Ek is Francois van Deventer. Nadat ek 40 jaar gelede ‘n Christen geword het, het my lewe radikaal verander. Voorheen het ek nie belangestel wat om my aangaan nie, maar het net vir myself en my eie begeertes gelewe. My hartsverandering het gemaak dat ek nou vir die HERE wou lewe en my lewe in sy diens wou stel in alles wat ek doen. Ek het na skool ‘n BSC Rekenaarwetenskap graad verwerf. Ek het egter betrokke geraak by ‘n sending organisasie wat Bybelse Wêreldbeskouing Seminare georganiseer het. Ek het daarna my eie Bybelse Wêreldbeskouing Seminare begin organiseer en was drie jaar evangelis in Suider Afrika. Ek het my vrou tydens een van hierdie seminare ontmoet. Ons is gelukkig getroud en die ouers van 12 kinders. Ek het ‘n Meestergraad in Besigheidetiek verwerf en onlangs ‘n Gevorderde Diploma in Projekbestuur. Dit is vir my lekker om in God se Koninkryk te arbei.
