Arm, verstote, gediskimineer, onderdruk

GRA en Voortrekker offers

Arm, verstote, gediskimineer, onderdruk. Dit is wat Afrikaners die afgelope 150 jaar ervaar het. Afrikaans is as onwettig verklaar deur die Engelse. En ten spyte daarvan kan ons hierdie week Afrikaans vier as een van die vyf tale wat daarin kon slaag om tot op die hoogste vlak van beskawing te kon vorder.

Ons het hierdie week gehoor dat die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) gestig is om die Bybel in Afrikaners se moedertaal beskikbaar te stel. Die GRA verwys egter ook na ander Afrikaners: Hulle met Britse harte en Hollandse harte. Vir hierdie nie-regte-Afrikaners was die bestaan van die GRA ‘n verleentheid en onnodig.

Hierdie week kyk ons met dankbaarheid terug na die GRA en die Voortrekkers se offers. Ons kan vandag in ons moedertaal bid, dink, redeneer en selfs die Woord van God lees. Dit is ‘n voortsetting van die Reformatore se werk toe ‘n Martin Luther die moeilike taak aangepak het om die Bybel in Duits te vertaal. Ander Reformatore het gevolg en dit in hulle volksmond vertaal. Die motivering was dat die gewone mense die Bybel kon verstaan en hulle lewens daarvolgens kon inrig. Dit het dan ook beteken dat die gewone mense geleer moes word om te kan lees en skryf. Die Protestante het hierdie taak ten volle omarm en daarom kon ‘n Max Weber ‘n paar eeue later skryf dat die Protestantse Werksetiek veroorsaak het dat die Noorde van Europa meer voorspoedig was as die Katolieke Suide. Die geletterdheid was net meer en die etiek net beter.

Vir die Afrikaners met Britse harte was dit onnodig om ‘n stryd aan te knoop vir die erkenning van Afrikaans. Vir hulle was standardiseering na Engels die antwoord. Hulle besef nie, dat die vorige wereldtaal in die tyd van die Reformasie Latyn was nie. As dit nie vir die Reformasie was nie, sou Engels nooit die rol as wereldtaal by Latyn oorgeneem het nie…

Die lesing van gisteraand oor arm Afrikaners in die Karoo was besonders. Dit was veral besonders om die voorbeelde te hoor waar arm Afrikaners met harde werk hulself uit armoede kon uitpresteer. Waar hulle Dekane aan Universiteite kon word en Argitekte van Monumente.

Vandag is Christen Afrikaners weer in ‘n situasie soortgelyk as daardie van die bywoner Afrikaners – Meer en meer word Afrikaners uit die samelewing uitgedruk. BBBEE en DEI word toegepas en Afrikaners word uit die amptelike ekonomie uitgedruk. Afrikaners verarm en word bywoners. Afrikaans word uit openbare skole geweer. Christen Afrikaners voel arm, verstote, gediskimineer, verdruk.

Ons voorgeslagte se antwoord op die verengelsing en verdrukking was om hul eie Christelke Afrikaanse skole en Universiteite te begin… Die antwoord moet vandag dieselfde wees. Ons voorgeslagte het hule eie instellings gebou: eie banke, industriee, media-maatskappye, kooperasies ens.

Mag die HERE ons genadig wees om raak te sien waar ons gefouteer het en nog groter en meer Bybelsgetrou te bou op die murasies wat oor is… God sal vir ons ‘n toekoms skenk – Lev 26

Epstein en Ineestorting van samelewings

Hierdie meme spot met die VSA regering se mantelswaaiery oor die Epstein sage.

Dit is hierdie tipe dinge wat veroorsaak dat hedendaagse “Westerse” regerings met al die instellings daaraan gekoppel besig is om minder en minder aansien te geniet in die oë van gewone burgers. Kyk maar die VSA indeks wat vertroue in die VSA instellings monitor. Die burgers vertrou nie die VSA kongres, die howe, die skole, universiteite, media, polisie en selfs nie die miltêr nie. Dit is dan ook hierdie gebrek aan vertroue wat lei tot ineenstorting van samelewings… Die Weste is verrot tot op die been…

Vergelyk dit met Rome:
“There were tens of millions of Romans and a few thousand wandering barbarians destroyed it all because there was nobody to make a stand and fight and too many who felt oh let it go, what’s the use… Rome with a population going into the millions finally had a population generations after its fall as it declined of only five hundred, of only five hundred. That’s how radical the breakdown was.” (https://pocketcollege.com/transcript/RR160B4b.html)

