“What is wrong with the blacks all over the world that they can’t run anything. It’s like they don’t know how to build things. They don’t know how to make it better. Even if they move – like they did with South Africa and they’re doing in America – they’ll move into white beautiful areas and instead of adding to it or building on it, they destroy it and they do this all over the world and it seems that only white people have the knowhow or the talent or the love. What is wrong with the blacks that all over the world they only destroy they don’t build? What’s wrong with them? What’s wrong with the blacks?” [1]
As hierdie vrae nie komende was van ‘n swart Jesse Lee Peterson nie, dan kon dit afgemaak gewees het as rassisties. Hierdie vrae is egter nie onbelangrik nie.
Dit is ook nie net Jesse wat die vrae vra nie. Jare gelede het George en Marita wat in Malawi grootgeword het en daar en elders in Afrika sendingwerk doen, my vertel dat hulle op die plattelandse vlaktes van Malawi gekampeer het op besoek aan familie. Die oggend vroeg hoor hulle toe hoe die Chewas[2] naby aan hulle tent verbystap en gesels. Hulle was salig onbewus dat die tentbewoners Chichewa verstaan en dus hul gesprek kan volg. Hierdie was ‘n ernstige gesprek. Die een vra: “Hoekom is witmense so voorspoedig? Hoekom is alles wat hulle aanpak ‘n sukses terwyl swart mense dit nie regkry nie?”… Hulle het nie antwoorde gehad nie. Vir hulle is dit maar net ‘n diep gat waarin hulle hulself bevind en hulle kan nie daaruit kom nie.
In bg. onderhoud tussen Jesse Peterson en Joost Strydom, was Joost baie beleefd toe Jesse bg. vrae vir hom vra. Joost het wel genoem dat Afrikaners bereid is om raad en advies te gee aan ander volke. Advies om hulself te help. Dus per implikasie kan daar wel iets gedoen word aan Afrikane se probleme. Joost, het egter nie spesifiek genoem wat swart mense kan doen om hul agterlikheid af te skud nie.
Daar is egter rewolusioneres en rassiste wat wel die verkeerde antwoorde uitspel. Daar sal die wees wat sê:
“Wit mense het die swartmense se bates gesteel. Dit is weens onderdrukking dat hulle agter is.”
Of: “Dit is maar nou net so is, want swart mense is nou maar net inherent agterlik. Dit is deel van hul DNA”.
Hierdie bly egter verkeerde antwoorde wat nie help nie.
As mens onthou dat alle mense (insluitend swart mense) van Adam en Eva afstam, dan word dit duidelik dat die antwoord op hierdie vrae nie kan wees dat dit ‘n genetiese oorsprong het nie. As Christene glo ons tog immers nie in Darwinistiese Evolusie nie.
Die rewolusionêre antwoord kan ook nie waar wees nie, want in Afrika het de-kolonialisering die afgelope 50+ jaar plaasgevind en dit gaan nog slegter met Afrikane as voorheen.
Maar wat is dan die antwoord?
Die antwoord is dat die Bybelse Evangelie Westerlinge se kultuur verander het. Voorheen het Griekse historici Westerlinge (Germane) beskryf as agterlike barbare wat goed is vir niks behalwe om kinders te maak en ‘n onuitputlike sug na goud en moord en roof het nie. Die evangelie is na hierdie agterlike Germaanse barbare gebring en hulle het tot bekering gekom en verander. Hulle hele bestaan het Christelik geword. Hul kultuur is deursuur met Bybelse denke.
Ons sien vandag dat Westerse lande besig is om hul rug op die Evanglie te draai en weer terug te verval na hul heidense agterlike herkoms. Die materiële seëninge wat die Evangelie gebring het, sal in die komende jare verdwyn indien daar nie bekering gaan kom nie (Lees Lev 26).
Die antwoord dus vir Afrikane en swartmense in die algemeen maar ook onbekeerde afvallige witmense, is die Evangelie. Daar moet teruggekeer word na die Evangelie. Dit is nie ‘n terugkeer na die afgewaterde liberale “Christendom” wat deesdae voorgehou word nie. Hierdie “afgewaterde” “Christendom” is deel van die probleem. Dit het sinkritisties saamgesmelt met humanisme wat in die eerste plek juis die probleem is. Daar moet teruggekeer word na die Bybelse Waarhede. Daar moet teruggekeer word na die Evangelie wat die Weste moontlik gemaak het. Dit beteken dat die Bybel en die geskrifte bestudeer moet word van Augustinus, Calvyn, Luther, Bullinger, aBrakel, Kuyper, Die Puriteine, Die Voortrekkers ens.
Mag daar ‘n diepgaande bekering kom in die nabye toekoms sodat alle volke en nasies kan bely: “LOOF die Here, alle nasies! Prys Hom, alle volke! Want sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die Here is tot in ewigheid. Halleluja!”[3]
“All animals are equal, but some animals are more equal than others”
Volkstaat proposals by the VolkstaatRaad as part of the 1994 settlement
This quote from George Orwell’s Animal Farm comes to mind when I reflect on the news of the past few days. Just yesterday the Episcopal Church released a media statement saying:
“the [USA] federal government informed Episcopal Migration Ministries that under the terms of our federal grant, we are expected to resettle white Afrikaners from South Africa whom the U.S. government has classified as refugees… In light of our church’s steadfast commitment to racial justice and reconciliation and our historic ties with the Anglican Church of Southern Africa, we are not able to take this step. Accordingly, we have determined that, by the end of the federal fiscal year, we will conclude our refugee resettlement grant agreements with the U.S. federal government… I also grieve that victims of religious persecution, including Christians, have not been granted refuge in recent months.”
This statement is making the following assumptions:
Afrikaners/Boers are not Christians : This assumption is not true. Afrikaners came into existence as a Christian people – Afrikaners/Boers are overwhelmingly Christian.
Afrikaners/Boere are white : This is not true because as Dr Heese (Groep sonder grense) has pointed out Afrikaners/Boere have some indiginous KhoiSan ancestrey. It would be true to say that Afrikaners/Boere are mostly white, but it is untrue to say they are exclusively white. Furthermore, the language that Afrikaners/Boere is speaking is mostly of Dutch origin, but it also absorbed KhoiSan, Indonesian and French words.
Afrikaners/Boere are inherantly racist people : This is not true. Read Prof FN Lee’s writings on South Africa as well as Prof Herman Geolomee’s book The Afrikaners. Prof Eric Louw also did several video’s on Afrikaners/Boere[2] and wrote the book Rise, Fall and Legacy of Apartheid
Afrikaners/Boere are not being persecuted : This not true because Julius Malea’s EFF is continuously singing the song, “Kill the Boer/Farmer”. Keep in mind that the overwhelming number of farmers (Afrikaans: boere) in SA are also Afrikaners/Boere and this group is disproportionately represented in the number of murders. Afriforum unsuccessfully petitioned the courts in SA to declare the song as Hate Speech. Furthermore, the ANC adopted the Expropriation Without Compensation Law in order to confiscate Afrikaner property. The ANC also adopted the BELA law in order to make all Afrikaans schools English only schools. So, basically confiscating Afrikaans schools. Many Afrikaners have started to homeschool in recent years in order to escape the antiChristian government curriculum. This BELA bill is attempting to make it very difficult for Christian Afrikaners to home-school.
