee – glo dit of nie – is die vorm van ‘n Vader. So die keuse van die kerk is nie God die Vader of God die moeder nie. Dis God die Vader of God die blob.

Bibliografie

  • Van Ruler, A.A. 2015. I Believe: The Twelve Articles of Faith in Morning Devotions. Translated by Garth Hodnett. Xlibris Publishing. [Elektronies].

[1]     Deel 1: https://apk.co.za/blog/2021/04/29/kan-god-as-vroulik-beskou-word/

“Make America/SA/UK/Holland great Again”

Politici kom met slagspreuke vorendag soos “Make America Great Again” (MAGA).

In Nederland is ook iemand anders verkies nadat die burgers onrustig geraak het oor hoe die establishment regeer. Selfs in Suid-Amerika (Argentinië) word daar ook teruggegryp na die verlede as ‘n beter era waarheen teruggekeer moet word. Die nuut verkose leier van Argentinië is verkies as president onder die vaandel van die VSA Vryheidsvlag[3] van 1775 (Gadsdenvlag met Do not tread on me daarop geskryf). Dit volg na etlike dekades van mislukte sosialisme in Argentinië. Verder het Prof Jordan Peterson en ander invloedryke politici soos die oud onder-eerste minister van Australië (John Anderson) en Phillipa Stroud (Konserwatiewe party in Brittanje) die Alliance of Responsible Citizens (ARC) tot stand gebring. Hierdie ARC leiers is totaal ontnugter deur die ondermyning van vryheid en die vinnige inbeweeg na ‘n era van Facisme die afgelope dekades (veral die afgelope 5 jaar). Hulle is bekommerd oor die ondermyning van geloofsvryheid, spraakvryheid, bewegingsvryheid en die cancel culture. In die woorde van Elon Musk: The woke mind virus” poses an existential threat to humanity[1]. Hierdie ARC/Musk weerstand word selfs betreur deur die World Economic Forum met hul vergaderings wat die afgelope jare wat gefokus het op: “Rebuilding Trust” en “Working Together, Restoring Trust“.

Prof Vishal Mangalwadi het onlangs met Disciple Nations Alliance ‘n onderhoud[2] gevoer en maak ‘n hele paar baie insiggewende opmerkings. Hy was dan ook een van die intellektueles wat die ARC vergadering bygewoon het. Hy maak die punt dat daar ernstige gebreke is in die weerstand teen die Woke mind virus via die ARC. Hy wys uit dat sosioloë soos Weber en andere tereg aantoon dat die Westerse voorspoed ‘n uitvloeisel is van die Reformasie. Dat die wêreldbeskouing van die Reformasie veroorsaak het dat Westerlinge se kultuur verander het en dat voorspoed gevolg het. Hy sê:

“So Max Weber is one of the fathers of social sciences and he wrote during the first two decades of the 20th century in Germany. His father was a Lutheran, mother was a Calvinist. So, one vacation they will go to the Lutheran side of the family, another vacation to the Calvinist side of the family. And as he was growing up he noticed that the Calvinist community, not just his immediate family, but as a community, they were doing better economically than the Lutherans and Lutherans were doing better than the Roman Catholics and the Catholics were doing better than the Orthodox and the Orthodox were doing better than Muslims and Hindus. A lot of information was available about India through the East India Company, the economic information. … He saw that religion plays an important role in economic development or as hindrance to progress… He said that faith and predestination helped economic progress, et cetera, but the overall piece is that religion, religious ideas, either hinder progress or motivate progress.”