Mag daar inkering kom voordat daar ‘n ineenstorting kom wat tot baie bloed en trane sal lei…

Doppers of DINA’s

Wanneer iemand vandag in ons land Dopper sê, dink ‘n mens onwillekeurig dat van ‘n lidmaat van ‘n Gereformeerde gemeente gepraat word. Tog het dit tot 1859 geen kerklike betekenis gehad nie. Dit is voor 1859 gebruik om die afstammelinge van die oorspronklike pioniers in die noordoostelike Kaapkolonie aan te dui. In hierdie kulturele betekenis was ou inwoners wat in die N.G. Kerk gebly het, ook Doppers… Die uiterlike is egter nie so belangrik as hulle innerlike konserwatisme nie. Terwyl die res van die Kaapkolonie grootliks aangepas het by die nuwe “lig” van die 19de eeu, het die “Doppers” vasgehou aan die gereformeerde godsdiens. Hulle wou maar net volgens die Woord van God leef. Elke vader het dit by sy kind ingeprent… Elke dag het daarom met Skriflesing, gebed en psalmgesang begin, en in die aand is eweneens met danksegging gesluit. Hulle het die uitverkiesing belewe. God se wil (en nie hulle eie nie) beheers hulle lewe.

Dit is Prof Spoelstra in sy Beknopte Kerkgeskiedenis. In ons dag is daar baie mense wat die etiket van Dopper wil opeis maar dit is net ‘n uiterlike Dopperwees wat hulle toepas. Hulle wil nie aan die Skrif vashou nie. Hulle wil nie daaglikse huisgodsdiens doen nie. Hulle wil eerder die nuwe lig van die mensgesentreerde humanisme van die Franse Rewolusie/USSR/Woke omarm.

Hierdie hedendaagse Doppers is slegs Doppers In Naam Alleen (DINA). Hulle is DINAs. Daar was egter ook DINAs in Christus se tyd gewees. Hulle was Fariseërs genoem. Hulle het ook net uiterlik baie vroom en godsdienstig gelyk maar van binne was hulle rowers en moordenaars. En dan sê Jesus oor hulle: ‘Wee julle skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid… Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?’ (Matt 23)

Mag ons ware Doppers wees en nie DINAs nie. Nie gewitte grafte nie! Mag daar bekering kom in ons gemeentes eerste maar ook in ons kerkverbande. Mag dit so wees dat ons deur die DINAs uitgeskel en allerhande skeldname toegedig word. Mag dit so wees dat oor ‘n honderdjaar ons nageslag sal terugkyk na ons optrede en kan sê dat hulle trots daarop is dat hulle voorgeslagte nie DINAs geword het nie, maar Doppers gebly het.

Woke-ism webinaar suksesvol

Prys die HERE vir tegnologie. Vanoggend het ons ‘n Webinaar gehou oor Woke-ism deur gebruik te maak van tegnologie. (https://www.youtube.com/live/OaNN1linVdM)
Sprekers het deelgeneem vanaf Windhoek Namibië, Potchefstroom, Johannesburg, Lichtenburg en Pretoria.

Prof Henk het geopen uit Rom 11:33-12:3. Hy het uitgewys dat die Romeine brief die resept volg van: die Sonde en Verlorendheid, dan Verlossing deur Christus en afsluit hoe ons as Christene se dankbaarheid moet lyk. Die hele Woke-ism verheerliking van LGBTQ+ word juis in Romeine 1 veroordeel, maar daar is ook verlossing en dankbaarheid.

Francois van Deventer het gesels oor die verskillende manifestasies van Woke-ism deur die instellings wat die Kulturele Marxiste teiken in hul “long march through the institutions”

Ds DuBois du Toit het die filosofiese wortels van Woke-ism vir ons ontbloot. Hy het van die begin begin en deur die geskiedenis gegaan: Discartes, Kant, Gramski, Faucault ens

Dr Barend Hefer het vir ons gefokus op die implikasies van woke-ism:

  • Daar “nuwe” Godsbesef verwag word.
  • Daar kan ‘n herdefiniëring van “sonde” verwag word.
  • Daar kan ‘n vervanging van Christus as Verlosser verwag word.
  • Bybelse “Versoening” word sal vervang word met “Belydenisse”.
  • Daar kan sosiale anargie verwag word.
  • Daar kan ‘n nuwe outoriteit verwag word.
  • Daar kan ‘n nuwe norme en waarde sisteem verwag word.
  • Laastens, daar kan ‘n verskuiwing in “deugde” verwag word.