Wikipedia[3] is giving the following definition to the Woke term Safe Spaces : “The term safe space refers to places ‘intended to be free of bias, conflict, criticism, or potentially threatening actions, ideas, or conversations’, according to Merriam-Webster… It is a place where marginalized[d] groups can discuss issues pertinent to them without having to address questions or remarks that might be directed at them from majority groups in society who are not familiar with certain issues. The term originated in LGBTQ culture, but has since expanded to include any place where a marginalized minority (e.g., gender, racial[a], religious[b], ethnic[c]) can come together to communicate regarding their shared experiences. Safe spaces are most commonly located on university campuses in the western world, but also are at workplaces, as in the case of Nokia”
Now, Afrikaners would qualify as a marginalised[d] group because they constitute only 5% of the total South African population. They had their own country which was a much smaller portion of current South Africa in the 1800’s, and tried to resist the colonialism grab from 1899-1902. Only after the British utilized concentration camps and killed around 14% of them (mostly children), did they surrender. The British send troops from all over the world to come and conquer the Afrikaner people. The number of troops were twice as many as the total Afrikaner population (soldiers, women, children and elderly included).
If you read Prof FN Lee’s books & articles about South Africa, then you realise that the Afrikaners are a very religious group[b]. So, in terms of Wikipedia’s definition, they do qualify for that as well.
Futhermore, Afrikaners/Boere are classified by their enemies – including British (1800’s) as well as contemporaries like Julius Malema as a subsection of a racial group[a].
So, from various angles it seems the Woke crowd should actually side with Afrikaners and should demand a safe space for Afrikaners. Afrikaners/Boere have negotiated in the 1994 settlement that ethnic/cultural groups have the right to self determination in article 235 of the constitution. In essence that Afrikaners/Boere and others are allowed to have safe spaces. It is quite ironic to see a Woke church like the Epistocal Church say that they do not want to help Afrikaners. It is also strange to see someone like Julius Malema actively undermining Afrikaners a safe space that has been created via article 235 in the constitution (called Orania). Malema says that article 235 should be scrapped from the constitution and that he would like to demolish Orania.
But, then I remind myself that Woke came into existence as an offshoot of Marxism and George Orwell’s Animal Farm was mocking Marxism when he was referring to: “All animals are equal, but some animals are more equal than others”.Yes, everyone can have safe spaces, but Afrikaners cannot. They are too white and too Christian to allow that. “All marginalised groups can have safe spaces, but some marginalised groups more than others”.
Hierdie maand is dit 100 jaar sedert Afrikaans as amptelike taal erken is. Vir Engelsprekendes en Globaliste is dit onverstaanbaar hoekom Christen Afrikaners hul moedertaal as belangrik ag.
Dit is dan ook nie verbasend dat dit al gebeur het dat ‘n Amerikaanse Gereformeerde Teoloog vir my gesê het dat Afrikaners ter wille van die Koninkryk eerder Afrikaans moet opoffer nie. My antwoord aan hierdie teoloog was dat dit maklik vir hom as Engelsprekende is om so-iets kwyt te raak.
Dit is immers nie sy taal waarin hy dink, bid en sy diepste denke kommunikeer, wat prysgegee moet word nie.
Vir sommige Engelsprekendes is standardisering na Engels vanselfsprekend. Hulle kan dit ook nie verstaan nie, omdat hulle nie besef wat in die slag bly indien jy jou moedertaal prys gee nie.
Ek dink dit is ook geensins die geval dat Christene die HERE beter kan dien deur alles na een taal te standardiseer nie. As dit wel die geval was, dan sou veral Protestantse Christene immers net Latyn in die kerk gebesig het. Latyn was tog die wêreldtaal gewees in 1517 toe die Reformasie in Duitsland begin het. Een van die heel eerste dinge wat Luther en die ander Reformatore gedoen het, was om die Bybel in die moedertale van al die verskillende volke te vertaal. Daar was Franse, Nederlanders, Pole, Engelse ens wat in Geneve gaan studeer het, maar hulle het die denke en geskrifte in hul eie tale omgesit.
Dit is daarom dan ook nie verbasend dat juis die Genootkap van Regte Afrikaners se primêre doel die vertaling van die Bybel in Afrikaans was nie[1]. Hulle is reeds in 1875 gestig[2]. Dr Pannevis het reeds in 1872 ‘n pleidooi gerrig dat die Bybel in Afrikaans vertaal moet word[3].
Wat is die eindresultaat? Die Bybel (gedeeltelik of volledig) is vandag in 3,756 tale vertaal.
Nou hoekom sou dit gebeur het dat die Reformatore gekies het om die Bybel in die verskillende volke se moedertale te vertaal? Wel, heel eerstens was dit om dit moontlik te maak dat elke individu self die Bybel kon lees en God se Woord self kan verstaan. Die tweede rede was dat hulle die voorbeeld gehad het dat die Bybel (Ou Testament) in Jesus se tyd reeds vertaal was in Grieks.
In die 1500’s was min mense geletterd, en dus was daar dan ook min mense wat self kon lees. Die Protestantse lande het egter nie net die Bybel vertaal nie, hulle het ook in die onderwys betrokke geraak en die mense leer lees. Dr James Kennedy verwys in sy “What if Jesus had not been born” na hierdie twee feite.
Daar het ook ander voordele gevolg. Max Weber maak in sy The Protestant Work Ethic die gevolgtrekking dat die Protestantse Noord Europa ekonomies meer voorspoedig was as die Katolieke Suid-Europa. Een van die redes wat hy aanvoer is dat die Protestantse deel meer geletterd is.
Vandag het Europieërs, Afrikaners, Engelse, Amerikaners en in die algemeen Protestante vergeet hoekom hulle in hul eie moedertaal die Bybel kan lees. Mag hulle weer die skate wat ons voorgeslagte vir ons ontsluit het, weer herontdek. Geluk Afrikaans!
Woke-ism het baie relevant geword vir ons die afgelope jaar. In die eerste plek was daar die pogings om Shaun Christie te skors aan die NWU omdat hy geprotesteer het teen die gedwonge Woke indoktrinasie waaraan eerstejaar studente blootgestel is.
Ten Tweede het ons opgemerk dat die verkiesing van die Trump administrasie daartoe gelei het dat Elon Musk aangestel is as die hoof van die Department of Government Efficiency. Sommiges was verbaas dat hy onmiddelik al die Woke regerings programme (DEI) gestaak het. Dit behoort egter nie verbasend te wees indien mens opgelet het dat hy die afgelope jare hewig anti-Woke geword het en selfs uitsprake gemaak het soos “The Woke Mind Virus is killing Western Civilization” en “Most people don’t understand that their minds can be taken over by a virus, just like a computer virus takes over your computer. The Woke mind virus is like Cordyceps.”
