Aanhou kerkwees in 21ste eeu

Tydens die In U Lig Konferensie 2025 is daar besin oor “Aanhou kerk van Christus wees in die 21ste eeu”. Daar het vier sprekers opgetree en die volgende aspekte is aangespreek:

Daar is gepoog om die volgende vrae te beantwoord: Is die kerk ‘n opsionele ekstra? Kerke loop leeg. Hoekom? Wat is die roeping van die kerk? Is daar nog die brandende begeerte om kerk te wees?Wil ons nog kerk wees? Kerk en Christus. Wat is die verband? Hoe verstaan jy kerk?, ens.

Die video’s kan by bogenoemde skakels bekyk word – Die Pro-Regno kanaal is hier beskikbaar:
www.youtube.com/@pro-regno

Eenheid en Veelheid

Ons bely meeste Sondae die Apostoliese Geloofsbelydenis waar ons sê dat ons glo in God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Hiermee bely ons dat God ‘n Drie-enige God is. Dit het te doene met die harmonie tussen die eenheid en veelheid. Ons het hieroor en die implikasies daarvan besin onder die tema : Eenheid en Veelheid.

Hierdie is ‘n probleem wat al vir eeue deur filosowe bedink word. Jou denke hieroor het ernstige gevolge oor hoe die samelewing saamgestel word.

Prof HG Stoker wys in sy Stryd om die Ordes uit dat òf die Eenheid òf die Veelheid oorbeklemtoon word. Die Liberaliste en Woke oorbeklemtoon die EEN (individu) met anargistiese en chaostiese nagevolge op die samelewing. Neo-Nazi’s en Marxiste oorbeklemtoon weer die VEEL (volk/werkersklas) met tirannie en ongeregtigheid as nagevolge. Die Bybelse oplossing is egter om beide die Eenheid en Veelheid te omarm.

Sprekers en lesings wat gelewer is:

Daar het tydens hierdie seminaar vier sprekers opgetree:

  • 08:45 Pieter van Deventer | Opening Video
  • 09:00 Dr Morne Diedericks | Eenheid vs Veelheid Probleem: Video
  • 09:30 FA vDeventer | Liberaliste/Woke/Nazi’s/Marxiste/Stamiste se oplossing vir die probleemVideo, PDF
  • 10:00 Tee/Koffie/Verversing
  • 11:00 Ds Pieter le Roux | Bybelse oplossing vir die probleem: Video
  • 11:30 Dr Wikus Buys | Toepassing van die Bybelse oplossing: Video
  • 12:00 Bespreking: Video

WAAR: GK Wonderboompoort 256 Genl BeyersStr, Pretoria Noord

WANNEER: 15 Maart 2025 08:30-13:00

Die goeie nuus (evangelie) van Geloftedag vir Zoeloe’s, Afrikaners en alle mense.

Die video weergawe van hierdie lesing is hier beskikbaar.

Ons is vandag hier saam vergader om na te dink hoe die HERE ons voorgeslagte 180 jaar gelede bewaar en gelei het. Psalm 78 vertel vir ons dat ‘n gebeurtenis soos Geloftedag belangrik is:

Ek wil my mond open met ’n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom. Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het. Hy tog het ’n getuienis opgerig in Jakob en ’n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het — om dit aan hulle kinders bekend te maak, sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, en nie word soos hulle vaders nie, ’n koppige en wederstrewige geslag, ’n geslag met ’n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.

Dit is dus moontlik vir ‘n geslag wat die wonderlike vrymakende evangelie aanvaar het om weer afvallig te kan word. Ons sien dit elke dag om ons hoe die Westerse samelewing besig is om ’n koppige, wederstrewige geslag te word. ‘n Geslag soortgelyk aan afvallige Israel waaroor Ps 78:10 sê: “Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet”:

Ons kan die verheidensing van ons samelewing sien wanneer ons byvoorbeeld gaan kyk na ons samelewing se verwerping van o.a. die sesde en sewende gebooie:

  • In Europa en ook in Suid-Afrika is daar al vir jare stemme wat opgaan dat prostitusie gewettig moet word.
  • Aborsie is dekades lank in Westerse lande wettig en ook al etlike jare in Suid-Afrika. Miljoene baba’s word elke jaar deur aborsie vermoor.
  • Westerlinge dink nie net soos heidene nie, hulle tatoeer hulle ook om soos heidene te lyk.
  • In ons dag word die gesin geherdefinieer om twee vroue en ‘n kind te kan wees… En hul “kinders” word selfs in die kerk gedoopi.

Ons dink dat dit altyd so was dat Westerlinge Christene was. Dit is nie so nie. Griekse Historici van 3de eeu beskryf Westerlinge se voorgeslagte (barbare) so:

“Barbare kan nie logies dink of doen nie. Teologiese geskille is vir hulle Grieks… Barbare word gedryf deur bose geeste; besete met demone wat hulle dring om die verskriklikste dade te pleeg… onbekwaam om volgens geskrewe wette te lewe en onwillig toelaat dat konings hulle regeer… Hulle lus vir goud is ontsaglik, hul liefde vir drank grensloos. Barbare is sonder perke… Alhoewel hulle oor die algemeen aantreklik lyk, het hulle aaklige persoonlike higiëne… Hulle voortplantings energie is onuitputlik… As ‘n barbaarse volk teruggedryf of verwoes word, dan kom ‘n ander een uit die Duitse moerasse en woude na vore…”ii

Een van hierdie “barbaarse” Westerse volke was die Friese (van Nederland). Hierdie Friese het niks daarvan gedink om die sendeling Winfried in 754 te vermoor nie. Voorheen het Winfried onsuksesvol probeer om die evangelie aan die Frisiese koning te bring. Daar word gesê dat die Frisiese koning nie die Christengeloof wou aanneem toe hy gehoor het dat hy nie een van sy voorvaders in die hemel sou vind nie. Hy het eerder verkies om vir ewig in die hel saam met sy voorvaders te wees as in die hemel saam met sy Frankiese vyandeiii.

Die Romeinse Koninkryk was nie veel beter nie. Hulle het Christene erg vervolg en hulle het heidense wette gehad wat bepaal het dat ‘n vader slegs wettiglik sy kind as sy kind erken nadat hy hom van die grond af opgetel het. Indien die vader nie die kind wou hê nie, was dit binne die wet om die kind buite die stadsmure te laat om deur die wolwe opgeëet te word.

