Melkkos of vastespys

Vanoggend se preek oor 1 Kor 3:1-8 het gegaan oor “Melkkos of vastespys”. Dit is ‘n pragtige uitleg van wat ons as Christene in ons pad van groei moet doen. Dit het uit vyf punte bestaan:

  1. Vleeslike gesindheid verhoed groei
    Vleeslike gesindheid veroorsaak dat gemeentes nie groei nie. Daar moet geestelike groei wees. Die HERE laat ons groei deur vermaning.
  2. Vleeslike gesindheid veroorsaak onnodige binnegevegte
    Die baklyery word veroorsaak deur jou begeertes wat bots met ander sn. “Julle begeer en het nie want julle bid nie.”
    Onnodige stryd…
    Ons moet hierby verby groei…
  3. Vleeslike gesindheid veroorsaak dat mense te veel waarde aan mense heg.
"Moenie op prinse vertrou nie". 

Leuens en lyke is verbind aan mekaar
God haat leuens. Leuens nou lei later tot lyke. Watter leuens het gelei tot die moord vd afgelope week. Watter leuens het tot die wêreldoorloë gelei. Watter leuens wat kerke verkondig lei tot sulke moorde.

Dis ongelukkig in ons kerkverband so wanneer gesê word dat ‘n vorige predikant dinge anders gedoen het. Of wanneer mense agter predikante aan trek…
Dit veroorsaak dat die eer aan mense gegee word en nie aan God nie.

  1. Vleeslike gesindheid veroorsaak dat mense dink dat dit mense is wat groei gee.
    Dit is egter God wat groei gee…
    Ons plig is om te plant en nat te maak…
  2. Vleeslike gesindheid veroorsaak dat mens dink dat ware diensknegte van die HERE die eer van mense soek. Paulus wys ons daarop wanneer hy sê hy soek die eer van God… nie sy eie eer nie…

Hoe is dit met ons? Is ons besig met melkkos? Mag die HERE gee dat ons die oumens sal aflê en elke duimbreedte plaas onder Christus se heerskappy.