Seminaar | Onderwys in krisis

Die BELA wetgewing is op 26 Oktober verlede jaar deur die parlement aanvaar. Hierdie wetgewing kan radikale nagevolge inhou vir onderwys in Suid-Afrika.

Die staat poog om onderwys totaal te sentraliseer onder sy beheer. Ons weet dat ons humanistiese staat glad nie vriendelik teenoor die Christelike wêreldbeskouing staan nie en daarom kan verwag word dat die humanistiese wêreldbeskouing al meer en meer deur die staat op ons kinders afgedwing gaan word.

Daar is by hierdie Seminaar ingefokus op die verskillende aspekte wat onderwys in ‘n krisis dompel en wat die Christelike antwoorde daarop is.

Program en Sprekers:

Ds Pieter le RouxPieter is predikant van die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort. Hy is gelukkkig getroud en hy en Karyna is die ouers van 5 kinders.
Dr Johan OttoJohan is predikant van die Hervormde Kerk te Cullinan. Hierdie gemeente het in 2012 weggebreek van die Hervormde kerkverband en vorm deel van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes. Hulle glo dat die Bybel die Woord van God is: Die mens is na die beeld van God geskape, Die kerk moet die evangelie verkondig, Vergifnis deur Jesus Christus se versoeningsdood, Huwelik tussen man en vrou, Sola Scriptura.
Pieter van DeventerPieter is sesde jaar Teologiese student aan die Afrikaanse Protestantse Akademie. Hy is lidmaat van AP Kerk Moot Sentraal en redakteur van die Bybelse Apologetiek Kanaal. Hy is gelukkig getroud met Amy. Hy verwerf in 2023 die graad BDiv.
Dr Adi SchlebuschAdi Schlebusch is die direkteur van die Pactum Instituut wat Bybelgetroue boeke en akademiese artikels publiseer. Hy is betrokke by die AP Akademie en BCVO. Hy is getroud met Lize en hulle het drie kinders.
PhD (Teologie), MA Fil, BA (Latyn), BA(Teologie)
George BesterGeorge Bester matrikuleer in 1989 aan Gelofte Hoërskool in Pinetown, Natal. As gereformeerde en behoudende Afrikanerkind in ‘n oorgrote Engelse omgewing het hy van vroeg af geleer wat dit beteken om vir sekere ononderhandelbare waardes en beginsels op te staan. Sy ouers is stigterslede van die Afrikaanse Protestanse Kerk in 1987 en hy is tans steeds lidmaat van die AP Kerk. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria waarna hy en sy vrou Liza begin boer op hul plaas in die Swartruggens distrik met beeste en wild. Hul drie kinders het skoolgegaan by die Cristelike Volkseie Onderwys skool in Derby en Orania.  George word in 2011 verkies op die BCVO se Direksie waar hy as Streeksdirekteur vir Noordwes en later vir Noord-Kaap dien. Hy dien ook vir etlike jare as Direkteur gemoeid met Kultuur. In 2021 word hy verkies as Voorsitter van die BCVO Direksie en dien huidiglik nog in hierdie posisie.
Bouwe van der EemsBouwe en sy vrou (Debbie) het hulle 5 kinders tuis opgevoed sedert 2000. In 2002 het hy betrokke geraak by tuisonderwysorganisasies toe hy trustee geword het van die Pestalozzi Trust, ‘n regsfonds vir tuisonderwys. Hy het ook ‘gedien in die besture van die Vereniging vir Tuisonderwys en Cape Home Educators. In 2016 het hy voorsitter geword van die Pestalozzi Trust. Hy en sy gesin het die platform Tuisskolers.Org gebou om dit makliker te maak vir ouers om met tuisonderwys te begin. Hulle werk ook met Kragdag om tuisonderwys ekspo’s te organiseer.
Bouwe is ‘n geregistreede professionele ingenieur en het ‘n MSC graad in elektroniese ingenieurswese by die Universiteit van Stellenbosch verwerf en werk as ‘n stelsel argitek in die IT industrie. Hy en sy gesin woon in Kaapstad en hy is ook ‘n aktiewe lid van die plaaslike inwonersverenigings en in musiekaktiwiteite. Hy is tans lid van die Vrye Gemeente Kaapstad.
Dr Albertus BreytenbachAlbertus is die Afrikaanse Protestantse Akademie se Program koördineerder van die NGOS program.

RSVP vorm om te registeer vir die seminaar

Kerk kanker en die “woke mind virus”

FA van Deventer

Video weergawe van hierdie artikel

Beantwoord vir u self die vraag:

Is hierdie ‘n man of is dit ‘n vrou?

Ek is seker dat die meeste van u sou geantwoord het dat u dink dit ‘n man is. Dit is egter nie….

Ons sien hier ‘n vrou waarvan die regterkantste deel gegrimeer is om soos ‘n man te lyk. Die meeste van u het seker al gehoor van die term ‘n Drag Queen – daardie homoseksuele mans wat elke jaar opgetooi is as vroue in ‘n optog. Nou wel hierdie vroue wat hulle self aantrek soos manne is die vroulike ekwivalent van Drag Queens. In die lesbiese wêreld noem hulle dit ‘n Drag King. Hierdie verskynsel kom veral voor onder Homoseksuele vroue.

Wikipedia verbind Wokeness, LGBT, Feminisme en Social Justice met mekaar:

Woke is an adjective derived from African-American Vernacular English (AAVE) meaning “alert to racial prejudice and discrimination”. Beginning in the 2010s, it came to encompass a broader awareness of social inequalities such as racial injustice, sexism, and denial of LGBT rights. Woke has also been used as shorthand for some ideas of the American Left involving identity politics and social justice, such as white privilege and reparations for slavery in the United States.”

Nie-Christene soos Elon Musk sien die gevare van Wokeness raak wanneer hy skryf (Twitter 19 Mei 2022):

Unless it is stopped, the woke mind virus will destroy civilization and humanity will never reached Mars”.

Musk skryf bg. toe hy die besluit geneem het om Twitter op te koop. Hy sien dat die “Woke mind virus” ‘n gevaar is. Dus het ‘n nie-Christen soos Musk, dit wel raakgesien dat dit ‘n gevaar is…

Helen Zille se boek “#STAY WOKE Go Broke” is gepubliseer nadat die woke DA leierskap gepoog het om haar te skors op grond van aantygings dat sy ‘n rassis is. Sy skryf:

If there is one party that knows exactly how destructive racialised ideologies like Wokeness truly are, it is the DA. We have lived through its impact, and I am grateful that we have survived to tell the tale… I thought my time had come, back in 2015, when I stepped down as leader, but when the DA went so badly off course due to the capitulation before Wokeness, I felt I had to return.” (p. 127-128)

Zille wys daarop dat die “FeesMustFall”, “RhodesMustFall”, “ScienceMustFall” en “decolonisation” spesifieke voorkomste is van Wokeness wat Suid-Afrika teister (p. 63).

Zille sê dat hierdie Woke Chaos wat Suid-Afrika en die Weste teister met Post Modernisme te doene het (p. 66):

  1. Wokeness is Applied Post-Modernism
  2. Post modernism, in turn, centres on two core principles a. A Knowledge Principle b. A Power principle
  3. Social Justice flows from these two principles. It is a core concept in Woke ideology, which through post-modern knowledge and political principles, seek to radically transform society
  4. The method involves identifying specific issues and driving them in ways that are aimed at confronting and fundamentally changing the power hierarchies, structure, and functioning of society”

In Romeine 1:18-27 lees ons die volgende oor Homoseksualisme:

18Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, 19omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. 20Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; 21omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. 22Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword 23en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. 24Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer 25hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. 26Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; 27en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

Die vraag kan nou wees:

  • Maar wat het Homoseksualiteit te doen met Feminisme?
  • Nog meer spesifiek: Wat het dit te doen met die vrou in die ampte.

As mens die koerant oopmaak, dan sien mens artikels soos hierdie een met die opskrif:

Teoloë kap NG Kerk in gay-verslag” van Beeld 13 April 2006, p. 12.

Dit gaan hier oor Ds Laurie Gaum wat in ’n homoseksuele verhouding was en dat hy toe deur die NG Kerk geskors is. Hy is egter nie geskors oor sy homoseksualiteit nie, want in 2004 het die NG Kerk besluit dat homoseksueles as volwaardige lidmate aanvaar moet word. Dr Andre Bartlett wat die besprekings oor dié kwessie in 2004 gelei het, het gesê dat weens die besluit niemand op grond van homoseksualiteit verhinder mag word om geligitimeer te word of beroepbaar gestel te word nie. (Rapport http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1606315,00.html)

Dit is dus ietwat raaiselagtig dat die NG Kerk teenstrydig met wat hulle op hul Sinode besluit het, twee jaar later dan ‘n besluit neem wat hierdie besluit weerspreek. Dit kan egter wees dat die weerstand teen homoseksualisme wat daar uit party gemeentes soos MorelettaPark gekom het tot hierdie raaiselsagtige besluit gelei het. Waaroor dit gaan is dat Ds Laurie Gaum ‘n praktiserende homoseksueel is.

Die feit van die saak bly egter dat de NG Kerk simpatiek staan teenoor homoseksualisme.

As ons na rapportering oor die verrigtinge by liberale kerklike vergaderings kyk, dan sien mens hoe die predikante toneelspeel en skerts te midde van die verskriklike situasie waarin die N”GK” haarself bevind. Dit laat mens aan een of ander kinderkrans-kamp dink.

Vergelyk:

http://www.gereformeerdenafrikaans.co.za/modules/news/article.php?storyid=387

Bron: http://www.ngkerk.org.za/sinode/5p3.jpg

Nou moet ons noodwendig vra:

Hoe kan dit moontlik wees dat ‘n Gereformeerde Kerk soos die NG Kerk wat bely dat hulle die Nederlandse geloofsbelydenis as een van hul geskrifte aanvaar, nie meer in Romeine 1 glo nie.

In die Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 5 staan daar geskryf:

Ons aanvaar al hierdie boeke en hulle alleen, as heilig en kanoniek om ons geloof daarna te rig, daarop te grondves en daarmee te bevestig. Ons glo ook sonder twyfel alles wat daarin vervat is, nie juis omdat die kerk hulle aanvaar en as sodanig beskou nie maar veral omdat die Heilige Gees in ons hart getuig dat hulle van God is. Hulle het ook die bewys daarvan in hulleself, aangesien selfs die blindes kan tas dat die dinge wat daarin voorspel is, plaasvind.”

Professor Wayne Grudem het egter in 2004 die boek met die titel “Evangelical Feminism and Biblical Truth” gepubliseer wat ons nader na ‘n antwoord bring op die vraag hoe dit moontlik is dat die NG Kerk homoseksuele gedrag as aanvaarbaar beskou.

In hierdie boek wys Professor Grudem daarop dat die verwerping van die Bybel as God se Woord (liberale teologie) die volgende verloop in gedeformeerde kerke in die VSA geneem heti:

  1. Heel eerste: Die wegwerping van Bybelse onfeilbaarheid
  2. Dan volg: Die aanvaarding van die bevestiging van vroue
  3. Daarop volg: Verwerping van die Bybelse lering van die hoofskap van die man in die huwelik
  4. En dan: Die stuiting van predikante wat die bevestiging van vroue teenstaan
  5. Die aanvaarding van homoseksuele gedrag as geldig in sekere gevalle
  6. Aanvaarding van homoseksuele bevestiging
  7. Heel laaste volg: Bevestiging van homoseksueles in hoë leierskap posisies in die denominasie.

KAN U NOU SIEN WAAR DIE HOMOSEKSUALISME INPAS….?

Kan u sien dat alles begin met die ondermyning van die gesag van God se Woord en dat die volgende stappie dan die aanvaarding van die vrou in die ampte is en dat die eindpunt van hierdie pad die aanvaarding van homoseksualiteit is?

Kan u sien dat die NG Kerk haar tans tussen stappe nr 5 en 6 bevind? Kan u sien dat die NG Kerk reeds ver gevorder het op die pad van liberale teologie?

Ongelukkig is die GKSA ook besig om hierdie selfde pad te bewandel. Die GKSA bevind haar tans in die posisie waar vroue tot die Amp van Diaken toegelaat is en sommige predikante en gemeentes hul selfs bereid verklaar om vroue te bevestig tot ouderlinge en predikante. (3 Feb 2006 – Verklaring deur 32 Gereformeerde Predikante oor die vrou in die besondere ampte). Ons kan dus sê dat die GKSA haarself tans by stap nommer 2 bevind.

As ‘n voetnota wil ek nou eers op hierdie tydstip stilstaan en u wys op die boeke wat gebruik is in die voorbereiding van hierdie lesing.

The Way Home deur Mary Pride – Voormalige vroulike Feminis

Mary Pride skryf die volgende in 2005 oor haarselfii:

I am a homeschooling mom of nine kids, three of whom are now in college, and two of these are National Merit Finalists. Five of the six youngest are in Civil Air Patrol. Twenty years ago I wrote the first mass-market homeschool book, of which this book is the fifth edition. I have two engineering degrees, love mystery and science fiction, publish a national homeschooling magazine (Practical Homeschooling) and a popular homeschool website (www.home-school.com), and sniffle at the sad parts in movies.”

Evangelical Feminism & Biblical Truth deur Wayne Grudem

Wayne Grudem is Navorsings Professor by Trinity Evangelical Divity School en hy is ook die voorsitter van die Departement van Bybelse en Sistematiese Teologie

The Feminist Mistake / The Feminist Gospel deur Mary Kassian

Mary Kassian skryf die volgende oor haarself in The Feminst Gospeliii:

In fact, up until a few years ago, I called myself a feminist and would have unashamedly stood with others who did so. There are chauvinistic attitudes in the Church, and there are atrocities and crimes of abuse, degradation and shame to which the feminist movement justifiably calls attention. The difficulty for Christians is to deal with the very real problems and issues without being beguiled by the true impetus and philosophy of the feminist movement.”

Mary Kassian som die primere doel van Bybelse Feminisme op as:

The primary concern of Biblical feminists is the question of the ordination of women — whether or not women should be allowed to occupy the office of elder (pastor, presbyter, bishop, priest). A second related concern is the mutual sharing of authority and responsibility in the marital relationship — “mutual submission.” Biblical feminism does not directly challenge theological doctrines such as sin and redemption, and thus seems far removed from the more radical forms of feminism that have infiltrated the Church. However, the presuppositions and methods of interpretation that Biblical feminists employ have implications that directly and logically support the theological developments executed by radical feminists. In many ways, these conservative evangelicals are placing themselves at the same starting point as the more liberal theologians of the early 1960s.”iv

Wayne Grudem wys vir ons uit dat die eindresultaat van liberale teologie, die aanvaarding van Homoseksualisme is. Die feit is egter dat die deformasie begin het toe die gesag van die Skrif aangetas is.

Mary Kassian skryf in haar boek, the Feminist Mistake:

Biblical Feminists also altered traditional presuppositions regarding the inspiration of Scripture. Whereas Christians have traditionally believed that the whole Bible is inspired by God, biblical feminists maintain that only some Scripture is so inspired. The rest is so male-biased, so influenced by the writers’ own culture and prejudices, that it is inapplicable to the contemporary church.”v

Hierdie boek (Feminist Mistake) van Mary Kassian se titel verwys na die boek van Betty Friedan met die titel: “The Feminine Mystique”. In effek is Mary Kassian besig om te sê dat Betty Friedan se boek ‘n “mistake” was.

Wie was Betty Friedan en waaroor het die Feminist Mystique gegaan?

Ons eie Suid-Afrikaanse News24 se vroue afdeling, Women24, skryf in Februarie 2006vi:

“Betty Friedan, celebrated feminist and author of The Feminine Mystique, died this weekend on her 85th birthday…. Friedan was an icon and a revolutionary, whether she cinched in her waist or not. She’ll be missed.”

Hierdie ‘held’ van ons moderne samelewing is in 1921 gebore en het in die VSA groot gewordvii. As jeugdige was sy betrokke in Marxistiese Joodse bedrywighede. Na studies aan die Universiteit van Carlifornia, Berkley, het sy as joernalis gaan werk vir linkse groepe. In 1947 trou sy met die liberalis, Carl Friedan. Betty het egter meer en meer radikaal geraak en hulle twee het so erg baklei dat hulle mekaar met die vuiste bygekom het. Sy en haar man skei in 1969.

Feministe, soos Betty Friedan, het die Patriagale stelsel (die vader as die hoof van die huisgesin) as die bron van alle kwaad gesien. Die Patriagale stelsel moes vernietig word.

Later meer oor Betty Friedan en haar boek The Femine Mystique.