Hierdie kindervermoording is dan ook in die mites van die Romeine opgeneem. Hier is ‘n standbeeld van Romulus en Remus wat as die stigters van Rome beskou word. Hulle is deur koning Amilius op die rivieroewer Tiber gelos om te sterf, maar ‘n wilde dier het hulle gered waarna hulle aangeneem is deur ‘n herdergesiniv.

Prostitisie en allerhande ander seksuelevergrype was ook ‘n algemene wettige verskynsel.

Maar in die sesde eeu het die Christelike geloof so ‘n goot invloed uitgeoefen dat Justiniaanse wette afgevaardig is. Hierdie wette het die Bybelse defenisie van ‘n gesin as belangrik beskouv:

  • Slegs hetroseksuele verhoudings (tussen man en vrou) is toegelaat.
  • Alle seksuele verhoudings behalwe dié binne die huwelik is verbied.
  • Die wette teen seksueel afwykende gedrag is vir alle sosiale stande toegepas.
  • Onwettige seksuele gedrag is strafbaar deur die wet gemaak.
  • Kontrakte vir seksuele betaling vir ondersteuning of geskenke (prostitisie) is onwettig gemaak.

Toe Jan van Riebeeck in 1652 na Suid-Afrika kom, was die Christelike godsdiens en meer spesifiek die Calvinisme in die voormalige “baarbaarse” Nederlanders se volksbestaan ingebed. Soveel so, dat die Verenigde Oost Indiese Kompanjie verwag het dat raadsvergaderings wat in Suid-Afrika gehou sou word met die volgende gebed geopen sou word…

Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos-Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader, dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen”vi

En was die inboorlinge in Afrika nie wilde en onbeskaafde mense nie.

Shaka se pa was die stamhoof Senzangakhona, maar is grootgemaak deur Dingiswayo wat vermoor word deur Zwide. Shaka vermoor Zwide se moeder deur haar toe te sluit in ‘n hut met hienas.

Toe Shaka se moeder sterf beveel hy dat geen mielies geplant mag word in daardie jaar nie, en geen melk gebruik mag word nie en dat enige vrou wat swanger word vermoor sou word saam met haar man. Groot getalle mense is volgens oorlewering doodgemaak omdat hulle nie genoegsaam gerou het nie, en koeie is geslag om hulle kalwers te laat voel hoe dit is om ‘n moeder te verloor.

Silkaats (Mzilikazi) was die gunsteling Generaal van Shaka gewees. In 1824 het hy gevlug vir die impi’s wat Shaka gestuur het om met hom af te reken nadat hy nie die beeste oorhandig het van die stammetjie wat hy in noord Zoeloeland uitgewis het in opdrag van Shaka nie.

Mzilikazi het sy naam (“pad van bloed”) gestand gedoen en ‘n pad van bloed agter hom gelaatvii.

Die Difiqane/Lifiqane/Mfekane wat deur Shaka begin is, het tot die dood van honderde stamme gelei tussen 1820-1824. Shaka het die baie meer effektiewer kort assegai in bedryf gestel. Geskiedkundiges soos Theal reken dat 2 miljoen mense dood is aan die hand van Mzilikazi, Shaka en Dingaan. Die Difiqane was ‘n gebeurtenis van wydverspreide chaos en konflik in Suider-Afrika in die vroee 1800’s. Daar is verskeie woorde wat in die swart volke vir hierdie gebeurtenis gebruik word:

  • Difiqane/Lifiqane : Sotho vir verstrooiing of gedwonge migrasie
  • Mfekane : Zoeloe vir verpletter

Prof Omer-Cooper van Zambië beskryf die gevolge so:

“Die kolossale ontploffing het gepaard gegaan met met ‘n slagting en verwoesting op skrikwekkende skaal. Hele stamme is uitgemoor en nog meer het gesterf in die hongersnood en anaragie wat gevolg het. ”

Daar is ooreenkomste tussen die Europese barbare wat chaos en verwoesting in Europa veroorsaak het honderde jare gelede en die Difiqane in Suider-Afrika ongeveer 200 jaar gelede.

In Suider Afrika is miljoene mense dood en verplaas. Hele stamme het selfs so ver as Tanzanie en Zambie gevlug vir hul lewens. Hele streke is ontvolk.

Shaka Zoeloe was bang om kinders te hê omdat hy gevrees het dat een van sy seuns hom in ‘n sluipmoord sou ombring. Hy word egter vermoor deur sy broers, Dingaan en Mhlangana op 22 September 1828. Dingaan word toe die Zoeloe koning.

In 1837 het Francis Owen gepoog om die Evangelie aan Dingaan en sy onderdane te verkondig.

Nadat Owen 30 minute gepreek het, het Dingaan hom gestop en gesê:

“Sê jy dat daar net een God is?”

“Sê jy dat daar net een hemel vir goeie mense is?”

“Sê jy dat daar ’n hel vir bose mense is?”

Owen antwoord dat dit so is.

Dingaan sê toe vir Owen dat Owen se geloof nutteloos is, want Dingaan is die enigste god, Zoeland is die hemel en Moordkoppie is die hel.

Owen is toe nooit weer toegelaat om die evangelie te verkondig nie.

Intussen moes die Christen Afrikaners aan die Oos grens van die Kaapkolonie ses grensoorloe met die Xhosas trotseer. Die inboorlinge het geroof, gemoor en afgebrand. Teen 1838 het Afrikaners aan die Oos Kaap genoeg gehad en besluit om eerder die binneland wat ontvolk is deur die Difiqane in te trek.

Prof FN Lee gee in sy Christian Afrikaners die volgende redes vir die Groot Trek:

  • But bear in mind that these people had often falsely been promised compensation for the forcible emancipation of their slaves — many of whom didn’t want to be emancipated anyway. The slave owners had been financially ruined by the British.
  • In other respects too, the Afrikaners were fed up with the British. They had already had their language suppressed;
  • their Roman-Dutch Calvinistic Laws challenged;
  • their churches invaded;
  • and their children Anglicised in the schools.
  • Now many of them had also been ruined financially.