Hy beskryf die ekonomiese voorspoed en samelewingsvryhede wat die Weste voorgebring het as vrugte van ‘n Bybelse Wêreldbeskouing. Die Wêreldbeskouing is die wortels, maar die wortels bring nie sonder die stam en stingels die vrugte voort nie. As ons dus die vrugte van die Westerse wêreldbeskouing wil geniet, dan moet ons ‘n Bybelse (Calvinistiese) wêreldbeskouing omarm, maar dit is meer as net die wêreldbeskouing, want die gemeenskap van die heiliges (stingels) is ook nodig. Dit is soos ‘n plant wat mooi blomme (vrugte) dra. Die blomme word nie net deur die wortels (wêreldbeskouing) voortgebring nie maar daar is ook stingels (gemeenskap vd heiliges) nodig. En dan die belangrikste van alles is die Grond (God) waarin die plant geplant is, is nodig. Die probleem is dat MAGA en Musk en ARC wil terugkeer na die bybelse wêreldbeskouing om die goeie vrugte te kan geniet, maar baie van die leiers het nog nie tot die besef gekom dat die God van die Bybelse wêreldbeskouing aanbid en omarm moet word nie. Dit is onmoontlik om dit los van mekaar te maak… In die woorde van Ps 127: “As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou…”. Die ander probleem is dat sommige Christene besef dat die verhouding met Jesus essensieel is, maar hulle het geen diepte nie. Hulle het nie ‘n Bybelse Wêreldbeskouing nie. Hierdie Christene word dan maklik mislei. En dan is daar Christene wat so ontnugter is dat hulle hul heeltemal van enige Christelike instellings disassosieer. Hulle wil nie lidmaat wees van ‘n gemeente nie, maar hulle stig ook nie ‘n regsinnige een nie.

Prof Mangalwadi: “So these are public intellectuals, poets, politicians, who are speaking and they, as well as economists, businessmen. They agreed with the overall thesis that Western civilization is a beautiful bouquet of flowers and these flowers have been cut from their roots. Therefore the flowers are fading. So the Western civilization is fading, withering because it is cut from their roots. And to reconnect the West to its roots is the big challenge. And they acknowledge that the roots is the Bible, even the non-christians who would call themselves atheists. Now, this was a thesis that Pope [Benedict 16 – Joseph Ratzinger] wrote this book “Without Roots: the West’s Relativism Christianity in Islam… We receive general consensus Nobody challenged it that yes, the western civilization is a beautiful bouquet of flowers. These flowers are withering: families withering, economies in debt, etc, Business is no longer trustworthy because the flowers have been cut off from their roots. So the one important weakness of ARC was not acknowledging that the flowers don’t flowers and fruits don’t come directly out of the root, they come out of stem. So it is connected. Flowers are connected to the roots through the stem, through the branches. This is what Jesus says I am the wine, you are the branches, you bear fruit and leaves for the healing of the nations. ….

And this has been a very important point that Bob Moffitt, the co-founder of DNA, has been making consistently that it is not just the worldview, the roots, which produce flowers, but the church, which is the stem out of which has come. So the impact that the Bible has had is because of the church, which preserves, translated, publishes, distributes, teaches the Bible and established all the colleges, universities, schools, etc. So this is a missing piece in the ARC movement. Yes, yes, davidson Hunter. He makes that point in changing the world that it’s not just ideas. Ideas have consequences, but ideas need institutions, groups, networks of groups, which has been a very strong point that Bob Moffitt has kept emphasizing and that was missing in ARC. And if ARC is not able to really mobilize the church, then it will be a movement that goes nowhere because, this is really the key that you have great ideas, you have the truth, but actually truth was downplayed.”

Ek kan hierdie onderhoud van Prof Vishal aanbeveel. Daar is ‘n hele klomp mooi insigte.

Mag die VSA/SA/Holland/Weste en die hele mesdom nie net smag na die vrugte wat voorgevloei het uit die Reformasie van die 1500’s nie, maar mag hulle die volledige wêreldbeskouing saam met die instellings wat dit moontlik maak omarm. Mag hulle daardie EEN wat die seëninge uitdeel werklik ken, sodat Hy hulle nuut kan maak en hulle die Seun kan kus soos wat daar geskryf staan in Ps 2, Ps 117 ens. Mag daar ‘n diepgaande bekeering en reformasie spoedig tot stand kom…