Dr Adi Schlebusch het vir ons oor Woke-ism en die skoolonderwys en hoër onderwys gesels. Hy het ouers aangemoedig om Christenskole te begin en te tuisskool.

Ons gaan in die toekoms nog meer van tegnologie gebruik maak.

08:15 Opening : Rom 11:33 – 12:3 : Prof HG Stoker
08:30 Wêreldwye manifestasies : FA van Deventer
09:00 Herkoms van Woke-ism : Ds Dubois du Toit jr
09:30 Implikasies van Woke-ism moraliteit : Dr Barend Hefer
10:00 Stryd vir die waarheid in Onderwys : Dr Adi Schebusch
10:30 Vrae & Antwoorde

Sprekers:

Henk Stoker
Henk Stoker is rektor van die Teologiese Skool Potchefstroom van die GKSA, asook professor in Apologetiek en Etiek aan die Fakulteit Teologie van die NWU. Hy is ook die programleier van die BDiv & BTh Hons grade.

Francois van Deventer
Francois het sy M.Fil in Toegepaste Etiek voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch nadat hy sy B.Sc verwerf het aan die UP. Hy is met Tina getroud en hulle het 12 kinders en twee klein kinders. Hy hou van lees, fotografie en ontdek van nuwe dinge en plekke.

Dubois du Toit jr
Hy is predikant by Suiderhof NG Gemeente (Windhoek). Hy is getroud met Elida en het ‘n sesjarige seun. Dubois het in 2015 sy M.Th voltooi en is tans besig met sy PhD onder leiding van proff. HG Stoker en Riaan Rheder. Dubois geniet gym, fietsry en rekenaarspel.

Barend Hefer
Barend is getroud met Estelle en hulle het drie seuns. Hy is die predikant van die Afrikaanse Gereformeerde Protestantse Kerk en ‘n lektor aan die Afrikaanse Protestantse Akademie. Hy het ‘n PhD in Grieks verwerf aan die NWU. 

Adi Schlebusch
Adi Schlebusch is die direkteur van die Pactum Instituut wat Bybelgetroue boeke en akademiese artikels publiseer. Hy is betrokke by die AP Akademie en BCVO. Hy is getroud met Lize en hulle het vier kinders. Hy verwerf die grade PhD (Teologie), MA Fil, BA (Latyn), BA(Teologie)

Hoekom is Afrikane agterlik?

Jesse Lee Peterson

“What is wrong with the blacks all over the world that they can’t run anything. It’s like they don’t know how to build things. They don’t know how to make it better. Even if they move – like they did with South Africa and they’re doing in America – they’ll move into white beautiful areas and instead of adding to it or building on it, they destroy it and they do this all over the world and it seems that only white people have the knowhow or the talent or the love. What is wrong with the blacks that all over the world they only destroy they don’t build? What’s wrong with them? What’s wrong with the blacks?” [1]

As hierdie vrae nie komende was van ‘n swart Jesse Lee Peterson nie, dan kon dit afgemaak gewees het as rassisties. Hierdie vrae is egter nie onbelangrik nie.

Dit is ook nie net Jesse wat die vrae vra nie. Jare gelede het George en Marita wat in Malawi grootgeword het en daar en elders in Afrika sendingwerk doen, my vertel dat hulle op die plattelandse vlaktes van Malawi gekampeer het op besoek aan familie. Die oggend vroeg hoor hulle toe hoe die Chewas[2] naby aan hulle tent verbystap en gesels. Hulle was salig onbewus dat die tentbewoners Chichewa verstaan en dus hul gesprek kan volg. Hierdie was ‘n ernstige gesprek. Die een vra: “Hoekom is witmense so voorspoedig? Hoekom is alles wat hulle aanpak ‘n sukses terwyl swart mense dit nie regkry nie?”… Hulle het nie antwoorde gehad nie. Vir hulle is dit maar net ‘n diep gat waarin hulle hulself bevind en hulle kan nie daaruit kom nie.

In bg. onderhoud tussen Jesse Peterson en Joost Strydom, was Joost baie beleefd toe Jesse bg. vrae vir hom vra. Joost het wel genoem dat Afrikaners bereid is om raad en advies te gee aan ander volke. Advies om hulself te help. Dus per implikasie kan daar wel iets gedoen word aan Afrikane se probleme. Joost, het egter nie spesifiek genoem wat swart mense kan doen om hul agterlikheid af te skud nie.