They had now had enough – so off they trekked. ”

Die Retief-manifes is namens die Voortrekkers geskryf en het die dwalinge aangaande die doel en oorsaak van die Groot Trek vir die buitewêreld uiteengesit. Dit is in die Grham’s Town Journal gepubliseer op 2 Februarue 1837.

Retief beweer hierin dat allerlei berigte versprei is om die Trekkers by vriend en vyand in onguns te bring. Sy Manifes moet die beeld van die Voortrekkers herstel en almal laat besef dat die Christengelowige nie sommer sy band met sy geboortegrond breek as daar nie besonder oortuigende redes daarvoor bestaan nie. Die Manifes moet ook lig werp op hulle voornemens en doelwitte.

In hierdie manifest word die volgende redes gegee vir die Groot Trek:

  • Daar is geen toekoms vir ons kinders weens die kwaaddoeners in die Kaapkolonie nie.
  • Die vrymaking van slawe het tot groot verliese gelei.
  • Ons kla oor die plundering deur die swartman en ander gekleurdes (heidenne), veral met die inval van 1834/35, toe meeste grensboere geruïneer is.
  • Ons kla oor die onregverdige beskuldigings teen ons as grensboere deur belanghebbende en oneerlike persone [soos Dr Philips] onder die dekmantel van “godsdiens”. Hul getuienis word in Engeland geglo en ons bewyse tot die teendeel word eenvoudig verwerp. As gevolg van hierdie vooroordeel sien ons slegs die ondergang van die land.
  • Ons sal oral die beginsel van ware vryheid handhaaf. Ons sal niemand in slawerny hou nie. Maar ons sal behoorlike wette daarstel om misdaad te onderdruk en om ’n behoorlike verhouding tussen heer en kneg te bewaar.
  • Ons verlaat die Kaap ten einde ’n rustiger lewe as vroeër te lei. Ons sal geen volk molesteer en niemand sy eiendom ontneem nie. As ons egter aangeval word sal ons ons persoon en eiendom teen enige vyand verdedig.
  • Sodra ons vir onsself nuwe wette gemaak het, sal ons afskrifte hiervan as inligting na die Kaapkolonie stuur. Nou reeds egter verklaar ons dat verraaiers in ons midde summier en selfs met die dood gestraf sal word.
  • In die loop van ons trektog en in die land van ons vestiging sal ons aan die inboorlinge ons bedoelings bekend maak en hulle van ons begeerte om in vrede en vriendskap met hulle te leef, in kennis stel.
  • Ons verlaat die kolonie met die wete dat die Britse regering niks meer van ons kan vereis nie, en ons sonder verdere inmenging sal toelaat om onsself te regeer.
  • Ons vertrek uit ’n vrugbare geboorteland waar ons groot skade gely het en aan baie ergernis blootgestel was. Ons gaan ons in ’n woeste en gevaarlike gebied vestig, maar ons vertrou op ’n alsiende, regverdige en genadige God. Ons sal hom altyd vrees en in nederigheid gehoorsaam.

Die filantrope was baie negatief oor die Afrikaners aan die Oos-Kaap, maar die Goewerneur, Benjamin D’Urban, was meer realisties en skryf ‘n brief in 1837 aan die Britse sekretaris van Kolonies:

“Dit is bitter jammer dat ‘n groot gedeelte van die boere wat die Kolonie verlaat het, tot die oudste en fatsoenlikste inwoners van die distrikte waaruit hulle afkomstig was, behoort het, en dat die vertrek van hierdie onverskrokke, geduldige, arbeidsame, ordelike en godsdienstige mense ‘n onberekenbare verlies vir die Kolonie beteken… Die waardevolste gedeelte van ons plattelandse bevolking is dus onherstelbaar verlore.”

Daar wys verskeie trekke uit die Oos-Kaap gewees. Hierdie Trekkers het Thaba `Nchu as ‘n halfweg stasie gebruik.

Moroka II, hoofman van die Boo-Seleka gedeelte van die Barolong stam (Tswana’s) het in 1833 na Thaba Nchu gemigreer. Hulle is deur Mzilikazi uit die Transvaal verdryf. Hulle het toe na die Vrystaat gevlug. Hulle onderhandel met koning Moshoeshoe I om in Thaba ‘Nchu te kan bly. Hulle getalle is later aangevul deur ander lede van die Barolong wat deur Mzilikazi verdryf is.

Hierdie Tswana mense het die Voortrekkers as hul bondgenote gesien in die nagevolge van die Difiqane. Die eerste Voorstrekkers wat in Naba Nchu oorgebly het was Louis Trichard en Hand van Rensburg. Thaba ‘Nchu het hierna ‘n veilige hawe geword vir Voortrekkers soos Hendrik Potgieter, Piet Uys en Gerrit Maritz.

Mzilikazi se Matabeles het tydens een van hulle pludertogte in Augustus 1838 vier jagters, vyf helpers, die Liebenberg- en Erasmusfamilies is vermoor. Hendrik Potgieter verneem hierdie slegte nuus op sy terugtog na Thaba Nchu vanaf Trichardt wat in die Soutpansberg gebeid was. Potgieter verwag nog ‘n aanval deur die Matabeles en vorm ‘n laer met die waens aan die voete van wat later Vegkop sou heet naby aan die hedendaagse Heilbron. Slegs 35 man moet 600 Matabeles aandurf. 1,137 assegaaie word na die walaer geslinger.

Die aanval word afgeweer maar die Matabeles buit 50,000 skape, 50,000 beeste en 100 perde. Die Trekkers was nou magteloos, want hulle kon nie hul waens verder sleep nie. Hulle trek-osse is ook gebuit.

Moroka II kom tot die gestrande Trekkers by Vegkop se hulp toe hy trekdiere voorsien sodat die Trekkers na Thaba Nchu kon terugkeer.

Potgieter, Moroka en Tauana het toe ‘n Boer-Barolong-Griqua alliansie gesluit om Mzilikazi se mag te breek.

Eers in November 1837 kon daarin geslaag word om Mzilikazi se mag te breek. Die Matabeles het toe na Zimbabwe gevlug en die koninkryk van Matabeleland gestig.

Potgieter was oortuig dat die Transvaal en Vrystaat die toekomstige tuiste moet wees, terwyl Maritz en Retief eerder Natal as tuiste gekies het. Retief oorreed Potgieter en hierdie trek sluit hulle dan aan by die ander Trekkers in Natal.