[1] https://twitter.com/EpochTimes/status/1653151055146889218

[2] https://podium.page/client-media-editor/5c62ff97-b08b-421c-8ff1-715d77d067fe?a=eyJhbGciOiJIUzI1NiIsInR5cCI6IkpXVCJ9.eyJtZWRpYV9pZCI6IjVjNjJmZjk3LWIwOGItNDIxYy04ZmYxLTcxNWQ3N2QwNjdmZSJ9.6jyNytIBsMHOhXpOMw1JnVi_hd_pvwSQQVnH4P-ZM_4&return_url=https://www.buzzsprout.com/public/transcripts/714172/update_callback

[3] https://www.bloomberg.com/news/articles/2023-03-15/inflation-at-100-boosts-javier-milei-in-2023-argentina-presidential-election

Gesprekke | Veg en Bou in Suid-Afrika

Vanjaar gaan daar ‘n Bybelse Wêreldbeskouing Reeks gehou word. Hierdie keer gaan dit in die vorm van onderhoude geskied. Daar sal elke tweede maand een gepubliseer word. Dit geskied onder die tema van Veg en Bou in Suid-Afrika. Die Veg en Bou is ‘n verwysing na Nehemia 4:

Van die bouers aan die muur het die lasdraers hulle werk so gedoen dat hulle met die een hand die werk verrig het, terwyl die ander hand die werpspies vashou,en die bouers het elkeen sy swaard aan sy heupe gegord en gebou, terwyl die basuinblaser by my gestaan het.


Die onderhoude sal soos volg wees:

Die onderhoude sal gepubliseer word op die Bybelse Apologetiek Kanaal by: https://www.youtube.com/@bybelseapologetiek2444/videos

Kontak Pieter van Deventer by: pp.vandeventer@gmail.com

Kinders : seën of vloek

Videoweergawe van hierdie artikel:

INLEIDING

As ons vandag in WF Nkomo street afry, dan kom jy op die hoek met Maltzan straat ʼn Moskee teë. Ander straatname in die woonbuurt is Schutte, Frederick, Christoffel, Servaas en President Burgers… en dan onthou jy dat NF Nkomo street se naam voorheen Kerkstraat was en as jy mooi kyk, dan sien jy dat die Moskee se toring eintlik ʼn kerktoring is.

Ds. Etienne Maritz, Pretoria-Wes se laaste predikant, het hom as volg uitgelaati oor die verkoop (1997) van die kerkgebou:

Ons buurt het ‘n handelsentrum geword. Ons mense was aan die wegtrek uit die gebied en ander etniese groepe het ingetrek. Die demografie van die gebied het so baie verander dat ons nie genoeg mense of genoeg hulpbronne gehad het om die kerk aan die gang te hou nie. Ons het die ryk kerke in die ooste van Pretoria om geldelike hulp gevra, maar hulle wou ons nie help nie. Weens die dalende lidmaattal en ons geldelike onvermoë om aan te gaan, het ons besluit om te ontbind en die kerk te verkoop.”

Hierdie kerk was voorheen die NG Kerk Pretoria Wes gewees. M.a.w. Daar is nog hier en daar oorblyfels oor van die voormalige Christelike Afrikaner woonbuurt, maar op sommige plekke kan jy dit net-net herken.

Die NG Kerk se Sinodebode skryf so oor die daling in lidmaatgetalle in die kerk:

Dooplidmate het oor die laaste 15 jaar van 450,000 tot ongeveer 250,000 gedaal [‘n daling van 44%]. Volgens die huidige kerklike tendense gaan sowat 50% van die oorblywende dooplidmate ook nie NG Kerk-lidmate bly wanneer hulle volwassenes is nie.”ii

Dit gaan egter nie veel beter in die Dopperkerke nieiii.

  • 1859 – 1930’s: Die aantal dooplidmate was 50+% van die totale kerkbevolking.
  • 1990 : Piek word bereik van meer as 100,000 lidmate
  • 2010 : Die “swart” kerke word in die GKSA ingelyf daar is ʼn tydelike verligting wat ingetree het, maar sederdien het die afwaardse tendens voortgeduur. Nie die swart kerke nie en ook nie die omkeerstrategie het gewerk nie.