Die VCHO en Pactum Instituut gaan ‘n aanlyn seminaar hou waartydens Woke-ism bespreek gaan word 24 Mei 2025 vanaf 08:15-11:30. Hier is die skakel: https://www.youtube.com/@VCHOnderwys/streams en hierdie onderwerpe sal hanteer word deur die verskillende sprekers:
08:15 Opening : Rom 11:33 – 12:3 : Prof HG Stoker 08:30 Wêreldwye manifestasies : FA van Deventer 09:00 Herkoms van Woke-ism : Ds Dubois du Toit jr 09:30 Implikasies van Woke-ism moraliteit : Dr Barend Hefer 10:00 Stryd vir die waarheid in Onderwys : Dr Adi Schebusch 10:30 Vrae & Antwoorde
Sprekers:
Henk Stoker Henk Stoker is rektor van die Teologiese Skool Potchefstroom van die GKSA, asook professor in Apologetiek en Etiek aan die Fakulteit Teologie van die NWU. Hy is ook die programleier van die BDiv & BTh Hons grade.
Francois van Deventer Francois het sy M.Fil in Toegepaste Etiek voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch nadat hy sy B.Sc verwerf het aan die UP. Hy is met Tina getroud en hulle het 12 kinders en twee klein kinders. Hy hou van lees, fotografie en ontdek van nuwe dinge en plekke.
Dubois du Toit jr Hy is predikant by Suiderhof NG Gemeente (Windhoek). Hy is getroud met Elida en het ‘n sesjarige seun. Dubois het in 2015 sy M.Th voltooi en is tans besig met sy PhD onder leiding van proff. HG Stoker en Riaan Rheder. Dubois geniet gym, fietsry en rekenaarspel.
Barend Hefer Barend is getroud met Estelle en hulle het drie seuns. Hy is die predikant van die Afrikaanse Gereformeerde Protestantse Kerk en ‘n lektor aan die Afrikaanse Protestantse Akademie. Hy het ‘n PhD in Grieks verwerf aan die NWU.
Adi Schlebusch Adi Schlebusch is die direkteur van die Pactum Instituut wat Bybelgetroue boeke en akademiese artikels publiseer. Hy is betrokke by die AP Akademie en BCVO. Hy is getroud met Lize en hulle het vier kinders. Hy verwerf die grade PhD (Teologie), MA Fil, BA (Latyn), BA(Teologie)
“en julle sal krag ontvang… en my getuies wees in Jerusalem sowel as Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.”
Hierdie is Christus se woorde aan sy dissipels net voor sy hemelvaart. Hy brei vir ons verder uit oor hierdie opdrag: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” (Matt 28)
Hier in Afrika, en spesifiek hier in Pretoria kan ons sê dat ons Jerusalem die noorde van Pretoria is. Ons Judea is Gauteng en ons Samaria is Suid-Afrika en die uiterstes van die aarde is nog steeds dit. Let op dat Matt 28 nie sê dat die evangelie onder losstaande individue verkondig moet word nie. Die Griekse woord is ethnos. Dus moet die evangelie aan die etniese groepe verkondig word. Ons etniese groep is Afrikaners. Ons gemeente arbei primêr onder Afrikaners en dan ook ‘n bietjie onder Tswanas.
Party maal voel ons mismoedig wanneer ons sien hoe die epidemie van slaggate en infrastruktuur-verval toeneem. Of die misdaad, sprake van vervolging en eiendomsonteiening sonder vergoeding. Die ding wat ons egter die mismoedigste maak is dat Gereformeerde Afrikaanse kerke krimp. Afrikaanse kerke maak hul deure toe.
Ons moet egter onsself herinner dat hierdie verval en agteruitgang nie toevallighede is nie. Dit is ‘n direkte uitvloeisel van mense en leiers wat nie die Bybelse Wereldbeskouing omarm nie. Dit is weens afvalligheid…
Dit is merkwaardig as mens die Taalkommissie se verslag lees oor waar Afrikaanssprekendes hulle sal bevind teen 2031. Dit is merkwaardig dat daar bykans 46,000 Afrikaners binne 5km vanaf GK Wonderboompoort sal wees (11,000 net in Pretoria Noord en 500,000 in Pretoria en bykans ‘n miljoen in Gauteng). Veral as ons dink dat daar sprake is dat Afrikaanse kerke hul deure in Pretoria Noord gaan sluit…
Die gevolgtrekking is dat dit nie ‘n gebrek aan potensiële kerkgangers is wat die probleem is nie… Die problem is dat die mense nie kerk toe kom nie. Die probleem is afvalligheid. Daar is ‘n hele sendingveld op ons stoep. Ons moet net opstaan uit ons gemakstoel op die stoep en uitgaan na die sendingveld. Ons sal moet beplan en arbei om dissipels te maak…
“Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” – Matt 28:18-19
Net voor Jesus opgevaar het, het hy hierdie Groot Opdrag ons sy dissipels en ook ons gegee. Ons stoere voorouers het hierdie opdrag ernstig opgeneem.
Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie het in 1652 ‘n halfwegstasie in Kaapstad gestig om hul handel met Indië en Indonesië te ondersteun. Janszen en Proot het gepraat oor die begeerte dat Sendingwerk in Suid-Afrika gedoen moet word nog voordat Jan van Riebeeck in Tafelbaai aangekom het. Elkeen van Van Riebeeck se byeenkomste is geopen met ‘n smekinggebed: “O barmhartige, genadige God en hemelse Vader! Volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos-Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur… Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam… Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen”
Van die begin af is die evangelie aan die inheemse mense, die Khoisan, verkondig. Die eerste sieketrooster (hulpprediker, onderwyser en sendeling) was Wylant (1652). Hy kla dat die verkondiging van die evangelie onder die Khoisan moeilik is en dat hy nie weet wanneer die Here hulle uit die duisternis na die lig van Jesus Christus sal lei nie, maar dat Hy alles moontlik sal doen om hulle uit die koninkryk van Satan te ruk. Dit is sy begeerte dat die Here sy genade aan hierdie mense sal bewys.
Van Riebeeck noem dat hy van die Khoisan toelaat om by hom in die kasteel te bly sodat hulle kan leer lees en skryf “sodat die lig en waarheid na hulle toe kan kom”. Een van hierdie kinders was Eva Krotoa. Sy het gehelp in die Van Riebeeck-huishouding en het later ‘n Christen geword en is gedoop. Sy het ook as vertaler gewerk. In ‘n Christelike seremonie is sy met Pieter Van Meerhof getroud en hulle het drie kinders gehad. Toe sy haar kinders verwaarloos en die Christelike geloof verlaat het, het Van Riebeeck se niggie (Elzabeth van Opdorp) die kinders aangeneem.