Piet Retief was van plan om met Dingaan te onderhandel oor ‘n stuk grond soortgelyk aan die Engelse wat Port Natal deur middle van onderhandeling bekom het.

Dingaan het Piet Retief en sy afvaardiging ontvang en gesê dat hy bereid sou wees om grondgebied af te staan as Retief die vee wat die Tlokwastam gesteel het, teruggebring sal word. Retief en sy manskappe het toe hierdie vee gaan terugkry.

Retief en 69 mansakppe kom in Februarie 1838 by Dingaan se kraal met 2,000 hutte aan. Die onderhandelinge was lank en uitgerek…

Op 4 Februarie ondeteken Dingaan die dokument waarin hy die gebied tussen die Tugela en Umsimvuburiviere aan die Trekkers afstaan.

Die volgende dag het Dingaan ‘n afskeidsfees vir die Trekkers gereel.

Die feesvierings het egter ‘n wending geneem toe Dingaan vir sy manne geskree het “Gryp hulle”

Die Zoeloe krygers het dadelik die Boeregesante gegryp. Weerstand was onmoontlik, want die Boere het hul wapens buite die laer gelos soos wat van hulle verwag was.

Retief en sy manskappe is na Moordkoppie gesleep waar hulle met knopkieries doodgeslaan is.

Heel laaste is ook Retief doodgeslaan.

Later sou die Trekkers tussen die geraamtes en verbryselde kopbene die bladsak met die ooreenkoms tussen Dingaan en Retief kry.

‘n Paar uur nadat Retief vermoor is, het die Zoeloe opgeruk om die Vootrekkerlaers uit te wis. Die Bezuidenhout–, Bothma–, Van Renburg families is uitgewis. 41 Mans, 56 vroue, 185 kinders en 250 Khoikoi en Basoetoe helpers sterf.

Een van die droewigste dae in die Trekkergeskiedenis het aangebreek. Oral het mense na hul dooie geliefdes gesoek. Hulle was oorbluf en het nie presies geweet wat gebeur het nie.

Eers toe Dick King die boodskap gebring het dat Piet Retief vermoor is, het die Trekkers die verraad van Dingaan besef. Die sendelinge het uit die land gevlug en die Engelse handelaars het hulle op Salisbury-Eiland gaan ingrawe.

Benewens die baie trekkers wat gesterf het, is ook 25,000 stuks vee geroof. Die nood het die Trekkers gedwing om so vinnig as moontlik te herorganiseer en verdedigings laers saam te trek, terwyl boodskappers ver en wyd gestuur is om versterkings te stuur. Piet Uys en Potgieter was nog met hul trekker in aantog en het hulle gehaas.

Die dorpie Weenen is twee maande na die massamoord hier naby gestig.

Daar word besluit om ‘n stafekspedisie saam te stel. 347 mans word gemonster en Potgieter en Uys voer twee afsonderlike eenhede aan. Hulle vertrek op 6 April 1838. Hulle word in ‘n hinderlaag gelei en 6,500 Zoeloes val hulle aan. Piet Uys word dodelik gewond. Sy seun sterf saam met sy pa.

Hendrik Potgieter en sy manskappe word uitgejou as die vlugkommando. Die volle blaam van die mislukking word aan Potgieter toegeskryf en hy word van lafhartigheid beskuldig. Dit is irronies in die lig dat Potgieter die held van Vegkop was en aan baie ander gevegte sy manne moed bewys het. Potgieter en 160 man en hul families besluit om Natal te verlaat en hulle eerder in die Transvaal te vestig. Die Voortrekkers was nou so te sê leierloos, want Maritz was ernstig siek.

In Augustus val die Zoeloe’s aan en roof en plunder. Hulle gooi assegaaie met brandende gras op die laer en steek die veld om die laer aan die brand. Dit vat ‘n hele dag om die brand te blus. 640 man, 3200 vroue en kinders, 1,260 helpers, 300,000 skape, 40,000 beeste en 3,000 perde is leierloos gelaat toe Maritz op 23 September 1838 sterf.

Die Trekkers was verslae gewees.

  • Baie Trekkers is dood,
  • Hulle is leierloos,
  • Baie van hul vee is gesteel

Dit wil lyk of hul onderneming ‘n mislukking is, of hulle Godsverlate is. Moes hulle nie maar eerder terugkeer na die Kaap nie?

Die vroue vertroos die moedelose manne en moedig hulle aan tot volharding.

Boodskappe word na die Kaap gestuur om hulp en versterkings.
Karel Landman het voorbereiding begin tref vir verdere moontlike aanvalle van die Zoeloes.

Op 28 November 1838 kom Andries Pretorius met 60 volgelinge by die laer aan. Vroeg in Desember 1838 vertrek Pretorius met 464 manne na Umgunggunglovu.

Die Trekkers het die erns van die veldslag wat voorlê besef. Hulle het besef dat hulle getalle maar gering was en dat hulle nie in eie krag die oorwinning teen die Zoeloes sou kon behaal nie. Sarel Cilliers het die Gelofte vir eerste keer by Wasbank aan die vergadering voorgehou in die week voor die slag van Bloedrivier. Die 400+ man het hulle hieraan verbind.

Cilliers het uit Riters 6:1-24 gelees en Ps 38:13,17 opgegee om gesing te word.

Op 15 Desember 1838 het die Trekkers die Ncomberivier bereik.

Pretorius se verkenners het ‘n groot Zoeloeleër gesien en hulle moes dadelik ‘n geskikte plek kry vir die veldslag.

Aan die suide kant was ‘n donga en aan die ooste kant die Ncomberivier. Pretorius het hierdie gevegsterrein as uitergeskik en uit die hand van die HERE beskou. Daar was diep slote en gate wat die Zoeloes se stormloop sou belemmer.

Aan die Noorde kant was die Ncombe rivier. Die lofwaardige een omdat dit standhoudende rivier was met sy mooi groen oewers.

Erasmus Smit, Hatting, Bezuidenhout, Van Gass en W. G. Nel het in hul vertellings die veghekke genoem wat tussen die laers opgestel is om die Zoeloes uit te hou. Hulle was 2.3m by 2.3 groot.