DIE HELE BESKAWING PLOF IN

Hierdie is egter nie ʼn finomeen wat beperk is tot slegs Pretoria of slegs die Afrikaners of slegs die kerke nie. Orals in die Westerse Wêreld sien mens skole en kerke wat toemaak:

  • Verlate skole in Ierland.
  • Verlate skole in Japan. The Star van Malysia rapporteer: “Japan has seen the closure of some 8,580 public schools since 2002, due to extreme population decline”iv
  • Lee kerke wat in Vlaandere in Belgie hergebruik word as Moskees of klimmure of meulens of wat ookalv

Boeke word deesdae geskryf oor die inploffing van die Weste. Pat Buchananvi het byvoorbeeld hierdie boek met die titel “The Death of the WEST” geskryf met die subtitel: “How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization”

Onlangs het Kevin Swanson die redelike dik boek met die titel: “EPOCH : Rise and Fall of the West” gepubliseer. In hierdie boek verwys hy o.a. na die demografiese inploffing en die toename van skuld in die Weste. Hy noem ook van vorige bevolkinginploffings in die antieke Griekse rykvii:

  • “At Eretria only one family in twelve had two sons; hardly any had two daughters”
  • “the whole of Greece has been subject to a low birth rate and a general decrease of population, owing to which cities have become deserted and the land has ceased to yield fruit,…men had fallen into such a state of luxury, avarice, and indolence that they did not wish to marry, or, if they married to rear the children born to them, or at most but one or two of them”.

Vir die VSA wys Kevin Swansonviii uit dat hulle kinders per vrou vanaf drie kinders in 1950 gedaal het na 1.8 in 1980. Tans is dit by slegs 1.5 kind per vrou. Terseldertyd het die skuld las toegeneem vanaf 140% van die BBP in 1950 tot 417% in 2020.

Multimiljoenêrs soos Elon Musk en Jack Ma begin ook bekommerd raak. Tydens ʼn konferensie oor kunsmatige intelligense het Joernaliste die vraag aan hierdie twee here gevraix:

Wat is die grootste bedreiging vir die mensdom?”

Elon Musk het toe hierop geantwoord – en Jack Ma het met hom saamgestem:

The biggest problem civilization will face in the next 20 years is population collapse. Collapse. I want to emphasise this… the biggest issue in 20 years will be population collapse. Not explosion, collapse.”

Na Elon Musk se tiende kind gebore is, skryfx hy:

‘Contrary to what many think, the richer someone is, the fewer kids they have. I am a rare exception. Most people I know have zero or one kid… The past two years have been a demographic disaster in the US… I mean, I’m doing my part haha”

As ons na Wikipedia se wêreldkaart vir Fertiliteitxi kyk bevestig dit dat die enigste kontitent waar vroue meer kinders kry as wat nodig is om die bevolking instand te hou, Afrika is. Die res is besig om in te plof insluitend: Indië, Sjina, Noord- en Suid Amerika, Europa en Rusland. Selfs Saudië Arabië en Iranxii

Vir ander Wetenskaplikes soos Prof Eric Piankaxiii is die bevolkingsinploffing glad nie ʼn probleem nie. In teendeel. Vir hom is dit iets wat aangemoedig en selfs versnel moet word. Prof Pianka wil sien dat 90% van die wêreld bevolking moet doodgaan. Hy het vier verskillende metodesxiv voorgehou om dit te bewerkstellig:

  • Die Witperd : Pes
  • Die Rooiperd : Oorlog
  • Swart perd : Hongersnood
  • Grys perd : Die Dood deur Wilde Diere

Sy gunsteling is Pes. Dit is die doeltreffendste om 90% van die wêreldbevolking te laat doodgaan. Spesifiek die Ebola virus, want dit is hoogsdoelreffend en maak die slagoffers binne dae dood.

HOEKOM?

