Optimisties oor die toekoms van God se Koninkryk?

“Die edeles van die volke het vergader—’n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!” (Ps. 47:10)

Een van die treurigste ervarings wat ek nog gehad het, was toe ek vir die eerste keer in ‘n plattelandse gemeente met minder as 10 lidmate gepreek het. Van die eerste oomblik na ek die konsistorie ingestap het, tot die oomblik toe ek met my kar by die hek uitgery het, was die gevoel van stille hopeloosheid tasbaar in die atmosfeer van die kerk. Sedertdien het ek al daaraan gewoond begin raak: Hierdie ervaring was nie ‘n uitsondering nie. Dit is meermale die geval as wat ons graag wil erken. En dit is nie net plattelandse gemeentes waar mens hierdie gevoel raakloop nie. Ook in stedelike gemeentes – selfs groot gemeentes – kan jy die hopeloosheid voel ronddryf. Jy sien dit in die oë van die gemeentelede. Jy hoor dit in hulle stemme wanneer hulle sing.

Is dit moontlik om optimisties te wees oor die toekoms van God se koninkryk? Baie keer lyk dit vir ons asof hierdie gevoel van hopeloosheid dalk meer gepas is as die optimisme van ons Gereformeerde vaders soos Calvyn, wat met groot ywer sendelinge na Frankryk, Duitsland, Nederland en selfs na Brasilië gestuur het[1]. Dit lyk asof die kerk maar net wil terugsak en aanvaar dat ons nou in “die laaste dae” is, menende dat daar nou maar vervolging oral gaan wees en ons kan nie eintlik daarop hoop dat Christus se koninkryk nog gaan groei nie. Maar is hierdie idee van God se koninkryk die Bybelse idee?

Ek wil argumenteer dat dit glad nie Skriftuurlik is om op hierdie manier te dink oor God se koninkryk nie. Nie alleen kan ons optimisties wees oor die toekoms van God se koninkryk nie, maar uit die Bybel sien ons dat ons ook optimisties behoort te wees. In hierdie artikel wil ek stilstaan by ‘n paar van die groot lyne wat ons optimisties behoort te maak en ek wil een van die groot besware teen optimisme kortliks bespreek.

Hierdie tema behoort ons bloed warm te maak vir die toekoms van die kerk. Dit behoort ons ‘n perspektief op God se werk oor die ganse aarde te gee wat groter is as enige probleme wat ons nou, hier, in hierdie ou klein landstrekie van Suider Afrika beleef. As ons bid, “Laat u koninkryk kom” dan behoort ons dit te bid asof God besig is om die gebed te verhoor.

Die klippie word ‘n Rots oor die hele aarde

“Maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.” (Dan. 2:35).

Daniël 2 is seker een van die bekendste stukkies geskiedenis uit die Ou Testament. En die droom wat Nebukadnesar gehat het is seker een van die bekendste drome in die hele Bybel (met Farao s’n as ‘n nabye tweede).

Maar selde dink ons aan wat hierdie droom regtig vir ons oor God se koninkryk behoort te sê. Hier is ‘n groot beeld – wat saamgestel word uit al die groot koninkryke van die geskiedenis – en dan kom daar ‘n klein klippie en stamp die beeld stukkend. Die betekenis is duidelik: Jesus is die klippie. Hy kom om die koninkryke van die wêreld te vernietig. Maar wat gebeur daarna met die klippie? Hy groei totdat dit ‘n rots is wat so groot is dat dit die hele aarde vol staan (Dan. 2:35).

Maak dit jou bly om daaraan te dink? Jesus se koninkryk is groter, sterker, heerliker as die koninkryke van die wêreld. Wat ‘n wonderlike Koning het ons nie. Wat ‘n heerlike Koninkryk is ons nie deel van nie.

Die mosterdsaad word ‘n groot boom

“Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai; wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.” (Matt. 13:31,32).

Jesus se gelykenisse kan ons baie leer oor die koninkryk van God. Baie van sy gelykenisse en ook baie van sy preke het gegaan oor die koninkryk van God. Dit was ‘n tema waaroor Hy gereeld gepraat het.

Een van die korter gelykenisse is hierdie een, wat ek graag wil uitlig. Jesus vergelyk sy koninkryk met ‘n mosterdsaad en Hy verduidelik dat dit daaroor gaan dat die koninkryk ‘n klein begin het, maar op die ou end baie groot word: Net soos ‘n mosterdboom, wat as ‘n saadjie een van die kleinstes is maar ‘n baie groot boom word.

Hier trek Jesus, interessant genoeg, weer ons aandag terug na Daniël. In daardie profesie, lees ons ook van ‘n boom soos hierdie met baie voëls in die takke (Dan. 4:4-18). Die ooreenkomste tussen die bome is so opvallend dat ons nie anders kan as om hierdie boom van Jesus te interpreteer in die lig van wat die eerste boom, in Daniël 4, beteken het nie. En daar het dit heengewys na Nebukadnésar self, en sy groot koninkryk (Dan. 4:20-22).

In die lig van hierdie Ou Testamentiese verklaring moet ons dan na hierdie gelykenis van Jesus kyk en besef dat Hy werklik ‘n wonderlike toekoms vir sy koninkryk sien. Sy koninkryk moet so groot (eintlik groter) word soos die antieke koninkryk van Babel. Dit moet ‘n skaduwee word vir alle nasies om onder te kom skuil.

Die sendingopdrag word ‘n realiteit

“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” (Matt. 28:19).

Mense praat baie oor die groot sendingopdrag – en oor hoe ons baie min doen om daaraan gehoor te gee. Dit is inderdaad ‘n klad op die moderne kerk, dat ons so gefokus is op onsself en so min uitreik met die evangelie na buite. Die kerk is besig om “te oorleef” en vergeet van die laaste opdrag van Jesus.

Maar hier is ‘n vraag wat ons gereeld mis. Sal hierdie opdrag vervul word? Hoor mooi: Gaan daar ‘n tyd kom wat die kerk kan terugkyk en verklaar: Ons was gehoorsaam – ons het die opdrag voltooi?

Ek vra, met ander woorde, gaan daar ‘n tyd in die toekoms wees wat al die nasies dissipels is, gedoop in die Naam van die Drie-Enige God, besig om te leer van die woorde van Jesus?

Wat ‘n beeld! Hoe ver van die werklikheid waarin ons leef is dit nie. Maar is dit moontlik?

Sien, ek wil argumenteer dat, as dit nie vervul gaan word nie, dan maak dit Jesus se sending ‘n mislukking. Hoor my mooi: Ek glo dat Jesus se sending – sy “Mission” soos die Engelse sê – wel suksesvol was en gaan wees. Maar ek glo dat net ‘n optimistiese siening van die toekoms kan regverdig dat sy sending op die ou end suksesvol vervul sal word.

Ons moet onthou, Jesus is die eerste Sendeling. Lank voor Hy ons uitstuur, word Hy uitgestuur. Jesus se eie woorde, is: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” (Joh. 20:21). So Hy is die eerste Sendeling. En ons opdrag om sendelinge te wees, kan net sin maak in sy groter opdrag. Ons opdrag is basies om saam met Jesus, Jesus se werk te voltooi. Direk na die sendingopdrag sê Hy immers: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” (Matt. 28:20). Ons opdrag is sy opdrag. Ons missie is sy missie. Ons doen sendingwerk in die voetspore van Jesus.