Ongeveer 800 osse was binne in die laer.

Ook Perde, en ammunisie waens.

Drie kannone is opgestel waar onder ook grietjie.

Die Voortrekkers het Voorlaaiers gehad. Wat net ‘n paar skote per minuut kon skiet.

64 waens is in ‘n groot D geparkeer met die veghekke tussen elke wa om te keer dat Zoeloes kan deurbreek. Lanterns is aan stokke gehang.

Op Sondagoggend 16 Desember nadat die mis gelig het, het 15,000 Zoeloes die laer bestorm. Dit was ‘n woeste môre met ‘n geweldige geskree en lawaai en geweeklaag en ‘n see van swart gesigte en digte rookwolke. Drie aanvalle is geloots…

Daar was toe ‘n verposing…

Die aanvoerders het hul manskappe aangemoedig om te veg. Die Zoeloes was nie meer lus vir veg nie. Die donga, die rivier en die grond rondom die waens was met Zoeloelyke en gewondes besaai.

Pretorius loots toe sy eie teenaanval. Die Zoeloes het toe op die vlug geslaan.

So baie Zoeloes het gesterf dat die water van die rivier rooi geword het.

Die Trekkers het daardie aand hul oorwinning gevier. Hulle het die HERE gedank en lofliedere gesing.

Die oorwinning was verstommend:

  • Slegs 3 van die voortrekkers is lig gewond
  • terwyl daar by die 3,000 Zoeloes gesterf het.
  • Slegs 464 Voortrekkers het teen 15,000 Zoeloe’s geveg.

Om die onmoontlikheid van hierdie geveg beter te verstaan is dit nuttig om hierdie veldslag te vergelyk met ‘n ander veldslag wat ook in Natal plaasgevind het 41 jaar later…

Die veldslag van Islandwana het in 1879 plaasgevind toe 10,000 Zoeloes 1350 Britse troepe aangeval het.

Die Britte het 4 kanonne en modern vuurwapens tot hul beskikking gehad en 62% van hulle was hoogsopgeleide soldate.

Die veldslag het droewig vir die Britte geeindig. Slegs 27 soldate oorleef die veldslag. Die Zoeloes het ‘n totale oorwinning oor die Britte behaal.

Die Voortrekkers het hul gelofte nagekom en ‘n kerk in Pieter-Maritsburg gebou. Dit staan vandag nog daar en langsaan staan die eerste [president van die Republiek Natalia se woning.

Prof FN Lee skryf soos volg oor die gebeure na afloop van Bloedrivier:

Not only did these people build a temple to honour Almighty God… They collected contributions from White Calvinists, and erected at the headquarters of the Zulu king who had murdered their White leaders a Theological Seminary for Black people financed by White money. It is built in the form of an ox-head, the symbol of the Zulu army — but with a huge cement cross rising up in its midst, to symbolise the triumph of the cross over the powers of darkness. ”viii

Broeders en susters, ons het begin met die woorde van Ps 78 dat ons aan die volgende geslag die wonderdade van die HERE moet vertel “sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, en nie word soos hulle vaders nie, ’n koppige en wederstrewige geslag”.

Ons sluit af met die woorde van Paulus aan die gelowiges in Korinte (1 Kor 10 ):

“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see gegaan het… en almal dieselfde geestelike drank gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Maar God het in hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie… En laat ons nie hoereer soos ook sommige van hulle gedoen het nie… En moenie murmereer nie… Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.”

Afrikaners het nes die Israeliete van ouds ‘n roemryke geskiedenis, maar ons is vandag ‘n afvallige volk. Ons moet ons terugbekeer na die God wat ons roemryke geskiedenis vir ons moontlik gemaak het. Ons geskiedenis moet ons opwek om weer die eer aan die HERE van die HERE te gee en alles wat ons doen tot sy eer te doen.

Mag Hy ons daarmee help… Amen.

Bronne

i Sien die Kerkbode van 23 Januarie 2015 waar die artikel onder die tiel “Op soek na Safe Spaces” verskyn het oor Erna en Liezl van der Westhuizen wie se aangenome baba deur Ds Elmarie Dercksen gedoop is in die NG Kerk Blouberg. Ook: http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/56-homoseksualiteit-kat/941-op-soek-na-safe-spaces-2015-01-23.pdf

ii Herwig Wolfram, The History of the Goths, p 6-7

iii https://en.wikipedia.org/wiki/Redbad,_King_of_the_Frisians

iv https://en.wikipedia.org/wiki/Romulus_and_Remus

v RJ Rushdooney, Institutes of Biblical Law, p 199-200

vi https://af.wikipedia.org/wiki/Jan_van_Riebeeck

vii Mzilikazi 1790-1868: a bibliography

viii FN Lee, Christian Afrikaners.

Onderwyshoop

Ons het dou voor dag opgestaan en is eerste by die kerk. Dit is veronderstel om goed oppad na somerweer te wees, maar hierdie naweek is toe ‘n spesiale naweek. Dit is die naweek waar daar sneeu enkeldiepte op die Drakensberge val. Dit is nie net ‘n langnaweek nie, maar ook die naweek wat ons besluit het om Rev Kevin Swanson te kry om met ons te gesels uit ‘n Christelike perspektief oor die val van die Weste, Tuis Onderwys en ‘n Christelike gesin. Dit is verfrissend om na hom te luister. Dit is inspirerend om te hoor hoe hy vertel hoe die evangelie mense se harte verander het en dit daartoe gelei het dat samelewings verander het.

Dit is die welbekende Rev Kevin Swanson wat deur Wikipedia soos volg beskryf word: “Swanson is ‘n predikant en omroeper van Colorado. Hy is bekend vir sy veroordeling van homoseksualiteit en bevordering van Christelike onderwys. Hy is die predikant van Reformation Church in Elizabeth, Colorado, wat ‘n lidkerk van die Covenant Presbiterian Church is. Hy is die direkteur van Generations, wat ‘n daaglikse podcast vervaardig.”

Kevin Swanson het op ‘n Japanese eiland grootgeword waar sy pa vir etlike dekades ‘n Protestantse sendeling was. Sy pa se opvoeding het ‘n impak op Kevin gehad. Hy het eers gepraktiseer as ‘n ingenieur, maar het later predikant en tuisskoolpa geword. Hy is gelukkig getroud met Brenda en hulle is saam die ouers van vyf kinders.