In 1687 het die eerste van baie Franse Hugenote uit hul geboorteland Frankryk gevlug om hulle in Suid-Afrika te vestig. Hulle is vir hulle geloof vervolg. Hulle het lande gesoek waar hulle God in vryheid kon aanbid. Hulle het na plekke soos Noord-Amerika en Suid-Afrika gereis. Sommige van hulle het by die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie aangesluit. Hierdie maatskappy het hulle na Suid-Afrika gestuur. Die Hugenote het hulle Bybelse geloof saamgebring. Die meeste van hulle het by Christelike Nederlandse (Afrikaanse) gemeentes aangesluit. Teen die 1700’s het ander Christelike groepe in Suid-Afrika aangekom. Dit het die Lutherane en die Morawiërs ingesluit. ’n Morawiese sendeling genaamd George Schmidt het hom toegewy om onder die Khoisan te werk. Schmidt het in 1738 in Suid-Afrika aangekom. Hy het Suid-Afrika na sewe jaar verlaat omdat hy nie ‘n geordende predikant was nie.
Die gereformeerde vorm van Christenskap wat van Nederland na Suid-Afrika oorgeplant is, het onder die Nederlandse (Afrikaanse) kerke voortgegaan. Toe die Britte Suid-Afrika geannekseer het, is gepoog om die Afrikaners te verengels deur die invoer van Skotse predikers, maar die predikers het Afrikaans geword. Die koms van die Britte het egter daartoe gelei dat die evangelie aan die Zoeloes (Owen & Lindley), Tswanas (Moffet & Livingstone), Afrikaners & Tswanas (Archbell), Afrikaners & Matebele (Lindley) gebring is. Die vervulling van die Groot Opdrag (Matt 28:19-20) duur voort in Suid-Afrika.
Die volgende boeke praat in meer besonderhede oor hierdie taak in Suid-Afrika:
Lee, FN, Christen Afrikaners, Gospel Defence League
Claasen, JP, Eerste Sieketroosters aan die Kaap 1652-1665
Britz, RM, Die Begin, God en geloof in Fort de Goede Hoop 1652-1655
Tydens die In U Lig Konferensie 2025 is daar besin oor “Aanhou kerk van Christus wees in die 21ste eeu”. Daar het vier sprekers opgetree en die volgende aspekte is aangespreek:
Daar is gepoog om die volgende vrae te beantwoord: Is die kerk ‘n opsionele ekstra? Kerke loop leeg. Hoekom? Wat is die roeping van die kerk? Is daar nog die brandende begeerte om kerk te wees?Wil ons nog kerk wees? Kerk en Christus. Wat is die verband? Hoe verstaan jy kerk?, ens.
Die video’s kan by bogenoemde skakels bekyk word – Die Pro-Regno kanaal is hier beskikbaar: www.youtube.com/@pro-regno
Ons bely meeste Sondae die Apostoliese Geloofsbelydenis waar ons sê dat ons glo in God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Hiermee bely ons dat God ‘n Drie-enige God is. Dit het te doene met die harmonie tussen die eenheid en veelheid. Ons het hieroor en die implikasies daarvan besin onder die tema : Eenheid en Veelheid.
Hierdie is ‘n probleem wat al vir eeue deur filosowe bedink word. Jou denke hieroor het ernstige gevolge oor hoe die samelewing saamgestel word.
Prof HG Stoker wys in sy Stryd om die Ordes uit dat òf die Eenheid òf die Veelheid oorbeklemtoon word. Die Liberaliste en Woke oorbeklemtoon die EEN (individu) met anargistiese en chaostiese nagevolge op die samelewing. Neo-Nazi’s en Marxiste oorbeklemtoon weer die VEEL (volk/werkersklas) met tirannie en ongeregtigheid as nagevolge. Die Bybelse oplossing is egter om beide die Eenheid en Veelheid te omarm.
Sprekers en lesingswat gelewer is:
Daar het tydens hierdie seminaar vier sprekers opgetree:
Die video weergawe van hierdie lesing is hier beskikbaar.
Ons is vandag hier saam vergader om na te dink hoe die HERE ons voorgeslagte 180 jaar gelede bewaar en gelei het. Psalm 78 vertel vir ons dat ‘n gebeurtenis soos Geloftedag belangrik is:
Ek wil my mond open met ’n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom. Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het. Hy tog het ’n getuienis opgerig in Jakob en ’n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het — om dit aan hulle kinders bekend te maak, sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, en nie word soos hulle vaders nie, ’n koppige en wederstrewige geslag, ’n geslag met ’n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.
Dit is dus moontlik vir ‘n geslag wat die wonderlike vrymakende evangelie aanvaar het om weer afvallig te kan word. Ons sien dit elke dag om ons hoe die Westerse samelewing besig is om ’n koppige, wederstrewige geslag te word. ‘n Geslag soortgelyk aan afvallige Israel waaroor Ps 78:10 sê: “Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet”:
Ons kan die verheidensing van ons samelewing sien wanneer ons byvoorbeeld gaan kyk na ons samelewing se verwerping van o.a. die sesde en sewende gebooie:
In Europa en ook in Suid-Afrika is daar al vir jare stemme wat opgaan dat prostitusie gewettig moet word.
Aborsie is dekades lank in Westerse lande wettig en ook al etlike jare in Suid-Afrika. Miljoene baba’s word elke jaar deur aborsie vermoor.
Westerlinge dink nie net soos heidene nie, hulle tatoeer hulle ook om soos heidene te lyk.
In ons dag word die gesin geherdefinieer om twee vroue en ‘n kind te kan wees… En hul “kinders” word selfs in die kerk gedoopi.
Ons dink dat dit altyd so was dat Westerlinge Christene was. Dit is nie so nie. Griekse Historici van 3de eeu beskryf Westerlinge se voorgeslagte (barbare) so:
“Barbare kan nie logies dink of doen nie. Teologiese geskille is vir hulle Grieks… Barbare word gedryf deur bose geeste; besete met demone wat hulle dring om die verskriklikste dade te pleeg… onbekwaam om volgens geskrewe wette te lewe en onwillig toelaat dat konings hulle regeer… Hulle lus vir goud is ontsaglik, hul liefde vir drank grensloos. Barbare is sonder perke… Alhoewel hulle oor die algemeen aantreklik lyk, het hulle aaklige persoonlike higiëne… Hulle voortplantings energie is onuitputlik… As ‘n barbaarse volk teruggedryf of verwoes word, dan kom ‘n ander een uit die Duitse moerasse en woude na vore…”ii
Een van hierdie “barbaarse” Westerse volke was die Friese (van Nederland). Hierdie Friese het niks daarvan gedink om die sendeling Winfried in 754 te vermoor nie. Voorheen het Winfried onsuksesvol probeer om die evangelie aan die Frisiese koning te bring. Daar word gesê dat die Frisiese koning nie die Christengeloof wou aanneem toe hy gehoor het dat hy nie een van sy voorvaders in die hemel sou vind nie. Hy het eerder verkies om vir ewig in die hel saam met sy voorvaders te wees as in die hemel saam met sy Frankiese vyandeiii.