In Mary Kassian se boek The Feminist Gospel is daar ‘n afdeling met hierdie diagramme wat die ontwikkeling van Evangeliese” Feministiese Teologie en Feministiese Sekulêre Teorie uitwys. Sy verduidelik die doel van die diagramme soos volg:

Die “Evangeliese” Feministiese Teologie (Feminst Theology) en Sekulêre Feministise Teorie (Feminist Theory) is afsonderlike bewegings, maar bo by die radikale gedeeltes begin dit saam te smelt.

“Evangeliese” Feminisme is deel van die Sekulêre Feministiese Kontinuum. Die presupposisies is dieselfde, maar hulle het dit (nog nie) tot die logiese gevolgtrekkings gebring nie.

“Evangeliese” Feministe het oor die tou getrap (Christelike Wêreldbeskouing definisies) deur die Bybelse interpretasie se reëls te verander om simpatiek te wees teenoor die Vrouebeweging. Om dit reg te kry moet “Evangeliese” Feministe ‘n kompromie rondom die Skrif maak en daarom volg dit dat FEMINISME ‘n kruispad na TEOLOGIESE LIBERALISME wordviii.

Vir ons doeleindes is ons die meeste geintriseerd in die Feministiese “Evangeliese” Teologie. Daarom sal ons primêr infokus op “Evangeliese” Feministiese Teologie (linkerkantse deel).

Diagram: WOMAN’s ROLE en die probleem van Patriagalisme

Betty Friedan het in ongeveer 1963 ‘n vraelys by ‘n reunie van oud klasmaats versprei. Sy het bevind dat hulle gefrustreerd was met hul rolle as moeders en vroue. Sy het gevra of dit te wydte is aan hul onderwys en of dit die rol as vrou is wat dit veroorsaak. Friedan het toe besluit om ‘n indiepte studie te doen wat toe tot die publikasie van die Feminine Mistique gelei het. In dierdie boek kom sy tot die gevolgtrekking dat daar ‘n teenstrydigheid is tussen die realiteit in vroue se lewe en die beeld wat vroue probeer voorhou en dat dit tot die ongelukkigheid van vroue gelei het.

Sy het nie ‘n naam gehad vir hierdie verskynsel wat vroue onvervuld gelaat het nie en daarom dan dat die “probleem” op hierdie tydstip “The problem without a name” genoem is. Teen die einde van 1960 het Kate Millet ‘n naam toegeken aan hierdie probleemix nl. “Patriagalisme” Hierdie woord kom van twee Griekse woorde nl. Pater wat vader beteken en arche wat regering beteken. Die probleem was dus die regering deur vaders.

Die oplossing is:

It was not possible for women to fulfill traditional roles as mother and wife and concurrently pursue their own visions; so society would have to adjust its basic ideas about employment, marriage, family and home… It would be necessary to change the rules of the game to restructure professions, marriage, the family, the home… These second wave of [feminist] pioneers believed that inner wholeness could only be found through women leaving their traditional role in order to emulate men. They argued that women would only be fulfilled by joining the ranks of professional and educated, contributing something more concrete to society than motherhood and wifehood.”x

Diagram: A PROBLEM IN THE CHURCH

As ons na die oorsprong van moderne Feminstiese Teologie kyk, dan moet ons terug gaan na die publikasie van Katherine Bliss , “The Service and Status of Women in the Church” wat in opdrag van die Wêreld Raad van Kerke (die oorkoepelende moeder liggaam van die Suid Afrikaanse Raad van Kerke waarby die GKSA onlangs by aangesluit het en waarvan die NG Kerk reeds etlike jare lid is) opgestel is in 1952xi.

In hierdie publikasie wys sy daarop dat vroue baie betrokke is in die lewe van die kerk, maar dat hulle nie toegelaat is om in die leierskap aktiwiteite of lering, prediking administrasie of evangelisasie te funksioneer nie, alhoewel party van hulle gawes vir hierdie take het. Sy het toe ’n beroep gedoen vir die herevaluasie van manne en vroue se rol in die kerk – veral in terme van die bevestiging van vroue in die spesiale ampte. Hierdie publikasie is in die 1960’s afgestof om feministiese Christene se ontevredenheid hoorbaar te maak.

In 1964 het die Wêreld Raad van Kerke in hul Publikasie “Concerning the Ordination of Women” ’n beroep gedoen op kerke om ‘n “re-examination of their traditions and canon law” te doenxii.

Mary Kassian lewer as volg kommentaar oor Valerie Goldstein se Artikel van 1966:

The ordination of women required the development of a new theology and Biblical hermeneutic. The first step towards this end was pioneered by theologian Valerie Saiving Goldstein, whose ideas were in many ways ahead of her time. Goldstein’s article “The Human Situation — A Feminine Viewpoint” first appeared in the Journal of Religion in 1960. It was republished in 1966 when the current of feminist thought in Christendom was well established. Goldstein proposed that a theologian’s sexual identity had bearing upon that person’s theological views. At the time, it was radical to suggest that one’s gender would affect one’s interpretation of the Bible.

To support her contention, Goldstein cited the works of two contemporaries:

Anders Nygren and Reinhold Niebuhr. These male theologians, in addressing the question of the human situation, had defined the basic sin of mankind as pride and had defined grace as sacrificial love. Goldstein contended that the human situation was quite different for women. She said that the sin of men may well indeed have been pride and the thirst for power, but that the sin of women was just the opposite. The sin of women, as she saw it, was the “underdevelopment or negation of the self . . . triviality, distractibility, diffuseness, dependence on others for one’s own selfdefinition.” In sum, Goldstein claimed that the female perspective on sin was the antithesis of Niebuhr’s and Nygren’s definition. The sin of women was too much sacrificial love and not enough pride in themselves.”

Mary Kassian som die inpak van Goldstein en Bliss feministiese publikasies soos volg opxiii:

The immediate impact of these writings was not highly visible. However, just as Simone de Beauvoir’s and Betty Friedan’s books had laid the foundation for a major upheaval in secular society, so Kathrine Bliss and Valerie Saivings Goldstein laid the foundation for a major upheaval within the church. As William Douglas prophetically stated in 1961: ‘The place, the status, the opportunities for service of women within the Church are rapidly changing. A silent revolution is now under way.’ ”

Diagram: THE CHURCH AND THE SECOND SEX

Mary Daily se boek The Church and the Second Sex in 1968 het ‘uitgewys’ dat die vroue in die kerk ‘n groep is wat onderdrukking ervaar weens hul geslag. Vrou binne die Kerk het hulle dan ook begin identifiseer as die onderdruktes – die Second Sex.

Daly lewer self kommentaar oor hierdie boek:

As a result of . . . The Church and the Second Sex, I had been hurled into instant fame as exposer of Christian misogyny and champion of women’s equality within the church. . . . I lectured to academic audiences and women’s groups across the country about the sexism of the Christian tradition. . . Often in the late sixties I encountered hostility in women, not toward the patriarchs whose misogynism I exposed but toward me for exposing them. But by about 1970 this phenomenon of misplaced anger had almost disappeared. More and more people had caught up with The Church and the Second Sex, and the lines that formerly had elicited hostility brought forth cheers. But the “I” who was then standing before the friendly audiences and tossing out the familiar phrases was already disconnected from the words, already moving through a new time/space. I often heard the old words as though a stranger were speaking them — some personage visiting from the past. My concern was no longer limited to “equality” in the church or anywhere else. I did not really care about unimaginative reform but instead began dreaming new dreams of a women’s revolution. This was becoming a credible dream, because a community of sisterhood was coming into being, into be-ing. In the hearing/healing presence of these sisters I had grown ready to try writing/speaking New Words.”

Diagram: FEMINIST LIBERATION THEOLOGY

Mary Kassian identifisseer ‘n verband tussen Marxistiese Vryheidsteologie van Suid-Amerika en Feminisme. Sy stel dit soxiv:

Two female theologians, Letty Russel (Human Liberation in a Feminist Perspective: A Theology, 1974) and Rosemary Radford Ruether (Liberation Theology: Human Hope Confronts Christian History and American Power, 1972), began to develop a theology specific to the liberation of woman. They based their work on liberation theology, newly introduced in Latin America… Feminists borrowed Guttierez’s [vader van Liberation Theology], analysis but believed that the key to true liberation was deeper than mere social and political change. According to feminist theologians, the key to world liberation was the liberation of the world’s largest oppressed class: women. Feminist theologians believed that the liberation of women would induce the end of poverty, racial discrimination, ecological destruction, and war.”

Grudem maak die opmerking oor die pad van Feministiese Teologiexv:

Following the denial of male headship in marriage, and the denial of any restriction of leadership roles in the church to men, and the denial of anything uniquely masculine other than the physical differences among human beings, it is to be expected that egalitarians would begin to blur and then deny God’s identity as our Father. This is exactly what has recently happened in egalitarian writings. Ruth Tucker, in her book Woman in the Maze, encourages women to call God “Mother” in private prayer”

In die middel 1970’s het die National Council of Churches USA (WRK!) ’n taakspan aangewys oor seksisme in die Bybel.

In 1976 publiseer hulle The Liberating Word: A Guide to Nonsexist Interpretation of the Bible.

Een van die outeurs was Letty Russel (dieselfde vrou wat Feminisme as die ware Liberation Theology beskryf het)xvi

Hierdie verwysings na God as Moeder word bevorder deur die literatuur wat verkoop word deur sogenaamde Evangeliese Christene soos Christians for Biblical Equality (www.cbeinternational.org). Daar is selfs kerke soos die United Methodist Church, wat kerklike liedere goedgekeur het waar Metodiste eer moet sing aan “die Sterke Moeder God, wat dag en nag werk”. Die groep wat weggebreek het van die Southern Baptist Convention toe weer terug gekeer is na die Bybelse rol vir vroue in die kerk (Cooperative Baptist Fellowship), het hul jaarlikse byeenkoms in 2001 in Atlanta VSA geopen met liedere en gebede tot “Moeder God”xvii.

Virginia Mollenkott

Dit is egter nie net sogenaamde nie-Protestante teoloë wat met hierdie anti-Christelike feminisme hulle ophou nie. ‘n Prominente Feministiese Teoloog, Prof Virginia Mollenkott, se agtergrond word as volg deur Mary Kassian beskryfxviii:

Virginia Mollenkott was a religious feminist with a strong evangelical heritage. She was brought up in American fundamentalism and received her undergraduate degree from Bob Jones University. In 1975, she wrote a twopart article for the Reformed Journal which passionately argued for women’s equality in the Church, which would be evidenced by woman’s ‘access to all privileges and responsibilities of governance and the ministry.’”

Mollenkott was deur die Committee for the Production of the Inclusive Language Lectionary van die National Council of Churches (WRK!) uitgenooi. Dit lei tot die publikasie van haar boek The Divine Feminine: The Biblical Imagery of God as Female. Sy skryf:

We can resolutely learn to speak of God in an all-inclusive way… For this reason, God is the most truly absolute Thou any mind can conceive. This Thou, this Absolute Relatedness, may be referred to as He, She, or It because this Thou relates to everyone and everything. . . .”

Virginia Mollenkott se eie webblad raak die volgende oor haar kwytxix:

“… With Letha Dawson Scanzoni, she co-authored “Is the Homosexual My Neighbor? … Her other books include “The Divine Femine: Biblical Imagery of God As Female”; … Dr. Mollenkott was a member of the National Council of Churches’ Inclusive Language Lectionary Committee… In 1992 she received an Achievement Award from New Jersey’s Lesbian and Gay Coalition, and in 1999 a Lifetime Achievement Award from SAGE (Senior Action in a Gay Environment).

Mollenkott’s twelfth book, “Omnigender: A Trans-Religious Approach”, has been warmly welcomed by pastoral counsellors, theologians, psychologists, and GLBT people of various religious backgrounds as well as by people working for sexual and gender justice.

Annually, on the weekend after Labor Day, Mollenkott facilitates an event called “Sisterly Conversations: Current Concerns Among Lesbians of Faith”, held at Kirkridge Retreat and Study Center in Bangor, PA, in the beautiful Pocano Mountains.

She is also a featured speaker at Kirkridge’s annual “Christian People of the Rainbow” event, held on the second weekend of June. The event is very popular and draws a large number of lesbian, gay, bisexual and transgendered Christians along with their supporters and friends each year. For more information on these events please visit http://www.kirkridge.org. Ms. Mollenkott is an active member of the Evangelical and Ecumenical Women’s Caucus (www.eewc.com) and in CLOUT (Christian Lesbians OUT). With her life partner, Suzannah Tiltm, Virginia lives in northern New Jersey and co-grandmother’s their three delightful grandaughters.”

Ons belydenis is duidelik dat God uit drie persone bestaan nl. God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. (Sien HK Sondag 9; NGB Artikel 8; Apostoliese Geloofsbeleidenis; Die Geloofsbelydenis van Nicéa; Geloofsbelydenis van Athanasius)

Feministiese Teoloë wil dit egter anders hê. Hulle wil niks weet van God as die Vader of die Seun nie, want hulle wil ontslae raak van alles wat manlik is. Feministiese Teoloë wil ontslae raak van ons belydenis en nie meer praat van die drie-eenheid nie. Hulle wil die drie-eenheid vervang met sulke alternatiewe soosxx:

  • “Creator/Redeemer/Sustainer”
  • “Source/Servant/Guide”

Diagram: FEMINIZATION OF GOD : Afgodery?

Die vraag is nou: Aanbid Feministe ’n ander god as die God van die Bybel? Wanneer ons na die betekenis van die eerste en tweede gebooie kyk en ons kyk ook na die sonde wat Aaron en die Israeliete gedoen het toe ’n beeld van God gemaak is, dan is dit duidelik dat ons baie versigtig moet wees dat ons die God van die Bybel moet aanbid. Sondag 34 Vraag 95 antwoord die vraag “Wat is afgodery” soos volg: “Dit is om in die plek van die enige ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar het, of naas Hom iets anders uit te dink of te hê waarop jy jou vertroue stel.”

Een van die opstellers van die Heidelbergse Kategismus lewer soos volg kommentaar op die vraag “Wat is Afgodery”xxi:

Evenzo degenen die wèl belijden dat zij de enige ware God dienen, Die hemel en aarde geschapen heeft, maar Die in hun verbeelding (letterl. Fantasie) en gedachten een andere god bedoelen, die sijn zichzelf verzinnen, en niet zoals Hij Zichzelf in Zijn Kerk door Zijn Woord heeft geopenbaard en heerlijk betoond. Daarvan zijn Joden, de Arianen, de Mohammedanen of Turken niet vrij, die wel enigszins beweren dat sij de enige, eeuwige en onbegrijpelike God, de Schepper der wereld belijden, maar die Hem niet dienen Zoals Zich in Zijn Woord openbaarde, naamlijk Eén in Weze en Drie in Personen (Joh 5:23, 1 Joh 2:32, 2 Joh 1:19). Dus vallen zij van de belijdenis die schijnen te willen bekennen, af, en door Hem te verloochenen, vervallen zij tot een andere god, die geen God is, maar van wie zij zichzelf gedroomd, verdicht en ingebeeld hebben, dat hij God is.”

Met ander woorde, ons definisie van wie en wat God is, moet op God se Woord gebaseerd wees, anders is ons besig om ’n ander god as die ware God wat in die Bybel van gepraat word te aanbid.

Diagram: HOUSEHOLD OF FREEDOM

Letty Russell, argumenteer in Household of Freedom: Authority in Feminist Theology, dat “die woord van God nie identies is met die bybelse tekste nie.” Volgens Russel kan die Bybel dus nie as die enigste bron van van gesag vir praktiese teologiese lewe gesien word nie. (Feminist Gospel p. 169)

I.p.v. om gesag in die Bybel te kry, het feministiese teoloë besluit dat die gemeenskap van gelowiges die bron van gesag is. Russel merk dan op dat dit beteken dat die nuwe paradigma se interpretasies van die Skrif anders kan wees as die tradisionele Christelike Teologie.

DUS: Letty Russel se Feminisme het nou ‘n vorm van Humanisme geword.

Mary Daly: In Pure Lust moedig Daly vroue aan om alle inhibisies af te werp – om “buite beheer” te raak in hul opstand teen die manlike stelsel van Judeo-Christistelike patriagalisme.