Hoe is dit moontlik dat Afrikaanse kerke teen onheilspellende tempo krimp?

Hoe is dit moontlik dat selfs die geweldige immigrasie na die VSA en Europa nie daarin slaag om die demografiese inploffing te stuit nie?

Is daar enigsins iets wat gedoen kan word om dit te stop?

Is daar enige toekoms?

Kevin Swanson gee vir ons in sy boek Epochxv die antwoord hoekom dit gebeur het wanneer hy skryf:

Nothing portrays the Western worldview shift and its destructive effects better (on a societal level) than debt and birth rates. This shift in worldview is evident: Why would the West implode its birth rates, consume all the capital of previous generations, and mortgage the future of its grandchildren by unprecedented debt? These are the hopeless and hapless ideas of the existentialist Jean-Paul Sartre and the homosexual economist, John Maynard Keynes in action. This data points to a loss of the will to continue a civilization… The de-Christianization of Western culture has resulted in the breakdown of Western civilization itself.”

Pat Buchnanxvi stem met hom saam wanneer hy skryf:

But as Christianity began to die in the West, something else occurred: Western peoples began to stop having children. For the correlation between religious faith and large families is absolute. The more devout a people… the higher its birthrate… Wherever secularism triumphs, populations begin to shrink.”

Buchanan haal jong mense en spesialiste aan oor die inploffing van die Weste se bevolkings. Ons kom dan agter dat jong mense kinders sien as ‘n vloek en nie ‘n seën nie – dit staan in kontras met Ps 127 wat kinders beskryf as ‘n seën van die HERE:

“More than half of Japanese women now remain single by thirty years of age… They live at home with their parents and persue careers, and many have abandoned any idea of marrying and having children…‘Live for myself and enjoy life’ is their motto”1

Dr Pierpaolo Donati, Katolieke intelektuele en professor in sosiologie aan die Universiteit van Bologna som die kindergetalkrisis in Italië op as volg:
“Prosperity has strangled us… Comfort is now the only thing anybody believes in. The ethic of sacrifice of a family – one of basic ideas of human societies – has become a historical notion. It is astonishing.”2

Gabrielle Thanheiser en Andreas Gerhmann som die situasie as volg op oor die houding van Duitse vroue en mans teenoor kinders:
“My reason for not having kids is that I like to sleep. I read a lot, and I can sleep throughout the night… We are DINKS [double income, no kids couples].”3

Buchanan som dit so op:
“How much will it take to convince a women to have four children? People are concerned about their appearances, their education, their careers. Europe’s birthrate has been falling for decades. It is no fluke… This is not a matter of conspiracy but of consensus, of free choice. European women have decided they want one or two children, or none, and they have the means – contraception, sterilization and abortion – to effect these choices. And European women consider these personal desires to be far more compelling than demographic studies describing what Europe will look like when they are seventy or eighty, or gone.”4

Weereens Buchanan: “But as Christianity began to die in the West, something else occurred: Western peoples began to stop having children. For the correlation between religious faith and large families is absolute. The more devout a people… the higher its birthrate… Wherever secularism triumphs, populations begin to shrink.”

TERUGROL VAN DIE INPLOFFING

As ons na die Ultra Ortodokse Jode (Haredim) in die staat Israel kyk, dan is hulle ‘n “devout religious” groep waarvan Pat Buchanan praat. Hulle is ‘n baie klein groepie toegewyde mense wat die sekulêre dogma van ons dag teenstaan en meer kinders begin kry het.

Hierdie Ultra Ortodokse Jode was in 1948 slegs 35 duisend mense in Israel. Hulle het egter baie kinders en gevolglik het hulle getalle vandag aangegroei tot 1.3 miljoen. Dit is 13% van die bevolking van Israel. Daar word beraam dat hulle ʼn derde van die bevolking van Israel sal wees teen 2065xvii.