Hier is die lesings wat hy tydens hierdie konferensies en sy lesings by soortgelyle konferensies elders in Suid-Afrika gelewer het:

Onderwerp met skakel” en dan ‘n kort beskrywing daar onder:
Christ Centred Homeschooling
Are we allowing secularism to creep into the homeschool?  Are we allowing worldly standards to establish definitions of success? Have we clarified the differences between a man-centered education and a God-centred education enough?  Kevin Swanson gets back to the basics on a biblical worldview in this presentation.
Homeschool essentials
Don’t miss the essentials! These are the most crucial and the most basic, age-old, biblical principles for the education of a child. Faith and character are preeminent. The principle of individuality is the most liberating principle. Relationships lie at the heart of it. Life integration turns knowledge into an extremely useful and powerful tool for success. But, how many of these elements are missed by conventional systems of learning, and many homeschools as well? These are the basics, coming from Kevin Swanson’s 53 years of experience in the movement, and his book, “Upgrade, the Ten Secrets to the Best Education for Your Child.”
Popular culture, entertainment & family | Kevin Swanson
Popular culture is everywhere around us. It influences the peer groups, and sets the worldview and the cultural perspectives of almost everybody today.  Very few have the wisdom and the strength to swim against the stream. So, how does a family make its cultural choices?  What part should entertainment play in the home?  What are the major biblical principles that should govern our discernment of music, movies, etc.? What is your family culture, and how can you be more intentional in constructing it? 
Permissive parenting vs Persistent, Patient & Proper Parenting
Apathy and permissive parenting is on the rise. Parents less and less love their children enough to discipline them. And, parents less and less love God and honor God enough to correct them. This was Eli’s problem, and God brought an end to Eli’s household entirely. They all died. Here, we present a practical guide to discipline and teaching your children to obey their parents and to honor God.
Worldview Matter
Getting the Right Worldview in History, Science, and Literature
Will a Christian curriculum look any different from a public school curriculum, when it comes to subjects like history, science, and literature.  As the author of about half of the Christian Family Discipleship Curriculum provided by Generations, Kevin Swanson discusses the fundamental and radical differences a Christian worldview provides in these subjects.
Rise and fall of the West and the impact on the family
The building blocks of western civilization have been destroyed: bible belief, the family, the church, etc. The destructive results are obvious. Kevin Swanson summarizes his massive work completed in 2022 — The Rise and Fall of Western Civilization. These are the most significant and world changing times, since AD 475. Tremendous challenges and opportunities like ahead.  But the story itself is quite spectacular.  Understanding the times is critical for the men of Issachar in the Old Testament — so that they would know what to do. . . .no less so for us.
God centred family
Here is a broader view of the Christian family.  Will your family be child-centred, parent-centred, or man-centred? Or will it be a God-Centred family? Will your family be centred on academics, work, or entertainment and play? What does family life look like for the God-Centred family?
Celebrating the blessing of children
Dads Moms your childrens souls are at stake
Fathers Filled with Faith and Love
Here is a challenge to fatherhood. How do we avoid the traps of apathy and anger? Fatherhood is a test of our faith and love, but also, the means by which we grow in these areas. Here Kevin Swanson speaks to the great need of the day — fathers!

Habakuk-gemeentes

Gister was dit tyd om (kerk)familie te besoek. Ons het eers by Vrye gemeente Tafelberg ‘n draai gemaak in die Kaapstadse middestad. Hulle het onlangs besluit om hul geheel los te maak van die verloopte NG Kerkverband.

Daarna het ons by vriende middagete geniet en in die laatmiddag het ons twee Buys niggies se families aan my moederskant besoek. In die aand was die Miskes aan die beurt.

Tafelberg gemeente is besig met ‘n reeks prediking rondom die klein profete. Sondag was Habakuk onder bespreking.

Daar is deur die drie hoofstukke gelees vanuit die 1983 vertaling maar daar word uitgewys dat die vertaling van vers 4 van Hab 2 verkeerd vertaal is. Dit moes wees: “…Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.”

Teen die jaar 630 vC was Juda en Benjamin vervalle. Die 10 stamme van Israel was reeds weggevoer. Teen 600 vC was Juda reeds op ‘n morele laagtepunt. Habakuk is regverdig en roep tot die HERE om in te gryp teen die afval. Die HERE antwoord dat Hy die Chaldeërs gaan gebruik om Juda te dissiplineer. Die HERE gaan die heidene in Sy diens gebruik.

Daar sal egter ‘n toekoms en uitkoms wees vir die gelowiges wat in die geloof sal lewe (vers 2:4)

Die laaste drie verse van hoofstuk 3 klink anders as die voorafgaande. Dit getuig van bekering by Habakuk. Die omstandighede het nie verander nie. Sy hart het verander.

Die middelste deel is twee toesprake:

  • Hfst 2: God praat
  • Hfst 3: Habakuk se gebed

God praat

Die HERE sê dat Sy metode van werk met Juda sal op die langeduur die arrogantes nederig maak en beskaamd. Die kennis van God sal regoor die aarde versprei soos die water die seëbodem bedek. Habakuk moet die groter prentjie sien.

Habakuk se gebed

Habakuk besef dat God geprys moet word soos die berymde lied van Habakuk. Die Hebreeus wys daarop dat dit ‘n gebedslied is (sien ook Hab 3:1).

Hierdie gebed is deurdrenk dat God almagtig is. Ons moet leer wie God is. Habakuk word toegerus om met ander oë na die wêreld en God te kyk.

Hab 3:17-18 “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.”

Bg. Verwys daarna dat Habakuk die HERE kan loof want die vyeboom wat nie bot nie en droogte is die HERE se werk om sy volk tot bekering te bring en daarom is dit ook God se werk en daarom kan hy ook die HERE loof…

Vers 2:4 word drie keer in NT aangehaal. Rom 1.17, Heb 10.38, Gal 3.11. Hierdie vers word in NT verder uitgelê. Hierdie boodskap van Habakuk is dus ook vir ons vandag relevant.

Die punt is: ons moet die groter prentjie raaksien dat die HERE aan die werk is.