Om hul onderdrukking te oorkom, het Daly gesê dat vroue die reëls van moraliteit, spirualiteit en etiek moet verbreek. Vroue moet vry wees om hulle te vergryp aan fisiese pret soos lesbinisme en geestelike ondervindings soos heksery en afgodery. Dit wat voorheen as taboe beskou is moet nou aangegryp word weens die hoër feministiese bewustheid. (The Feminst Gospel, p 232)

Diagram: WOMAN CHURCH

Feministe het tot die gevolgtrekking gekom dat hulle nie altyd hul godsdienstige feminisme kan uitleef binne die ‘patriagale kerkstrukture’ nie. Daarom het Feministe begin om onafhanklike aanbiddingsgroepe te begin wat die ontwikkeling van die godsdienstige feministiese visie kon toelaat.

Een van die feminste, Fiorenza, noem dit “Ekklesia of Women” en Ruether noem dit “Women-Church”xxii.

Volgens Ruether verskil “Women-Church” van die tradisionele kerk omdat dit poog om die pastor af te skaf omdat elke vrou ‘n pastor is.xxiii

Die Feminis Rita Nakashima Brock skryf in haar boek “Christian Feminism: Visions of a New Humanity, ed., waaroor Women Church gaanxxiv:

The feminist Christian commitment is not to a saviour who redeems us by bringing God to us. Our commitment is to love ourselves and others into wholeness. Our commitment is to a divine presence with us here and now, a presence that works through the mystery of our deepest selves and our relationships, constantly healing us and nudging us toward a wholeness of existence we only fitfully know. That healed wholeness is not Christ; it is ourselves”

Mary Kassian som die afval van Women Church soos volg opxxv:

The feminist quest for a usable future transcended the boundaries of Christianity and extracted from all traditions that which contained value for women. Feminists deemed that religious practices borrowed from witchcraft, neo-paganism, and the New Age were legitimate (at least in part), as were ancient heresies and sectarian philosophies of the Biblical and patristic era. They claimed that men, in the interest of retaining power for themselves, had labeled these valid philosophies heretical. Religious feminists argued that the men who wrote the Bible did so with their personal interests in mind, as did the men who chose which books were to be included in the canon.”

OPSOMMING

Mary Kassian som dit waaroor dit alles gaan soos volg opxxvi:

Many who were conservative have now adopted radical views, and many who once called themselves “Biblical feminists” are now far from the Bible. This is because feminism and Christianity are antithetical. Accepting the feminist precept into one’s worldview immediately initiates a change in one’s view of truth and absolutes. It places an individual upon a slippery slope which can lead, and usually does lead, far away from God. My point is not that every individual who calls her or himself a feminist is damned to Hell. I am not implying guilt by association. What I am saying is that the presupposition of feminism is not in harmony with the Bible. Accepting the feminist precept, even to a small degree, necessitates some degree of compromise. Although for a particular individual, this may not lead to a total rejection of the Bible and God, such is the logical and immanent end.”

KERK KANKER GENEESTELIK?

By ‘n kerklike vergadering in September 2023 het ‘n predikant na die Feminisme wat in die kerk inkom verwys as kanker. Hy het dit mooi omgesom. Dit is ‘n vernietigende siekte wat onbehandeld lei tot die dood van die kerk.

Die vraag is egter of dit wel suksesvol behandel kan word. Daar is drie voorbeelde waarvan ek weet waar die liberale agenda gestuit is en liberales uit die kerk gesmyt is:

  • Die een is waar Prof Dr FN Lee in 1991 beswaar gemaak het teen die vroue in die ampte in die Presbyterian Church of Australiaxxvii. Die Sinode het Prof Lee se Bybelse argumente ter harte geneem en die vroue wat reeds as predikante bevestig is op permanente pensioen gesit en hulle is verbied om ooit weer te preek. Die Liberales was so ontsteld dat hulle uiteindelik die kerkverband verlaat het en ‘n ander kerkverband gestig het.
  • Die tweede voorbeeld is waar die regsinnige gelowiges in die Southern Baptists in 1984 daarin geslaag het om die liberale rigting van vroue in die ampte om te keer en die besluit geneem het “that we encourage the service of women in all aspects of life and work other than pastoral functions and leadership roles entailing ordination.”xxviii
  • Die derde voorbeeld: Die Missouri Sinode van die Lutherse Kerk het in 1974 die president van die Concordia Teologiese Skool in St. Louis afgedank weens sy liberale sienings. 45 van die 50 fakulteitslede van die Teologiese Skool was so kwaad dat hulle hul bedankings ingedien het. Die bedankings is aanvaar en die liberale invloed is verwyder.xxix

Slot

Ons het gesien hoe Liberalisme en Liberale teologie ons samelewing binne gedring het met verwoestende nagevolge.

Ons het gesien dat “Evangeliese” Feministiese Teologie in sy finale vorme saamsmelt met Sekulêre Feminisme. Hierdie is ‘n valse godsdiens.

Ons het gesien dat “Evangeliese” Feminisme ‘n kanker is wat die kerk bedreig.

Ons het gesien dat “Evangeliese” Feministiese kanker genees kan word en drie histotriese voorbeelde is genoem.

Mag Christene in Suid-Afrika se oë oopgaan vir die gevare van Feminisme. Mag daar ‘n diepgaande bekering terug na God se Woord plaasvind… Sola Scriptura…

EINDNOTAS

iEvangelical Feminism and Biblical Truth, Wayne Grudem, 2004, Multnomah Publishers, ISBN 1-57673-840-X, p. 500 – 536 . Hierdie boek en nog vele ander kan afgelaai word by Council on Biblical Manhood and Womanhood, http://www.cbmw.org/resources/books.php

iihttp://www.christianbook.com/Christian/Books/product?event=AFF&p=1012601&item_no=09183

iiiThe Feminist Gospel – The Movement to Unite Feminism With the Church, Mary Kassian, Crossway Books, 1992, ISBN 0-89107-652-2, p225-226

ivThe Feminist Gospel – The Movement to Unite Feminism With the Church, Mary Kassian, Crossway Books, 1992, ISBN 0-89107-652-2, p216

vThe Feminist Mistake, The Radical Impact of Feminism on Church and Culture, Mary Kassian, 2005, Crossway Books, ISBN 1-58134-570-4, p. 235

vihttp://www.women24.com/Women24/Life/BodySoul/Article/0,7173,1-2-4-63_9089,00.html

viiBetty Friedan se biografie kan gelees word by: http://en.wikipedia.org/wiki/Betty_Friedan

viiiThe Feminist Gospel – The Movement to Unite Feminism With the Church, Mary Kassian, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p217

ixMary Kassian, The Feminist Gospel – The Movement to Unite Feminism With the Church, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 23

xMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 22-23

xiThe Feminist Mistake, The Radical Impact of Feminism on Church and Culture, Mary Kassian, 2005, Crossway Books, ISBN 1-58134-570-4, p. 29

xiiThe Feminist Mistake, The Radical Impact of Feminism on Church and Culture, Mary Kassian, 2005, Crossway Books, ISBN 1-58134-570-4, p. 31

xiiiThe Feminist Mistake, The Radical Impact of Feminism on Church and Culture, Mary Kassian, 2005, Crossway Books, ISBN 1-58134-570-4, p. 39

xivThe Feminist Mistake, The Radical Impact of Feminism on Church and Culture, Mary Kassian, 2005, Crossway Books, ISBN 1-58134-570-4, p. 63 – 64

xvEvangelical Feminism and Biblical Truth, Wayne Grudem, 2004, Multnomah Publishers, ISBN 1-57673-840-X, p. 509

xviThe Feminist Mistake, The Radical Impact of Feminism on Church and Culture, Mary Kassian, 2005, Crossway Books, ISBN 1-58134-570-4, p. 136

xviiEvangelical Feminism and Biblical Truth, Wayne Grudem, 2004, Multnomah Publishers, ISBN 1-57673-840-X, p. 512

xviiiMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 237

xixhttp://www.geocities.com/vrmollenkott/

xxMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 145

xxiHet Schatboek, Ursinus Zacharias, Den Hertog – Houten, ISBN 9-789033-104459, Vol 2, p. 266

xxiiMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 196

xxiiiMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 198

xxivMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 201

xxvMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 182

xxviMary Kassian, The Feminist Gospel, 1992, Crossway Books, ISBN 0-89107-652-2, p. 239

xxviiAdventures with God: Some of the Lord’s dealings with Francis Nigel Lee, Lee, FN, 2019, Lulu, ISBN 1093456639, p144-165

xxviiihttps://www.sbc.net/resource-library/resolutions/resolution-on-ordination-and-the-role-of-women-in-ministry/

xxixhttps://www.nytimes.com/1974/02/19/archives/professors-ousted-by-lutheran-board-in-seminary-dispute.html

Kinders : seën of vloek

Videoweergawe van hierdie artikel:

INLEIDING

As ons vandag in WF Nkomo street afry, dan kom jy op die hoek met Maltzan straat ʼn Moskee teë. Ander straatname in die woonbuurt is Schutte, Frederick, Christoffel, Servaas en President Burgers… en dan onthou jy dat NF Nkomo street se naam voorheen Kerkstraat was en as jy mooi kyk, dan sien jy dat die Moskee se toring eintlik ʼn kerktoring is.

Ds. Etienne Maritz, Pretoria-Wes se laaste predikant, het hom as volg uitgelaati oor die verkoop (1997) van die kerkgebou:

Ons buurt het ‘n handelsentrum geword. Ons mense was aan die wegtrek uit die gebied en ander etniese groepe het ingetrek. Die demografie van die gebied het so baie verander dat ons nie genoeg mense of genoeg hulpbronne gehad het om die kerk aan die gang te hou nie. Ons het die ryk kerke in die ooste van Pretoria om geldelike hulp gevra, maar hulle wou ons nie help nie. Weens die dalende lidmaattal en ons geldelike onvermoë om aan te gaan, het ons besluit om te ontbind en die kerk te verkoop.”

Hierdie kerk was voorheen die NG Kerk Pretoria Wes gewees. M.a.w. Daar is nog hier en daar oorblyfels oor van die voormalige Christelike Afrikaner woonbuurt, maar op sommige plekke kan jy dit net-net herken.

Die NG Kerk se Sinodebode skryf so oor die daling in lidmaatgetalle in die kerk:

Dooplidmate het oor die laaste 15 jaar van 450,000 tot ongeveer 250,000 gedaal [‘n daling van 44%]. Volgens die huidige kerklike tendense gaan sowat 50% van die oorblywende dooplidmate ook nie NG Kerk-lidmate bly wanneer hulle volwassenes is nie.”ii

Dit gaan egter nie veel beter in die Dopperkerke nieiii.

  • 1859 – 1930’s: Die aantal dooplidmate was 50+% van die totale kerkbevolking.
  • 1990 : Piek word bereik van meer as 100,000 lidmate
  • 2010 : Die “swart” kerke word in die GKSA ingelyf daar is ʼn tydelike verligting wat ingetree het, maar sederdien het die afwaardse tendens voortgeduur. Nie die swart kerke nie en ook nie die omkeerstrategie het gewerk nie.

DIE HELE BESKAWING PLOF IN

Hierdie is egter nie ʼn finomeen wat beperk is tot slegs Pretoria of slegs die Afrikaners of slegs die kerke nie. Orals in die Westerse Wêreld sien mens skole en kerke wat toemaak:

  • Verlate skole in Ierland.
  • Verlate skole in Japan. The Star van Malysia rapporteer: “Japan has seen the closure of some 8,580 public schools since 2002, due to extreme population decline”iv
  • Lee kerke wat in Vlaandere in Belgie hergebruik word as Moskees of klimmure of meulens of wat ookalv

Boeke word deesdae geskryf oor die inploffing van die Weste. Pat Buchananvi het byvoorbeeld hierdie boek met die titel “The Death of the WEST” geskryf met die subtitel: “How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization”

Onlangs het Kevin Swanson die redelike dik boek met die titel: “EPOCH : Rise and Fall of the West” gepubliseer. In hierdie boek verwys hy o.a. na die demografiese inploffing en die toename van skuld in die Weste. Hy noem ook van vorige bevolkinginploffings in die antieke Griekse rykvii:

  • “At Eretria only one family in twelve had two sons; hardly any had two daughters”
  • “the whole of Greece has been subject to a low birth rate and a general decrease of population, owing to which cities have become deserted and the land has ceased to yield fruit,…men had fallen into such a state of luxury, avarice, and indolence that they did not wish to marry, or, if they married to rear the children born to them, or at most but one or two of them”.

Vir die VSA wys Kevin Swansonviii uit dat hulle kinders per vrou vanaf drie kinders in 1950 gedaal het na 1.8 in 1980. Tans is dit by slegs 1.5 kind per vrou. Terseldertyd het die skuld las toegeneem vanaf 140% van die BBP in 1950 tot 417% in 2020.

Multimiljoenêrs soos Elon Musk en Jack Ma begin ook bekommerd raak. Tydens ʼn konferensie oor kunsmatige intelligense het Joernaliste die vraag aan hierdie twee here gevraix:

Wat is die grootste bedreiging vir die mensdom?”

Elon Musk het toe hierop geantwoord – en Jack Ma het met hom saamgestem:

The biggest problem civilization will face in the next 20 years is population collapse. Collapse. I want to emphasise this… the biggest issue in 20 years will be population collapse. Not explosion, collapse.”

Na Elon Musk se tiende kind gebore is, skryfx hy:

‘Contrary to what many think, the richer someone is, the fewer kids they have. I am a rare exception. Most people I know have zero or one kid… The past two years have been a demographic disaster in the US… I mean, I’m doing my part haha”

As ons na Wikipedia se wêreldkaart vir Fertiliteitxi kyk bevestig dit dat die enigste kontitent waar vroue meer kinders kry as wat nodig is om die bevolking instand te hou, Afrika is. Die res is besig om in te plof insluitend: Indië, Sjina, Noord- en Suid Amerika, Europa en Rusland. Selfs Saudië Arabië en Iranxii

Vir ander Wetenskaplikes soos Prof Eric Piankaxiii is die bevolkingsinploffing glad nie ʼn probleem nie. In teendeel. Vir hom is dit iets wat aangemoedig en selfs versnel moet word. Prof Pianka wil sien dat 90% van die wêreld bevolking moet doodgaan. Hy het vier verskillende metodesxiv voorgehou om dit te bewerkstellig:

  • Die Witperd : Pes
  • Die Rooiperd : Oorlog
  • Swart perd : Hongersnood
  • Grys perd : Die Dood deur Wilde Diere

Sy gunsteling is Pes. Dit is die doeltreffendste om 90% van die wêreldbevolking te laat doodgaan. Spesifiek die Ebola virus, want dit is hoogsdoelreffend en maak die slagoffers binne dae dood.

HOEKOM?

Hoe is dit moontlik dat Afrikaanse kerke teen onheilspellende tempo krimp?

Hoe is dit moontlik dat selfs die geweldige immigrasie na die VSA en Europa nie daarin slaag om die demografiese inploffing te stuit nie?

Is daar enigsins iets wat gedoen kan word om dit te stop?

Is daar enige toekoms?

Kevin Swanson gee vir ons in sy boek Epochxv die antwoord hoekom dit gebeur het wanneer hy skryf:

Nothing portrays the Western worldview shift and its destructive effects better (on a societal level) than debt and birth rates. This shift in worldview is evident: Why would the West implode its birth rates, consume all the capital of previous generations, and mortgage the future of its grandchildren by unprecedented debt? These are the hopeless and hapless ideas of the existentialist Jean-Paul Sartre and the homosexual economist, John Maynard Keynes in action. This data points to a loss of the will to continue a civilization… The de-Christianization of Western culture has resulted in the breakdown of Western civilization itself.”

Pat Buchnanxvi stem met hom saam wanneer hy skryf:

But as Christianity began to die in the West, something else occurred: Western peoples began to stop having children. For the correlation between religious faith and large families is absolute. The more devout a people… the higher its birthrate… Wherever secularism triumphs, populations begin to shrink.”

Buchanan haal jong mense en spesialiste aan oor die inploffing van die Weste se bevolkings. Ons kom dan agter dat jong mense kinders sien as ‘n vloek en nie ‘n seën nie – dit staan in kontras met Ps 127 wat kinders beskryf as ‘n seën van die HERE:

“More than half of Japanese women now remain single by thirty years of age… They live at home with their parents and persue careers, and many have abandoned any idea of marrying and having children…‘Live for myself and enjoy life’ is their motto”1

Dr Pierpaolo Donati, Katolieke intelektuele en professor in sosiologie aan die Universiteit van Bologna som die kindergetalkrisis in Italië op as volg:
“Prosperity has strangled us… Comfort is now the only thing anybody believes in. The ethic of sacrifice of a family – one of basic ideas of human societies – has become a historical notion. It is astonishing.”2

Gabrielle Thanheiser en Andreas Gerhmann som die situasie as volg op oor die houding van Duitse vroue en mans teenoor kinders:
“My reason for not having kids is that I like to sleep. I read a lot, and I can sleep throughout the night… We are DINKS [double income, no kids couples].”3

Buchanan som dit so op:
“How much will it take to convince a women to have four children? People are concerned about their appearances, their education, their careers. Europe’s birthrate has been falling for decades. It is no fluke… This is not a matter of conspiracy but of consensus, of free choice. European women have decided they want one or two children, or none, and they have the means – contraception, sterilization and abortion – to effect these choices. And European women consider these personal desires to be far more compelling than demographic studies describing what Europe will look like when they are seventy or eighty, or gone.”4

Weereens Buchanan: “But as Christianity began to die in the West, something else occurred: Western peoples began to stop having children. For the correlation between religious faith and large families is absolute. The more devout a people… the higher its birthrate… Wherever secularism triumphs, populations begin to shrink.”

