Prys die HERE vir tegnologie. Vanoggend het ons ‘n Webinaar gehou oor Woke-ism deur gebruik te maak van tegnologie. (https://www.youtube.com/live/OaNN1linVdM)
Sprekers het deelgeneem vanaf Windhoek Namibië, Potchefstroom, Johannesburg, Lichtenburg en Pretoria.
Prof Henk het geopen uit Rom 11:33-12:3. Hy het uitgewys dat die Romeine brief die resept volg van: die Sonde en Verlorendheid, dan Verlossing deur Christus en afsluit hoe ons as Christene se dankbaarheid moet lyk. Die hele Woke-ism verheerliking van LGBTQ+ word juis in Romeine 1 veroordeel, maar daar is ook verlossing en dankbaarheid.

Francois van Deventer het gesels oor die verskillende manifestasies van Woke-ism deur die instellings wat die Kulturele Marxiste teiken in hul “long march through the institutions”
Ds DuBois du Toit het die filosofiese wortels van Woke-ism vir ons ontbloot. Hy het van die begin begin en deur die geskiedenis gegaan: Discartes, Kant, Gramski, Faucault ens
Dr Barend Hefer het vir ons gefokus op die implikasies van woke-ism:
- Daar “nuwe” Godsbesef verwag word.
- Daar kan ‘n herdefiniëring van “sonde” verwag word.
- Daar kan ‘n vervanging van Christus as Verlosser verwag word.
- Bybelse “Versoening” word sal vervang word met “Belydenisse”.
- Daar kan sosiale anargie verwag word.
- Daar kan ‘n nuwe outoriteit verwag word.
- Daar kan ‘n nuwe norme en waarde sisteem verwag word.
- Laastens, daar kan ‘n verskuiwing in “deugde” verwag word.
Dr Adi Schlebusch het vir ons oor Woke-ism en die skoolonderwys en hoër onderwys gesels. Hy het ouers aangemoedig om Christenskole te begin en te tuisskool.
Ons gaan in die toekoms nog meer van tegnologie gebruik maak.
08:15 Opening : Rom 11:33 – 12:3 : Prof HG Stoker
08:30 Wêreldwye manifestasies : FA van Deventer
09:00 Herkoms van Woke-ism : Ds Dubois du Toit jr
09:30 Implikasies van Woke-ism moraliteit : Dr Barend Hefer
10:00 Stryd vir die waarheid in Onderwys : Dr Adi Schebusch
10:30 Vrae & Antwoorde
Sprekers:

Henk Stoker
Henk Stoker is rektor van die Teologiese Skool Potchefstroom van die GKSA, asook professor in Apologetiek en Etiek aan die Fakulteit Teologie van die NWU. Hy is ook die programleier van die BDiv & BTh Hons grade.
Francois van Deventer
Francois het sy M.Fil in Toegepaste Etiek voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch nadat hy sy B.Sc verwerf het aan die UP. Hy is met Tina getroud en hulle het 12 kinders en twee klein kinders. Hy hou van lees, fotografie en ontdek van nuwe dinge en plekke.
Dubois du Toit jr
Hy is predikant by Suiderhof NG Gemeente (Windhoek). Hy is getroud met Elida en het ‘n sesjarige seun. Dubois het in 2015 sy M.Th voltooi en is tans besig met sy PhD onder leiding van proff. HG Stoker en Riaan Rheder. Dubois geniet gym, fietsry en rekenaarspel.
Barend Hefer
Barend is getroud met Estelle en hulle het drie seuns. Hy is die predikant van die Afrikaanse Gereformeerde Protestantse Kerk en ‘n lektor aan die Afrikaanse Protestantse Akademie. Hy het ‘n PhD in Grieks verwerf aan die NWU.
Adi Schlebusch
Adi Schlebusch is die direkteur van die Pactum Instituut wat Bybelgetroue boeke en akademiese artikels publiseer. Hy is betrokke by die AP Akademie en BCVO. Hy is getroud met Lize en hulle het vier kinders. Hy verwerf die grade PhD (Teologie), MA Fil, BA (Latyn), BA(Teologie)