So, om terug te kom na die vraag: Gaan Jesus se missie suksesvol wees? Of gaan Jesus – op die finale dag – ‘n onsuksesvolle Sendeling wees?

Ons geneigdheid is om vas te hak by “al die nasies.” Ek kan sommer hoor hoe iemand wil teëstribbel: “Maar Hy red mos nie alle mense nie! Ons is nie universaliste nie!” En dit is heeltemal waar. Maar daar is twee maniere om die woord “al” of “almal” of “die hele” te gebruik. Jy kan dit gebruik in die sin van elke liewe mens, of elke liewe nasie, kop vir kop. Of jy kan dit in ‘n meer algemene sin gebruik vir ‘n aangrypende, groot hoeveelheid. Dit is in hierdie laaste sin wat ek dit verstaan.

Jesus kom met ‘n missie: ‘n Missie om die nasies te red – nie te veroordeel nie. Hyself sê: “Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Joh. 3:17). Ek glo nie dat Hy gaan misluk nie. Daarom is ek optimisties oor die toekoms van die koninkryk.

Wat van die nou poort?

Daar is baie ander tekste waarheen ons kan gaan. Openbaring is een van die mooiste dele, terloops: Daar lees ons keer op keer van meningitis en meningitis wat gered word – van elke volk, stam, taal en nasie. Die Psalmboek is ook ‘n pragtige digbundel vol van God se wonderlike verlossing van al die nasies. Maar ons kan nie by alles uitkom in hierdie een artikel nie.

Ons moet nou tyd spandeer by ‘n baie gewilde beswaar teen hierdie posisie. Dit is Jesus se woorde in Mattheus 7:13-14: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” Hoe moet ons dit verstaan? Gee dit nie die indruk dat God se verlossing – op die ou end – wel baie klein gaan wees nie?

Ek wil hierdie antwoord deur te wys op die die styl van Jesus se ander woorde, in sy bergpredikasie (onthou, dis waar hierdie deel homself in die Bybel bevind). Jesus kom hier aan die einde van sy preek. En tot nou toe het Hy baie gereeld klem geplaas op hoe radikaal, persoonlik en veeleisend die wet van die HERE is. So het Hy byvoorbeeld ook gesê: “As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie. En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.” (Matt. 5:29-30). Niemand interpreteer hierdie woorde letterlik nie. Dis duidelik wat Jesus bedoel: Hy wil wys hoe ernstig die saak is wat Hy oor praat. So ook dan, wanneer Hy praat oor die poort wat nou is en min mense wat dit vind, wil Hy vir ons wys hoe ernstig dit is om wel die poort na die hemel op te soek en nie net te dwaal op die pad wat na die verderf lei nie. Hy praat nie van ‘n tydlose waarheid – dat daar meer mense in die hel as in die hemel is nie. Hy praat oor hoe ernstig dit is vir jou en my om seker te maak ons soek wel die poort na die hemel.

Dit is meer duidelik wanneer ons kyk na ‘n ander interaksie, waar Jesus ‘n soortgelyke antwoord gegee het. In Lukas 13:23-24 lees ons: “Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.”

Hier kom iemand met ‘n baie teoretiese, eskatologiese vraag na Jesus: “Gaan daar min of baie mense gered word?” En Jesus maak dit persoonlik. Hy maak dit relevant. Soos altyd, is Hy nie lus om net oor teorie te gesels nie. Sy antwoord is basies: “Vergeet van of dit baie of min is. Wat van jou?”

So wat van jou? Wat van my?

Ons kan lekker lank gesels oor optimisme en pessimisme. Ons kan lekker lank debatteer oor die toekoms en oor God se groot plan vir sy koninkryk. Ons kan wonder: Gaan God baie mense red of min? Gaan sy koninkryk nog baie groei, of moet ons maar soos ‘n skilpad maak, ons koppe in die dop trek en wag vir die eindtyd om verby te gaan.

Maar hierdie antwoord van Jesus kloof deur ons teoretiese bespiegelinge soos ‘n skerp swaard: “Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.”

Ek dink nie Jesus gebruik die nou poort as ‘n tydlose waarheid oor sy plan vir sy koninkryk nie. Ek dink Hy gebruik dit soos ‘n vuis om ons op die bors te slaan en te laat besef: Hierdie sake is ernstig en persoonlik.

Die kruks van die hele saak…

Daar is baie dinge wat ons negatief kan maak in die Weste en in Suid Afrika. Die opkoms van die sekularisme, die moderne wêreldbeskouing van relativisme, die groot getalle waarin mense hul toevlug neem tot die New Age dwaling, die daling van geboortesyfers onder kerklidmate, die groot getalle waarin mense emmigreer – dit alles het die geneigdheid om ons erg pessimisties te maak oor Jesus se wonderlike koninkryk.

Maar dink ‘n bietjie so daaraan: God is mos groter as ons. En sy koninkryk is groter as die koninkryk wat ons hier voor ons sien. Die Weste is maar ‘n baie klein deel van die wêreld, al hou ons baie daarvan om te dink dat ons die kat se snor is. God is besig om te werk op ander plekke in die wêreld. Meer en meer groei die Christendom in Oosterse lande soos Sjina[2]. God se koninkryk is groter en heerliker as ons land en ons leeftyd. Ons is deel van iets groters as wat ons net raaksien in ons kort tyd in hierdie lewe. Ons het die groter perspektief van God se Woord nodig. En daar kry ons hoop: Hoop vir ons lewens, maak nie saak hoe sleg dit gaan nie. Maar ook hoop vir die toekoms. Ons mag hoor: Die klippie word groot, die mosterdboom groei, en Koning Jesus is besig om sy sendingopdrag uit te voer.

So skep moed. Stry hard. Bou God se koninkryk.

Bronnelys:


[1] Starke, 2012:Aanlyn.

[2] https://www.bu.edu/articles/2023/why-is-christianity-growing-in-china/

Die Eienskappe van ‘n Goeie Koning

Deuteronomium 17:14-20

Op 31 Julie 2021 het daar op die plaas Diamantvallei ‘n konferensie plaasgevind oor die tema, “Verset: Roeping en Stryd.”1 Verskillende Gereformeerde sprekers het op die konferensie opgetree, onder andere prof. Andries Raath. Een van die temas wat in sy lesings na vore gekom het, is die eienskappe van ‘n tirannieke owerheid2. Hierdie artikel is ‘n poging om verder te besin oor hierdie tema, deur spesifiek te kyk na die eienskappe van ‘n goeie koning volgens Deuteronomium 17:14-20.

Na Israel se 40 jaar in die woestyn, net voor hulle die Beloofde Land intrek, gee God vir hulle sy verbondswette om hulle lewe as ‘n bevryde volk in sy teenwoordigheid te reguleer. Dít is die boek Deuteronomium3. Tussen hierdie wette, in Deuteronomium 17:14-20, vind ons ‘n uiteensetting van hoe konings moet leef en regeer. Aangesien die hele Skrif nuttig is om toegepas te word op ons lewens en omstandighede (2 Tim. 3:16,17) kan ons ook uit hierdie passasie ietsie leer oor hoe konings en ministers behoort te heers. 