TERUGROL VAN DIE INPLOFFING

As ons na die Ultra Ortodokse Jode (Haredim) in die staat Israel kyk, dan is hulle ‘n “devout religious” groep waarvan Pat Buchanan praat. Hulle is ‘n baie klein groepie toegewyde mense wat die sekulêre dogma van ons dag teenstaan en meer kinders begin kry het.

Hierdie Ultra Ortodokse Jode was in 1948 slegs 35 duisend mense in Israel. Hulle het egter baie kinders en gevolglik het hulle getalle vandag aangegroei tot 1.3 miljoen. Dit is 13% van die bevolking van Israel. Daar word beraam dat hulle ʼn derde van die bevolking van Israel sal wees teen 2065xvii.

While secular and traditional Jews, Druze, and Christian Arabs average fewer than two and a half children per family, and the birth rate among Muslim-Israelis is declining rapidly, approaching three children per family, many religious Jews have more than four children, and Haredim (ultra-Orthodox Jews) average 6.6 children per family. As a general rule, the share of the Haredim in the population doubles every 25 years, or every generation. In other words, the Haredim make up only six percent of the 50-year-olds, but 24% of the infants. As a result of this exponentially increasing growth rate, half of Israel’s babies are expected to belong to Haredi families in just 25 years.”xviii

Die Doppers voor 1935 kan ook as so ‘n “devout religious” groep beskou word. Meer as die helfte van al die Dopperlidmate was onder 18 jaar gewees (Onthou dat Prof Bouke Spoelstraxix sy doktorsgraad gedoen het oor Die Doppers en dan maak hy die punt dat hierdie groep lank bestaan het voor die GKSA in 1859 tot stand gekom het. Hy maak die punt dat dit ‘n denkwyse is en dat daar doppers was wat nie deel geword het van die GKSA nie). Hierdie Dopperkerke het toe eksponensieel gegroei, juis vanweë die groot kindergetalle. Ds Dirk en Alida Postmaxx het byvoorbeeld 15 kinders gehad. Onder Afrikaners is dit ʼn onlangse verskynsel dat gesinne uit minder as 10 kinders bestaan. As ek na my eie familiestamboom kyk, dan was dit uiters ongewoon om ʼn gesin te kry wat minder as 10 kinders gehad het voor die 1900’s.

Die Amish in die VSA is nog ʼn voorbeeld van ʼn groep wat die sekularisasie teenstaan. Hul bevolking staan tans op 373 duisend. Hulle getalle verdubbel elke 20 jaar. Gesinne het vyf of meer kindersxxi. Hier kan ons sien dat hulle ʼn honder jaar gelede nog ʼn baie onbeduidende groepie was.

Nou dat ons weet, dat dit moontlik is vir ʼn eksplisiete Christelike gemeenskap (“devout religious”) om te groei en te gedy, kan ons praktiese aksies neerpen wat gedoen kan word:

  • Kom tot die besef dat daar ʼn oorlog van idees aan die gang is. ʼn Oorlog waar die Bybelse wêreldbeskouing in botsing is met die Sekulêr Humanistiese Wêreldbeskouing. Hierdie Sekulêre Wêreldbeskouing het orals ingedring. In ons kerke, skole, en selfs on huise. Die Humanistiese idees dat die aarde oorbevolk is, is geglo en hul oplossings is geimplimenteer met die verwoestende nagevolge op ons kerke en volke se voortbestaan.
  • As jy nog nie getroud is nie, soek vir jou ʼn vrou wat ook ʼn verskil wil maak en wat bereid is om ʼn Spreuke 31 vrou te wees. ʼn Vrou wat Gen 1:28, Ps 127, Ps 128, Matt 28:19-20 ernstig opneem.
  • As jy reeds getroud is, gesels met jou man/vrou oor die Bybelse Wêreldbeskouing. Bid tot God dat Hy sy/haar hart sal verander.
  • As jy van plan was om slegs een of twee kinders te hê, gesels met jou eggenoot daaroor om nog ʼn paar in te pas.
  • As jy nie lidmaat is by ʼn Bybelgetroue gemeente nie, soek dan een wat na jou mening die naaste daaraan is wat die Bybel vereis. Sluit dan daar aan. Word betrokke. Dissipel die gelowiges daar om ook te dink soos wat jy dink. Dit is belangrik om Gen 1:28, Ps 127, Ps 128 en Matt 28:19-20 ernstig op te neem. Maak seker dat die gemeente die 12 Artikels (Apostoliese geloofbelyenis) regtig glo. Dit beteken dat hulle nie Teïstiese Ewolusie kan glo nie en dat hulle nie die maagdelike geboorte van Christus kan ontken of weg simboliseer nie. Natuurlik moet hulle ook glo dat Christus werklik uit die dood opgestaan het en werklik eendag weer sal kom om die lewendes en dooies te oordeel.
  • As jy reeds by ʼn gemeente lidmaat is, raak betrokke en laat jou lig daar skyn. Dissipel die gelowiges om meer volgens God se Woord te lewe. Dit is belangrik om Gen 1:28, Ps 127, Ps 128 en Matt 28:19-20 ernstig op te neem.
  • Raak betrokke in die breër gemeenskap en pas Bybelse beginsels ook op daardie lewensterrein toe.

Mag dit gebeur dat Afrikaners en alle volke reg oor die wêreld hul terugbekeer tot die HERE en Hom sal dien en sal juig met bewing. Die Seun sal kus. Sodat dit nie nodig sal wees dat die toorn van die HERE teenoor ons sal ontvlam niexxii.

ihttps://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Pretoria-Wes

iihttp://www.ngkerk.org.za/sinode/2p1.jpg

iiiGKSA Kerkblad, Desember 2023/ Januarie 2024, p20 en Almanakke van die GKSA

ivhttps://www.thestar.com.my/lifestyle/living/2023/11/12/japan-has-seen-the-closure-of-some-8580-public-schools-since-2002-due-to-extreme-population-decline#:~:text=8%2C580%20schools%20closed,according%20to%20the%20education%20ministry.

vhttps://journalstar.com/life-entertainment/nation-world/faith-values/abandoned-churches-europe/article_3e3e05bf-87a8-582e-8daa-dfc07a3d1483.html

viBuchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5

viiEpoch – Rise and fall of the West, 2021, Swanson Kevin, Generations, ISBN 978 1 954745 09 4, p.289

viiiEpoch – Rise and fall of the West, 2021, Swanson Kevin, Generations, ISBN 978 1 954745 09 4, p.26-27

ixhttps://twitter.com/elonmusk/status/1529193812949614594

xhttps://www.livemint.com/news/world/elon-musk-says-doing-my-part-to-boost-birth-rates-11657238562832.html

xihttps://en.wikipedia.org/wiki/Sub-replacement_fertility

xiihttps://en.wikipedia.org/wiki/Total_fertility_rate

xiiihttps://reason.com/2006/04/03/to-save-the-planet-kill-90-per/

xivhttps://en.wikipedia.org/wiki/Four_Horsemen_of_the_Apocalypse#/media/File:Apocalypse_vasnetsov.jpg

xvEpoch – Rise and fall of the West, 2021, Swanson Kevin, Generations, ISBN 978 1 954745 09 4, p.26-27

xviuchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 180

xviihttps://www.quora.com/How-do-Orthodox-Jews-handle-having-so-many-children https://en.wikipedia.org/wiki/Haredi_Judaism

xviiihttps://www.unz.com/article/population-explosion-or-population-collapse/

xixSpoelstra, Bouke, 1963, Die Doppers in Suid-Afrika 1760-1899, Nasionale Boekhandel

xxhttps://af.wikipedia.org/wiki/Alida_Postma

xxihttps://www.visionmonday.com/business/research-and-stats/article/amish-community-bucks-national-population-trends

xxiiPs 2

  1. Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 21 ↩︎
  2. Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 17 ↩︎
  3. Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 15 ↩︎
  4. Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 99 ↩︎

Seminaar | Hoe moet Christene reageer op Vervolging?

“God is ‘n toevlug in die nood, ‘n rots wat altyd vas bly staan, al dreig die vyand met die dood, al storm hul leerbendes aan… ons sal nie beef of rugwaarts gaan.” – Ps 46:1 (berymd)

Dit wil lyk of Christene in Suid-Afrika, maar ook elders in die Westerse Wêreld, vervolging in die gesig staar:

  • Ouers se gesag word ondermyn (BELA-wetgewing en roede-inperkings),
    • Bigbrother tipe spioeneering op organisasies/kerke (Spybill) en
  • Pogings om predikante/kerke te dwing om LGBTQ+ paartjies te trou.

Hoe moet ons optree? Moet ons net gaan lê en maak of ons dood is? Is dit maar net elkeen vir homself en vlug na ‘n ander land? Moet ons maar net ons lot aanvaar? Maar wat van die vroedvroue wat die bevel van Farao teengestaan het? Wat van Daniël en sy vriende wat die bevele van die koning verontagsaam het? Wat van Paulus wat die Romeine se eie wette teen hulle gebruik het toe hy gevra het: “Is dit geoorloof om ‘n Romeinse burger, en dit onveroordeeld, te gésel?”

Hoe het gelowiges deur die eeue gereageer op vervolging? Hoe het die Bybelse gelowiges opgetree? Hoe het die Hugenote en Protestantse gelowiges in die 1500’s daarop gereageer? Hoe moet Christene vandag reageer? 

Daar is ‘n seminaar vir 27 April 2024 by die GK Wonderboompoort (256 Genl Beyerstraat Pretoria Noord) gehou om hierdie vrae te beantwoord. Daar is gekyk na Reaksie op Vervolging: Bybelse tyd, Reformasie tyd en Vandag.

Die program en skakels na die lesings lyk so:

08:00 Registrasie, Koffie & beskuit
08:45 Opening
09:00 Bybelse tyd | Ds P le Roux
09:40 Reformasie tyd | Dr H vAlten
10:20 Tee en verversings
11:00 Vandag | Dr A Schlebusch
11:40 Paneelbespreking
12:20 Afsluiting met gebed

RSVP by: kantoor@gkwonderboompoort.org

Afgodery, Transsubstansiasie en die Heidelbergse Kategismus


Die Heidelbergse Kategismus is ‘n pragtige pastorale belydenisskrif. Dit is nie in die eerste plek besig om ingewikkelde leerstellings te verduidelik of groot dwaalleer te weerlê nie. Soos DeYoung (2010:Elektronies) skryf:

“There is no nailing of Lutherans to the wall, or drowning of Anabaptists, and very little anathematizing Catholics in the spirit of ‘What goes around comes around.’”

Die Kategismus begin met ‘n vraag wat die snare van die siel aanroer: “Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?” En deur die loop van die opvolgende 51 Sondagsafdelings word hierdie pastorale toon behou.

Daar is egter een uitsondering – een stukkie skerp polemiek. Dit is waarby ons gaan stilstaan in hierdie artikel. Sondag 30, vraag en antwoord 80 gaan oor die verskil tussen die Nagmaal en die Roomse mis. In hierdie vraag en antwoord hou die Heidelberger nie terug nie: Sy swaard is geslyp vir Rome en hy gaan dit gebruik. Vraag en antwoord 80 eindig met ‘n baie skerp veroordeling van die mis:

“Die mis leer dat die lewende en die dode nie deur die lyding van Christus vergewing van sondes het nie, tensy Christus nog daagliks vir hulle deur die mispriesters geoffer word, en dat Christus liggaamlik onder die gestalte van die brood en wyn is en daarom ook daarin aanbid moet word; en so is die mis in die grond niks anders nie as ‘n verloëning van die enige offerande en lyding van Jesus Christus, en ‘n vervloek te afgodery.”HKS 30, V&A 80

Die laaste sin tref nogal hard. Is dit regtig nodig om die mis “vervloekte afgodery” te noem? Dit is die vraag waarby ons stilstaan in hierdie artikel.

  • Eerstens sal ons kyk na die agtergrond waarteen hierdie vraag en antwoord verstaan moet word.
  • Tweedens sal ons die vraag vra of hierdie sterk veroordeling geldig is.
  • Derdens sal ons probeer om ‘n hand van vriendskap aan Rome te bied.

Die agtergrond en ontstaan van vraag en antwoord 80

Vraag en antwoord 80 van die Heidelbergse Kategismus was nie deel van die eerste uitgawe van die Heidelbergse Kategismus nie (DeYoung, 2010:Elektronies). Maar in die derde uitgawe, wat verskyn het in dieselfde jaar (1563), word dit wel gevind. Wat was die agtergrond van hierdie frase en waarom is dit teen die einde van 1563 ingevoeg met die derde uitgawe?

Die Heidelbergse Kategismus is opgestel in die 16de eeu (eerste uitgawe verskyn in 1563) toe die Protestantisme en die Rooms-Katolisisme letterlik tot die punt van geweld gedryf was teenoor mekaar. Landstreke was in oorlog gewikkel oor wat hulle gemaak het met die Hervorming. As iemand bereid is om in ‘n oorlog te sterf vir sy oortuigings, is sy oortuigings gewoonlik nogal belangrik vir hom. En die 16de eeu was geen uitsondering nie. Die redes waarom jy vir Protestantisme eerder as Rooms-Katolisisme gekies het, was gewigtige redes.

Tog is dit merkwaardig dat die Heidelbergse Kategismus nie juis om elke hoek en draai besig is om Rome te verketter nie. Die Heidelberger se stem is sag – vertroostend. Dit bring die stille lieflikheid van die Gereformeerde leer oor met ‘n pastorale stem. Die glorie van wie Christus vir sy kerk is word verduidelik op ‘n manier wat kinders kan verstaan – sonder bittere polemiek.

Maar, op 17 September 1562, kom die 22ste sitting van die konsilie van Trent bymekaar en verklaar vanuit die Roomse geledere dat die mis en die kruis een en dieselfde offer is (The Council of Trent, 1848:Aanlyn). DeYoung (2010:Elektronies) argumenteer dat die eerste uitgawe van die Kategismus, hoewel dit ‘n paar maande ná hierdie sitting uitgekom het, nie hierdie uitspraak van Trent kon verwerk nie. Dit het egter voor die einde van 1563 nodig geword vir die Heidelberger om ‘n sterker verwerping van die Roomse mis in te sluit, met die doel om die konsilie van Trent duidelik te verwerp. Daarom word dit nodig vir ‘n hersiende uitgawe om te verskyn, wat hierdie saak hanteer.

Dit bring ons nou by die vraag of hierdie streng verwerping van die Roomse mis histories by die Kategismus pas. As dit nie in die eerste uitgawe was nie, moet ons dit dan nie maar eerder net weglaat nie? Nee, om dit te doen is om oppervlakkig met die kerkgeskiedenis en die dogmageskiedenis om te gaan. Belydenisskrifte, anders as die Bybel, se beste weergawes is nie die mees oorspronklike weergawes nie. Belydenisskrifte ontleen hul gesag aan die Skrif en daarom moet ons nie net probeer bepaal hoe die heel eerste weergawe van die Kategismus gelyk het nie.

Bowendien is ‘n streng verwerping van die mis glad nie vreemd aan die konteks van die Kategismus nie. En dit kan steeds versoen word met die pastorale toon van hierdie belydenisskrif. Wat is immers meer pastoraal as om die lammetjies en die skapies te beskerm teen ‘n dwaalleer wat die aandag van die kruis aftrek en op brood en wyn laat val?

Ursinus, die man wat grootliks verantwoordelik was vir die opstelling van die Kategismus, gaan in sy verklaring van vraag en antwoord 80 ook nie ligtelik om met sy kritiek van die mis nie. Hy noem ook die mis “vervloekte afgodery” net soos die derde uitgawe van die Kategismus (Ursinus, 2007:117). Hy gaan selfs so ver om te skryf dat ons “die goddelose verdigsel [van die mis] moet wegneem en verfoei.” (Ursinus, 2007:116).