Daar is egter rewolusioneres en rassiste wat wel die verkeerde antwoorde uitspel. Daar sal die wees wat sê:

  • “Wit mense het die swartmense se bates gesteel. Dit is weens onderdrukking dat hulle agter is.” 
  • Of: “Dit is maar nou net so is, want swart mense is nou maar net inherent agterlik. Dit is deel van hul DNA.

Hierdie bly egter verkeerde antwoorde wat nie help nie.

As mens onthou dat alle mense (insluitend swart mense) van Adam en Eva afstam, dan word dit duidelik dat die antwoord op hierdie vrae nie kan wees dat dit ‘n genetiese oorsprong het nie. As Christene glo ons tog immers nie in Darwinistiese Evolusie nie.

Die rewolusionêre antwoord kan ook nie waar wees nie, want in Afrika het de-kolonialisering die afgelope 50+ jaar plaasgevind en dit gaan nog slegter met Afrikane as voorheen.

Maar wat is dan die antwoord?

Die antwoord is dat die Bybelse Evangelie Westerlinge se kultuur verander het. Voorheen het Griekse historici Westerlinge (Germane) beskryf as agterlike barbare wat goed is vir niks behalwe om kinders te maak en ‘n onuitputlike sug na goud en moord en roof het nie. Die evangelie is na hierdie agterlike Germaanse barbare gebring en hulle het tot bekering gekom en verander. Hulle hele bestaan het Christelik geword. Hul kultuur is deursuur met Bybelse denke.

Ons sien vandag dat Westerse lande besig is om hul rug op die Evanglie te draai en weer terug te verval na hul heidense agterlike herkoms. Die materiële seëninge wat die Evangelie gebring het, sal in die komende jare verdwyn indien daar nie bekering gaan kom nie (Lees Lev 26).

Die antwoord dus vir Afrikane en swartmense in die algemeen maar ook onbekeerde afvallige witmense, is die Evangelie. Daar moet teruggekeer word na die Evangelie. Dit is nie ‘n terugkeer na die afgewaterde liberale “Christendom” wat deesdae voorgehou word nie. Hierdie “afgewaterde” “Christendom” is deel van die probleem. Dit het sinkritisties saamgesmelt met humanisme wat in die eerste plek juis die probleem is. Daar moet teruggekeer word na die Bybelse Waarhede. Daar moet teruggekeer word na die Evangelie wat die Weste moontlik gemaak het. Dit beteken dat die Bybel en die geskrifte bestudeer moet word van Augustinus, Calvyn, Luther, Bullinger, aBrakel, Kuyper, Die Puriteine, Die Voortrekkers ens.

Mag daar ‘n diepgaande bekering kom in die nabye toekoms sodat alle volke en nasies kan bely: “LOOF die Here, alle nasies! Prys Hom, alle volke! Want sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die Here is tot in ewigheid. Halleluja!”[3]

[1] https://youtu.be/wEZDJU1P_5A byvoorbeeld vanaf 36:30 – 37:18

[2] Een van die etniese groepe in Malawi. Hulle is verspreid tussen Zambië, Zimbabwe, Malawi en Mosambiek.

[3] Psalm 117

Woke should support an Afrikaner Safe Space (Volkstaat)

“All animals are equal, but some animals are more equal than others”

Volkstaat proposals by the VolkstaatRaad as part of the 1994 settlement

This quote from George Orwell’s Animal Farm comes to mind when I reflect on the news of the past few days. Just yesterday the Episcopal Church released a media statement saying:

“the [USA] federal government informed Episcopal Migration Ministries that under the terms of our federal grant, we are expected to resettle white Afrikaners from South Africa whom the U.S. government has classified as refugees… In light of our church’s steadfast commitment to racial justice and reconciliation and our historic ties with the Anglican Church of Southern Africa, we are not able to take this step. Accordingly, we have determined that, by the end of the federal fiscal year, we will conclude our refugee resettlement grant agreements with the U.S. federal government… I also grieve that victims of religious persecution, including Christians, have not been granted refuge in recent months.”