Ds Saayman het voorgegaan in die erediens. Die erediens volg die standaard gereformeerde liturgie van votum, seën, belydenis, wet, gebed, skriflesing, prediking, gebed en groetboodskap.

Mens dink dat niks meer goed uit die NG Kerk moontlik is nie, maar hierdie gemeente wys dat daar toe wel nog ‘n oorblyfsel was wat die HERE wil dien. ‘n Oorblysel wat vashou aan “God se Woord bo alles”.

Prys die HERE vir Habakuk gemeentes… Habakuk gemeentes wat nie net praat nie maar ook doen…

Bybelse Narratief en Ps 127

Francois van Deventer in gesprek met Dr Adi Schlebusch

Wanneer ons na ons wêreld kyk, dan lyk alles so deurmekaar:

  • Kunswerke is betekenisloos en baie lyk of dit deur ‘n driejarige gemaak is.
  • Die argitektuur is ‘n laslappie ervaring
  • Op morele vlak word alles getollereer behalwe dit wat regsinnig is

Hierdie is egter nie ‘n toevalligheid nie… dit is die eindpunt van die goddelose denke van ons dag. Dit is soos ‘n bootjie wat doelloos en ankerloos op die storms van die see rond dobber. Hierdie denkers noem hulself postmoderniste.

In ‘n gesprek met Dr Adi Schlebusch gesels ons oor die Bybelse verhaal (narratief) teenoor die goddeloses Postmoderniste van vandag wat ontken dat daar enige meta-naratiewe bestaan. Dr Adi het sy PhD gedoen onder die tema : Strategic Narratives : Groen van Prinsterer as Nineteenth-Century Statesman-Historian

Hier is enkele grepe uit hierdie gesprek:

  • Narratiewe is die raamwerk wat sin en betekenis verskaf aan ons dade en ons lewe as mense. As jy vrae vra soos: Wie is ek, Waar is ek, Waar kom ek vandaan, Waarheen is ek oppad, dan is jy eintlik besig met narratiewe…narratiewe is belangrik omdat dit ‘n singewende funksie het… om sin van die werklikheid te maak.
  • Postmoderniste ontken dat ons op ‘n bepaalde tyd, op ‘n bepaalde plek, met ‘n bepaalde doel is. Alles word totaal abstrak.
  • Die Bybel is ‘n narratief en wat dit treffend maak is dat God Hom nie op ‘n sistematiese manier oor die waarhede van die Christelike geloof aan ons openbaar het nie. As God wou, kon Hy dit gedoen het, maar Hy het gekies om dit nie te doen nie. Hy openbaar in die vorm van ‘n narratief.
  • Daar is ‘n paradigma van Genesis tot Openbaring : Skepping, Sonde, Verlossing en Verheerliking.
  • God verlos nie net ons siele nie. Dit het ook kosmiese implikasies… die hele skepping word daarby betrek.
  • Christene maak sin van die werklikheid vanuit die Bybelse beginsel dat aan Christus is alle mag gegee in hemel en op aarde en dat Hy ons deur sy Gees verlos en hernu na Sy beeld. Dan is die uiteinde die herstel van die harmonie tussen God en mens en tussen God en Skepping.
  • Musk en Peterson se weerstand teen hierdie nuwe vorm van goddeloosheid (woke mind virus) is nie genoegsaam nie… enige oplossing kort van ‘n terugkeer na Bybelse Beginsels en ‘n erkenning van die God wat Homself in die Bybel openbaar gaan nie die mas opkom nie… sonder die regte grondslag gaan jy nêrens kom nie…. As die HERE die huis nie bou nie, dan bou die bouers tevergeefs (Ps 127)…

Moederskap | Bevryding of verdrukking

Francois van Deventer in gesprek met Marguerite Brink en Tina vDeventer

So ‘n ruk gelede kyk ek na ‘n propaganda plakkaat van die Kommunistiese Oos Duitse Republiek (DDR). Dit is van vroue wat besig is om ‘n sloot te grawe. Dit is ‘n plakkaat wat praat van die bevryding van vroue. Hulle praat met trots daarvan dat vroue wat slote grawe bevry is. Dit is in lyn met feministiese leiers soos Betty Friedan en Simone de Beauvoir se denke. Simone:

“Dit is maklik om jou ‘n wêreld voor te stel waar manne en vroue gelyk is, want dit is presies wat die Sowjet Revolusie beloof het: vroue wat opgevoed en opgelei word net soos die manne en wat onder dieselfde werksomstandighede en vir dieselfde lone sal werk. Erotiese vryheid sou vanselfsprekend wees, maar die seksuele daad sou nie ‘n “diens” wees waarvoor betaal moet word nie; vroue sou verplig wees om deur ‘n ander manier vir haarself te sorg; die huwelik sou gebaseer wees op ‘n vrye ooreenkoms wat die eggenotes ter enige tyd kon verbreek; moederskap sou vrywillig wees en dus dat voorbehoeding en aborsie toegelaat word en dat alle moeders en hul kinders dieselfde regte binne of buite die huwelik sal geniet; swangerskapverlof deur die staat betaal sal word en die staat sal ook verantwoordelikheid neem vir die kinders.”

Ons is nou in ons samelewing by die plek waar vroue hierdie “ideale” verwesentlik het. Ek het vandag vir Tina van Deventer en Marguerite Brink saam met my. Beide van hulle gaan die feministiese model teen. Tina het 12 kinders in die wereld gebring en Marguerite verwag haar sesde kindjie. Ons gaan gesels oor “Moederskap – bevryding of verdrukking”

Enkele grepe uit die gesprek:

“Dis is vir vroue in die algemeen makliker om die versorging te doen en dit is glad nie minder belangrik nie – en dit is waar die feministe die groot fout maak: hulle sien dit as hierargie waar die man meer belang het as die vrou wat kos maak… as mens die harmonie waar ‘n man en vrou saamwerk sien, dan sien jy hoe genadig was God om dit so duidelik vir ons in sy Woord op te teken… om as gesin saam te wees en saam te werk en God te dien.” …