Dit is dus nie maklik om op ‘n historiese punt weg te kom van hierdie frase in die Kategismus nie. As iemand ‘n beswaar teen die streng afkeuring van die Roomse mis het, moet die beswaar gegrond word op iets anders as die agtergrond en ontstaan van vraag en antwoord 80.

Is die mis vervloekte afgodery?

Iemand kan egter argumenteer dat hierdie frase te ver gaan. Ja, die mis is verkeerd, maar is dit regtig vervloekte afgodery? Om hierdie vraag te antwoord moet ons besef dat alle afgodery vervloek is. Ons moet dus net besin oor die vraag of die mis afgodery is. Indien wel is dit per definisie ook vervloek, want alle afgodery is vervloekte afgodery.

Afgodery word breedweg verstaan as ‘n daad waar enigiets of enigiemand in die plek van God vereer en/of aanbid word. Die afgodery van die heiden-nasies in die Bybel was basies ‘n verering en aanbidding van ‘n duiwel in die plek van God (1 Korinthiërs 10:20). Op dieselfde manier, as iemand homself sou vereer in die plek van God is hy besig met afgodery. Of, as finansiële sekuriteit vir hom die spil word waarom alles draai, is hy besig met afgodery (Matt. 6:24). Die basis van ons godsdiens kom terug na die HERE se woorde in Eksodus 20:2,3:

“Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.”

Is die mis, dan, ‘n verering of aanbidding van iets wat nie God is nie in die plek van God? DeYoung (2010:Elektronies) wys uit dat daar vanuit die Roomse geledere erkenning is dat die mis verstaan kan word as afgodery. Iemand soos Peter Kreeft, ‘n Roomse apologeet, skryf byvoorbeeld:

“If the doctrine of the Real Presence of Christ in the Eucharist were not true, this adoration would be the most momentous idolatry: bowing to bread and worshipping wine!”Kreeft in DeYoung, 2010:Elektronies

Rome glo in transsubstansiasie: Hulle glo dat die brood en wyn van die mis verander in die letterlike liggaam en bloed van Jesus Christus. Jy eet nie meer brood en wyn nie. Jy eet fisies die vleis en bloed van ons Here. As hierdie leer verkeerd sou wees – erken Kreeft – sou die mis werklik vervloekte afgodery wees. Maar die punt (volgens hom) is dat dit nie verkeerd is nie.

“And if it [transsubstansiation] is true, then to refuse to adore is equally monstrous.”Kreeft in DeYoung, 2010:Elektronies

Om te kniel voor brood en wyn is afgodery. Maar om te weier om te kniel voor Koning Jesus is ook afgodery. Die hele vraag draai dan om die waarheid of valsheid van transsubstansiasie.

Wat moet ons met dit maak? Is Rome dan besig met afgodery? Die kort antwoord is “ja.” Hulle is verkeerd oor transsubstansiasie (‘n saak waarby ons nie kan stilstaan in hierdie artikel nie); hulle is verkeerd oor die eksegese van Johannes 6; hulle lees te veel in Jesus se woorde, “dit is my liggaam” in. Die gevolgtrekking wat Kreeft self toegee is dus dat hulle besig is met afgodery. Hulle afgodery is nie doelbewus nie: Hulle glo regtig dat hulle eer betoon aan God. Maar, die gevolgtrekking bly dieselfde. Die mis is en bly afgodery: Dit vereer iets wat nie God is nie in die plek van God.

Terug na Chalcedon

Een van die redes waarom ons van die Rooms-Katolisisme moet verskil, is omdat hulle weggebreek het van die kerklike tradisie. Ons behoort vir hulle te sê dat ons te katoliek is om Katoliek te wees (Leithart, 2012: Aanlyn). En wanneer dit kom by die Nagmaal is dit weer die geval: Ons moet die Roomse Kerk daarop wys dat ons siening van die liggaamlike teenwoordigheid van Christus beter pas by die definisie van Chalcedon. Op dié manier kan ons die figuurlike olyftak vir hulle aanbied. Ons kan hulle uitnooi om regtig terug te keer na die kerklike tradisie: Die tradisie wat gebou is op die vaste fondasie van die Skrif en die kerkvaders.

Die Sinode van Chalcedon (451 n.C) het ‘n definisie opgestel oor hoe die twee nature van Christus verstaan moet word. Hierdie definisie is tegnies nie ‘n belydenisskrif nie, want dit het net gepoog om die Geloofsbelydenis van Nicea (wat gefinaliseer is by die Sinode van Konstantinopel, 381 n.C) te verklaar. Tog word die Chalcedoniese definisie breedweg beskou as die ortodokse, katolieke verstaan van Christus se Godheid en sy mensheid. As jy die definisie van Chalcedon verwerp, gee jy jouself in enige Christelike kringe uit vir die klag van kettery.

Een van die dinge wat die Chalcedoniese definisie duidelik gemaak het, is dat die twee nature van Christus nie vermeng word nie (The Chalcedonian Definition of the Faith, 2021:Aanlyn). Ons tree hierso op heilige grond, so dit is nie altyd maklik om presies te verduidelik wat mens daarmee bedoel nie. Maar die basiese idee is dat Christus ná sy vleeswording volkome God én volkome mens is en bly. Sy Godheid word nie afgewater deur sy mensheid nie en sy mensheid word nie verswelg deur sy Godheid nie. Hy behou beide nature en die eienskappe van beide nature sonder dat dit vermeng of geskei word.

Een van die implikasies van hierdie leerstelling, wat die Gereformeerde tradisie konsekwent onderskei van beide die Rooms-Katolisisme en die Lutheranisme is dat Christus se liggaam in die hemel is, aan die regterhand van die Vader. Sy menslike liggaam word nie alomteenwoordig nie. Christus is alomteenwoordig – maar sy menslike liggaam is in die hemel. Chalcedon stel dit nie so direk nie, maar dit is ‘n logiese gevolg wat ons kan trek uit die Chalcedoniese definisie. Die Roomse mis behels egter ‘n implisiete ontkenning hiervan, want die Roomse mis behels dat Christus se menslike liggaam in die hemel en op die aarde is. Sy liggaam is nie net aan die regterhand van die Vader nie, maar op elke plek waar die mis gevier word. Dit maak sy liggaam welliswaar nie heeltemal alomteenwoordig nie, maar dit maak sy liggaam wel heelwat meer as ‘n menslike liggaam. Sy twee nature word vermeng.

Aan die hand van die Mercersberg Gereformeerde stroming (Littlejohn, 2009:Elektronies) het ons regtig ‘n gulde geleentheid om Rome op te roep om terug te keer na die ware tradisie: Terug na die kerkvaders: Terug na Chalcedon. Die Gereformeerde siening van die Nagmaal wat neerkom op ‘n mistiese teenwoordigheid van Christus (Littlejohn, 2009:Elektronies) pas nie net baie beter by die Skrif nie, maar ook by Chalcedon.

Quo vadis?

Die skisma tussen Protestantisme en Rooms-Katolisisme is ‘n teer sakie vir baie manne aan altwee kante van die debat. Die liberalisme wil vir ons sê dat ons net hierdie dogmatiese bakleiery moet staak en in liefde met mekaar moet saamleef. Maar soos Chesterton (1905:Elektronies) opmerk, dit is baie meer liefdevol om iemand vir sy idees te verbrand as om te sê sy idees maak nie eintlik saak nie. Ons moet die verskille tussen Rooms-Katolisisme en Protestantisme ernstig opneem as ons enigsins hoop om in die toekoms te soek na enige vorm van ware versoening.

Ursinus (2007:113) is reg as hy skryf:

“Het is een noodzakelijke kwestie, die het onderscheid van het Avondmaal des Heeren en de Paapse mis betreft, vanwege de afgrijselijke misbruiken die door de mis in de kerk ingeslopen zijn.”

Ons kan nie ligtelik omgaan met die Roomse dwaling op hierdie punt nie. Ons moet die vinger druk op die seerplek. Ons moet die afgodery ontmasker.

Tegelykertyd moet ons besef dat ons ook verkeerd kan wees oor sommige aspekte van die Nagmaal. Dit is moontlik vir ons om by Rome te leer oor, byvoorbeeld, die belangrikheid van hierdie sakrament. Sit daar nie dalk iets in die beskuldiging dat ons die sakramente afwater tot ‘n opsionele ekstra in ons liturgie nie? Om afgodery te konfronteer sluit in dat ons die afgodery in ons eie geledere ook moet konfronteer. Op watter punte is die Roomse tradisie dalk nader aan die Skrif as die Gereformeerde tradisie?

Bibliografie

Suider-Afrika se Goue Eeu

Francois van Deventer

In die 1980’s het ons by my Oupa en Ouma se huis “ingebreek”… (Of dit kon vir ‘n buitestander wel so gelyk het…) My Oupa het vir die weermag gewerk en hulle het ‘n huis gehad in Vahalla. Hulle huis was reg langs die Weermag Aanhoudings Barakke, waar my Oupa ‘n militêre polisieman was. Ons wou daardie Sondag vir hulle gaan kuier, soos die gewoonte was elke Sondag, maar hulle was nie daar nie. Ons het toe om die huis gestap. Die sitkamervenster was oop. Ons het deur die venster ingeklim en vir hulle in die sitkamer gewag… Ons is nie gearresteer nie… ‘n Waghond het ons nie opgevreet nie.

Dit klink vandag amper onwerklik. Vandag sal jy nie naby aan ‘n sitkamervenster kan kom nie. Jy sal eers die gefortifiseerde mure en heinings om die huis moet trotseer en dan die kamera’s en alarmstrale. Dan praat mens nie eens van die wreedaardige hond en gewapende reaksiemag nie. Wat sekuriteit en veiligheid aanbetref het ons definitief agteruitgeboer in die nuwe Suid-Afrika.

Daar is al meer mense wat ontevrede is oor al die slaggate, die kragonderbrekings, die wanbestuur, die onveiligheid. Baie medici, rekenaarkundiges, rekenmeesters, onderwysers, ingenieurs het na die VSA, Europa, en Australië geëmigreer (Business Tech 2023). Een goeie ding wat gebeur het, is dat die status quo bevraagteken word. Die vraag is egter wat moet gebeur? Sal die nuwe SA verval in ‘n tipe DRK of ‘n tipe USSR? Of sal uit die chaos ‘n goue eeu soos die Nederlande van 1575-1675 opkom, of iets anders? Sal beter dae ooit weer aanbreek? Of is ons maar net uitgelewer aan die intriges van die geskiedenis? Kan mens iets leer van wat in die verlede gebeur het of is alles maar net chaos totdat ons eendag sterwe? Of die wederkoms aanbreek?

Die Nederlandse Goue Eeu

Wanneer ons wonder oor die vraag waarheen ons oppad is, dan help dit om te probeer leer uit die geskiedenis. Vir Afrikaners is die Nederlandse geskiedenis van belang, want ongeveer ‘n derde van ons voorgeslagte is van daar afkomstig en Afrikaans het ook uit Nederlands ontwikkel.  Dit is egter ook van belang vir ons omdat daar ook ‘n voorbeeld in opgesluit is hoe ‘n klein landjie en klein volkie kon opstaan en verstommend suksesvol kon word ten spyte van :

  • die 80 jarige burgeroorlog,
  • geen natuurlike hulpbronne nie en
  • teenstand deur ‘n magtige wêreldkoningkryk (Spanje).

Peterson skryf in sy “Lessons in Liberty: The Dutch Republic, 1579-1750” (Fee.org : 1987) dat “The modern world provides us with hundreds of examples of what happens when a nation adopts the philosophy and practices of socialism. Certainly we can learn from bad examples—about what not to do—but we can learn equally well from good examples. Unfortunately, such positive “role models” are few and far between…The Dutch Republic is one example that has been often overlooked… Newly freed from Spanish oppression, the Dutch built one of the world’s great civilizations.”

Peterson verduidelik die grootsheid van Nederland van die 1600 deur te verwys na hulle monopolie op skeepsvaart en op die voorpunt wees met handel, kunste en wetenskap. Forbes vertel dat Pieter die Grote (van Rusland) Nederland en ander Noord Europese stede besoek het om inligting te versamel om Rusland te moderniseer. Hy modeleer dan ook St Peterburg op Amsterdam (Forbes 2017).

Nederlandse invloed tydens die goue eeu

Die Nederlandse Republiek was eintlik sewe republieke gewees wat konfederaal met mekaar saamgewerk het. Dus was mag gedesentraliseerd gewees.

Sewe Verenigde Nederlandse Republieke 1579-1795

Vele skrywers soos die Japanees-Amerikaanse Fukuyama en Gordon Redding, professor in Bestuurswese en Direkteur van die Universiteit van Hong Kong se Besigheidsskool en ook Max Weber (The Protestant Ethic and the Spirit of Capitalism) is van mening dat daar ’n verband is tussen hoe die Reformasie van die 1500’s die samelewings verander het en die voorspoed wat daarop gevolg het. M.a.w. hulle bevestig vir ons Lev 26 en Deut 28 (Sien nota in bronnelys by Lev 26) nl. dat verbondsgehoorsaamheid tot seën lei en dat verbondsongehoorsaamheid tot afval en vernietiging lei.  Ook Peterson lys die invloed van die Bybel en Calvinisme as ’n faktor.

Hierdie Protestante Lewenshouding (die Weberiaanse werksetiek) sluit die volgende in (Fukuyama 1995:45):

  • Die tendens om vroeg op te staan en fisies hard te werk
  • Spaarsamigheid
  • Rasionele benadering om probleme op te los
  • Die totale besigwees met die hier-en-nou wat indiwidue help om die natuur te bemeester deur innovasie en arbeid

Gordon Redding stem saam met Fukuyama en sê (Redding 1990:10): 

“Weber wou nie so seer verklaar hoe die ‘gees van moderne kapitalisme’ (Weber 1905) van dag tot dag werk nie. Hy was meer daarop gefokus om te verklaar waar hierdie ‘gees van moderne kapitalisme’ in die eerste plek vandaan kom… Hy het dit teruggespoor na die asketiese weergawes van Protestantisme wat opgegroei het nadat die Reformasie die aanbiddings monopolie van die Rooms Katolieke Kerk verbreek het… Die hoof Protestante relevante etiek was:

  • Getrouheid in jou wêreldse roeping en beroep, insluitend die besigheidswêreld
  • Asketisme
  • Die sistematiese gebruik van tyd (nie vermorsing van tyd)”

Fukuyama gaan nog verder en maak nog ‘radikaler’ waarnemings:

“Hy [Weber] wou verstaan hoekom moderne kapitalisme en ander aspekte van modernisme soos natuurwetenskap die rasionele bemeestering van die natuur juis in die Protestante Weste en nie in Sjina, Japan, Korea of Indië tot stand gekom het nie. En op hierdie punt is hy absoluut reg wanneer hy daarop aandring dat die tradisionele kulture in hierdie gebiede vyandig was teenoor ekonomiese modernisme. Eers toe laasgenoemde van buite af binnegebring is, toe Sjina en Japan kontak met die Weste gemaak het, het kapitalistiese ontwikkeling begin posvat. Sjina moes ‘politieke Confuciaanisme’ en die hele imperiale stelsel met sy gentleman-akademici afskaf; Japan en Korea moes wegdoen met hul tradisionele klasseverskille en eersgenoemde moes sy Samoerai krygsman etiek herontplooi” (Fukuyama 1995:350).

Goeie Eeu van Suid-Afrika

Indien daar diepgaande bekering onder Afrikaners en ander volkgroepe in Suid-Afrika kan plaasvind, dan kan ons verwag dat daar volgens die belofte van Lev 26 weer herstel kan plaasvind en voorspoed. Dan kan ons verwag dat die kultuureinskappe waarvan Max Weber e.a. praat weer in werking sal kom en dat ‘n beter toekoms sal volg.