This statement is making the following assumptions:

  • Afrikaners/Boers are not Christians :
    This assumption is not true. Afrikaners came into existence as a Christian people – Afrikaners/Boers are overwhelmingly Christian.
  • Afrikaners/Boere are white :
    This is not true because as Dr Heese (Groep sonder grense) has pointed out Afrikaners/Boere have some indiginous KhoiSan ancestrey. It would be true to say that Afrikaners/Boere are mostly white, but it is untrue to say they are exclusively white. Furthermore, the language that Afrikaners/Boere is speaking is mostly of Dutch origin, but it also absorbed KhoiSan, Indonesian and French words. 
  • Afrikaners/Boere are inherantly racist people :
    This is not true. Read Prof FN Lee’s writings on South Africa as well as Prof Herman Geolomee’s book The Afrikaners. Prof Eric Louw also did several video’s on Afrikaners/Boere[2] and wrote the book Rise, Fall and Legacy of Apartheid 
  • Afrikaners/Boere are not being persecuted :
    This not true because Julius Malea’s EFF is continuously singing the song, “Kill the Boer/Farmer”.  Keep in mind that the overwhelming number of farmers (Afrikaans: boere) in SA are also Afrikaners/Boere and this group is disproportionately represented in the number of murders. Afriforum unsuccessfully petitioned the courts in SA to declare the song as Hate Speech.
    Furthermore, the ANC adopted the Expropriation Without Compensation Law in order to confiscate Afrikaner property.
    The ANC also adopted the BELA law in order to make all Afrikaans schools English only schools. So, basically confiscating Afrikaans schools. Many Afrikaners have started to homeschool in recent years in order to escape the antiChristian government curriculum. This BELA bill is attempting to make it very difficult for Christian Afrikaners to home-school. 

Wikipedia[3] is giving the following definition to the Woke term Safe Spaces :
“The term safe space refers to places ‘intended to be free of bias, conflict, criticism, or potentially threatening actions, ideas, or conversations’, according to Merriam-Webster… It is a place where marginalized[d] groups can discuss issues pertinent to them without having to address questions or remarks that might be directed at them from majority groups in society who are not familiar with certain issues. The term originated in LGBTQ culture, but has since expanded to include any place where a marginalized minority (e.g., gender, racial[a], religious[b], ethnic[c]) can come together to communicate regarding their shared experiences. Safe spaces are most commonly located on university campuses in the western world, but also are at workplaces, as in the case of Nokia”

Now, Afrikaners would qualify as a marginalised[d] group because they constitute only 5% of the total South African population. They had their own country which was a much smaller portion of current South Africa in the 1800’s, and tried to resist the colonialism grab from 1899-1902. Only after the British utilized concentration camps and killed around 14% of them (mostly children), did they surrender. The British send troops from all over the world to come and conquer the Afrikaner people. The number of troops were twice as many as the total Afrikaner population (soldiers, women, children and elderly included).  

If you read Prof FN Lee’s books & articles about South Africa, then you realise that the Afrikaners are a very religious group[b]. So, in terms of Wikipedia’s definition, they do qualify for that as well.

Futhermore, Afrikaners/Boere are classified by their enemies – including British (1800’s) as well as contemporaries like Julius Malema as a subsection of a racial group[a]. 

So, from various angles it seems the Woke crowd should actually side with Afrikaners and should demand a safe space for Afrikaners. Afrikaners/Boere have negotiated in the 1994 settlement that ethnic/cultural groups have the right to self determination in article 235 of the constitution. In essence that Afrikaners/Boere and others are allowed to have safe spaces. It is quite ironic to see a Woke church like the Epistocal Church say that they do not want to help Afrikaners. It is also strange to see someone like Julius Malema actively undermining Afrikaners a safe space that has been created via article 235 in the constitution (called Orania). Malema says that article 235 should be scrapped from the constitution and that he would like to demolish Orania. 

But, then I remind myself that Woke came into existence as an offshoot of Marxism and George Orwell’s Animal Farm was mocking Marxism when he was referring to: “All animals are equal, but some animals are more equal than others”. Yes, everyone can have safe spaces, but Afrikaners cannot. They are too white and too Christian to allow that. “All marginalised groups can have safe spaces, but some marginalised groups more than others”. 

[1] https://www.episcopalchurch.org/publicaffairs/letter-from-presiding-bishop-sean-rowe-on-episcopal-migration-ministries/
[2] https://www.youtube.com/watch?v=wqeQaKrAL8o
https://www.youtube.com/watch?v=4ncCxSQm5QY
https://www.youtube.com/watch?v=vuYkr7RJ5d4
[3] https://en.wikipedia.org/wiki/Safe_space

100 jaar van Afrikaans tot eer van God

Francois van Deventer

Hierdie maand is dit 100 jaar sedert Afrikaans as amptelike taal erken is. Vir Engelsprekendes en Globaliste is dit onverstaanbaar hoekom Christen Afrikaners hul moedertaal as belangrik ag.