Die passasie begin deur reguit te sê dat die volk ‘n koning in die land mag aanstel (v.14-15). So dis van die begin af duidelik dat God regeer deur ‘n koning4. Maar wat is die eienskappe van so ‘n koning? Vers 15-20 gee vir ons vyf eienskappe:

  1. Die koning moet uit die volk kom.
  2. Hy mag nie ‘n groot weermag hê nie.
  3. Hy mag nie baie politieke mag najaag nie.
  4. Hy mag nie baie rykdom versamel nie.
  5. Hy moet nederig wees teenoor God en sy broers.

Elkeen van hierdie eienskappe wys vir ons na God se uiteindelike Koning: Jesus Christus (Ps. 118:22).

Die koning moet uit die volk kom

“uit die midde van jou broers moet jy ‘n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie.” (Deut. 17:15).

Die eerste eienskap van ‘n goeie koning, is dat hy ‘n volkseie koning moet wees. Dalk sou Israel in die versoeking kom om ‘n uitlander as koning aan te stel, om so hulle politieke bande met die ander nasies te versterk. Maar hulle moet sterk staan teen hierdie versoeking: God wil sy volk regeer deur ‘n koning uit sy volk: ‘n Inheemse koning.

Hierdie is vervul in Jesus: Hy het vlees en bloed deelagtig geword om soos ons te wees, en ons te verlos uit die mag van die duiwel (Heb. 2:14). As Jesus dan voor die regterstoel van Pontius Pilatus staan, verwerp sy eie broers Hom met die woorde: “Ons het geen koning behalwe die keiser nie.” (Joh. 19:15). Die volkseie Koning wat God gekies het word verwerp vir ‘n Romeinse keiser.

Hy mag nie ‘n groot weermag hê nie

“Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie.” (Deut. 17:16).

Die tweede eienskap klink met die eerste hoorslag so bietjie vreemd. Hoekom mag die koning nie baie perde hê nie? Wel, in hierdie tyd was perde gebruik vir net een ding: Oorlog5. Perde het strydwaens getrek, of soldate het op hulle gery. So as dit hier sê dat die koning nie baie perde mag hê nie, dan beteken dit dat hy nie op ‘n groot weermag moet vertrou nie. Die koning en sy volk moet vertrou op die HERE wat saam met hulle na die oorlog toe uittrek (Deut. 20:1).

Hierdie is vervul in Jesus: Hy kom nie in sy eie mag nie, maar in die mag van sy Vader (Joh. 5:19). Wanneer Petrus Hom wil verdedig teen die owerpriesters se soldate, dan maak Jesus ook duidelik dat Hy kan vertrou op sy Vader, en nie Petrus se swaard nodig het om Homself te verdedig nie (Matt. 26:53). Daar kom egter ‘n tyd wanneer Jesus sy perd opsaal en met die weermag van die hemel kom om oorlog te maak (Open. 19:11-21).

Hy mag nie baie politieke mag najaag nie

“Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie.” (Deut. 17:17). 

Die derde eienskap wil ons so bietjie laat lag. Daar is ‘n voor die hand liggende rede waarom die koning nie baie vroue mag hê nie: Dit is natuurlik teen die bloudruk vir die huwelik wat God in Genesis 2:21-25 ingestel het, naamlik: Een vrou vir een man, een van been en een van vlees. Baie koninginne verlei die koning ook tot afgodery (1 Kon. 11:1-13). Maar daar is nog iets: Konings het baie vroue gehad, om so hulle politieke mag uit te brei. As jy trou met die dogter van ‘n ander koning, dan is daar sterk diplomatiese bande tussen julle6

Hierdie is vervul in Jesus: Hy kom om te trou, met net een vrou (Open. 19:1-10). Só herstel Hy die skoonheid van die huwelik (Matt. 19:4-6). Sy koninkryk is ook nie gebou op diplomatiese ooreenkomste nie. Hy sê self: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie.” (Joh. 18:36).

Hy mag nie baie rykdom versamel nie

“hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie.” (Deut. 17:17)

Die vierde eienskap is dat die koning nie baie ryk mag wees nie. Die rede hiervoor is baie eenvoudig: Waarop moet die koning vertrou – op sy rykdom of op sy God? Natuurlik op God. Maar rykdom kan die koning se aandag van God aflei (Deut. 8:11-14). Soos Jesus ons later leer: “waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” (Matt. 6:21). Dawid se koningshuis sou op die ou end val, toe Hiskia hiervan vergeet (Jes. 39:1-8).

Hierdie is vervul in Jesus: Hy verlaat die rykdom van die hemel en word ‘n mens. Hy kom woon onder die armes en bedien sy evangelie aan hulle. In Lukas 14:21 nooi Jesus ook “die armes en verminktes en kreupeles en blindes” na sy hemelse maaltyd. Hy is wel die Koning wat so ryk is dat Hy sy strate met goud teer (Open. 21:21) maar hierdie rykdom is nooit sy afgod nie. Inteendeel, Hy is juis die Een wat waarsku: “Julle kan nie God én Mammon dien nie!” (Matt. 6:24).

Hy moet nederig wees teenoor God en sy broers

Eienskappe 2, 3 en 4 is baie soortgelyk. Ons kan dit so opsom: Die koning behoort nie baie militêre mag, baie politieke mag, of baie finansiële mag, te hê nie. Die koning moet klein wees: Hy is nie die almagtige, soewereine en al-ryke heerser nie. Daar is ‘n ander Koning wat oor Hom is, soos Psalm 99:1 sê: “Die HERE is Koning; laat die volke bewe!” Die vyfde eienskap vat dan hierdie drie eienskappe saam: 

“Hy moet al die dae van sy lewe [hierdie koningswette] lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees .. sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie.” (Deut. 17:19,20).

Hierdie vyfde eienskap is allesomvattend: Die koning moet in alles wat hy doen, nederig wees. Hy moet besef wie hy werklik is. Hy is onder God, een van die broers van die volk. 

Hierdie is vervul in Jesus: Hy is die groot voorbeeld van ‘n nederige Koning. Hy het sy hoë posisie as Seun van God opgeoffer om ons dienaar te wees (Filip. 2:6,7). Sy eie woorde aan ons is: “Ek noem julle nie meer diensknegte nie .. Maar Ek het julle vriende genoem.” (Joh. 15:15). 

Wat nou?

God gee hierdie vyf eienskappe vir ‘n goeie koning. Maar wat daarvan? 

Wel, die beginsels van God se wet geld steeds vir ons (Matt. 5:17-19). Die konings en ministers wat ons vandag het, het ook ‘n verantwoordelikheid om te heers volgens hierdie eienskappe. God se wet geld nie net vir die mense wat kerk toe gaan nie: Dit geld ook vir die goddelose heersers van die land. En hulle moet besef dat daar ‘n Koning is wat Hom sal wreek oor die herders wat sy volk uitbuit (Eseg. 34).