Afrikaners smag na ‘n land waar hulle die HERE in vryheid kan dien sonder om deur ander groepe oorheers te word. Die ANC wil soos hul mentors (voormalige Oos-Duitsland en die USSR) imperiaal alle taal en kultuurverskille uitwis en almal in Suid-Afrika standardiseer rondom Engels. Daar is egter meer en meer aanduidings dat daar Zoeloe’s, Xhosas, Tswana’s, Griekwas ens is wat óók na selfbeskikking smag:

  • Dink maar aan die Barolong (Tswana) afvaardiging wat Orania in 2022 besoek het (The South African 2022) met “The purpose of the visit was for both tribes ‘to learn more about self-determination’”.
  • Of die AmaBhele kaJamagile (Xhosa) afvaardiging wat ‘n samewerkingsooreenkoms met Afriforum onderteken het (Afriforum 2022)
  • Of die Royal Bafokeng wat ‘n ontwikkelings plan opgestel het vir hul 130,000 stamgenote (Royal Bafokeng 2017). Hierdie plan is baie soortgelyk aan Orania s’n om te groei van dorp na stad na kanton (Maroelamedia 2023)   
  • Of die Zoeloe’s wat ‘n samewerkingsooreenkoms met Afriforum gesluit het (Maroela Media 2018). Dit is ook insiggewend dat Dr Mangosuthu Buthelezi in ‘n dankbetuigings video in 2022 (Youtube) verwys na beide die Zoeloe’s en die Afrikaners wat die vryheidsideaal verstaan. Hy verwys na die vriendskap van sy ooroupagrootjies (Konings Panda en Dinizulu) met Afrikaners  en o.a ook hul gesamentlike stryd om van Dingaan ontslae te raak. Dr Buthelezi verwys in hierdie video na sy geloof en sê “Christ is my rock on which I stand.”                          

Prof Koos Malan het vroeër vanjaar ‘n artikel geskryf met die titel “The disintegration of the South African order” (Politicsweb, 2023). In hierdie artikel wys Prof Malan op die drie faktore wat ‘n moderne staat aanmekaar hou in Suid-Afrika. Hy sê al drie hierdie faktore het reeds induie gestort of is baie naby daaraan nl:

  • Staatsideologie wat die dominante elites verenig
  • ‘n Monopolie oor staatsgeweld
  • Landswye infrastruktuur wat veroorsaak dat sleutel ekonomiese sektore laat inkoop in die staatsidee

Dr Frans Cronje dink dat Suid-Afrika meer en meer disfunksioneel gaan word en dat daar slegs eklawes gaan oorbly waar dinge nog werk (Cronje 2017:207). Dit is nie verbasend dat hy hierdie verbrokkeling betreur nie, omdat hy ‘n klassieke liberalis is vir wie taal en kultuurverskille betekenisloos is. Hy is egter reg dat die verbrokkeling wel gevare inhou.

Om die donker wolke van die chaos van die nuwe SA wat ons elke dag teister, is daar egter ‘n silwer rantjie. Die agteruitgang van die Humanistiese nuwe Suid-Afrika is ‘n geweldige geleentheid. Dit kan ‘n katalisator wees om bekering en herstel te bewerk. Dit gaan nie maklik wees nie, maar ons het voorbeelde uit die geskiedenis waar 80 jaar van oorlog en vashou daaraan om die HERE in alles te eer, gelei het tot die Nederlandse Goue Eeu.

Slot

Ons kan verwag dat soos wat die nuwe Suid-Afrika se vermoeëns afneem om belastinggeld uit te betaal aan tradisonele stamhoofde en hul vermoeëns om die sentrale staat te bestuur gaan die verskillende volke in Suid-Afrika al meer onstuimig raak. Die nuwe Suid-Afrika sal meer en meer begin verbrokkel. Indien die volke in Suid-Afrika sal sien dat ons oppad is na ‘n katestrofe en hul sal bekeer, dan kan voorspoed volg. Indien Christene in Suid-Afrika ‘n venootskap met mekaar kan aangaan net soos wat die Sewe Verenigde Nederlandse Republieke gedoen het, dan kan elkeen koning kraai oor sy eie, maar ook konfederaal saamwerk waar dit moontlik is. Zoeloe’s kan Zoeloes bly en Afrikaners Afrikaners, maar ons kan saamwerk. Hierdie konfederale samewerking sal geskoei moet wees op Klassieke Reformasie- en nie Humanistiese waardes nie. Dit is noodsaaklik om te verhoed dat hierdie geleentheid nie in nog ‘n Humanistiese mislukking opeindig nie.  Die volke in Suid-Afrika moet wees soos die Assiriërs wat hulle bekeer het nadat Jona die evangelie aan hulle gebring het en nie soos die afvallige en harnekkige Israel van ouds nie. Bekering en herstel is nou nodig…

Bronnelys:

  • Redding S. Gordon, 1990,
    The Spirit of Chinese Capitalism, Walter de Gruyter, ISBN 0-89925-657-0, p. 6, 7, 8, 9, 10, 12, 22, 38, 60, 117, 122, 124, 126, 197, 228, 232, 233
  • Rees-Mogg William & Davidson James, 1997,
    The Sovereign Individual, Simon & Schuster Inc, ISBN 0-330-35305-5, p. 9, 11, 12, 14, 15, 17, 121,122,123, 153-158, 209, 215, 216, 296, 297, 298, 351, 353, 368, 370, 372
  • Weber, Max, 1905, The Protestant Ethic and the Spirit of Capitalism. 

Is die laaste dae belangrik?

Met die  oog op die Koning: Waarom eskatologie belangrik is

“Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.” Openb. 19:11-13

Eskatologie is ‘n deftige woord. Maar basies gaan dit oor wat glo iemand oor “die laaste dae” of die einde van die geskiedenis, wanneer Jesus Christus weer op die wolke kom. Dit mag jou dalk verbaas, maar ja: Christene het wél verskillende opinies daaroor. 

Meer en meer hoor ek mense sê dat eskatologie vir hulle nie eintlik so belangrik is nie. Veral as Christene hoor hoe ingewikkeld die debatte oor eskatologie is, begin hulle so voel. Hulle sê dan: “Ek is maar net ‘n Christen. Ek weet ek is gered. Ek weet Jesus kom weer. Die res is nie belangrik nie.”

Die bedoeling is goed. Maar om ‘n Christen te wees beteken jy is ‘n eskatologiese Christen. Ek wil bietjie in hierdie artikel verduidelik waarom eskatologie een van dié belangrikste onderwerpe in die Bybel vir ons behoort te wees. Basies wil ek sê: Leef met die oog op die Koning.

Die Bybel is van die begin af eskatologies

Die basiese rede waarom eskatologie vir ons belangrik behoort te wees, is omdat dit in die Bybel belangrik is. Die Bybel is van die begin af eskatologies. Laat ek verduidelik. 

As ek jou moes vra, “wat is die genre van die Bybel?” wat sou jy antwoord? Jy kan natuurlik antwoord dat die Bybel baie genres het. Maar wat is die genre wat dit alles saambind? Wat is die styl – ‘n gedig, sistematiese teologie, ‘n pastorale werk – wat is dit? Wel, as jy kyk na die genre wat die heel meeste in die Bybel voorkom, en ook die genre wat al die verskillende boeke van die Bybel vasbind, dan is dit die genre van ‘n storieboek. 

Hoor my mooi: Ek glo net soos jy dat die Bybel die geïnspireerde Woord van God is. As ek sê dat dit ‘n storieboek is, dan bedoel ek nie dat iemand dit uit sy duim gesuig het nie. Ek bedoel daarmee dat die Bybel vir ons die Storie vertel wat waar geword het. Dit vertel vir ons God se storie: Sy geskiedenis. Al die ander genres maak net sin as ons raaksien dat die onderliggende styl van die hele boek ‘n verhaal is. 

Een van die duidelike maniere hoe ons kan sien dat die Bybel die beste verstaan kan word as ‘n storieboek, is as ons die Bybel vergelyk met ander klassieke stories. Ek gaan hier net verwys na Bartholomew en Goheen se boek, The Drama of Scripture. Daarin vergelyk hulle die Skrif met die klassieke styl van dramas en wys dat die Skrif basies ingedeel kan word volgens dieselfde storielyn-raamwerk as enige van die klassieke dramas. 

Dit moet ons laat vra, wat is die groot motiewe in hierdie verhaal van die Bybel? Wat is die groot spanning wat opgelos word? Wat is die lyn wat die storie volg? 

As ons dit vra, sien ons regtig dat die Bybel van die begin af eskatologies is. Die Bybel is van die begin af gerig op die toekoms. Die storie boei jou van die oomblik dat die gordyne oopgaan tot op die oomblik wat die gordyne weer sak.

Hier’s een voorbeeld. Kom ons vat een van die mees bekende verse in die Bybel: 

“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.” Gen. 3:15

Wat dink jy het hierdie profesie van God vir Eva beteken? Hoe het dit vir haar laat dink – laat voel – oor die toekoms? Hoe het dit haar prentjie van God se groot storie ingekleur? 

Hierdie belofte van God is soos ‘n baken van lig vir al die gelowiges in die Ou Testament. Dit laat hulle verlang en uitsien na die vervulling daarvan. Hulle leef buite Eden: Hulle leef onder die vloek van die sonde: Hulle leef onder die heerskappy van die slang. Hulle wag op die dag wat sy kop vermorsel gaan word. In kort: Hulle leef eskatologies. Hulle leef met die oog op die toekoms. 

So sien ons dat die Bybel van die begin af eskatologies is. Die hele Bybel moet gelees word in hierdie styl – in hierdie raamwerk. Die Bybel vertel ‘n storie – nie net los waarhede nie. En hierdie storie stuur af op ‘n doel: Die vermorseling van die kop van die slang. Elke sandkorrel op die aarde wag vir daai oomblik: Vir die oomblik wat die Koning se perd sal runnik en sy swaard sal gly deur die nekwerwels van die draak. 

Soos wagters op die môre…

As die Bybel van die begin af ‘n eskatologiese boek is, dan kan ons verwag dat die Bybel gereeld ons oë op die toekoms sal vestig. En dit is ook wat ons in die Bybel kry. Een so ‘n plek, is Psalm 130.

“Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord. My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.” Ps. 130:5-8

Wat gee ‘n kryger moed, in die middel van die nag? Wat gee ‘n swakkeling die krag om sy skild vas te hou en aan te hou om die goeie stryd te stry? Die antwoord van die Bybel is eenvoudig: Die kryger weet die nag kom tot ‘n einde. Die swakkeling weet daar is oorwinning aan die einde van die stryd. Hulle kan altwee kyk na die Môrester, en wag op die son om op te kom.

“Ek, Jesus .. is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.” Openb. 22:16

Nouja, jy stem dalk nie met my saam dat hierdie twee Bybelgedeeltes verband hou met mekaar nie. Jy dink dalk dat Psalm 130 maar net ‘n goeie beeld gebruik as dit praat van wagters wat wag op die môre, en Jesus sinspeel nie op hierdie Psalm in Openbaring 22 nie. Maar dink ‘n bietjie aan ‘n profesie soos Joël wat God se veroordelende weermag vergelyk met ‘n sonsopkoms.

“..soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ‘n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.” Joël 2:2

Baie ander dele gebruik hierdie selfde beeld van ‘n son wat op kom, om te praat van God se eskatologiese oordeel oor sy vyande en verlossing van sy volk. 

“Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.” Mal. 4:2

“Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.” Efes. 5:14

Wat is die punt wat ek probeer maak? Dat die Bybel altyd gelowiges te midde van duisternis oproep om daaraan te dink dat die duisternis nie vir altyd sal triomfeer nie. Die Bybel roep ons op om te leef met die oog op die toekoms. Die Bybel roep ons op om te wag op die HERE – op die eerste en die tweede koms van Jesus – soos wagters wat wag op die môre. 

Dalk in die vroeë geskiedenis van die kerk? 

Ek wil op hierdie punt net ‘n gedagte los – en ek hoop om dalk in die toekoms meer hierop uit te brei. Maar kou ‘n bietjie hieraan: Wat as ons nog leef in die vroeë geskiedenis van die kerk? 

Elke geslag dink die einde is nóú hier: Christus gaan binne die volgende vyf jaar kom (of dalk tien, as dit regtig lank uitgerek word). Dit is natuurlik ver van my om vir ons Here voorskrifte te gee oor wanneer Hy moet terugkom. En sou Hy vandag terugkom sal ek jubel in blydskap. 

Maar wat as Hy nie vandag kom nie? Wat as Hy sy bruid kans wil gee om regtig ‘n groot effek op die wêreld te hê? Wat as daar nog tien-duisende jare van kerkgeskiedenis voor ons lê? 

Dit is iets om aan te kou. Veral in die lig van sommige profesieë wat regtig verwag dat God se koninkryk baie groot en heerlik sal wees, op hierdie aarde. 

“‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai; wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke. ‘n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.” Matt. 13:31-33

Dalk – net dalk – sal kinders eendag in katkisasie vra: “Wie was nou weer eerste – C.S. Lewis of Augustinus? Ek verwar altyd die vroeë kerkvaders…”

Dalk – net dalk – leef ons tans in die donker eeue. En die son is besig om op te kom. 

Hoe moet ons dan leef? 

Dit bring ons by die belangrike vraag: Hoe moet ons dan leef? 

Wel, leef met die oog op die Koning. Leef met die oog op die Môrester. Leef met die oog op die Man op die wit perd. Leef eskatologies. 

Mense is geneig om vas te sit in die verlede. Ons is geneig om heeltyd terug te kyk – na die “goeie ou dae.” Maar ons vergeet dat daar in die goeie ou dae ook duisternis was.

Vir Christene is die geskiedenis natuurlik belangrik. Maar dit is juis belangrik omdat ons weet dat ons eendag geskiedenis gaan wees: Ons leef in dieselfde storie: In dieselfde verhaal: Met dieselfde hoop as ons voorvaders. Ons leef met die oog op die Koning. 

Die Bybel gebruik gereeld die beeld van ‘n boom om wyse en geseënde mense te simboliseer. En dit is gepas: ‘n Wyse man is baie soos ‘n boom. ‘n Wyse man leef met wortels wat diep afsak in die vrugbare aarde van die geskiedenis – daar waar ons verkwik kan word met dieselfde waters wat ons voorouers verkwik het en krag gegee het om deur die duisternis op te beur na die lig. Maar ‘n wyse man leef ook met takke wat na die hemel uitreik – wat na die toekoms tas en versterk word deur die strale van die son. 

Dis die roeping van die kerk, vandag. Om stewig gewortel te wees in die verlede, en kragtig op te beur na die toekoms. 

“En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.” Ps. 1:3

Descendit ad inferna: En Hy het ter helle neergedaal

Inhoudsopgawe

1. Inleiding

2. Die Apostoliese Belydenis

3. Hel en doderyk

4. Die ligging van die hel en die doderyk

5. So, moet ons dit glo en bely?

6. Konklusie: Tot ‘n Bybelse kosmologie

7. Bibliografie

1. Inleiding

Op ‘n belydeniskamp wat ek bygewoon het as 17-jarige jongman, was daar ‘n paar vrae wat ons, jongmense, met baie vuur bespreek het. Een van hierdie vrae was oor of die Apostoliese Belydenis skriftuurlik begrond is in die frase oor Christus se neerdaling na die hel. Sedert daardie kamp is dit meer en meer duidelik vir my dat hierdie regtig ‘n kontroversiële punt is. Dit is een van die warmste patatte in die teologie en sonder twyfel iets waaroor boeke en boeke vol geskryf kan word. Selfs onder diegene wat glo dat die frase behou moet word is daar verskille oor die spesifieke vertaling en bewoording daarvan. In GKSA gemeentes kan dit, byvoorbeeld, gebeur dat ‘n besoekende leeraar streng vermaan word omdat hy gekies het om in die erediens voor te hou dat Jesus “die angste van die hel tot in die dood toe ondergaan het” in plaas van “neergedaal het na die hel.” In ‘n AP Kerk is dit weer baie belangrik om nie een van bogenoemde formulerings te lees nie, maar baie stiptelik te bly by “ter helle neergedaal het.”

Hierdie debatte is nie droë spekulasie nie: Dit is nie net ‘n verskoning vir slim mense om te wys hoe slim hulle is nie. Dit is baie relevant, want dit gaan oor een van die kortste, kragtigste, mees invloedryke opsomming van wie God Drie-Enig is en wat Hy vir sy kerk doen. Verder gaan dit ook vir ons oor die kern van wat ons van Jesus die Messias glo om deur Hom gered te word (HK Sondag 7). Die regte verstaan van hierdie saak gee die kerk ook ‘n diep insig in ‘n Bybelse kosmologie en Christus se triomf in sy Vader se skepping. Ek wil hoofsaaklik by hierdie laaste punt stilstaan in hierdie artikel. Ons kan die sentrale vraag van hierdie artikel dus so verwoord: Hoe moet die frase “en ter helle neergedaal het” verstaan word en wat beteken dit vir ‘n Bybelse kosmologie?