Die Romeinse Koninkryk was nie veel beter nie. Hulle het Christene erg vervolg en hulle het heidense wette gehad wat bepaal het dat ‘n vader slegs wettiglik sy kind as sy kind erken nadat hy hom van die grond af opgetel het. Indien die vader nie die kind wou hê nie, was dit binne die wet om die kind buite die stadsmure te laat om deur die wolwe opgeëet te word.
Hierdie kindervermoording is dan ook in die mites van die Romeine opgeneem. Hier is ‘n standbeeld van Romulus en Remus wat as die stigters van Rome beskou word. Hulle is deur koning Amilius op die rivieroewer Tiber gelos om te sterf, maar ‘n wilde dier het hulle gered waarna hulle aangeneem is deur ‘n herdergesiniv.
Prostitisie en allerhande ander seksuelevergrype was ook ‘n algemene wettige verskynsel.
Maar in die sesde eeu het die Christelike geloof so ‘n goot invloed uitgeoefen dat Justiniaanse wette afgevaardig is. Hierdie wette het die Bybelse defenisie van ‘n gesin as belangrik beskouv:
Slegs hetroseksuele verhoudings (tussen man en vrou) is toegelaat.
Alle seksuele verhoudings behalwe dié binne die huwelik is verbied.
Die wette teen seksueel afwykende gedrag is vir alle sosiale stande toegepas.
Onwettige seksuele gedrag is strafbaar deur die wet gemaak.
Kontrakte vir seksuele betaling vir ondersteuning of geskenke (prostitisie) is onwettig gemaak.
Toe Jan van Riebeeck in 1652 na Suid-Afrika kom, was die Christelike godsdiens en meer spesifiek die Calvinisme in die voormalige “baarbaarse” Nederlanders se volksbestaan ingebed. Soveel so, dat die Verenigde Oost Indiese Kompanjie verwag het dat raadsvergaderings wat in Suid-Afrika gehou sou word met die volgende gebed geopen sou word…
Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos-Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader, dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen”vi
En was die inboorlinge in Afrika nie wilde en onbeskaafde mense nie.
Shaka se pa was die stamhoof Senzangakhona, maar is grootgemaak deur Dingiswayo wat vermoor word deur Zwide. Shaka vermoor Zwide se moeder deur haar toe te sluit in ‘n hut met hienas.
Toe Shaka se moeder sterf beveel hy dat geen mielies geplant mag word in daardie jaar nie, en geen melk gebruik mag word nie en dat enige vrou wat swanger word vermoor sou word saam met haar man. Groot getalle mense is volgens oorlewering doodgemaak omdat hulle nie genoegsaam gerou het nie, en koeie is geslag om hulle kalwers te laat voel hoe dit is om ‘n moeder te verloor.
Silkaats (Mzilikazi) was die gunsteling Generaal van Shaka gewees. In 1824 het hy gevlug vir die impi’s wat Shaka gestuur het om met hom af te reken nadat hy nie die beeste oorhandig het van die stammetjie wat hy in noord Zoeloeland uitgewis het in opdrag van Shaka nie.
Mzilikazi het sy naam (“pad van bloed”) gestand gedoen en ‘n pad van bloed agter hom gelaatvii.
Die Difiqane/Lifiqane/Mfekane wat deur Shaka begin is, het tot die dood van honderde stamme gelei tussen 1820-1824. Shaka het die baie meer effektiewer kort assegai in bedryf gestel. Geskiedkundiges soos Theal reken dat 2 miljoen mense dood is aan die hand van Mzilikazi, Shaka en Dingaan. Die Difiqane was ‘n gebeurtenis van wydverspreide chaos en konflik in Suider-Afrika in die vroee 1800’s. Daar is verskeie woorde wat in die swart volke vir hierdie gebeurtenis gebruik word:
Difiqane/Lifiqane : Sotho vir verstrooiing of gedwonge migrasie
Mfekane : Zoeloe vir verpletter
Prof Omer-Cooper van Zambië beskryf die gevolge so:
“Die kolossale ontploffing het gepaard gegaan met met ‘n slagting en verwoesting op skrikwekkende skaal. Hele stamme is uitgemoor en nog meer het gesterf in die hongersnood en anaragie wat gevolg het. ”
Daar is ooreenkomste tussen die Europese barbare wat chaos en verwoesting in Europa veroorsaak het honderde jare gelede en die Difiqane in Suider-Afrika ongeveer 200 jaar gelede.
In Suider Afrika is miljoene mense dood en verplaas. Hele stamme het selfs so ver as Tanzanie en Zambie gevlug vir hul lewens. Hele streke is ontvolk.
Shaka Zoeloe was bang om kinders te hê omdat hy gevrees het dat een van sy seuns hom in ‘n sluipmoord sou ombring. Hy word egter vermoor deur sy broers, Dingaan en Mhlangana op 22 September 1828. Dingaan word toe die Zoeloe koning.
In 1837 het Francis Owen gepoog om die Evangelie aan Dingaan en sy onderdane te verkondig.
Nadat Owen 30 minute gepreek het, het Dingaan hom gestop en gesê:
“Sê jy dat daar net een God is?”
“Sê jy dat daar net een hemel vir goeie mense is?”
“Sê jy dat daar ’n hel vir bose mense is?”
Owen antwoord dat dit so is.
Dingaan sê toe vir Owen dat Owen se geloof nutteloos is, want Dingaan is die enigste god, Zoeland is die hemel en Moordkoppie is die hel.
Owen is toe nooit weer toegelaat om die evangelie te verkondig nie.
Intussen moes die Christen Afrikaners aan die Oos grens van die Kaapkolonie ses grensoorloe met die Xhosas trotseer. Die inboorlinge het geroof, gemoor en afgebrand. Teen 1838 het Afrikaners aan die Oos Kaap genoeg gehad en besluit om eerder die binneland wat ontvolk is deur die Difiqane in te trek.
Prof FN Lee gee in sy Christian Afrikaners die volgende redes vir die Groot Trek:
But bear in mind that these people had often falsely been promised compensation for the forcible emancipation of their slaves — many of whom didn’t want to be emancipated anyway. The slave owners had been financially ruined by the British.
In other respects too, the Afrikaners were fed up with the British. They had already had their language suppressed;
their Roman-Dutch Calvinistic Laws challenged;
their churches invaded;
and their children Anglicised in the schools.
Now many of them had also been ruined financially.
They had now had enough – so off they trekked. ”
Die Retief-manifes is namens die Voortrekkers geskryf en het die dwalinge aangaande die doel en oorsaak van die Groot Trek vir die buitewêreld uiteengesit. Dit is in die Grham’s Town Journal gepubliseer op 2 Februarue 1837.