Vroue in die gemeente sien baie keer letterlik hul rol as die koek en die tee… amper as dat enige iemand dit kan doen…Ek dink hulle sien hul rol so klein… die binding van die gemeente is afhanklik van die rol wat die [nie feministiese] vrou bing tot die tafel om op ‘n ander manier te versorg… dit is so jammer dat waarde gekoppel word aan jou rol. Dit is nie wat Paulus doen nie… vir God is ons gelyk in waarde en tog het Hy rolle ingestel. Tog het Hy gesê Ek wil hê dat vroue hierdie rol beklee en mans hierdie tipe beide in die huis en die gemeente… dit is die goeie skeppingsorde… Dit gaan oor daardie harmonie… oor daardie samewerking. As elkeen sy onderskeie deeltjie tot eer van die HERE ten beste doen, dan dien dit die gemeente die beste…

Daar is al baie waar die feminisme ons Christelike wêreldbeskouing so beinvloed het, dat ons verkeerde dinge sien a normaal… Jy word as abnormaal beskou is jy sê ek maak my eie kinders groot… die belangrikste dinge laat hulle na… een van die leuens van feminisme is dat vroue alles kan hê: sy kan hierdie goeie ma wees en hierdie goeie vrou wees en sy kan nog ‘n loopbaan hê buite die huis… maar ek is oortuig daarvan dat ons nie geskep is om alles te kan doen nie. Iewers val pap op die grond…. ons het vergeet hoekom daar huwelukke en kinders is…. feminisme het groot invloed selfs onder Afrikaners uitgeoefen… ons dink nie meer hieroor na nie. Ons leef letterlik in dit is wat almal om my doen en ek karring nou maar net aan met wat almal om my doen… Waar wil die kerk oor 15 20 jaar wees as ons nie ons kinders leer om God lief te hê nie? Dit is een van die belangrikste take om die stokkie aan te gee vir die volgende geslag sodat daar ‘n verbondsgemeenskap [kerk] sal wees…

Ek dink dit is waar die feminstiese beweging die sterkte deurkom: hulle het selfs onder Christene dit wat veronderstel is om te wees so vervlak tot ons is mense in een huis wat niks met mekaar uit te waai het nie en wanneer die kinders groter raak, dan word hul nog losser van die gesinstruktuur, en die ma en pa het ook nie lekker met mekaar iets uit te waai nie …

Dit is nie net van skottelgoedwas en doeke ruil nie. ‘n Ma het haar dissipeltjies. Haar sendingveld heeldag onder haar voete. Sy hoef nie uit te gaan in Afrika om hulle te gaan soek nie. Sy moet net die geleentheid wat sy het by haar huis gebruik.

Die onderhoud kan op youtube bekyk word:

Einde nie naby nie

In hierdie video is die sekulariste besig om weerstand te begin bied teen die groenes se oorbevolking mites en destruktiewe idees en beleide. Hierdie wys vir ons dat die establishment redelik ideeloos is. Slegs meer kinders is nie die oplossing nie. Ook nie meer vryheid nie. Bekering is nodig en terugkeer na Bybelse beginsels. Ps127 en Ps 128.

SA Universiteite lei Woke Onderwysers op

In ‘n onlangse artikel RICHARD WILKINSON wys hy mooi uiteen hoekom Christelike instellings soos die AP Akademie, Aros en Christelike privaatskole so geweldig belangrik en nodig is… die volgende geslagte word geïdroktrineer in anti-Christelike wêreldbeskouings. Die skrywer wys mooi uiteen hoe destruktief dit is en dat die volgende geslag ge-‘capture’ word. Mag die Christene ‘n werklike reformasie ondergaan en hierdie terreine spoedig weer kry om onder Christus die knie te buig. Hierdie bevestig die video onderhoud wat ek gedoen het met ‘n student aan NWU…

Uit die artikel:

“…Interestingly, electoral data from South Africa’s 2024 national election[19] provides compelling evidence that South Africa’s universities are indeed producing a cadre of revolutionary activists. For example, Nelson Mandela University falls within the voting district located at Cape Recife High School in Port Elizabeth. The Marxist-Leninist Economic Freedom Fighters (“EFF”) won 32% in this voting district, three times the 10% won by the more moderate African National Congress (“ANC”)…

The voting district which encompasses the University of Cape Town (“UCT”) is St Paul’s Anglican Church in leafy, upmarket Rondebosch. The EFF won 25% there last month…

… in Johannesburg, the Wits University… voting district shines up bright red on the map, with the EFF winning an astonishing 64% of the vote there – five times that of the ANC….”

Hier is die skakel na die artikel:

https://www.school-capture.com/woke-universities?sfnsn=scwspwa

Hier is die video onderhoud met die voormalige NWU student wat van soortgelyke insidente by NWU vertel:

Carike Goede | NWU vs AP Akademie van uit ‘n Christelike hoek

Carike het in haar en haar ouers se naïwiteit geglo dat die NWU eintlik nog maar ‘n Christelike Universiteit is en dat sy maar daar Musiek kan studeer. Die ontnugtering was egter groot toe een van die dosente vir haar gesê het dat sy in effek haar Christenskap by die deur moet los wanneer sy die klas binnestap.

Sy het toe haar kursus na Wiskunde verander met die gedagte dat die anti-christelike wêreldbeskouing wat die heeltyd in die studies ingeforseer word daar nie sou voorkom nie. Sy sê: “Ek het gereken 2+2=4. By Wiskunde is dit darem moeilik om te ontken dat daar so iets soos objektiewe waarheid is. Maar in 2020 is daar juis ‘n wiskunde professor wat toe sê: “The expression two plus two equals four reeks of white supremacist patriarchy.“… Ek is egter ietwat bekommerd oor die queer engineering/postmoderne brue wat gebou gaan word met wiskunde van 2+2=5

In hierdie gesprek met Carika gesels ons met haar oor haar ervarings by die NWU en hoe sy by die punt gekom het dat sy daar weg is na ‘n uitgesproke Christelike Universiteit soos die AP Akademie.

Sy sê: “Jou Christelike wereldbeskouing is baie meer as net open met gebed… Dit is nogal snaaks vir my dat Christene so half onbewus is dat daar ‘n [wereldbeskouing]oorlog aan die gang is… Onderwys is die oorlogsveld waar hierdie oorlog plaasvind. Onderwys is die proses hoe jy ingewy word in die [wereldbeskouing]verhaal… Die vraag is watter verhaal.”

Ons gesels ook oor die AP Akademie en die verskille wat sy raakgesien het vanuit ‘n Christelike perspektief.