Net ‘n vinnige woord oor kosmologie: Kosmologie is ‘n deftige woord, maar basies gaan dit oor wat iemand dink van die heelal – of eintlik, God se hele skepping (sigbaar en onsigbaar). Dit gaan oor hoe pas alles in die skepping inmekaar: Ruimte, tyd, mense, diere, plekke, engele, demone, hemel, hel, ensovoorts. Ek wil hier argumenteer dat ‘n Skriftuurlike verstaan van die frase “ter helle neergedaal het” ‘n aspek is van ‘n Bybelse kosmologie wat ons nie moet prysgee nie.

Om dit te doen sal ons moet stilstaan by ‘n paar sake:

  • Ons sal moet kyk na die Apostoliese Geloofsbelydenis self. Wat presies is dit, en watter soort gesag het dit oor Christene?
  • Dan sal ons ook kyk na die verskillende maniere hoe mens die woord “hel” in die Apostoliese Geloofsbelydenis kan verstaan.
  • Ons sal ook moet kyk na die immer aanwesige vraag oor die ligging van die hel asook die ligging van die doderyk.
  • Dan sal ons kyk na die Skriftuurlike fondasie om hierdie frase in die Apostoliese Geloofsbelydenis te behou.
  • Laastens sal ons ‘n paar lyne trek om te kyk wat die invloed van hierdie stukkie dogma is op ons kosmologie.

‘n Laaste opmerking ter inleiding: Die frase “en ter helle neergedaal het” kom ook voor in die Geloofsbelydenis van Athanasius. My basiese vertrekpunt is dat dit daar net so geldig is as in die Apostoliese Geloofsbelydenis. Ek sal dit dus nie afsonderlik bespreek vir die Geloofsbelydenis van Athanasius nie. As dit hoort in die Apostoliese Geloofsbelydenis dan hoort dit tog sekerlik ook in die Geloofsbelydenis van Athanasius.

2. Die Apostoliese Belydenis

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (wat soms ook die 12 Artikels genoem word) is een van die drie ekumeniese belydenisskrifte. Basies beteken dit dat ons hierdie drie belydenisskrifte met meeste ander Christene deel. Om eerlik te wees moet ons wel erken dat die Oosters-Ortodokse Christene formeel slegs die Geloofsbelydenis van Nicea met ons deel (Fairbairn & Reeves, 2019:124), maar die res van die Kerk van Christus bely saam met ons ook die Apostoliese Geloofsbelydenis en die Geloofsbelydenis van Athanasius.

Die Apostoliese Geloofsbelydenis is dus ‘n gewigtige dokument. Dit is nie sommer iets kleins nie. Dit is nie iets wat ons sommer oor ‘n koppie koffie of ‘n braaivleisvuur kan verander nie. Dit het ‘n soort gewigtigheid wat ons ander belydenisskrifte (soos die Heidelbergse Kategismus, die Dordse Leerreëls en die Nederlandse Geloofsbelydenis) nie het nie. Hierdie belydenis sê nie vir jou wie is Gereformeerd nie. Dit sê vir jou wie is ‘n Christen. Selfs die Heidelbergse Kategismus erken dit wanneer dit sê dat ‘n ware geloof opgesom en saamgevat kan word met die woorde van die Apostoliese Geloofsbelydenis (HK Sondag 7).

Hierdie belydenis het egter nie uit die lug geval nie, en hy het al deur die geskiedenis klein veranderings ondergaan. Die vroegste weergawes van die Apostoliese Geloofsbelydenis kom uit die 2de eeu n.C. Dit was gebruik as ‘n soort formule wat iemand moes voordra by die doop van nuwe bekeerdes – ‘n basiese belydenis van wat jy glo. Hierdie doop-formule is nie woordeliks dieselfde as die Apostoliese Geloofsbelydenis soos ons dit vandag gebruik nie en word soms deur geleerdes die Ou Belydenis van Rome genoem, omdat die vroegste weergawes daarvan in Rome gevind word (Fairbairn & Reeves, 2019:109). Dit was ook nie die enigste doop-formule nie, ander doop-formules wat in inhoud baie soortgelyk was is ook gebruik, en hulle het mekaar soms op plekke aangevul. Die vroegste weergawe van die Apostoliese Geloofsbelydenis soos ons dit vandag ken kom uit die 8ste eeu n.C. Omdat dit van vroeg af reeds as doop-formule gebruik is, het dit ook van vroeg af reeds ‘n informele gesaghebbende aard. In die 9de eeu het die Westerse kerk, op aanvraag van Karel die Grote, uiteindelik amptelik erken wat lankal reeds die praktyk was: Dat hierdie belydenis ‘n basiese opsomming is van die Christelike geloof (Fairbairn & Reeves, 2019:111). Sedertdien aanvaar ons dit as een van ons ekumeniese belydenisskrifte.

Die feit dat die Apostoliese Geloofsbelydenis reeds min of meer 7 eeue lank in gebruik was in die Westerse kerk voor dit finaal afgerond en amptelik vasgestel is, gee hierdie belydenis ‘n soort speelbaarheid wat die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius nie het nie. Wat daarmee bedoel word is dat daar voor die afronding in die 9de eeu bietjie variasie was – daar was weergawes wat op klein plekke verskil het – en dit is nie die geval met die ander twee ekumeniese belydenisskrifte nie. Een van die mees berugte verskille is juis die frase waarby ons stilstaan in hierdie artikel: Die frase wat sê dat Jesus “ter helle neergedaal het.” (Fairbairn & Reeves, 2019:120).

Die Latynse frase, “descendit ad inferna” (wat ons vertaal met ter helle neergedaal het) kom die eerste keer voor in ‘n weergawe van die Apostoliese Geloofsbelydenis wat neergepen word deur Rufinus, teen die einde van die 4de eeu n.C (Grudem, 2020:727). Daarna kom dit eers weer voor teen die middel van die 7de eeu. Grudem (2020:727) argumenteer dat Rufinus self die frase net verstaan asof dit sê dat Christus begrawe is (in die sin dat Hy neergedaal het na die graf). Hy baseer dit op Schaff se beoordeling van Rufinus se standpunt (Grudem, 2020:727, voetnoot 41). Fairbairn en Reeves (2019:120) haal egter vir Rufinus aan wat verder argumenteer dat Christus moes neerdaal na die hel (of die doderyk) om vandaar die siele terug te bring van hulle wat daar gevange was. Fairbairn en Reeves (2019:121) konkludeer dan dat Rufinus wel geglo het dat Jesus letterlik na die hel neergedaal het. Hulle wys ook uit dat, alhoewel hierdie frase nie voorkom in enige weergawes van die Apostoliese Geloofsbelydenis voor Rufinus se weergawe nie, dat dit tog waarskynlik ‘n baie meer antieke oorsprong het uit vroeër Oosters-Christelike doop-formules waar dit wel voorgekom het (Fairbairn & Reeves, 2019:120-121). Hoewel Grudem (2020:728) dus vra of hierdie frase in die Apostoliese Geloofsbelydenis enigsins apostolies genoem kan word, moet ons konkludeer dat dit histories gesproke ‘n regmatige plek het in die Apostoliese Geloofsbelydenis. Laastens moet ons ook onthou dat die apostoliese deel van die Apostoliese Geloofsbelydenis nie soseer te doen het met die oudheid daarvan nie maar eerder met die feit dat dit akkuraat weergee wat die apostels geleer het.

Daar is iets wat ons moet onthou wanneer ons besig is met die Apostoliese Geloofsbelydenis: Hierdie belydenis is wel baie gewigtig, maar dit is nog ondergeskik aan die Skrif (Grudem, 2020:725, voetnoot 39). Hoeveel respek ons ook al het vir die antieke en ekumeniese karakter van hierdie belydenis, moet ons vir Grudem toegee dat dit deur gelowiges verwerp moet word as daar geen Skriftuurlike fondasie voor is nie. In die res van hierdie artikel wil ek egter argumenteer dat daar wel ‘n goeie Skriftuurlike fondasie vir hierdie frase is.

3. Hel en doderyk

Die algemene idee van die hel in ons kultuur is nogal lagwekkend: ‘n Warm plek met ‘n kokende pot en ‘n duiwel met ‘n drie-tand vurk. Die Skriftuurlike idee is wel bietjie anders. Maar die Skrif praat ook van twee verskillende soorte hel – of eintlik, die Skrif praat oor die hel en ook oor ‘n ander plek, wat baie keer in populêre Christelike gesprekke aan die hel gelykgestel word. Ek wil egter argumenteer dat ons hierdie twee plekke (of dinge) streng van mekaar moet onderskei.

1. Die hel is die plek waar God sy toorn uitgiet oor sondaars. Dit is van hierdie plek waarvan ons lees in Openbaring 20:7-15 as “die poel van vuur” of “die tweede dood.” Die Griekse woord wat dikwels gebruik word om hierdie plek te beskryf is gehenna (“γέεννα”). ‘n Voorbeeld waar Jesus van hierdie plek praat is in Mattheus 5:22: “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse (γέεννα) vuur.” Uit Openbaring 20:10-15 is dit duidelik dat mense eers ná die groot oordeel, aan die einde van die geskiedenis, in hierdie plek gegooi gaan word. Die simbool wat die Skrif heeltyd aan hierdie plek koppel is vuur.

2. Die doderyk is die plek waar die siele van gestorwe mense bly tot die wederkoms. In die Ou Verbond was gelowiges en ongelowiges se siele in hierdie plek. Na Jesus se kruisiging is dit net die siele van ongelowiges wat daar gehou word tot die groot oordeel. Dit is van hierdie plek waarvan ons lees in Openbaring 20:13,14 as “die doderyk.” Die Griekse woord wat dikwels gebruik word om hierdie plek te beskryf is hades (“ᾅδης”). Die Hebreeuse woord wat dikwels gebruik word om hierdie plek te beskryf is sheol (“שְׁאֹל”). Die Bybel praat baie van hierdie plek as die plek waar gestorwe mense verkeer. ‘n Voorbeeld is Psalm 49:15: “Soos skape word hulle bestem vir die doderyk (שְׁאֹל); die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk (שְׁאֹל) om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.” Nog ‘n voorbeeld is Openbaring 20:13-14: “En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk (ᾅδης) het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk (ᾅδης) is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.” Hoewel die doderyk uit gedeeltes soos Psalm 49 (onder andere) duidelik nie ‘n piekniek is nie, moet ons wel raaksien dat God dit nie gebruik vir dieselfde doel as die hel nie. Sondes word nie daar gestraf nie. Simbole wat die Skrif gereeld aan hierdie plek koppel is die see en die dieptes van die aarde.

Openbaring 20:7-15 is baie belangrik in ons verstaan van hierdie twee plekke. Daarin sien ons dat dit twee verskillende plekke is, juis in die feit dat die doderyk (sheol/hades) in die hel (gehenna) gewerp word. Ons moet hierdie twee plekke dus nie met mekaar verwar, of aan mekaar gelykstel nie.

Ons moet egter onthou dat baie van die gedeeltes in die Skrif wat ons oor hierdie plekke leer gebruik maak van simboliese taal. Baie gedeeltes is byvoorbeeld gedigte (soos die Psalms) of dit is apokaliptiese literatuur (soos Openbaring). Ons moet versigtig wees om dit nie te letterlik op te neem nie. Maar nogtans moet ons uit die Skrif ten minste uitwys dat hierdie plekke werklik bestaan (die Skrif hanteer dit deurgaans as werklike plekke) en ook dat dit nie dieselfde plek is nie.

Dit is op hierdie punt waar Christene wat graag die frase “ter helle neergedaal het” wil behou voor ‘n moeilike keuse te staan kom. Watter een van hierdie twee plekke word bedoel met die woord “hel” in die Apostoliese Geloofsbelydenis? Die oorspronklike bedoeling van “inferna” (die Latynse woord vir hel in die belydenis) het heel waarskynlik meer aangesluit by die idee van die doderyk as by die idee van die hel as die plek waar God sondes vergeld (Fairbairn & Reeves, 2019:121-122; Renihan, 2022:Internet). Later het die fokus van die Weste sterker begin val op die hel as die plek waar God sondaars straf vir hul misdade en dit het die standaard verstaan van die frase geword, veral onder Protestantse Christene (Fairbairn & Reeves, 2019:122). Calvyn plaas die fokus van Christus se neerdaling na die hel by hierdie interpretasie wat sterker fokus op Christus se lyding aan die kruis (Renihan, 2022:Internet). Dit is ook hoe die Heidelbergse Kategismus hierdie frase uitlê (HK Sondag 16) en dit is juis hierdie algemene verstaan wat Grudem (2020:725-728) laat argumenteer dat die frase misleidend is vir meeste Christene.

Die feit dat die frase “en ter helle neergedaal het” deur die geskiedenis (en deur verskillende teologiese tradisies) op hierdie verskillende maniere geïnterpreteer was, maak meeste hedendaagse debatte oor hierdie frase nogal ingewikkeld. Mense praat maklik by mekaar verby. Ons moet nugter, eerlik en nederig omgaan met die geskiedenis. Ons kan gerus meer speelruimte gee vir mekaar oor hierdie onderwerp. Tog wil ek argumenteer dat beide interpretasies van die woord “hel” Skriftuurlik begrond kan word. Maar voor ons daarby uitkom is dit belangrik om eers iets te sê oor die ligging van die hel en die doderyk.

4. Die ligging van die hel en die doderyk

Dit is belangrik vir ons om te besin oor die ligging van die hel en die doderyk, want ons verstaan daarvan moet op ‘n manier versoen kan word met die kruisgebeure: As Jesus “ter helle neergedaal het,” wanneer het dit plaasgevind? Sy liggaam was immers aan die kruis – daarna in die graf. En sy siel was by die liggaam totdat Hy gesterf het en dieselfde aand nog in die Paradys (Luk. 23:43). So waar en wanneer, presies, was Hy dan in die hel – of in die doderyk? Ons antwoord op hierdie vraag hang grootliks af van ons verstaan van die ligging van die hel en die doderyk.

Waar presies die hel en die doderyk is, is ‘n moeilike vraag om te antwoord. Dit is nie moeilik omdat die Skrif onduidelik is daaroor nie. Maar dit is wel moeilik omdat die Skrif baie keer simbolies oor dinge praat – veral dinge soos hierdie.

Wanneer dit kom by die doderyk – die plek waar die siele van gestorwe mense verkeer – dan praat die Bybel heeltyd van dit as in die binneste van die aarde. ‘n Voorbeeld is Psalm 63:10: “Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.” Nog ‘n voorbeeld is Numeri 16:31-33 wat vertel hoe Datan en Abíram deur die aarde ingesluk is: “En toe [Moses] al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was, en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed. So het hulle dan met alles wat hulle s’n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.” Jesus gebruik dieselfde soort taal: “Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.” (Matt. 12:40). Dit is moeilik om die verband te mis tussen hierdie tekste en Genesis 3:19: “jy [sal] terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.” Dit is ook moeilik om die simboliese verband tussen die doderyk in die binneste van die aarde en ‘n begrafnis te mis: Wanneer iemand begrawe word (selfs in ‘n spelonk, soos die gewoonte was in die tyd van die Bybel) dan kan mens fisies sien hoe sy liggaam na die binneste van die aarde neerdaal.

Alles van dit is egter waarskynlik simboliese taal. Ek twyfel of daar enige Christene is, in die moderne wetenskaplike era, wat ernstig glo dat die fisiese ligging van die doderyk so ‘n paar kilometers onder ons voete lê. Ons moet baie eerder raaksien dat alles in God se skepping onvermybaar simbolies is, en die aarde is geen uitsondering nie. Waar die siele van afgestorwenes verkeer weet ek nie, maar net soos ‘n siel nie fisies is nie glo ek ook die herberg van die siele is nie geografies nie. Dit is sover as wat ek met sekerheid hieroor ‘n standpunt kan inneem.

Wanneer dit kom by die hel, dan sien ons dat die Skrif heelwat minder sê oor waar dit is. Uit verskeie Skrifgedeeltes wat dit hanteer as ‘n werklike plek moet ons aflei dat dit wel ‘n werklike plek is, maar dit is nie die soort plek wat jy op Google Maps gaan vind nie. Die Skrif praat soms van dit as “die buitenste duisternis” (Matt. 8:12, ) – maar dit skep meer die indruk van verwerping as enigiets anders: As dit enigsins op ‘n plek dui, dan gaan dit daaroor dat die hel buitekant die hemel is: Oftewel, die plek waar ongelowiges gestraf gaan word vir hul sondes, is verwyder van die plek waar God vir ‘n ewigheid met sy volk gaan wandel in volmaakte, heerlike vrede. Maar, weereens, dit is moeilik om hieruit toepassings te maak in ons 3-D verstaan van ruimte. Waar presies is die hel vandag? Bestaan die hel vandag alreeds? Die Skrif gee geen duidelike antwoorde op hierdie vrae nie.