Retief beweer hierin dat allerlei berigte versprei is om die Trekkers by vriend en vyand in onguns te bring. Sy Manifes moet die beeld van die Voortrekkers herstel en almal laat besef dat die Christengelowige nie sommer sy band met sy geboortegrond breek as daar nie besonder oortuigende redes daarvoor bestaan nie. Die Manifes moet ook lig werp op hulle voornemens en doelwitte.
In hierdie manifest word die volgende redes gegee vir die Groot Trek:
Daar is geen toekoms vir ons kinders weens die kwaaddoeners in die Kaapkolonie nie.
Die vrymaking van slawe het tot groot verliese gelei.
Ons kla oor die plundering deur die swartman en ander gekleurdes (heidenne), veral met die inval van 1834/35, toe meeste grensboere geruïneer is.
Ons kla oor die onregverdige beskuldigings teen ons as grensboere deur belanghebbende en oneerlike persone [soos Dr Philips] onder die dekmantel van “godsdiens”. Hul getuienis word in Engeland geglo en ons bewyse tot die teendeel word eenvoudig verwerp. As gevolg van hierdie vooroordeel sien ons slegs die ondergang van die land.
Ons sal oral die beginsel van ware vryheid handhaaf. Ons sal niemand in slawerny hou nie. Maar ons sal behoorlike wette daarstel om misdaad te onderdruk en om ’n behoorlike verhouding tussen heer en kneg te bewaar.
Ons verlaat die Kaap ten einde ’n rustiger lewe as vroeër te lei. Ons sal geen volk molesteer en niemand sy eiendom ontneem nie. As ons egter aangeval word sal ons ons persoon en eiendom teen enige vyand verdedig.
Sodra ons vir onsself nuwe wette gemaak het, sal ons afskrifte hiervan as inligting na die Kaapkolonie stuur. Nou reeds egter verklaar ons dat verraaiers in ons midde summier en selfs met die dood gestraf sal word.
In die loop van ons trektog en in die land van ons vestiging sal ons aan die inboorlinge ons bedoelings bekend maak en hulle van ons begeerte om in vrede en vriendskap met hulle te leef, in kennis stel.
Ons verlaat die kolonie met die wete dat die Britse regering niks meer van ons kan vereis nie, en ons sonder verdere inmenging sal toelaat om onsself te regeer.
Ons vertrek uit ’n vrugbare geboorteland waar ons groot skade gely het en aan baie ergernis blootgestel was. Ons gaan ons in ’n woeste en gevaarlike gebied vestig, maar ons vertrou op ’n alsiende, regverdige en genadige God. Ons sal hom altyd vrees en in nederigheid gehoorsaam.
Die filantrope was baie negatief oor die Afrikaners aan die Oos-Kaap, maar die Goewerneur, Benjamin D’Urban, was meer realisties en skryf ‘n brief in 1837 aan die Britse sekretaris van Kolonies:
“Dit is bitter jammer dat ‘n groot gedeelte van die boere wat die Kolonie verlaat het, tot die oudste en fatsoenlikste inwoners van die distrikte waaruit hulle afkomstig was, behoort het, en dat die vertrek van hierdie onverskrokke, geduldige, arbeidsame, ordelike en godsdienstige mense ‘n onberekenbare verlies vir die Kolonie beteken… Die waardevolste gedeelte van ons plattelandse bevolking is dus onherstelbaar verlore.”
Daar wys verskeie trekke uit die Oos-Kaap gewees. Hierdie Trekkers het Thaba `Nchu as ‘n halfweg stasie gebruik.
Moroka II, hoofman van die Boo-Seleka gedeelte van die Barolong stam (Tswana’s) het in 1833 na Thaba Nchu gemigreer. Hulle is deur Mzilikazi uit die Transvaal verdryf. Hulle het toe na die Vrystaat gevlug. Hulle onderhandel met koning Moshoeshoe I om in Thaba ‘Nchu te kan bly. Hulle getalle is later aangevul deur ander lede van die Barolong wat deur Mzilikazi verdryf is.
Hierdie Tswana mense het die Voortrekkers as hul bondgenote gesien in die nagevolge van die Difiqane. Die eerste Voorstrekkers wat in Naba Nchu oorgebly het was Louis Trichard en Hand van Rensburg. Thaba ‘Nchu het hierna ‘n veilige hawe geword vir Voortrekkers soos Hendrik Potgieter, Piet Uys en Gerrit Maritz.
Mzilikazi se Matabeles het tydens een van hulle pludertogte in Augustus 1838 vier jagters, vyf helpers, die Liebenberg- en Erasmusfamilies is vermoor. Hendrik Potgieter verneem hierdie slegte nuus op sy terugtog na Thaba Nchu vanaf Trichardt wat in die Soutpansberg gebeid was. Potgieter verwag nog ‘n aanval deur die Matabeles en vorm ‘n laer met die waens aan die voete van wat later Vegkop sou heet naby aan die hedendaagse Heilbron. Slegs 35 man moet 600 Matabeles aandurf. 1,137 assegaaie word na die walaer geslinger.
Die aanval word afgeweer maar die Matabeles buit 50,000 skape, 50,000 beeste en 100 perde. Die Trekkers was nou magteloos, want hulle kon nie hul waens verder sleep nie. Hulle trek-osse is ook gebuit.
Moroka II kom tot die gestrande Trekkers by Vegkop se hulp toe hy trekdiere voorsien sodat die Trekkers na Thaba Nchu kon terugkeer.
Potgieter, Moroka en Tauana het toe ‘n Boer-Barolong-Griqua alliansie gesluit om Mzilikazi se mag te breek.
Eers in November 1837 kon daarin geslaag word om Mzilikazi se mag te breek. Die Matabeles het toe na Zimbabwe gevlug en die koninkryk van Matabeleland gestig.
Potgieter was oortuig dat die Transvaal en Vrystaat die toekomstige tuiste moet wees, terwyl Maritz en Retief eerder Natal as tuiste gekies het. Retief oorreed Potgieter en hierdie trek sluit hulle dan aan by die ander Trekkers in Natal.
Piet Retief was van plan om met Dingaan te onderhandel oor ‘n stuk grond soortgelyk aan die Engelse wat Port Natal deur middle van onderhandeling bekom het.
Dingaan het Piet Retief en sy afvaardiging ontvang en gesê dat hy bereid sou wees om grondgebied af te staan as Retief die vee wat die Tlokwastam gesteel het, teruggebring sal word. Retief en sy manskappe het toe hierdie vee gaan terugkry.
Retief en 69 mansakppe kom in Februarie 1838 by Dingaan se kraal met 2,000 hutte aan. Die onderhandelinge was lank en uitgerek…
Op 4 Februarie ondeteken Dingaan die dokument waarin hy die gebied tussen die Tugela en Umsimvuburiviere aan die Trekkers afstaan.