Dit is dan ook nie verbasend dat dit al gebeur het dat ‘n Amerikaanse Gereformeerde Teoloog vir my gesê het dat Afrikaners ter wille van die Koninkryk eerder Afrikaans moet opoffer nie. My antwoord aan hierdie teoloog was dat dit maklik vir hom as Engelsprekende is om so-iets kwyt te raak.

Dit is immers nie sy taal waarin hy dink, bid en sy diepste denke kommunikeer, wat prysgegee moet word nie.

Vir sommige Engelsprekendes is standardisering na Engels vanselfsprekend. Hulle kan dit ook nie verstaan nie, omdat hulle nie besef wat in die slag bly indien jy jou moedertaal prys gee nie.

Ek dink dit is ook geensins die geval dat Christene die HERE beter kan dien deur alles na een taal te standardiseer nie. As dit wel die geval was, dan sou veral Protestantse Christene immers net Latyn in die kerk gebesig het. Latyn was tog die wêreldtaal gewees in 1517 toe die Reformasie in Duitsland begin het. Een van die heel eerste dinge wat Luther en die ander Reformatore gedoen het, was om die Bybel in die moedertale van al die verskillende volke te vertaal. Daar was Franse, Nederlanders, Pole, Engelse ens wat in Geneve gaan studeer het, maar hulle het die denke en geskrifte in hul eie tale omgesit.

Dit is daarom dan ook nie verbasend dat juis die Genootkap van Regte Afrikaners se primêre doel die vertaling van die Bybel in Afrikaans was nie[1]. Hulle is reeds in 1875 gestig[2]. Dr Pannevis het reeds in 1872 ‘n pleidooi gerrig dat die Bybel in Afrikaans vertaal moet word[3].

Wat is die eindresultaat? Die Bybel (gedeeltelik of volledig) is vandag in 3,756 tale vertaal.

Nou hoekom sou dit gebeur het dat die Reformatore gekies het om die Bybel in die verskillende volke se moedertale te vertaal? Wel, heel eerstens was dit om dit moontlik te maak dat elke individu self die Bybel kon lees en God se Woord self kan verstaan. Die tweede rede was dat hulle die voorbeeld gehad het dat die Bybel (Ou Testament) in Jesus se tyd reeds vertaal was in Grieks.

In die 1500’s was min mense geletterd, en dus was daar dan ook min mense wat self kon lees. Die Protestantse lande het egter nie net die Bybel vertaal nie, hulle het ook in die onderwys betrokke geraak en die mense leer lees. Dr James Kennedy verwys in sy “What if Jesus had not been born” na hierdie twee feite.

Daar het ook ander voordele gevolg. Max Weber maak in sy The Protestant Work Ethic die gevolgtrekking dat die Protestantse Noord Europa ekonomies meer voorspoedig was as die Katolieke Suid-Europa. Een van die redes wat hy aanvoer is dat die Protestantse deel meer geletterd is.

Vandag het Europieërs, Afrikaners, Engelse, Amerikaners en in die algemeen Protestante vergeet hoekom hulle in hul eie moedertaal die Bybel kan lees. Mag hulle weer die skate wat ons voorgeslagte vir ons ontsluit het, weer herontdek. Geluk Afrikaans!

  1. https://www.litnet.co.za/sj-du-toit-18471911/
  2. Wikipedia
  3. https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/stiltetyd/afrikaanse-bybel-nou-90-jaar-oud/

Woke-ism Seminaar

Woke-ism het baie relevant geword vir ons die afgelope jaar. In die eerste plek was daar die pogings om Shaun Christie te skors aan die NWU omdat hy geprotesteer het teen die gedwonge Woke indoktrinasie waaraan eerstejaar studente blootgestel is.

Ten Tweede het ons opgemerk dat die verkiesing van die Trump administrasie daartoe gelei het dat Elon Musk aangestel is as die hoof van die Department of Government Efficiency. Sommiges was verbaas dat hy onmiddelik al die Woke regerings programme (DEI) gestaak het. Dit behoort egter nie verbasend te wees indien mens opgelet het dat hy die afgelope jare hewig anti-Woke geword het en selfs uitsprake gemaak het soos “The Woke Mind Virus is killing Western Civilization” en “Most people don’t understand that their minds can be taken over by a virus, just like a computer virus takes over your computer. The Woke mind virus is like Cordyceps.”