Hier is ‘n paar voorbeelde:

Wat van die belasting wat skynbaar geen grense het nie? As iemand ‘n vraag het oor belasting dan hoor ons so gereeld in die kerk: “Jy moet die keiser gee wat die keiser toekom en God wat God toekom” – soos Jesus geantwoord het. Maar waar kom die punt wat die keiser God se plek inneem? Is dit nie heeltemal onredelik dat die keiser al 30% of 40% belasting eis, terwyl God selgs ‘n tiende kry (en in realiteit, meestal nie eens dit nie)? Ons regering behoort te sidder in die vooruitsig vir die oordeel wat oor hulle hang deur hulle uitbuiting van eerlike burgers.

Wat van ons owerheid se pogings om in te meng in die sfeer van die kerk en die gesin? Die BELA-bill is ‘n goeie voorbeeld, wat nou sterk na vore kom in die nuus7. Basies kom dit neer daarop dat die staat die verantwoordelikheid van ouers wil oorneem om hulle kinders op te voed. Die kinders word kinders van die staat – kinders wat grootgemaak moet word om ANC-stemmers te wees, eerder as om vry-denkende dienaars van Jesus Christus te wees.

Dit is baie duidelik uit die Bybel dat God die groot Koning is: “Die HERE is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die gérubs; laat die aarde sidder!” (Ps. 99:1). Elke minister, regter, president en goewerneur is maar net ‘n onderkoning: ‘n Prins. Daar is ‘n standaard – ‘n Heerser – wat bo hulle staan. Die groot vraag is: Wat maak jy met daardie Heerser?

Johnny Cash se waarskuwing behoort relevant te wees vir elke mens, en sekerlik vir elke regeerder op aarde vandag:

“There’s a Man going ‘round taking names

And He decides who to free and who to blame

Everybody won’t be treated all the same

There’ll be a golden ladder reaching down

When the Man comes around”8

(Johnny Cash, When the Man Comes Around).

Bronnelys:

  1. https://youtube.com/playlist?list=PLfrApyS_EQkKXTQa0ME1JYibSMd_zoVH5 ↩︎
  2. https://youtu.be/dB0HOP9c0t0 ↩︎
  3. Goldsworthy, 1991:152-155. ↩︎
  4. Goldsworthy, 1991:165. ↩︎
  5. Walton et al, 2000:Elektronies. ↩︎
  6. Walton et al, 2000:Elektronies. ↩︎
  7. https://www.georgeherald.com/News/Article/General/bela-bill-raises-many-concerns-202305241124 ↩︎
  8. Johnny Cash, Liedjie, When the Man Comes Around. Beskikbaar by: https://genius.com/Johnny-cash-the-man-comes-around-lyrics ↩︎

Protestant wees in 2020’s

Kerke landskap in 2020’s

Die COVID pandemie het vir ons mooi uitgewys hoe magteloos die kerke die afgelope dekades geword het. 

In die 1500’s het Koningin Mary van die Skotte gekla dat sy die gebede van Ds John Knox meer vrees as ‘n duisend man sterk weermag 

In 2020 het regerings regoor die wêreld, kerke sumier toegemaak vir etlike maande. 

Museums, Gyms en Museums kon funksioneer, maar kerke moes toe bly. Minister Lindiwe Zulu het gepoog om die verspreiding van voedsel onwettig te maak. M.a.w. diakoniee sou onwettig optree deur voedselhulp te versprei. Die protes vanuit kerklike rigting was baie flou. Solidariteit, Saai en Afriforum het gesê dat hulle die staat nie sal gehoorsaam hierin nie. Solidariteit Helpende Hand het die leiding geneem om namens die kerke die staat hof toe gevat. Eers toe het die staat begin om toegewings te maak.

Redes vir kerk se irrelevansie

a) Pietisme

Een van die dinge wat veroorsaak dat Christene so magteloos is, is Christene se omarming van onBybelse idees wat die fisiese wereld en geestelike wereld radikaal van mekaar skei. 

“[Pietism] makes Christians so heavenly minded that they are of no earthly use… here the church becomes other-worldly, unearthly, and irrelevant to real life. It becomes progressively more and more alienated from the real issues and foreign to God’s world. Lonely and defeatistic, it surrenders all the other areas of life to the forces of antichrist, which ultimately surrounds and destroy this pietism. What pietism produces, therefore, above all, is its own grave-diggers.“
(The Christian Manifesto of 1984,Prof FN Lee)

“Pietism puts a very, very self-centered expression on personal acts of piety, devotional exercises, and so on. As though we are going to be blessed by God for a lot of pious gush, but all this without action. We had the rise of pietism several times in history in the late mediaeval period, and again beginning somewhere in the last century, when people turned away from doing what they should do, to retreats in which they were instructed in the deeper life, deeper fellowship with God, all in terms of nothing but emotional experience. And that has corrupted every branch of Christendom. Eastern Orthodoxy, Roman Catholicism, Protestantism, they all have become hyper pietistic, except for those who have gone in in recent years for the social gospel. All of this has very much undermined the church, because the social gospel is just the political gospel, it is not what God and His Law tells Christians to do. And pietism assumes that your personal acts of devotion are all that are needed, and the result is in the late middle ages you had pilgrimages, and by going on a pilgrimage it ostensibly gave you a great plus with God. And, in the past century or more, going to retreats or spiritual conferences, conferences that simply emphasize the deeper life, by which they mean: more time in prayer by the hour… Pietism is very man centered… it is self-centered.” (Rusdoony RJ, https://pocketcollege.com/transcript/RR198B4.html)

b) Kerk = Wêreld

Rom 1:18-32 maak dit duidelik dat Homoseksuele dade ‘n oordeel van die HERE is. ‘n Gelowige kan nie gay wees en ‘n Christen nie! Dan is daar nie eens sprake daarvan dat twee vroue met mekaar kan trou en ‘n kind kan aanneem nie.

Die Kerkbode berig op 23 Januarie 2015 dat Ds Elmarie Dercksen die “dogtertjie” (Ami) van Erna en Liezl vd Westhuizen doop. Erna en Liezl is beide vroue en hulle het Ami aangeneem. In hierdie berig word homoseksualiteit goedgepraat:– 

  • Dit ís moontlik – ’n mens kan gay én gelowig wees.
  • Kerk is safe spaces waar mense onvoorwaardelik genade-kanse kry; waar menswaardigheid en musiek en pastoraat link met jou eie realness; waar die stemloses mag praat en uiteindelik selfs ook weer kan begin sing. 

Hierdie gebeure binne die kerkmure duis vir ons aan dat dfaar ‘n aarskuddende verandering in die kerk plaasgevind het. Die kerk het nog die simbole en termonologie van godsaligheid, maar is nie meer ‘n kerk wat aan die definisie voldoen wat die Bybel daaraan gee nie. Die inhoud is onbybels.