Die volgende dag het Dingaan ‘n afskeidsfees vir die Trekkers gereel.
Die feesvierings het egter ‘n wending geneem toe Dingaan vir sy manne geskree het “Gryp hulle”
Die Zoeloe krygers het dadelik die Boeregesante gegryp. Weerstand was onmoontlik, want die Boere het hul wapens buite die laer gelos soos wat van hulle verwag was.
Retief en sy manskappe is na Moordkoppie gesleep waar hulle met knopkieries doodgeslaan is.
Heel laaste is ook Retief doodgeslaan.
Later sou die Trekkers tussen die geraamtes en verbryselde kopbene die bladsak met die ooreenkoms tussen Dingaan en Retief kry.
‘n Paar uur nadat Retief vermoor is, het die Zoeloe opgeruk om die Vootrekkerlaers uit te wis. Die Bezuidenhout–, Bothma–, Van Renburg families is uitgewis. 41 Mans, 56 vroue, 185 kinders en 250 Khoikoi en Basoetoe helpers sterf.
Een van die droewigste dae in die Trekkergeskiedenis het aangebreek. Oral het mense na hul dooie geliefdes gesoek. Hulle was oorbluf en het nie presies geweet wat gebeur het nie.
Eers toe Dick King die boodskap gebring het dat Piet Retief vermoor is, het die Trekkers die verraad van Dingaan besef. Die sendelinge het uit die land gevlug en die Engelse handelaars het hulle op Salisbury-Eiland gaan ingrawe.
Benewens die baie trekkers wat gesterf het, is ook 25,000 stuks vee geroof. Die nood het die Trekkers gedwing om so vinnig as moontlik te herorganiseer en verdedigings laers saam te trek, terwyl boodskappers ver en wyd gestuur is om versterkings te stuur. Piet Uys en Potgieter was nog met hul trekker in aantog en het hulle gehaas.
Die dorpie Weenen is twee maande na die massamoord hier naby gestig.
Daar word besluit om ‘n stafekspedisie saam te stel. 347 mans word gemonster en Potgieter en Uys voer twee afsonderlike eenhede aan. Hulle vertrek op 6 April 1838. Hulle word in ‘n hinderlaag gelei en 6,500 Zoeloes val hulle aan. Piet Uys word dodelik gewond. Sy seun sterf saam met sy pa.
Hendrik Potgieter en sy manskappe word uitgejou as die vlugkommando. Die volle blaam van die mislukking word aan Potgieter toegeskryf en hy word van lafhartigheid beskuldig. Dit is irronies in die lig dat Potgieter die held van Vegkop was en aan baie ander gevegte sy manne moed bewys het. Potgieter en 160 man en hul families besluit om Natal te verlaat en hulle eerder in die Transvaal te vestig. Die Voortrekkers was nou so te sê leierloos, want Maritz was ernstig siek.
In Augustus val die Zoeloe’s aan en roof en plunder. Hulle gooi assegaaie met brandende gras op die laer en steek die veld om die laer aan die brand. Dit vat ‘n hele dag om die brand te blus. 640 man, 3200 vroue en kinders, 1,260 helpers, 300,000 skape, 40,000 beeste en 3,000 perde is leierloos gelaat toe Maritz op 23 September 1838 sterf.
Die Trekkers was verslae gewees.
Baie Trekkers is dood,
Hulle is leierloos,
Baie van hul vee is gesteel
Dit wil lyk of hul onderneming ‘n mislukking is, of hulle Godsverlate is. Moes hulle nie maar eerder terugkeer na die Kaap nie?
Die vroue vertroos die moedelose manne en moedig hulle aan tot volharding.
Boodskappe word na die Kaap gestuur om hulp en versterkings. Karel Landman het voorbereiding begin tref vir verdere moontlike aanvalle van die Zoeloes.
Op 28 November 1838 kom Andries Pretorius met 60 volgelinge by die laer aan. Vroeg in Desember 1838 vertrek Pretorius met 464 manne na Umgunggunglovu.
Die Trekkers het die erns van die veldslag wat voorlê besef. Hulle het besef dat hulle getalle maar gering was en dat hulle nie in eie krag die oorwinning teen die Zoeloes sou kon behaal nie. Sarel Cilliers het die Gelofte vir eerste keer by Wasbank aan die vergadering voorgehou in die week voor die slag van Bloedrivier. Die 400+ man het hulle hieraan verbind.
Cilliers het uit Riters 6:1-24 gelees en Ps 38:13,17 opgegee om gesing te word.
Op 15 Desember 1838 het die Trekkers die Ncomberivier bereik.
Pretorius se verkenners het ‘n groot Zoeloeleër gesien en hulle moes dadelik ‘n geskikte plek kry vir die veldslag.
Aan die suide kant was ‘n donga en aan die ooste kant die Ncomberivier. Pretorius het hierdie gevegsterrein as uitergeskik en uit die hand van die HERE beskou. Daar was diep slote en gate wat die Zoeloes se stormloop sou belemmer.
Aan die Noorde kant was die Ncombe rivier. Die lofwaardige een omdat dit standhoudende rivier was met sy mooi groen oewers.
Erasmus Smit, Hatting, Bezuidenhout, Van Gass en W. G. Nel het in hul vertellings die veghekke genoem wat tussen die laers opgestel is om die Zoeloes uit te hou. Hulle was 2.3m by 2.3 groot.
Ongeveer 800 osse was binne in die laer.
Ook Perde, en ammunisie waens.
Drie kannone is opgestel waar onder ook grietjie.
Die Voortrekkers het Voorlaaiers gehad. Wat net ‘n paar skote per minuut kon skiet.
64 waens is in ‘n groot D geparkeer met die veghekke tussen elke wa om te keer dat Zoeloes kan deurbreek. Lanterns is aan stokke gehang.
Op Sondagoggend 16 Desember nadat die mis gelig het, het 15,000 Zoeloes die laer bestorm. Dit was ‘n woeste môre met ‘n geweldige geskree en lawaai en geweeklaag en ‘n see van swart gesigte en digte rookwolke. Drie aanvalle is geloots…
Daar was toe ‘n verposing…
Die aanvoerders het hul manskappe aangemoedig om te veg. Die Zoeloes was nie meer lus vir veg nie. Die donga, die rivier en die grond rondom die waens was met Zoeloelyke en gewondes besaai.
Pretorius loots toe sy eie teenaanval. Die Zoeloes het toe op die vlug geslaan.
So baie Zoeloes het gesterf dat die water van die rivier rooi geword het.
Die Trekkers het daardie aand hul oorwinning gevier. Hulle het die HERE gedank en lofliedere gesing.
Die oorwinning was verstommend:
Slegs 3 van die voortrekkers is lig gewond
terwyl daar by die 3,000 Zoeloes gesterf het.
Slegs 464 Voortrekkers het teen 15,000 Zoeloe’s geveg.