Die VCHO en Pactum Instituut gaan ‘n aanlyn seminaar hou waartydens Woke-ism bespreek gaan word 24 Mei 2025 vanaf 08:15-11:30. Hier is die skakel: https://www.youtube.com/@VCHOnderwys/streams en hierdie onderwerpe sal hanteer word deur die verskillende sprekers:

08:15 Opening : Rom 11:33 – 12:3 : Prof HG Stoker
08:30 Wêreldwye manifestasies : FA van Deventer
09:00 Herkoms van Woke-ism : Ds Dubois du Toit jr
09:30 Implikasies van Woke-ism moraliteit : Dr Barend Hefer
10:00 Stryd vir die waarheid in Onderwys : Dr Adi Schebusch
10:30 Vrae & Antwoorde

Sprekers:

Henk Stoker
Henk Stoker is rektor van die Teologiese Skool Potchefstroom van die GKSA, asook professor in Apologetiek en Etiek aan die Fakulteit Teologie van die NWU. Hy is ook die programleier van die BDiv & BTh Hons grade.

Francois van Deventer
Francois het sy M.Fil in Toegepaste Etiek voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch nadat hy sy B.Sc verwerf het aan die UP. Hy is met Tina getroud en hulle het 12 kinders en twee klein kinders. Hy hou van lees, fotografie en ontdek van nuwe dinge en plekke.

Dubois du Toit jr
Hy is predikant by Suiderhof NG Gemeente (Windhoek). Hy is getroud met Elida en het ‘n sesjarige seun. Dubois het in 2015 sy M.Th voltooi en is tans besig met sy PhD onder leiding van proff. HG Stoker en Riaan Rheder. Dubois geniet gym, fietsry en rekenaarspel.

Barend Hefer
Barend is getroud met Estelle en hulle het drie seuns. Hy is die predikant van die Afrikaanse Gereformeerde Protestantse Kerk en ‘n lektor aan die Afrikaanse Protestantse Akademie. Hy het ‘n PhD in Grieks verwerf aan die NWU. 

Adi Schlebusch
Adi Schlebusch is die direkteur van die Pactum Instituut wat Bybelgetroue boeke en akademiese artikels publiseer. Hy is betrokke by die AP Akademie en BCVO. Hy is getroud met Lize en hulle het vier kinders. Hy verwerf die grade PhD (Teologie), MA Fil, BA (Latyn), BA(Teologie)


Pactum Instituut
www.pactuminstitute.com

Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys
www.vcho.co.za

Die Sendingveld op ons Stoep

“en julle sal krag ontvang… en my getuies wees in Jerusalem sowel as Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.”

Hierdie is Christus se woorde aan sy dissipels net voor sy hemelvaart. Hy brei vir ons verder uit oor hierdie opdrag:
“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” (Matt 28)

Hier in Afrika, en spesifiek hier in Pretoria kan ons sê dat ons Jerusalem die noorde van Pretoria is. Ons Judea is Gauteng en ons Samaria is Suid-Afrika en die uiterstes van die aarde is nog steeds dit. Let op dat Matt 28 nie sê dat die evangelie onder losstaande individue verkondig moet word nie. Die Griekse woord is ethnos. Dus moet die evangelie aan die etniese groepe verkondig word. Ons etniese groep is Afrikaners. Ons gemeente arbei primêr onder Afrikaners en dan ook ‘n bietjie onder Tswanas.

Party maal voel ons mismoedig wanneer ons sien hoe die epidemie van slaggate en infrastruktuur-verval toeneem. Of die misdaad, sprake van vervolging en eiendomsonteiening sonder vergoeding. Die ding wat ons egter die mismoedigste maak is dat Gereformeerde Afrikaanse kerke krimp. Afrikaanse kerke maak hul deure toe.

Ons moet egter onsself herinner dat hierdie verval en agteruitgang nie toevallighede is nie. Dit is ‘n direkte uitvloeisel van mense en leiers wat nie die Bybelse Wereldbeskouing omarm nie. Dit is weens afvalligheid…

Dit is merkwaardig as mens die Taalkommissie se verslag lees oor waar Afrikaanssprekendes hulle sal bevind teen 2031. Dit is merkwaardig dat daar bykans 46,000 Afrikaners binne 5km vanaf GK Wonderboompoort sal wees (11,000 net in Pretoria Noord en 500,000 in Pretoria en bykans ‘n miljoen in Gauteng). Veral as ons dink dat daar sprake is dat Afrikaanse kerke hul deure in Pretoria Noord gaan sluit…

Die gevolgtrekking is dat dit nie ‘n gebrek aan potensiële kerkgangers is wat die probleem is nie… Die problem is dat die mense nie kerk toe kom nie. Die probleem is afvalligheid. Daar is ‘n hele sendingveld op ons stoep. Ons moet net opstaan uit ons gemakstoel op die stoep en uitgaan na die sendingveld. Ons sal moet beplan en arbei om dissipels te maak…

Die Groot Opdrag in SA

“Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” – Matt 28:18-19

Net voor Jesus opgevaar het, het hy hierdie Groot Opdrag ons sy dissipels en ook ons gegee. Ons stoere voorouers het hierdie opdrag ernstig opgeneem.

Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie het in 1652 ‘n halfwegstasie in Kaapstad gestig om hul handel met Indië en Indonesië te ondersteun. Janszen en Proot het gepraat oor die begeerte dat Sendingwerk in Suid-Afrika gedoen moet word nog voordat Jan van Riebeeck in Tafelbaai aangekom het. Elkeen van Van Riebeeck se byeenkomste is geopen met ‘n smekinggebed: “O barmhartige, genadige God en hemelse Vader! Volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos-Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuurOns is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam… Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen

Van die begin af is die evangelie aan die inheemse mense, die Khoisan, verkondig. Die eerste sieketrooster (hulpprediker, onderwyser en sendeling) was Wylant (1652). Hy kla dat die verkondiging van die evangelie onder die Khoisan moeilik is en dat hy nie weet wanneer die Here hulle uit die duisternis na die lig van Jesus Christus sal lei nie, maar dat Hy alles moontlik sal doen om hulle uit die koninkryk van Satan te ruk. Dit is sy begeerte dat die Here sy genade aan hierdie mense sal bewys.

Van Riebeeck noem dat hy van die Khoisan toelaat om by hom in die kasteel te bly sodat hulle kan leer lees en skryf “sodat die lig en waarheid na hulle toe kan kom”. Een van hierdie kinders was Eva Krotoa. Sy het gehelp in die Van Riebeeck-huishouding en het later ‘n Christen geword en is gedoop. Sy het ook as vertaler gewerk. In ‘n Christelike seremonie is sy met Pieter Van Meerhof getroud en hulle het drie kinders gehad. Toe sy haar kinders verwaarloos en die Christelike geloof verlaat het, het Van Riebeeck se niggie (Elzabeth van Opdorp) die kinders aangeneem.

In 1687 het die eerste van baie Franse Hugenote uit hul geboorteland Frankryk gevlug om hulle in Suid-Afrika te vestig. Hulle is vir hulle geloof vervolg. Hulle het lande gesoek waar hulle God in vryheid kon aanbid. Hulle het na plekke soos Noord-Amerika en Suid-Afrika gereis. Sommige van hulle het by die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie aangesluit. Hierdie maatskappy het hulle na Suid-Afrika gestuur. Die Hugenote het hulle Bybelse geloof saamgebring. Die meeste van hulle het by Christelike Nederlandse (Afrikaanse) gemeentes aangesluit. Teen die 1700’s het ander Christelike groepe in Suid-Afrika aangekom. Dit het die Lutherane en die Morawiërs ingesluit. ’n Morawiese sendeling genaamd George Schmidt het hom toegewy om onder die Khoisan te werk. Schmidt het in 1738 in Suid-Afrika aangekom. Hy het Suid-Afrika na sewe jaar verlaat omdat hy nie ‘n geordende predikant was nie.

Die gereformeerde vorm van Christenskap wat van Nederland na Suid-Afrika oorgeplant is, het onder die Nederlandse (Afrikaanse) kerke voortgegaan. Toe die Britte Suid-Afrika geannekseer het, is gepoog om die Afrikaners te verengels deur die invoer van Skotse predikers, maar die predikers het Afrikaans geword. Die koms van die Britte het egter daartoe gelei dat die evangelie aan die Zoeloes (Owen & Lindley), Tswanas (Moffet & Livingstone), Afrikaners & Tswanas (Archbell), Afrikaners & Matebele (Lindley) gebring is. Die vervulling van die Groot Opdrag (Matt 28:19-20) duur voort in Suid-Afrika.

Die volgende boeke praat in meer besonderhede oor hierdie taak in Suid-Afrika:

  • Lee, FN, Christen Afrikaners, Gospel Defence League
  • Claasen, JP, Eerste Sieketroosters aan die Kaap 1652-1665
  • Britz, RM, Die Begin, God en geloof in Fort de Goede Hoop 1652-1655