While secular and traditional Jews, Druze, and Christian Arabs average fewer than two and a half children per family, and the birth rate among Muslim-Israelis is declining rapidly, approaching three children per family, many religious Jews have more than four children, and Haredim (ultra-Orthodox Jews) average 6.6 children per family. As a general rule, the share of the Haredim in the population doubles every 25 years, or every generation. In other words, the Haredim make up only six percent of the 50-year-olds, but 24% of the infants. As a result of this exponentially increasing growth rate, half of Israel’s babies are expected to belong to Haredi families in just 25 years.”xviii

Die Doppers voor 1935 kan ook as so ‘n “devout religious” groep beskou word. Meer as die helfte van al die Dopperlidmate was onder 18 jaar gewees (Onthou dat Prof Bouke Spoelstraxix sy doktorsgraad gedoen het oor Die Doppers en dan maak hy die punt dat hierdie groep lank bestaan het voor die GKSA in 1859 tot stand gekom het. Hy maak die punt dat dit ‘n denkwyse is en dat daar doppers was wat nie deel geword het van die GKSA nie). Hierdie Dopperkerke het toe eksponensieel gegroei, juis vanweë die groot kindergetalle. Ds Dirk en Alida Postmaxx het byvoorbeeld 15 kinders gehad. Onder Afrikaners is dit ʼn onlangse verskynsel dat gesinne uit minder as 10 kinders bestaan. As ek na my eie familiestamboom kyk, dan was dit uiters ongewoon om ʼn gesin te kry wat minder as 10 kinders gehad het voor die 1900’s.

Die Amish in die VSA is nog ʼn voorbeeld van ʼn groep wat die sekularisasie teenstaan. Hul bevolking staan tans op 373 duisend. Hulle getalle verdubbel elke 20 jaar. Gesinne het vyf of meer kindersxxi. Hier kan ons sien dat hulle ʼn honder jaar gelede nog ʼn baie onbeduidende groepie was.

Nou dat ons weet, dat dit moontlik is vir ʼn eksplisiete Christelike gemeenskap (“devout religious”) om te groei en te gedy, kan ons praktiese aksies neerpen wat gedoen kan word:

  • Kom tot die besef dat daar ʼn oorlog van idees aan die gang is. ʼn Oorlog waar die Bybelse wêreldbeskouing in botsing is met die Sekulêr Humanistiese Wêreldbeskouing. Hierdie Sekulêre Wêreldbeskouing het orals ingedring. In ons kerke, skole, en selfs on huise. Die Humanistiese idees dat die aarde oorbevolk is, is geglo en hul oplossings is geimplimenteer met die verwoestende nagevolge op ons kerke en volke se voortbestaan.
  • As jy nog nie getroud is nie, soek vir jou ʼn vrou wat ook ʼn verskil wil maak en wat bereid is om ʼn Spreuke 31 vrou te wees. ʼn Vrou wat Gen 1:28, Ps 127, Ps 128, Matt 28:19-20 ernstig opneem.
  • As jy reeds getroud is, gesels met jou man/vrou oor die Bybelse Wêreldbeskouing. Bid tot God dat Hy sy/haar hart sal verander.
  • As jy van plan was om slegs een of twee kinders te hê, gesels met jou eggenoot daaroor om nog ʼn paar in te pas.
  • As jy nie lidmaat is by ʼn Bybelgetroue gemeente nie, soek dan een wat na jou mening die naaste daaraan is wat die Bybel vereis. Sluit dan daar aan. Word betrokke. Dissipel die gelowiges daar om ook te dink soos wat jy dink. Dit is belangrik om Gen 1:28, Ps 127, Ps 128 en Matt 28:19-20 ernstig op te neem. Maak seker dat die gemeente die 12 Artikels (Apostoliese geloofbelyenis) regtig glo. Dit beteken dat hulle nie Teïstiese Ewolusie kan glo nie en dat hulle nie die maagdelike geboorte van Christus kan ontken of weg simboliseer nie. Natuurlik moet hulle ook glo dat Christus werklik uit die dood opgestaan het en werklik eendag weer sal kom om die lewendes en dooies te oordeel.
  • As jy reeds by ʼn gemeente lidmaat is, raak betrokke en laat jou lig daar skyn. Dissipel die gelowiges om meer volgens God se Woord te lewe. Dit is belangrik om Gen 1:28, Ps 127, Ps 128 en Matt 28:19-20 ernstig op te neem.
  • Raak betrokke in die breër gemeenskap en pas Bybelse beginsels ook op daardie lewensterrein toe.