Reformasie 1500’s vs Vandag

Wanneer ons besin oor ons situasie vandag, dan is dit nuttig om ook te kyk na die 1500’s. Europa het grootliks bestaan uit die Heilige Romeinse Ryk en die Hubsburgse ryk. Die Hoër Magistrate was die koningshuis van Habsburg en die koningshuis van die Heilige Romeinse Ryk. Binne hierdie ryke was daar prinse wat Laer Magistrate was:

  • Karel V was die Keiser van die Heilige Romeinse Ryk (HRR) en die Koning van die Habsburgse Koninkryk (HK) (1519-1556)
  • Karel V se seun Phillip II volg hom op en word die heerser oor die Nederlande in 1555 en later die Habsburgse Ryk.
  • Phillip II stuur die Spaanse Armada na Engeland om Protestantisme daar omver te gooi (1588).
  • Die Habsburgse Ryk was ‘n gedeeltelike onderdeel van die Heilige Romeinse Ryk. Die Keiser van die HRR ois verkies terwyl die HK die persoonlike eindom van die Koning was. 
  • Die Heilige Romeinse Ryk het bestaan uit: Duitsland, Nederland, België, Switzerland, Lichtenstein, Tjeggiese Republiek, Slovenië, Oostenryk en Kroasië
  • Die Habsburgse Koninkryk het bestaan uit: Nederland, België, Lichtenstein, Portugal, Spanje, Sardinië, Sisilië en dele van Italië en Frankryk.

Die Habsburgse Koninkryk het bestaan uit: Nederland, België, Lichtenstein, Portugal, Spanje, Sardinië, Sisilië en dele van Italië en Frankryk.

Daar was spesifieke gebeure wat na die begin van die Reformatoriese wat uitgeloop het op die 1550 Maagdeburg belydenis as antwoord op die vervolgings van die 1500’s en 1600’s. Dit is relevant vir ons vandag:

Eerstens te besef dat daar spesifieke dinge gebeur het in aanloop tot die Maagdeburg Belydenis in 1550:

  • Met Johannes Hus wat deur die afvallige Roomses verbrand is vir sy gereformeerde strandpunte, het gelowiges tot die gevolgtrekking gekom dat Martin Luther óók as ketter gevange geneem en verband sou word toe die Pous en Roomses weerstand begin bied het teen Luther se standpunte. Die keurvors Frederik van Sakse het Luther ontvoer en Luther beskerm teen die Pous. Hierdie is dus reeds ‘n vorm van laer magistrate wat die hoër magistrate verontagsaam en teengaan.  
  • Reeds in 1522s was daar sprake dat daar ‘n Nederlandse Inkwisisie sou plaasvind om die Calvinisme uit te wis. Die Edik van 1521 het enige gereformeerde eredienste of aanbidding verbied. Frans Van Hulst is in 1523 aangestel as die eerste Inkwisisie Generaal. Pieter Titelmans is aangestel in 1545 om die Protestante in Nederland te vervolg. Hy het tussen 1545 en 1566 betrokke in 1120 hofsake teen protestante vir “misade”: om die Bybel te lees, ‘n boek te besit wat in Geneve gedruk is en direk tot God te bid. 1300 Nederlanders is teregestel tussen 1523 en 1566. 
  • In 1546 het Karel V ‘n ooreenkoms met die Pous gesluit om die verspreiding van Protestantisme stop te sit. Dit lui onder andere: “In the name of God and with the help and assistance of his Papal Holiness, his Imperial Majesty should prepare himself for war, and equip himself with soldiers and everything pertaining to warfare against those who objected to the Council [of Trent], against the Smalcaldic League, and against all who were addicted to the false belief and error in Germany, and that he do so with all his power and might, in order to bring them back to the old faith and to the obedience of the Holy See.” (Maagdeburg belydenis, Matthew Colvin, ISBN 13: 9781470087531)   

Ten tweede dat die Maagdeburg Belydenis korrek vooruitgesien het dat weerstand teen die Hoër Magistrate noodsaaklik is om die voortbestaan van die ware evangelie (Protestantisme) in Europa te verseker:

  • In Willem van Oranje se biografie vertel hy dat die Franse Koning vir hom in privaatheid meegedeel het dat Keiser Karel V tydens sy onderhandeling met die Franse Koning laat blyk het dat hy van plan was om die Protestantisme heeltemal uit te wis in Frankryk, die Nederlande en die hele Christendom (The Story of Freedom, Kevin Swanson, p. 129-130)
  • Die uitbreek van burgeroorloë in die Nederlande (80 jarige oorlog, Habsburgse Koninkryk (die 30 jarige oorlog) en Frankryk (vervolging van die Hugenote 1562-1698), die Spaanse Armada om protestantse Engeland te verower het net bevestig dat die Maagdeburg belydenis reg voorsien het dat die Hoër Magistrate (Karel V en later Phillip II) van plan was om protestantisme total uit te wis. 

As ons die lesse van die na reformasie tyd en hoe dit relevant is vir ons vandag wil bekyk dan is dit ook goed om die verskille en ooreenkomste tussen die Reformasietyd en ons tyd vandag te beskou:

VERSKILLEOOREENKOMSTE
* Ons stryd vandag is teen Sekulêre Humanisme (SH) terwyl in 1500s dit teen Rooms Katolieke (RK) was* Profs HG Stoker en WA Hoffecker wys uit dat Rooms Katolieke ‘n sagte vorm van Sekulêre Humanisme is * Die Heilige Romeinse
Die HRR & Habsburg Ryk was baie meer gedesentraliseerd as SA vandagDie HRR, net soos SA, is ‘n sameflansing van verskillende tale en volke.
Die vervolging is tans baie meer subtiel – ons lewens is nog nie ingevaar nie. Dit is ‘n vorm van Brave New World en nie ‘n 1984 tipe distopia nie è WEF : “You will own nothing and be happy”.  * Dit wil lyk of ons vervolging baie meer dwingend gaan word. Humanistite was uitgesproke dat hulle die COVID pandemie as ‘n nuttige gereedskapstuk gebruik het om hul agenda te implementeer. Ons het gesien hoe drakonies hulle opgetree het.
Prof Charlie Rice (Notre Dame Law School) :
Unless Christians start turning things around, [the Humanists] will define certain groups as non-persons . So, it will not be murder to kill Christians. David Horowitz het onlang die boek “Final Battle: The Next Election Could Be the Last” gepubliseer. Hy beween die toename van Facisme binne die Amerikaanse politieke establishment (Generations.org : Generations Radio : Interview with David Horowitz on his new book, 23 Junie 2023, https://www.generations.org/programs/2901). Hy sê dat die VSA vinnig oppad is om ‘n dikatuur te word wat onverdraagsaam is teen alles wat regsinnig is.
Die SH van ons dag is baie radikaler onbybels as die RK en wil o.a. ook die gesin en God herdefinieer: LGBT+ bevordering – selfs in skoleKinders mag nie meer pakslae gegee word niePogings om ouers se betrokkenheid by die opvoeding van hul kinders weg te neem è BELA 

Die Maagdeburg Belydenis is vir ons van belang in ons oorlewingsstryd as Christene vandag. Die Protestante in Duitsland het dit ontwikkel om uiteen te sit hoekom hul, hul verset het teen hul regeerders wat hulle doodgemaak en in die tronk gegooi het. Hulle opofferings het dit vir ons moontlik gemaak dat ons vandag God in Vryheid kan aanbid.

