Mensbeskouing

Mensbeskouing is een van die sewe voorveronderstelling wat alle mense moet maak om die groot vrae van die lewe te beantwoord. Die mensbeskouing voorveronderstelling beantwoord die vrae:

  1. Is die mens ‘n ingewikkelde masjien?
  2. Of ‘n Slapende god?
  3. Of ‘n Skepsel gemaak na die beeld van God?
  4. Of ‘n naakte aap?

Omdat die mens nie alwetend is nie en ook nie alle data tot sy
beskikking het oor hoe die heelal, aarde, die plant- en
diereryke en hoe die mens tot stand gekom het nie, moet
noodwendig voorveronderstellings gemaak word. Christene
sal die Bybel as ’n betroubare bron van inligting beskou en sê
dat dit vir ons vertel dat God die Skepper van alles is.
Ewolusioniste wil egter niks weet van ’n godheid nie en
gevolglik is hul heel eerste voorveronderstelling dat God nie
bestaan nie. Hierdie voorveronderstelling veroorsaak dan dat
hulle alle inligting wat aangebied word, sal interpreteer in die
lig van hierdie voorveronderstellings.
’n Wêreldbeskouing bestaan uit ’n aantal basiese
voorveronderstellings wat min of meer konsekwent is met
mekaar en wat min of meer wetend gehou word en min of
meer waar is. Gewoonlik word hierdie
voorveronderstellings nie deur mense bevraagteken nie en
kom slegs na vore wanneer ’n mens met ’n vreemdeling
van ’n ander ideologiese denkrigting verskil (The Universe Next Door, James Sire, 2009, Intervarcity Press, p18

Al die voorveronderstellingskategoriee is:

  • Godsbeskouing / Teologie
  • Mensbeskouing / Antropologie
  • Kennisleer / Epistomologie
  • Heelalbeskouing / Kosmologie
  • Samelewing / Sosiologie
  • Etiek
  • Tydsbeskouing

Lewer kommentaar