Om die onmoontlikheid van hierdie geveg beter te verstaan is dit nuttig om hierdie veldslag te vergelyk met ‘n ander veldslag wat ook in Natal plaasgevind het 41 jaar later…
Die veldslag van Islandwana het in 1879 plaasgevind toe 10,000 Zoeloes 1350 Britse troepe aangeval het.
Die Britte het 4 kanonne en modern vuurwapens tot hul beskikking gehad en 62% van hulle was hoogsopgeleide soldate.
Die veldslag het droewig vir die Britte geeindig. Slegs 27 soldate oorleef die veldslag. Die Zoeloes het ‘n totale oorwinning oor die Britte behaal.
Die Voortrekkers het hul gelofte nagekom en ‘n kerk in Pieter-Maritsburg gebou. Dit staan vandag nog daar en langsaan staan die eerste [president van die Republiek Natalia se woning.
Prof FN Lee skryf soos volg oor die gebeure na afloop van Bloedrivier:
“Not only did these people build a temple to honour Almighty God… They collected contributions from White Calvinists, and erected at the headquarters of the Zulu king who had murdered their White leaders a Theological Seminary for Black people financed by White money. It is built in the form of an ox-head, the symbol of the Zulu army — but with a huge cement cross rising up in its midst, to symbolise the triumph of the cross over the powers of darkness. ”viii
Broeders en susters, ons het begin met die woorde van Ps 78 dat ons aan die volgende geslag die wonderdade van die HERE moet vertel “sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, en nie word soos hulle vaders nie, ’n koppige en wederstrewige geslag”.
Ons sluit af met die woorde van Paulus aan die gelowiges in Korinte (1 Kor 10 ):
“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see gegaan het… en almal dieselfde geestelike drank gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Maar God het in hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie… En laat ons nie hoereer soos ook sommige van hulle gedoen het nie… En moenie murmereer nie… Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.”
Afrikaners het nes die Israeliete van ouds ‘n roemryke geskiedenis, maar ons is vandag ‘n afvallige volk. Ons moet ons terugbekeer na die God wat ons roemryke geskiedenis vir ons moontlik gemaak het. Ons geskiedenis moet ons opwek om weer die eer aan die HERE van die HERE te gee en alles wat ons doen tot sy eer te doen.
Ons het dou voor dag opgestaan en is eerste by die kerk. Dit is veronderstel om goed oppad na somerweer te wees, maar hierdie naweek is toe ‘n spesiale naweek. Dit is die naweek waar daar sneeu enkeldiepte op die Drakensberge val. Dit is nie net ‘n langnaweek nie, maar ook die naweek wat ons besluit het om Rev Kevin Swanson te kry om met ons te gesels uit ‘n Christelike perspektief oor die val van die Weste, Tuis Onderwys en ‘n Christelike gesin. Dit is verfrissend om na hom te luister. Dit is inspirerend om te hoor hoe hy vertel hoe die evangelie mense se harte verander het en dit daartoe gelei het dat samelewings verander het.
Dit is die welbekende Rev Kevin Swanson wat deur Wikipedia soos volg beskryf word: “Swanson is ‘n predikant en omroeper van Colorado. Hy is bekend vir sy veroordeling van homoseksualiteit en bevordering van Christelike onderwys. Hy is die predikant van Reformation Church in Elizabeth, Colorado, wat ‘n lidkerk van die Covenant Presbiterian Church is. Hy is die direkteur van Generations, wat ‘n daaglikse podcast vervaardig.”
Kevin Swanson het op ‘n Japanese eiland grootgeword waar sy pa vir etlike dekades ‘n Protestantse sendeling was. Sy pa se opvoeding het ‘n impak op Kevin gehad. Hy het eers gepraktiseer as ‘n ingenieur, maar het later predikant en tuisskoolpa geword. Hy is gelukkig getroud met Brenda en hulle is saam die ouers van vyf kinders.
Hier is die lesings wat hy tydens hierdie konferensies en sy lesings by soortgelyle konferensies elders in Suid-Afrika gelewer het:
“Onderwerp met skakel” en dan ‘n kort beskrywing daar onder:
Christ Centred Homeschooling Are we allowing secularism to creep into the homeschool? Are we allowing worldly standards to establish definitions of success? Have we clarified the differences between a man-centered education and a God-centred education enough? Kevin Swanson gets back to the basics on a biblical worldview in this presentation.
Homeschool essentials Don’t miss the essentials! These are the most crucial and the most basic, age-old, biblical principles for the education of a child. Faith and character are preeminent. The principle of individuality is the most liberating principle. Relationships lie at the heart of it. Life integration turns knowledge into an extremely useful and powerful tool for success. But, how many of these elements are missed by conventional systems of learning, and many homeschools as well? These are the basics, coming from Kevin Swanson’s 53 years of experience in the movement, and his book, “Upgrade, the Ten Secrets to the Best Education for Your Child.”
Popular culture, entertainment & family | Kevin Swanson Popular culture is everywhere around us. It influences the peer groups, and sets the worldview and the cultural perspectives of almost everybody today. Very few have the wisdom and the strength to swim against the stream. So, how does a family make its cultural choices? What part should entertainment play in the home? What are the major biblical principles that should govern our discernment of music, movies, etc.? What is your family culture, and how can you be more intentional in constructing it?
Permissive parenting vs Persistent, Patient & Proper Parenting Apathy and permissive parenting is on the rise. Parents less and less love their children enough to discipline them. And, parents less and less love God and honor God enough to correct them. This was Eli’s problem, and God brought an end to Eli’s household entirely. They all died. Here, we present a practical guide to discipline and teaching your children to obey their parents and to honor God.
Worldview Matter Getting the Right Worldview in History, Science, and Literature Will a Christian curriculum look any different from a public school curriculum, when it comes to subjects like history, science, and literature. As the author of about half of the Christian Family Discipleship Curriculum provided by Generations, Kevin Swanson discusses the fundamental and radical differences a Christian worldview provides in these subjects.
Rise and fall of the West and the impact on the family The building blocks of western civilization have been destroyed: bible belief, the family, the church, etc. The destructive results are obvious. Kevin Swanson summarizes his massive work completed in 2022 — The Rise and Fall of Western Civilization. These are the most significant and world changing times, since AD 475. Tremendous challenges and opportunities like ahead. But the story itself is quite spectacular. Understanding the times is critical for the men of Issachar in the Old Testament — so that they would know what to do. . . .no less so for us.
God centred family Here is a broader view of the Christian family. Will your family be child-centred, parent-centred, or man-centred? Or will it be a God-Centred family? Will your family be centred on academics, work, or entertainment and play? What does family life look like for the God-Centred family?
Fathers Filled with Faith and Love Here is a challenge to fatherhood. How do we avoid the traps of apathy and anger? Fatherhood is a test of our faith and love, but also, the means by which we grow in these areas. Here Kevin Swanson speaks to the great need of the day — fathers!