Mag dit gebeur dat Afrikaners en alle volke reg oor die wêreld hul terugbekeer tot die HERE en Hom sal dien en sal juig met bewing. Die Seun sal kus. Sodat dit nie nodig sal wees dat die toorn van die HERE teenoor ons sal ontvlam niexxii.

ihttps://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Pretoria-Wes

iihttp://www.ngkerk.org.za/sinode/2p1.jpg

iiiGKSA Kerkblad, Desember 2023/ Januarie 2024, p20 en Almanakke van die GKSA

ivhttps://www.thestar.com.my/lifestyle/living/2023/11/12/japan-has-seen-the-closure-of-some-8580-public-schools-since-2002-due-to-extreme-population-decline#:~:text=8%2C580%20schools%20closed,according%20to%20the%20education%20ministry.

vhttps://journalstar.com/life-entertainment/nation-world/faith-values/abandoned-churches-europe/article_3e3e05bf-87a8-582e-8daa-dfc07a3d1483.html

viBuchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5

viiEpoch – Rise and fall of the West, 2021, Swanson Kevin, Generations, ISBN 978 1 954745 09 4, p.289

viiiEpoch – Rise and fall of the West, 2021, Swanson Kevin, Generations, ISBN 978 1 954745 09 4, p.26-27

ixhttps://twitter.com/elonmusk/status/1529193812949614594

xhttps://www.livemint.com/news/world/elon-musk-says-doing-my-part-to-boost-birth-rates-11657238562832.html

xihttps://en.wikipedia.org/wiki/Sub-replacement_fertility

xiihttps://en.wikipedia.org/wiki/Total_fertility_rate

xiiihttps://reason.com/2006/04/03/to-save-the-planet-kill-90-per/

xivhttps://en.wikipedia.org/wiki/Four_Horsemen_of_the_Apocalypse#/media/File:Apocalypse_vasnetsov.jpg

xvEpoch – Rise and fall of the West, 2021, Swanson Kevin, Generations, ISBN 978 1 954745 09 4, p.26-27

xviuchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 180

xviihttps://www.quora.com/How-do-Orthodox-Jews-handle-having-so-many-children https://en.wikipedia.org/wiki/Haredi_Judaism

xviiihttps://www.unz.com/article/population-explosion-or-population-collapse/

xixSpoelstra, Bouke, 1963, Die Doppers in Suid-Afrika 1760-1899, Nasionale Boekhandel

xxhttps://af.wikipedia.org/wiki/Alida_Postma

xxihttps://www.visionmonday.com/business/research-and-stats/article/amish-community-bucks-national-population-trends

xxiiPs 2

  1. Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 21 ↩︎
  2. Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 17 ↩︎
  3. Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 15 ↩︎
  4. Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 99 ↩︎

Seminaar | Hoe moet Christene reageer op Vervolging?

“God is ‘n toevlug in die nood, ‘n rots wat altyd vas bly staan, al dreig die vyand met die dood, al storm hul leerbendes aan… ons sal nie beef of rugwaarts gaan.” – Ps 46:1 (berymd)

Dit wil lyk of Christene in Suid-Afrika, maar ook elders in die Westerse Wêreld, vervolging in die gesig staar:

  • Ouers se gesag word ondermyn (BELA-wetgewing en roede-inperkings),
    • Bigbrother tipe spioeneering op organisasies/kerke (Spybill) en
  • Pogings om predikante/kerke te dwing om LGBTQ+ paartjies te trou.