Wat ons dus van hierdie plekke moet glo, is dat alhoewel dit werklike plekke is (die Skrif hanteer dit as werklike plekke) is die ligging daarvan nie dieselfde as die ligging van ander dinge in ons 3-D verwysingsraamwerk nie. Die Skrif praat van dit as werklike plekke, maar ons moet simboliek raaksien waar dit deur die HERE gebruik word.

5. So, moet ons dit glo en bely?

Uiteindelik kom ons nou by die punt waar die tekkie die teer tref: Moet die frase “en ter helle neergedaal het” in die Apostoliese Geloofsbelydenis bly? Kort antwoord: Ja.

Wat die lang antwoord betref, kom ons kom terug na die twee verskillende interpretasies van die woord “hel” in die Apostoliese Geloofsbelydenis: Die vroeë kerk het “inferna” (hel) waarskynlik verstaan in die rigting van die doderyk in die Skrif. Maar die latere interpretasie (wat ook die tradisionele Protestantse interpretasie is), verstaan dit meer in die rigting van die hel – oftewel, die plek waar God sondaars se sonde straf. Soos reeds gemeld reken ek altwee interpretasies kan Skriftuurlik begrond word: Jesus was beide in die plek waar God se toorn oor sondes vergeld word en in die plek waar die siele van gestorwe mense verkeer. Ek sien dus geen rede om hierdie frase uit die Apostoliese Geloofsbelydenis te verwyder nie.

Jesus was in die hel – as mens reg verstaan wat die hel is en wat dit beteken. Dit is natuurlik iets wat ons begrip heeltemal te bowe gaan. Ons kan nie eens begin om te verstaan wat Hy deurgemaak het nie. In Mattheus 27:45 lees ons dat daar duisternis oor die aarde gekom het vir 3 ure lank, tydens Jesus se kruisiging. Aan die einde van die duisternis, dan roep Jesus uit: “Eli, Eli, lama sabagtáni?” wat beteken “My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matt. 27:46). Dit is die volle helse toorn en woede van God wat daar oor Hom uitgegiet word. Na dit sterf Hy (Matt. 27:50) en dan skeur die voorhangsel van die tempel (Matt. 27:51). Wat daardeur gesimboliseer word is dat die prys vir die sondes betaal is (Heb. 10:19-20): Daar is nou nie meer ‘n skeiding tussen die gewone deel van die tempel en die heilige, of tussen die heilige en die allerheiligste nie. Die offer is gebring: Die sondes is vergeld: Iemand was in die hel.

Jesus was egter ook in die doderyk. Nadat Hy die offer gebring het daal Hy as Oorwinnaar na die doderyk toe neer om die siele van die gelowiges wat gesterf het in die Ou Verbond saam met Hom op te neem na die hemel (Renihan, 2022:Internet). Hierdie oorwinning van Christus oor die doderyk word gesimboliseer met die kruisgebeure, want ons lees wanneer Hy sterf: “en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.” Jesus se neerdaling na die doderyk word ook voorspel in Psalm 16:10: “U sal my siel aan die doderyk (sheol) nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.” Op Pinkster, staan Petrus op en verklaar dat hierdie Psalm in Christus vervul is: “Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. Want Dawid sê van Hom: …U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie” (Hand. 2:24-27). Die kriptiese woorde van 1 Petrus 3:19 kan ook moontlik verwys na Jesus se neerdaling na die doderyk, om sy oorwinning te verkondig aan “die geeste in die gevangenis.”

Daar is dus in die Skrif ‘n fondasie om albei interpretasies te volg in ons verstaan van die Apostoliese Geloofsbelydenis. Jesus was beide in die hel en in die doderyk. Dit is verstaanbaar dat sommiges soos Grudem voel dat hierdie deel van die geloofsbelydenis verwarrend is. Maar dit kan nie onskriftuurlik genoem word nie – maak nie saak watse interpretasie mens volg nie. Daar kan en moet besin word oor hoe om hierdie belydenis te verstaan. Maar wanneer ons sover wil gaan om hierdie deel van die belydenis te verwyder, dan gaan ons te ver.

6. Konklusie: Tot ‘n Bybelse kosmologie

Laastens moet ons egter stilstaan by die vraag: Watse interpretasie behoort ons te volg? Ons het in hierdie artikel stilgestaan by twee interpretasies van die woord “hel” in die Apostoliese Geloofsbelydenis:

  1. Die hel kan verwys na die plek waar God sy toorn uitgiet oor sondaars.
  2. Die hel kan verwys na die doderyk – die plek waar die siele van mense gehou word tot die oordeelsdag.

Renihan (2022:Internet) argumenteer egter baie oortuigend vir die tradisionele verstaan: Hoe waar en belangrik Christus se plaasvervangende soenverdienste ook al is, die oorspronklike bedoeling van die frase is dat Jesus ná sy dood en lyding neergedaal het na die doderyk (sheol/hades) om daar sy oorwinning te proklameer en die siele van die Ou Testamentiese gelowiges te bevry. Fairbairn en Reeves (2019:122) merk ook tereg op dat die tradisionele verstaan van die frase “en ter helle neergedaal het” werd is om vandag nog ernstig opgeneem te word.

Ons is ver daarvan af om hierdie saak uit te sorteer – en mens sal nooit in een kort artikel soos hierdie al die relevante argumente kan beoordeel vir hoe om hierdie kontroversiële frase te verstaan nie. Maar ons moet vra: Sit daar nie dalk iets in die tradisionele interpretasie nie? Sal dit nie dalk lonend wees vir ons, in Gereformeerde kringe, om meer gewig daaraan te gee as wat tans die geval is nie? Kan dit dalk selfs die primêre manier wees vir ons om hierdie frase te interpreteer?

As ons meer gewig begin voeg aan hierdie tradisionele interpretasie, dan sal dit ‘n effek hê op ons kosmologie. Dit is ver buite die strekking van hierdie artikel om volledig aandag te gee aan hierdie saak. Maar ten minste twee aspekte van ‘n Bybelse kosmologie kan beter tot hul reg kom as ons die Apostoliese Geloofsbelydenis se frase “en ter helle neergedaal het” begin verstaan as ‘n verwysing na die doderyk (sheol/hades) eerder as die hel (gehenna).

Eerstens, ‘n tradisionele verstaan van hierdie frase sal Christus se oorwinning oor elke aspek van die bose in die kosmos beter tot sy reg laat kom. Dit is immers die groot fokus van die tradisionele verstaan, en dit is ‘n fokus wat ons nie moet verloor nie. Ja, die kruisgebeure was ‘n offer – dit was priesterlik – maar dit was ook ‘n oorwinning – dit was koninklik. Ons moet Christus se werk as Koning, Priester en Profeet tot hul reg laat kom. En as ons eerlik is, as Gereformeerdes, dan laat ons soms Christus se oorwinnende koningskap en sy koninklike oorwinning afwater tot iets minder as wat dit is. Fairbairn en Reeves (2019:122) vra tereg: “Do we not want to affirm that victory was a significant part of what Christ was accomplishing through his death and ressurection?” As ons egter onthou dat die vroeë kerk hierdie frase in die Apostoliese Geloofsbelydenis verstaan het as Christus se triomferende oorwinning oor al die magte van die doderyk, dan begin ons kom tot ‘n meer Skriftuurlike waardering van sy oorwinning. Daar is ‘n verandering in die kosmos wanneer die Lewende Een sterf en daardeur lewe gee aan die dooies. Dan verstaan ons hoekom Jesus sê: “Op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk (ᾅδης) sal dit nie oorweldig nie.” (Matt. 16:18). Die poorte van die doderyk sal die kerk nie oorweldig nie, want die poorte van die doderyk het haar Koning nie oorweldig nie. Hy het oorwin: Die doderyk is nou oopgebreek. Voorheen was dit daar vir die siele van gelowiges en ongelowiges, maar met sy kruisiging het dit verander: Die grafte het oopgegaan. Die doderyk is in beginsel oorwin. En omdat die doderyk ‘n werklike plek is in die kosmos, het hierdie oorwinning ‘n werklike effek op ons kosmologie.

Tweedens, ‘n tradisionele verstaan van hierdie frase sal Bybelse simboliek in die skepping beter tot sy reg laat kom. Ons word meer beïnvloed deur die naturalistiese wêreldbeskouing wat aan die orde van die dag is, as wat ons graag wil erken. Een van die areas waarin dit beslis waar is, is in ons verstaan van die onvermybare simboliese aard van dinge in God se skepping. Lewis (1952:Elektronies) beeld dit baie goed uit in die storieboek, The Voyage of the Dawn Treader, wanneer ‘n ster aan die kinders verskyn – en siedaar, dit is ‘n lewende mens: ‘n Ou man met die naam Ramandu! Een van die kinders sê dan vir hom: “In our world, a star is a huge ball of flaming gas.” Ramandu antwoord hom dan: “Even in your world, my son, that is not what a star is, but only what it is made of.” In hierdie kriptiese aanhaling wou Lewis ons iets leer oor die inherente simboliese aard van baie dinge in God se skepping. Ja, sterre is ‘n radioaktiewe reaksie en alles van dit – maar in die Skrif sien ons dat sterre ook veel meer as dit is: Sterre is engele – of ten minste, sterre is simboliese heenwysings na engele (Openb. 12:4)! God se kosmos – sy skepping – bestaan nie net in ‘n vakuum soos dit is nie: Dit het ook ‘n inherente simboliese kant. Dit wys heen na ‘n dieper werklikheid. As die Psalmis skryf “Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande” (Ps. 19:2) dan is dit ‘n werklikheid. Die hemele – ja, die ganse skepping – is ‘n boek wat gelees moet word sodat God beter geken kan word. Soos woorde in ‘n boek ons aandag weglei na die storie wat dit vertel, so moet die fisiese woorde van die skeppingsboek (die rotse, die sterre, die grond, die bome, die watervalle) ons laat raaksien dat daar ‘n dieper werklikheid is. Die skepping is inherent simbolies: Ons erken dit, maar ons dink nie baie aan die betekenis daarvan nie. En hierdie frase in die Apostoliese Geloofsbelydenis wil ons daaraan herinner. Die diep binneste van die aarde – daar waar liggame in afsak as ons dit begrawe – daar is die doderyk. Nie letterlik nie: Maar simbolies. Die binneste van die aarde is ‘n simboliese heenwysing na die doderyk. Soos die sterrehemel ‘n simboliese heenwysing is na die plek waar gelowiges nou saam met God is, so is die binneste van die aarde ‘n simboliese heenwysing na die plek waar ongelowige siele gehou word tot die dag van oordeel.

Die debat oor wat om met die frase “ter helle neergedaal het” te maak is nog lank nie uitgesorteer nie. Dit is beslis ‘n kontroversiële punt. Maar hierdie artikel probeer om ten minste breedweg aan te dui dat dit nie iets is wat ons moet sien as droog en teoreties nie. Dit is uiters relevant, want dit kleur ons verstaan van die werklikheid in. Die heilige, algemene, Christelike kerk van ons Here Jesus Christus het nodig om hierdie frase verder te bespreek en verder oor die interpretasie te besin, want hier lê diep skatte verborge wat ons nog nie eens begin het om op te diep nie.

7. Bibliografie

  • Bybel. 1933/53. Verwysing: Boek Hoofstuk:Vers.
  • Fairbairn, D. & Reeves, R.M. 2019. The Story of Creeds and Confessions: Tracing the Development of the Christian Faith. Michigan: BakerAcademic.
  • Grudem, 2020. Systematic Theology: An Introduction to Biblical Doctrine. 2Nd edition. London: Inter-Varsity Press.
  • Heidelbergse Kategismus. APK weergawe. Verwysing: HK Sondag.
  • Lewis, C.S. 1952. The Voyage of the Dawn Treader. UK: Geofrey Bles.
  • Renihan, S. 2022. Episode 87: The Doctrine Of The Descent Of Christ (Part 1): An Argument From Scripture With Samuel Renihan. Podgooi episode: Theology in Particular. Beskikbaar by: https://podcasts.apple.com/us/podcast/theology-in-particular/id1469449188?i=1000607107543 [Geluister 28 September 2023].

Sound of freedom film

Ons het vanaand Sound of Freedom gaan kyk… Ek moes hier en daar versigtig ‘n traan wegvee sonder dat my vrou dit sien. Ek moet sê dit is een van die beste films wat ek nog gesien het. Dit is in dieselfde kategorie as The Patriot, Unplanned en Brave Hart.

Ek dink dit is gepas dat Hollywood dit nie wou aanraak nie. Dit vertel ons meer van wie en wat Hollywood is. Ek soek bietjie op oor die film en sien toe dat Mel Gibson dit vervaardig het en dat dit eintlik ‘n ware verhaal is. Mel Gibson is ‘n Christen gelowige. Dit maak dan sin dat die Woke Media negatiewe resensies gee, want hulle is anti-Christelik. Vir hulle is die temas van Geloof in God verbode. Ook is positiwiteit oor ‘n vader en moeder en hul kinders onaanvaarbaar. Uitsprake soos “God’s children are not for sale” is tabo. Woke media vind nie hul gunstelinge in hierdie film nie: geen gevloek, ge-egbreuk, gehoereer en skewe LGBT+ temas nie.

Dit is dieselfde Hollywood wat nie mal gaan oor Ebstein se misdade met sy kindersekslawe nie. Die media wat nie aandring daarop dat Ebstein se kliëntelys bekend gemaak word nie. Ons weet dat establishment figure soos Clinton en die VK koning se broer Ebstein se eilande besoek het… wie was die res? Watter ander politici en leiersfigure was ook betrokke?

Dit is nogal lagwekkend dat een liberale SA nuusgroep sê dat dit ‘n “boring” film is en “its extreme and inaccurate portrayal of human trafficking.” Vir hierdie nuusgroep is die ware verhaal extreme en inaccurate… seker ook nie snaaks dat hulle nêrens noem dat die film oor werklike gebeure is nie.

Ek het die film realisties, spannend en inspirerend gevind. Ek kan die film aanbeveel…

Meer oor die hoofkarakter in werklike lewe: https://en.m.wikipedia.org/wiki/Tim_Ballard

Oorwinning ten spyte van vervolging

Augustusmaand gedenk ons Bartolomeusnag en die 20,000 Hugenote wat vermoor is in Frankryk. In Oktobermaand dink ons weer na aan die Reformasie van Martin Luther toe hy sy 95 stellings teen die kerkmuur opgeslaan het. Hierdie twee gebeure staan in verband met mekaar, want die Bartolomeusnag was ‘n veldslag in die godsdiens oorloe wat die Roomskatolieke gevoer het in ‘n poging om die lig van die Reformasie uit Europe uit te wis.

In Nederland het die Habsburgse Koning gepoog om Protestantisme uit te wis en ‘n 80 jarige oorlog het gevolg. In Duitsland was daar ‘n 30 jarige oorlog en in Frankryk ‘n 136 jarige oorlog. In Nederland en Duitsland was die Protestante suksesvol terwyl Hugenote uit Frankryk gevlug het. Tussen 4 miljoen en 8 miljoen gelowiges het in hierdie oorloë gesterf.

Dit is so, dat die vervolging van Christene in die Weste gestaak is nadat ons voorgeslagte in 1648 hul 80 jarige oorlog gewen het. Dit het egter ook die goue eeu van Nederland ingelui en moontlik gemaak dat Afrikaners aan die suidpunt van Afrika kon groei tot ‘n volk. Dit is opmerklik met watter doelgerigdheid die handelspos aan Kaap van Goeie Hoop gestig is. Daar is van Jan Van Riebeeck en die amptenare verwag om elke raadsvergaderig te open met hierdie gebed:

“Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos-Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader, dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen”

Vervolging van Christene het egter die afgelope jare weer begin en vandag word Christene weer vermoor, in tronke gegooi en gemartel. Kom ons dink ook na aan die gelowiges in Noord Korea, Somalie, Nigerië, Indië en Pakistan. Verlede jaar was daar 5,014 Christene wat in Nigerië vermoor is vir hul geloof (Christianity Today 17 Jan 2023).

Daar is egter ook voorbeelde in Westerse lande. In Findland word Päivi Räsänen (parlementslid en mediese dokter) vervolg omdat sy homoseksualiteit as sonde en onbybels veroordeel het in ‘n pamflet. Sy is laas jaar onskuldig bevind aan “haatspraak” deur die Finse Distrikhof, maar die voormalige Finse Vervolgings Generaal het geappeleer. Indien Päivi skuldig bevind word, staar sy ‘n boete en tronkstraf in die gesig.

“[Toe] sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.” (Openb 6:9-11)