
Die BELA wetgewing is op 26 Oktober verlede jaar deur die parlement aanvaar. Hierdie wetgewing kan radikale nagevolge inhou vir onderwys in Suid-Afrika.
Die staat poog om onderwys totaal te sentraliseer onder sy beheer. Ons weet dat ons humanistiese staat glad nie vriendelik teenoor die Christelike wêreldbeskouing staan nie en daarom kan verwag word dat die humanistiese wêreldbeskouing al meer en meer deur die staat op ons kinders afgedwing gaan word.
Daar is by hierdie Seminaar ingefokus op die verskillende aspekte wat onderwys in ‘n krisis dompel en wat die Christelike antwoorde daarop is.
Program en Sprekers:
- 08:00 Ds Pieter le Roux – Opening
- 08:10 Pieter van Deventer – Die doopbelofte, die gesin, en onderwys
- 08:40 Dr Adi Schlebusch – Marxistiese Opvoedkunde en die Christelik-Reformatoriese antwoord
- 09:10 Dr Johan Otto – Die belang van die kerk by Gereformeerde Onderwys
- 09:40 Bespreking
- 10:10 Tee
- 10:50 George Bester – Die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys se werk ter wille van ons verbondskinders en tot eer van God.
- 11:20 Bouwe van der Eems – Tuisonderrig: ‘n bybelse model en ‘n beter alternatief
- 11:50 Dr Albertus Breytenbach – Afrikaanse Protestantse Akademie : Evalueering van die heersende stand van Onderwys van uit Reformatoriese perspektief
- 12:20 Bespreking
- 13:00 Middagete
| Ds Pieter le Roux | Pieter is predikant van die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort. Hy is gelukkkig getroud en hy en Karyna is die ouers van 5 kinders. |
| Dr Johan Otto | Johan is predikant van die Hervormde Kerk te Cullinan. Hierdie gemeente het in 2012 weggebreek van die Hervormde kerkverband en vorm deel van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes. Hulle glo dat die Bybel die Woord van God is: Die mens is na die beeld van God geskape, Die kerk moet die evangelie verkondig, Vergifnis deur Jesus Christus se versoeningsdood, Huwelik tussen man en vrou, Sola Scriptura. |
| Pieter van Deventer | Pieter is sesde jaar Teologiese student aan die Afrikaanse Protestantse Akademie. Hy is lidmaat van AP Kerk Moot Sentraal en redakteur van die Bybelse Apologetiek Kanaal. Hy is gelukkig getroud met Amy. Hy verwerf in 2023 die graad BDiv. |
| Dr Adi Schlebusch | Adi Schlebusch is die direkteur van die Pactum Instituut wat Bybelgetroue boeke en akademiese artikels publiseer. Hy is betrokke by die AP Akademie en BCVO. Hy is getroud met Lize en hulle het drie kinders. PhD (Teologie), MA Fil, BA (Latyn), BA(Teologie) |
| George Bester | George Bester matrikuleer in 1989 aan Gelofte Hoërskool in Pinetown, Natal. As gereformeerde en behoudende Afrikanerkind in ‘n oorgrote Engelse omgewing het hy van vroeg af geleer wat dit beteken om vir sekere ononderhandelbare waardes en beginsels op te staan. Sy ouers is stigterslede van die Afrikaanse Protestanse Kerk in 1987 en hy is tans steeds lidmaat van die AP Kerk. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria waarna hy en sy vrou Liza begin boer op hul plaas in die Swartruggens distrik met beeste en wild. Hul drie kinders het skoolgegaan by die Cristelike Volkseie Onderwys skool in Derby en Orania. George word in 2011 verkies op die BCVO se Direksie waar hy as Streeksdirekteur vir Noordwes en later vir Noord-Kaap dien. Hy dien ook vir etlike jare as Direkteur gemoeid met Kultuur. In 2021 word hy verkies as Voorsitter van die BCVO Direksie en dien huidiglik nog in hierdie posisie. |
| Bouwe van der Eems | Bouwe en sy vrou (Debbie) het hulle 5 kinders tuis opgevoed sedert 2000. In 2002 het hy betrokke geraak by tuisonderwysorganisasies toe hy trustee geword het van die Pestalozzi Trust, ‘n regsfonds vir tuisonderwys. Hy het ook ‘gedien in die besture van die Vereniging vir Tuisonderwys en Cape Home Educators. In 2016 het hy voorsitter geword van die Pestalozzi Trust. Hy en sy gesin het die platform Tuisskolers.Org gebou om dit makliker te maak vir ouers om met tuisonderwys te begin. Hulle werk ook met Kragdag om tuisonderwys ekspo’s te organiseer. Bouwe is ‘n geregistreede professionele ingenieur en het ‘n MSC graad in elektroniese ingenieurswese by die Universiteit van Stellenbosch verwerf en werk as ‘n stelsel argitek in die IT industrie. Hy en sy gesin woon in Kaapstad en hy is ook ‘n aktiewe lid van die plaaslike inwonersverenigings en in musiekaktiwiteite. Hy is tans lid van die Vrye Gemeente Kaapstad. |
| Dr Albertus Breytenbach | Albertus is die Afrikaanse Protestantse Akademie se Program koördineerder van die NGOS program. |