Hoe moet ons optree? Moet ons net gaan lê en maak of ons dood is? Is dit maar net elkeen vir homself en vlug na ‘n ander land? Moet ons maar net ons lot aanvaar? Maar wat van die vroedvroue wat die bevel van Farao teengestaan het? Wat van Daniël en sy vriende wat die bevele van die koning verontagsaam het? Wat van Paulus wat die Romeine se eie wette teen hulle gebruik het toe hy gevra het: “Is dit geoorloof om ‘n Romeinse burger, en dit onveroordeeld, te gésel?”

Hoe het gelowiges deur die eeue gereageer op vervolging? Hoe het die Bybelse gelowiges opgetree? Hoe het die Hugenote en Protestantse gelowiges in die 1500’s daarop gereageer? Hoe moet Christene vandag reageer? 

Daar is ‘n seminaar vir 27 April 2024 by die GK Wonderboompoort (256 Genl Beyerstraat Pretoria Noord) gehou om hierdie vrae te beantwoord. Daar is gekyk na Reaksie op Vervolging: Bybelse tyd, Reformasie tyd en Vandag.

Die program en skakels na die lesings lyk so:

08:00 Registrasie, Koffie & beskuit
08:45 Opening
09:00 Bybelse tyd | Ds P le Roux
09:40 Reformasie tyd | Dr H vAlten
10:20 Tee en verversings
11:00 Vandag | Dr A Schlebusch
11:40 Paneelbespreking
12:20 Afsluiting met gebed

RSVP by: kantoor@gkwonderboompoort.org

Oorwinning ten spyte van vervolging

Augustusmaand gedenk ons Bartolomeusnag en die 20,000 Hugenote wat vermoor is in Frankryk. In Oktobermaand dink ons weer na aan die Reformasie van Martin Luther toe hy sy 95 stellings teen die kerkmuur opgeslaan het. Hierdie twee gebeure staan in verband met mekaar, want die Bartolomeusnag was ‘n veldslag in die godsdiens oorloe wat die Roomskatolieke gevoer het in ‘n poging om die lig van die Reformasie uit Europe uit te wis.

In Nederland het die Habsburgse Koning gepoog om Protestantisme uit te wis en ‘n 80 jarige oorlog het gevolg. In Duitsland was daar ‘n 30 jarige oorlog en in Frankryk ‘n 136 jarige oorlog. In Nederland en Duitsland was die Protestante suksesvol terwyl Hugenote uit Frankryk gevlug het. Tussen 4 miljoen en 8 miljoen gelowiges het in hierdie oorloë gesterf.

Dit is so, dat die vervolging van Christene in die Weste gestaak is nadat ons voorgeslagte in 1648 hul 80 jarige oorlog gewen het. Dit het egter ook die goue eeu van Nederland ingelui en moontlik gemaak dat Afrikaners aan die suidpunt van Afrika kon groei tot ‘n volk. Dit is opmerklik met watter doelgerigdheid die handelspos aan Kaap van Goeie Hoop gestig is. Daar is van Jan Van Riebeeck en die amptenare verwag om elke raadsvergaderig te open met hierdie gebed:

“Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos-Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader, dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen”

Vervolging van Christene het egter die afgelope jare weer begin en vandag word Christene weer vermoor, in tronke gegooi en gemartel. Kom ons dink ook na aan die gelowiges in Noord Korea, Somalie, Nigerië, Indië en Pakistan. Verlede jaar was daar 5,014 Christene wat in Nigerië vermoor is vir hul geloof (Christianity Today 17 Jan 2023).

Daar is egter ook voorbeelde in Westerse lande. In Findland word Päivi Räsänen (parlementslid en mediese dokter) vervolg omdat sy homoseksualiteit as sonde en onbybels veroordeel het in ‘n pamflet. Sy is laas jaar onskuldig bevind aan “haatspraak” deur die Finse Distrikhof, maar die voormalige Finse Vervolgings Generaal het geappeleer. Indien Päivi skuldig bevind word, staar sy ‘n boete en tronkstraf in die gesig.

“[Toe] sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.” (Openb 6:9-11)