Die Roomse Keiser en die Pous het aanvanklik opdrag gegee dat Maarten Luther as ketter beskou moes word. Die ingryping van die Duitse prinse (laer magistrate) het verhoed dat Luther net soos Huss as ketter verbrand sou word.

Na die dood van Luther het die Roomse Keiser egter begin om Protestante te vervolg en ‘n klomp van die prinse het weer Rooms geword. Maagdeburg het egter geweier om onder die dwang te swig en het die Maagdeburg belydenis opgestel om hul denke uit een te sit. Dit betsaan uit drie dele :

  • 1. Uiteensetting van die Christelike leer. Die doel was om dit duidelik te maak dat die Maagdeburgers egte Protestante (Lutherane) was.
  • 2. Die Doktrine van die laermagistrate word uitgelê
  • 3. Waarskuwing aan almal wat die Maagdeburgers (Protestante) teenstaan.

Deel 2 – Die doktrine van die laer magistrate bestaan uit drie motiverings:

  • Motivering 1: Owerhede wat Goed straf en Sleg vergoed, dien die duiwel
    • Romeine 13: Owerhede is dienaars van God om dit wat goed is te beloon en dit wat sleg is te straf
    • As die owerheid dit wat goed is straf en dit wat sleg is beloon, dan word hierdie owerheid ‘n dienaar van die duiwel.
  • Moptivering 2: Ongehoorsaamheid vir onbybelse opdragte is reg
    • “Gee aan die Keiser wat aan hom behoort” (Matt 22:21) en “Ons moet God meer gehoorsaam wees as die mense” (Hand 5:29) beteken dat ons nie tirannieke owerhede gehoorsaam mag wees in dit wat teenstrydig is met wat God sê nie. Sulke Christene mag nie as rebelle of harkoppiges beskou word nie.
    • Voorbeeld van vrou en dogters wat hul goddelose man en vader wegjaag wat hulle in prostitusie wil verkoop
    • Vier vlakke van erns waar tirannieke owerheid ongeldige gehoorsaamheid eis.
  • Motivering 3: Tirannieke owerhede is nie onaantasbaar nie
    • Indien God tirannieke owerhede as onaantasbaar beskou, dan sou goddelose en absurde dinge daaruit voortvloei. Dit is teen God se wese.
    • Die uitdeel van strawwe en om onregverdige geweldenaars te verjaag is goddelik en behoort aan die magistrate, hetsy opperheersers teenoor die onderheersers of gelykes teenoor mekaar of ondergeskikte heersers teenoor opperheersers

Die 30 jarige oorlog volg in die Duitse deel van die Heilige Romeinse Ryk. Die prinse (laer magistrate) lei die weerstand teen hul afvallige Keiser wat hulle vervolg en doodmaak. Die 80 jarige oorlog (1568-1648) volg in die Nederlande. Die laer magistraat (Willem van Oranje) lei die weerstand teen hul Roomse Konings wat Protestantisme uit die Nederlande wil uitwis. Tussen 4 en 8 miljoen burgers sterf in hierdie oorloë.

Verskeie sosioloe het tot die gevolgtrekking gekom dat Noord Europa meer voorspoedig is as Suid-Europa weens die Protestantse Reformasie: o.a Max Weber en Fukuyama

In Nederland hou die Protestante stand vir 80 jaar en word in 1648 ‘n Calvinistiese republiek. Sonder hul opofferings sou SA nooit tot stand gekom het nie. Pelgrims het in Lyden tuisgegaan voor hulle na die VSA gegaan het – hulle het ‘n groot invloed op die VSA grondwet uitgeoefen.

Wat moet gedoen word

  • Liberale teologie (NG Kerk en liberale sy van die GKSA) moet teengestaan word. Sinkritisme met Humanisme moet teengestaan word. Daar moet aan lidmate verduidelik word waar ons vryhede vandaan kom en dat dit bedreig word.
  • Histories was kerke verantwoordelik vir die versorging van armes, weduwees en wese. Verder het selfs hospitale en mediese versorging onder die verantwoordelikheid van die kerk geval (The Story of Freedom, Kevin Swanson, p269-272). Die sekulere staat het die afgelope 200 jaar hierdie funksie toenemend oorgeneem. Met die demografiese ineestorting en onwerkbaarheid van sosialisme in Suid-Afrika word ‘n terugkeer na die bybelse model vir diakoniee ‘n noodsaaklikheid. 
  • FORSA moet ondersteun word. For Faith & Freedom (https://www.forsa.org.za/) is ‘n regsorganisasie wat godsdiensvryheid en ouerregte beskerm vry van staatsinmenging. Hulle is ‘n interkerklike en intergodsdienstige organisasie en daarom kan samewerking slegs op ‘n beperkte basis plaasvind.
  • Kerke moet die versoeking teenstaan om in hul dop te kruip en ‘n vorm van piëtisme te bedryf.
  • Calvinistiese verenigings moet opgerig word en ondersteun word
  • Seminare moet gereël word sodat ons ons wortel weer kan herontdek
  • Die kerke moet baie meer profeties optree teenoor die staat en politieke terrein. Christene moet verkies word tot ten minste die plaaslike owerheidvlak
     è Daar moet besin word hoe dit gedoen kan word sonder om partypolities te wees (Calvyn: Die kerk regeer oor die innerlike, terwyl die staat regeer oor die uiterlike). Die opstel en verspreiding van ‘n Bybelse Stemgids kan een manier wees.
  • SA is baie gesentraliseerd en daarom kom minder vorme van laer magistrate voor. Ook is Afrikaners ‘n klein minderheidgroep (5%). Kan burgerlike organisasies die rol vertolk van laer magistrate? Moet laer magistrate opgerig word – bv die Afrikaanse Verteenwoordigende Raad? Is kerkregering ‘n vorm van laermagistrate? Rushdoony maak die punt dat in die middeleeue die staat omtrent heeltemal verval het, en dat die kerk misdadigers en moordenaars gestraf het deur hulle uit die kerk te ban.
  • Normale take van kerkwees moet voorgesit word: sending, prediking, dissipeling, koinonia, voorbidding ens.

Koninkryksreekslesings

Pactum Instituut in samewerking met die VCHO en Bybelse Apologetiek het ‘n reeks lesings rondom Die Koninkryk van God gedoen  (09:00 – 10:00) oor die volgende onderwerpe (met skakels):

Die lesings wat reeds plaasgevind het, kan gekyk word by die skakels bo.

Koos Adendorff is dekaan teologie by die Afrikaanse Protestantse Akademie. Hy is getroud met Elmarie en hulle het vier kinders. BA, BD, NagrDiplTeol, MTh, DTh (Diakoniologie, UOVS)

Cobus Rossouw is predikant van die Gereformeerde Kerke Hendrina en Carolina. Hy is getroud met Marietjie en hulle het agt kinders   BTh, BTh (Hons), MDiv (PU vir CHO) 

Adi Schlebusch is die direkteur van die Pactum Instituut wat Bybelgetroue boeke en akademiese artikels publiseer. Hy is betrokke by die AP Akademie en BCVO. Hy is getroud met Lize en hulle het drie kinders. PhD (Teologie), MA Fil, BA (Latyn), BA(Teologie)

Slabbert le Cornu is predikant van die Gereformeerde Kerk Carletonville en radakteur van Proregno. Hy was betrokke met die vertaling van die Statenvertaling Kantaantekeninge. Hy is getroud met Dorethea en hulle het nege kinders. MDiv (PU vir CHO), BTh (PU vir CHO), BA (UP), HOD (UNISA)

Christiaan Jooste is predikant van Gereformeerde Kerk Waterberg. Hy is die outeur van Die Dordtse Leerreels, ‘n preekbundel oor hierdie besondere belydenisskrif. Hy is getroud met Irma en hulle het vyf kinders. PhD (Ou Testament) NWU, MTh (Kerkgeskiedenis), MDiv, BTh, (PU vir CHO).

Andries Raath was professor by die fakulteit regte aan die Universiteit van die Vrystaat tot met sy aftrede in 2012. Hy het meer as 150 bydraes in joernale gepubliseer. Sy spesialisveld is regsgeskiedenis, regsfilosofie en die geskiedenis van pioniersgemeenskappe. DFil (UOVS), MA, LLB (PU vir CHO), BJuris

Pieter Bisschoff is tans hoof van bemarking by Orania Ontwikkeling Maatskappy. Hy was voorheen Gereformeerde Skool Dirk Postma se skoolhoof, asook die hoof van Bo-Karoo Opleiding en AROS. Hy het ook gedien as die bestuurhoof : onderwys van Mukhanyo Theological College. BA, BA (Hons), HOD

Reformasies in die geskiedenis

Baie Christene is vandag pessimisties. Wanneer mens sien hoe Humanisme hand oor hand toeneem, dan wil ons amen sê op Psalm 12:

“Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders”.

Maar ons moet ons self herinner dat daaar ook ‘n Psalm 2 is:

“Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde … Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik… Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die Here met vrees, en juig met bewing.Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!”

Ons moet ons herinner aan die woorde van Abraham Kuyper, die eerste minister van Nederland 1901-1905, wanneer hy in sy Tractaat van de Reformatie, (1884) skryf dat uit ‘n Christelike perspektief kan ons die geskiedenis opdeel in hierdie hoofdele:

  • Skepping
  • Sondeval
  • Reformasies
  • Christus se koms
  • Reformasies
  • Wederkoms en Oordeel
  • Nuwe hemel en aarde

In terme van die Reformasies maak hy die opmerking :

“Omdat die Reformasie van die sestiende eeu as die Reformasie beskou word, is baie onder die indruk dat daar nie in die Heilige Skrif nie en ook nie in die geskiedenis sprake is van ander Reformasies nie. Dit is ‘n valse idee… As mense gewoond daaraan raak om die Reformasie van Luther as die enigste egte Reformasie te beskou, dan is hierdie die nagevolg: ‘Reformasie’ word dan slegs ‘n eenmalige gebeurtenis en daar is niks verder om daaroor te sê nie. Maar as in teendeel Reformasie ‘n konstante finomeen in die geskiedenis van Jesus se kerk is, wat weer en weer gebeur nadat foute en afvalligheid ingesluip het en herstel deur Reformasie probeer word en gereeld ook suksesvol is, dan word die idee van Reformasie vir ons lewendig.”

Hy gaan dan voort en lys die volgende Reformasies:

  • Die kinders van Set wat afgeskei het van die kinders
    van Kain in die dae van Enoch okm die naam van die
    Here aan te roep.
  • Die vloed wat Noag en sy gesin afgeskei het van die
    goddelose afvallige korrupte mensdom
  • Abraham wat op God se bevel die afgodsaanbiddende
    Ur verlaat het om die kerk op ‘n ander plek te herstig.
  • Die vierde reformasie het plaasgevind toe Jakob en
    Esau se paaie geskei het.
    Bg. Reformasies was egter uniek omdat dit primêr deur God
    gedryf is. Dit is daarom nie ‘n model vir reformasie in ons dag
    nie. Na die totstandkoming van Isael het die volgende
    Reformasies plaasgevind:
  • Die verplasing van die kerk van die land Goosen na
    die woestyn
  • Die afskaffing van kalfaanbidding deur Moses
  • Verskillende reformasies onder die Rigters
    Die reformasie wat Samuel nagejaag het en ook
    verwesentlik het
  • Daar was dan sewe reformasies wat deur konings
    bewerkstellig is:
    ◦ In Juda onder: Asa, Josefat, Joas, Hiskia, Manasse
    ◦ In Israel onder: Jehu en deur Elia teen Agab
  • Serubabel wat die kerk teruglei na die Ballingskap
  • Esra en Nehemia wat Jerusalem se mure herbou
  • Johannes die Doper wat die volk oproep tot bekering
  • Sinode van Nicea 325
  • Waldense
  • Hussiete in Bohemië
  • Wycliff in Engeland
  • 1500’s Reformasie: Sweeds, Duits, Switserland,
    Frankryk, Slawië, Skotland ens.
  • Dordt 1618/9
  • Afskeiding van 1834
    Ons kan byvoeg:
  • Abraham Kuyper se Doleansie en die reformasie wat
    daarop gevolg het van 1886.

Ons kan byvoeg: Abraham Kuyper se Doleansie en die reformasie wat
daarop gevolg het van 1886.

Kom ons werk en bid vir nog ‘n Reformasie in ons dag. ‘n Reformasie waar terugekeer kan word na God se Woord. ‘n Reformasie waar die HERE weer gevrees kan word.

Tydbeskouing

Die tydsbeskouing is een van die sewe voorveronderstellings van ‘n wereldbeskouing. Dit poog om die volgende vrae te beantwoord:

  1. Is daar ‘n begin en einde aan tyd?
  2. Is daar enige doelwit waarheen alles oppad is?
  3. Is dit net oneindige siklusse?

Omdat die mens nie alwetend is nie en ook nie alle data tot sy beskikking het oor hoe die heelal, aarde, die plant- en diereryke en hoe die mens tot stand gekom het nie, moet noodwendig voorveronderstellings gemaak word. Christene sal die Bybel as ’n betroubare bron van inligting beskou en sê dat dit vir ons vertel dat God die Skepper van alles is.
Ewolusioniste wil egter niks weet van ’n godheid nie en gevolglik is hul heel eerste voorveronderstelling dat God nie bestaan nie. Hierdie voorveronderstelling veroorsaak dan dat hulle alle inligting wat aangebied word, sal interpreteer in die lig van hierdie voorveronderstellings.
’n Wêreldbeskouing bestaan uit ’n aantal basiese voorveronderstellings wat min of meer konsekwent is met mekaar en wat min of meer wetend gehou word en min of meer waar is. Gewoonlik word hierdie voorveronderstellings nie deur mense bevraagteken nie en kom slegs na vore wanneer ’n mens met ’n vreemdeling van ’n ander ideologiese denkrigting verskil (The Universe Next Door, James Sire, 2009, Intervarcity Press, p18)

Al die voorveronderstellingskategoriee is:

  1. Godsbeskouing / Teologie
  2. Mensbeskouing / Antropologie
  3. Kennisleer / Epistomologie
  4. Heelalbeskouing / Kosmologie
  5. Samelewing / Sosiologie
  6. Etiek
  7. Tydsbeskouing

Samelewing

Die samelewingsbeskouing is een van die sewe voorveronderstellings van ‘n wereldbeskouing. Dit poog om die volgende vrae te beantwoord:

  1. Wat is die verband tussen die indiwidu en die gemeenskap?
  2. Wat is die belangrikste: die eenheid of die veelheid?

Omdat die mens nie alwetend is nie en ook nie alle data tot sy beskikking het oor hoe die heelal, aarde, die plant- en diereryke en hoe die mens tot stand gekom het nie, moet noodwendig voorveronderstellings gemaak word. Christene sal die Bybel as ’n betroubare bron van inligting beskou en sê dat dit vir ons vertel dat God die Skepper van alles is.
Ewolusioniste wil egter niks weet van ’n godheid nie en gevolglik is hul heel eerste voorveronderstelling dat God nie bestaan nie. Hierdie voorveronderstelling veroorsaak dan dat hulle alle inligting wat aangebied word, sal interpreteer in die lig van hierdie voorveronderstellings.
’n Wêreldbeskouing bestaan uit ’n aantal basiese voorveronderstellings wat min of meer konsekwent is met mekaar en wat min of meer wetend gehou word en min of meer waar is. Gewoonlik word hierdie voorveronderstellings nie deur mense bevraagteken nie en kom slegs na vore wanneer ’n mens met ’n vreemdeling van ’n ander ideologiese denkrigting verskil (The Universe Next Door, James Sire, 2009, Intervarcity Press, p18)

Al die voorveronderstellingskategoriee is:

  1. Godsbeskouing / Teologie
  2. Mensbeskouing / Antropologie
  3. Kennisleer / Epistomologie
  4. Heelalbeskouing / Kosmologie
  5. Samelewing / Sosiologie
  6. Etiek
  7. Tydsbeskouing

Kennisbeskouing

Die kennisbeskouing is een van die sewe voorveronderstellings van ‘n wereldbeskouing. Dit poog om die volgende vrae te beantwoord:

  1. Is dit moontlik om enige iets te weet?
  2. Hoe weet mens wie wat die mens / kosmos / God / Etiek ens is?

Omdat die mens nie alwetend is nie en ook nie alle data tot sy beskikking het oor hoe die heelal, aarde, die plant- en diereryke en hoe die mens tot stand gekom het nie, moet noodwendig voorveronderstellings gemaak word. Christene sal die Bybel as ’n betroubare bron van inligting beskou en sê dat dit vir ons vertel dat God die Skepper van alles is.
Ewolusioniste wil egter niks weet van ’n godheid nie en gevolglik is hul heel eerste voorveronderstelling dat God nie bestaan nie. Hierdie voorveronderstelling veroorsaak dan dat hulle alle inligting wat aangebied word, sal interpreteer in die lig van hierdie voorveronderstellings.

’n Wêreldbeskouing bestaan uit ’n aantal basiese voorveronderstellings wat min of meer konsekwent is met mekaar en wat min of meer wetend gehou word en min of meer waar is. Gewoonlik word hierdie voorveronderstellings nie deur mense bevraagteken nie en kom slegs na vore wanneer ’n mens met ’n vreemdeling van ’n ander ideologiese denkrigting verskil (The Universe Next Door, James Sire, 2009, Intervarcity Press, p18)

Al die voorveronderstellingskategoriee is:

  1. Godsbeskouing / Teologie
  2. Mensbeskouing / Antropologie
  3. Kennisleer / Epistomologie
  4. Heelalbeskouing / Kosmologie
  5. Samelewing / Sosiologie
  6. Etiek
  7. Tydsbeskouing

Heelalbeskouing

Die Heelalbeskouing is een van die sewe voorveronderstellings van ‘n wereldbeskouing. Dit poog om die volgende vrae te beantwoord:

  1. Is die kosmos ‘n oop stelsel of ‘n geslote stelsel?
  2. Is die kosmos uit niks geskep?
  3. Is die kosmos ewig?

Omdat die mens nie alwetend is nie en ook nie alle data tot sy beskikking het oor hoe die heelal, aarde, die plant- en diereryke en hoe die mens tot stand gekom het nie, moet noodwendig voorveronderstellings gemaak word. Christene sal die Bybel as ’n betroubare bron van inligting beskou en sê dat dit vir ons vertel dat God die Skepper van alles is.
Ewolusioniste wil egter niks weet van ’n godheid nie en gevolglik is hul heel eerste voorveronderstelling dat God nie bestaan nie. Hierdie voorveronderstelling veroorsaak dan dat hulle alle inligting wat aangebied word, sal interpreteer in die lig van hierdie voorveronderstellings.
’n Wêreldbeskouing bestaan uit ’n aantal basiese voorveronderstellings wat min of meer konsekwent is met mekaar en wat min of meer wetend gehou word en min of meer waar is. Gewoonlik word hierdie voorveronderstellings nie deur mense bevraagteken nie en kom slegs na vore wanneer ’n mens met ’n vreemdeling van ’n ander ideologiese denkrigting verskil (The Universe Next Door, James Sire, 2009, Intervarcity Press, p18)

Al die voorveronderstellingskategoriee is:

  1. Godsbeskouing / Teologie
  2. Mensbeskouing / Antropologie
  3. Kennisleer / Epistomologie
  4. Heelalbeskouing / Kosmologie
  5. Samelewing / Sosiologie
  6. Etiek
  7. Tydsbeskouing

Etiek

Etiek is een van die sewe voorveronderstellings van ‘n wereldbeksouing. Dit poog om die volgende vra te beantwoord:

  1. Definieer die Bybel wat reg en verkeerd is?
  2. Of dit wat reg voel?
  3. Of dit wat deur konsensus besluit word deur die samelewing?

Omdat die mens nie alwetend is nie en ook nie alle data tot sy beskikking het oor hoe die heelal, aarde, die plant- en diereryke en hoe die mens tot stand gekom het nie, moet noodwendig voorveronderstellings gemaak word. Christene sal die Bybel as ’n betroubare bron van inligting beskou en sê dat dit vir ons vertel dat God die Skepper van alles is.
Ewolusioniste wil egter niks weet van ’n godheid nie en gevolglik is hul heel eerste voorveronderstelling dat God nie bestaan nie. Hierdie voorveronderstelling veroorsaak dan dat hulle alle inligting wat aangebied word, sal interpreteer in die lig van hierdie voorveronderstellings.
’n Wêreldbeskouing bestaan uit ’n aantal basiese voorveronderstellings wat min of meer konsekwent is met mekaar en wat min of meer wetend gehou word en min of meer waar is. Gewoonlik word hierdie voorveronderstellings nie deur mense bevraagteken nie en kom slegs na vore wanneer ’n mens met ’n vreemdeling van ’n ander ideologiese denkrigting verskil (The Universe Next Door, James Sire, 2009, Intervarcity Press, p18

Al die voorveronderstellingskategoriee is:

  1. Godsbeskouing / Teologie
  2. Mensbeskouing / Antropologie
  3. Kennisleer / Epistomologie
  4. Heelalbeskouing / Kosmologie
  5. Samelewing / Sosiologie
  6. Etiek
  7. Tydsbeskouing